RSS

Daar’s lewe na hakkel!

My seun het gehakkel vandat hy begin praat het. Op 21 het hy met die McGuire program in aanraking gekom. Hier is sy ervaring daarvan: 

I’m sure you’ve heard or read this little line plenty of times before, but just to make sure, here it is again: McGuire changed my life!

Being a (pretty successful) covert stammerer, I was a master at the art of avoidance. I perfected this art to such an extent that most of the people that knew me for years did not have a clue about my little stuttering skeleton in the closet. So yeah, I did not stammer much, but that does not mean I was a happy chappy – not by a long shot!

Being a master avoider of words, I became a rather irritating guy to listen to. Sure I could always find another word when it felt like the first one would get stuck in my throat, but that substitute never quite conveyed the correct meaning. If you’ve ever tried to write music lyrics, you would know the thought of ‘that just doesn’t sound right’ even though your lyrics might make perfect logical sense, rhyme well and everything. That was my problem: I just didn’t sound right. The substitute words just never carried my exact thoughts and feelings over to my listener.

Being a master avoider of situations was even worse. By definition, this ‘skill’ made me a plain common spineless coward. I avoided any situation that even remotely posed a threat of exposing me as guilty of the cardinal sin – stammering. Thus I avoided any situations where I might have to speak under pressure, and as you can probably imagine, my already small world begun to shrink even more as I sneaked deeper and deeper into the deep dark depths of my comfort zone.

This, most probably, is one of the most emasculating feelings anyone can experience – being held hostage by nothing more than a few of your own vocally retarded brain cells. I once described myself to my ever patient mother as a supercomputer without a screen – I’ve got all these awesome ideas and stuff going on inside, but no-one can see it. Sad, so sad – what a sad, sad situation… and it was getting more and more absurd by the day.

But then came McGuire. McGuire taught me to face my fears, to expand my comfort zone and to face every challenge head on – all of which are applicable to every human being on this planet, fluent or not.

Maybe most importantly; McGuire taught me to be honest about being a ‘recovering stammerer’. To my great amazement I did not die when I did my first disclosure – not even a faint stroke or pseudo heart attack. I lived through that one, and the next one and the next…

I can honestly say that in the sixteen months that I have been on the program, I have achieved more than in the previous twenty two years combined, simply by applying the vital life skills taught to me in the McGuire problem. For the first time in my life, I am actually glad that I was born with a stutter, for without it I would never have learned these awesome life skills. I’m not gonna lie to you – it truly gives you an unfair advantage over the competition – fluent or not…

Ever heard of the phrase ‘the geek shall inherit the earth’? Give McGuire enough time and we’ll soon have a new one: ‘the stammerer shall inherit the earth’…

Advertisements
 

17 responses to “Daar’s lewe na hakkel!

  1. ekisanna

    27/06/2010 at 04:46

    My seun het, toe hy so 13 of 14 was, skielik begin hakkel. Dit was egter nie ernstig nie en vir een of ander rede het dit vanself opgehou. Nou het jy my belangstelling geprikkel om meet uit te vind oor die redes waarom mense hakkel en waarom sommige net vir ‘n rukkie hakkel en dan vanself ophou, en ander nie.

     
  2. Marile Cloete

    27/06/2010 at 06:50

    Ek kry die indruk dat niemand (ook nie die geleerdes nie) nog regtig weet hoekom ‘n mens hakkel nie. Dit is vroeer dikwels gekoppel aan ‘n traumatiese gebeurtenis of groot spanning in ‘n spesifieke situasie, maar deesdae reken hulle ook nie dis altyd waar nie. My seun het gehakkel van hy sy eerste woordjies begin se het. McGuire verskil van al die baie foefies wat op die internet beskikbaar is in die opsig dat hulle nie ‘n kitsoplossing aanbied nie. Want ek is oortuig daar bestaan geen kitsoplossing nie. Ek is bly vir jou dat dit nie by jou seun bly voortgaan het nie, want dis ‘n baie moeilike ding vir ‘n tiener om te hanteer.

     
  3. Wilfred

    25/08/2010 at 10:21

    Hi.ek hakkel vanaf die ouderdom van 16 en eks nou 31.Dus nie erg nie,net waneer ek n bietjie senuweeagtig is.My dogterjie van 2 en n half jaar het skielik erg begin hakkel.So erg sy kan soms skaars n woord uit kry.Dit knak n ouer se hart as jy weet wat die gevolgtrekking daarvan kan wees.Enige hulp,maak nie saak teen watter koste.

     
    • Marile Cloete

      25/08/2010 at 12:38

      Wilfred, dis ‘n moeilike ding die – maar iets wat tog ook tot verryking in ‘n mens se lewe kan lei. Vir jouself kan McGuire baie beteken, jy kan gerus die opsie ondersoek. Maar dit werk net vir iemand wat regtig gemotiveerd is, want die program vat tyd en energie. Maar net om ander herstellende hakkelaars (dis wat hul hulself noem) te leer ken, beteken al vir ‘n mens baie. Ook omdat so ‘n groot deel van hulle gewoonlik jong manne soos jyself is – dit kom mos baie meer voor by mans as by vrouens. So dit klink vir my die kursusse is gewoonlik baie jolig en gesellig.
      Hopelik is dit vir jou dogtertjie ‘n tydelike ding. Ons het op daardie stadium na ons naaste universiteit se ouerleidingkliniek by Opvoedkunde gegaan en kosbare leiding daar gekry. Die belangrikste daarvan was om op daardie ouderdom nie die kind bewus te maak daarvan dat sy iets vreemds/snaaks/verkeerds doen nie, maar haar net te aanvaar. Want die heel belangrikste is om die kind met selfvertroue groot te maak. Op ‘n later ouderdom (wanneer die kind noodgedwonge daarvan moet bewus word en dit self as ‘n probleem ervaar) word dit egter wel belangrik om die saak openlik te bespreek. Ons het die fout gemaak om dit te lank te probeer ignoreer. Maar dinge het ten goede uitgewerk, want hy moes eers ‘n sekere mate van volwassenheid bereik voor hy by McGuire kon baat vind.

       
  4. jolanda

    15/03/2011 at 17:37

    Hi my dogter van agt het skielik in graad R begin hakkel dit is partykeer so erg dat ek vreeslik ongelukkig raak en nie weet hoe ek dit moet hanteer nie sy is egter intussen met diabetes gediagnoseer in graad 1 insulien afhanklik sy het dit vreeslike moeilik aanvaar maar met die hulp van haar boetie 17 ook diabeet en mamma en pappa het sy dit maar aanvaar en dit gaan nou al beter ek wil nog een ding weet ek is baie streng en het al gewonder of dit my skuld is hoekom sy so gespanne word
    as jy vir my enige raad kan gee sal ek baie bly wees.
    dakie jolanda

     
    • Marile Cloete

      15/03/2011 at 17:54

      Jolanda, ek is nie ‘n deskundige nie en kan maar net praat uit eie ondervinding. Die volgende gedagtes kan jou dalk help:
      1. Ons as ma’s is geneig om alte maklik te dink enigiets wat met ons kinders “verkeerd” gaan is ons skuld. Meestal is ons skuldgevoelens onnodig. Ek dink nie liefdevolle dissipline kan ‘n kind skade doen nie. Liefdelose of gewelddadige dissipline is natuurlik ‘n ander saak.
      2. Dis belangrik om nie jou kind selfbewus te maak oor haar spraak nie. Probeer om haar net rustig te aanvaar nes sy is. (Ek weet dis baie moeilik.) Probeer om haar selfbeeld soveel as moontlik op te bou.
      3. Kry inligting oor hakkel by deskundiges. Spraakterapeute, sielkundiges. Ons het baie hulp gekry by die universiteit naaste aan ons se Ouerleidingkliniek.
      4. Gesels met haar juffrou daaroor en maak seker sy word in die klas aanvaar en nie oorbewus gemaak van haar spraak nie.
      5. Moet haar nie aan enige van die baie kitsoplossings blootstel wat veral op die internet geadverteer word nie. Daar is nie ‘n kitsoplossing vir hakkel nie. En niemand weet nog presies hoekom dit gebeur nie.
      6. Kinders gaan dikwels deur ‘n fase van hakkel en dit verdwyn later weer. Heel moontlik is dit met haar die geval.
      BAIE BELANGRIK: Hierdie is my persoonlike mening en ervaring. Ek hoop dit help jou, maar win asseblief ook inligting by kenners in.
      Die heel belangrikste: Geniet jou kind vir wat sy is – hakkel of nie hakkel nie – en wees lief vir haar nes sy is. Maak seker dat sy weet sy is spesiaal vir julle.

       
      • jolanda

        15/03/2011 at 17:57

        Baie dankie ek doen al reeds baie van jou raad ek sal nog steeds daarna kyk en probeer om haar baie speiaal te laat voel elke dag baie dankie

         
  5. wykus lamprecht

    17/03/2011 at 08:41

    hi

    ek is ook een van die 1% van die wereld se bevolking wat hakkel… Ek voel tans presies soos die publiseerder gevoel het en weet presies waarvan hy praat…. fustreerend is nie die woord. Ek het nog altyd gedink God het my presies met n rede so geskape. Check vir Moses. Hy het n hele volk uit egipte gelei. Wel dis Moses en ek is nie Moses nie.
    Kinders het my gespot mar dan se ek vir hulle. Daar is mense wat nie kan praat nie, gelukkig hakkel ek net!

    so week terug het ek self ondersoek begin instel wat is die probleem… Gebed was maar seker die enigste opsie. Ek het meer met mense gesels en gevra hoekom dink hulle ek hakkel. Dit was n GROOT vasvra kompetiesie.

    Wel daar gelos en daar laat staan.

    Maandag 14 maart op RSG praat hul op loslip oor mense wat hakkel en bespreek die Mcguire program. My ma het geluister en dadelik die nommer geneem en my gebel en van al die sukses stories vertel. Ek het toe by myself gedink wat het ek om te verloor? hahaha! my plek is geboek. en gebede is verhoor!

    God het met ons almal n doel. Ons wil is nie sy wil nie! Ons tyd ook nie syne! Als gebeur met n doel. n Doel met n Rede!

     
    • Marile Cloete

      18/03/2011 at 12:22

      Wykus, ek is so bly! Vir my seun het McGuire regtig ‘n nuwe lewe beteken. Maar dis nie maklik nie. Hy werk na vyf jaar nog steeds hard aan sy spraak en probeer ook soos jy deurgrond waarom ‘n mens nou eintlik hakkel. Ek dink nie daar is iemand wat dit al regtig kon vasstel nie. En dit verskil sekerlik van persoon tot persoon. Ek dink dit gaan waarskynlik nooit heeltemal weggaan vir hom nie, maar deur McGuire het dit hom ‘n ryker en gelukkiger mens gemaak wat nie meer terugdeins vir moeilike situasies nie. Ek as ma is ongelooflik trots op hom – en jou ma gaan netso trots wees op jou.
      Die kursusse klink na groot pret, onder andere ook omdat daar altyd baie jong manne is. En ook omdat daar sulke interessante mense kom, wat ‘n mens net weer laat besef hakkelaars is nie fools of dom nie. Ek hoop jy geniet dit baie en maak die heel meeste van hierdie wonderlike geleentheid. Dis nie maklik nie, maar dis beslis MOONTLIK om ‘n groot verskil aan jou ervaring van hakkel te maak.
      Laat hoor asb. weer van jou!

       
  6. Monica Ludeke

    15/06/2012 at 12:20

    Hello Julle

    Ek is 20 jaar oud word volg maand op die 12e Julie 21!Ek het baie goed gedoen op Laerskool met lees en my modelingse optreedes,maar van so wat ek kan onthou graad 9 of 10 hakkel ek eweskielik nie erg nie maar ek raak geiriteerd met myself,my ma se’ ek moet net mooi dink voor ek praat ..en dit bring my al ewe in die verleendheid met model ek wil sooo graag aan al die komp. deelneem maar dat moet jy altyd jouself voorstel of n vraag antw en my selfvertroue is sooooo laag mense se’ hulle ken my nie so nie.en ek het op skool well hoe’rskool sleg gedoen omrede ek nie kon vlot lees en praat nie en ek is nie iemand wat my mond kan hou nie ek het myself gedwing om sekere woorde reg te se’ al moet ek 50 keeer uhhhmmmm se’ ek het my eerste werk verloor agv dat ek nie BenriBlinds kon vlot se’ nie en ek het vir myself gese’ my volg werk sal ek my dood oefen om die foon reg te antw het hulle wou my daar ook fire maak toe eendag het ekka ophou hakkel en het n trofee vir die beste nuwe ontvangsdame gewen maar ek hakkel net wanneer ek opgewonde is en streesss maar nog tans ek praat min saam mense om daai verleendheid te voorkom en ek voel soos n’ outsider en ja ek voel onsetted aleen en nou werk ek saam iemand n swart man wat eger as ek hakkel en ekka wens ekka kon dit weg vat want niemand verdien dit nie.Ek gaan verder swot vir PA en hulle se’ daar deel van jou werk is om n’ presentation te gee nou wil ekka n’ na iemand toe gaan wat my hakkel virewig kan weg vat. ?????????? en ek was seker die eingste een op skool wat gehakkel het en ek het rrg gedog soos ek moe3t net dood gaan want hoekom eweskielik.

     
    • Alta Cloete

      16/06/2012 at 20:33

      Hallo Monica
      Ek sit hier in die verre Edinburgh na ‘n lang en veeleisende dag van verdwaal en sukkel – en besef net hoe relatief ‘n mens se daaglikse probleempies maar is.
      Ek hoor wat jy se. (Sorry, kan nie kappie maak nie!) Ek voel jou pyn, soos ek my eie kind s’n gevoel het. En steeds voel, want soos hierbo gese, is daar nie ‘n kitsoplossing nie.
      Wat is vir jou kan se, is: MOENIE toelaat dat hierdie ding jou lewe oorheers en veroorsaak dat jy nie jou volle potensiaal bereik nie. Dis die ding waaroor ek my oe uitgehuil het oor my eie kind, want op ‘n stadium het hy gevoel hy sal niks kan doen nie, want hy kan nie goed praat nie.
      Maar toe hy met McGuire in aanraking gekom het, het daardie houding verander. Hy het SELF verantwoordelikheid geneem en nie meer agter sy probleem geskuil nie. Hy het begin WERK aan die probleem en OPGEHOU om dit te probeer wegsteek. Dis steeds nie maklik nie, en dit gaan waarskynlik nooit heeltemal weggaan nie, maar sy lewe het ten goede verander.
      Moenie gaan le nie! Ek kan hoor jy’s ‘n pragtige jongmens met BAIE potensiaal. Onthou dat dit mense met bewondering vervul wanneer hulle agterkom iemand veg teen ‘n probleem en kruip nie daaragter weg nie.
      Kom met McGuire in aanraking (Google hulle sommer) – dalk is dit die ding vir jou. Indien nie, hou aan met soek. Maar MOENIE gaan le nie.
      Groete en sterkte!

       
  7. annelie adams

    17/08/2013 at 02:31

    Ek maak die jaar 20 en op die oomblik moet ek werk soek maar ek is so bang om m werk te kry waar ek met mense moet kommunikeer en op die oomblik die werk wat ek aan belangstel is so n tipe werk ek moet met mense koMmunikeer ek weet nie wat om te maak nie

     
    • Alta Cloete

      17/08/2013 at 08:51

      Hallo Annelie – great om van jou te hoor! Ongelukkig kan ek nie vir jou sê WAT om te doen nie. MAAR jy het alreeds ‘n groot stap geneem deur te besef jy moet iets DOEN en daarmee wil ek jou gelukwens. Soveel mense kla oor hulle situasie (hakkel of enigiets anders), maar doen nooit iets daaraan nie. Ongelukkig is daar nie vir hakkel ‘n maklike oplossing nie en elke mens se situasie verskil ook. Die vreeslikste ding wat kan gebeur, is dat ‘n lieflike, talentvolle jongmens soos jy hulle lewe deurgaan sonder om hul potensiaal te benut. Ek wil nie hê dit moet met jou gebeur nie. Dit was my heel grootste vrees: Dat dit met my seun sou gebeur. Lees asb al die ander posts oor hakkel op my blok, ook van die McGuire stigting. Kyk op fb na al die hakkelgroepe (stuttering of stammering). Sluit aan by hulle, win kennis in, SOEK TOT JY VIR JOU DIE REGTE OPLOSSING KRY. Jy gaan jou nie deur hierdie ding laat onderkry nie! Jy gaan eendag vir my skryf en sê jy het nou ‘n werk waar jy met mense moet kommunikeur – en jy hanteer dit. Selfs al hakkel jy steeds. Dis wat my kind nou doen. Sodra hy ophou werk aan sy spraak, verswak dit weer. Maar hy het geleer om nie sy probleem vir mense weg te steek nie en nie sy hele geluk aan sy spraak te hang nie.
      Ek wens jou net die mooiste toe!
      Liefde!

       
  8. Johan

    01/10/2013 at 09:09

    Hi daar. My Naam is johan Botha. Ek weet mens glo maklik dat dit jou eie skuld is, en ook in ons geval het my seuntjie, skielik sommer net na hy 2 jaar oud geword het, begin stamel, maar sommer erg. hy is ‘n ongelooflike woeligew knapie, en het met sy rof gespelery al ‘n hele paar baie harde stampe teen die kop gekry. Nou wil mens jou self probeer wysmaak dat dit die rede daarvoor is. Tog, as ek terug dink aan my eie jongmenslewe en al die steke en stampe wat my kop moes verduur, en die feit dat ek vandag sonder enige spraak probleme my lewe lei en heel goed my skolastiese opleiding kon deurloop het, dan vind ek hierdie tipe forum nie net gerusstellend nie, maar ook ‘n goeie maatstaf van ‘n mens se ooraktiewe verbeelding, en ook seker maar die ou mensdom se ingebore ywer om die ou bobbejaan agter die bult te loop soek. Dankie. Ek is lief vir my klein Nico, hakkel of nie. Net soos hy is.

     
    • Alta Cloete

      02/10/2013 at 07:09

      Hallo Johan! En amper-amper sien ek nie jou briefie nie – WordPress gooi dit toe by die spam.
      Ja, dis ontstellend. En ons wil verklarings hê. En die regte ding vir ons kinders doen. Ek kan ‘n paar goedjies noem:
      1. Jou laaste sinne wys vir my die belangrikste – aanvaar jou kind nes hy is.
      2. Dis nie noodwendig dat hy gaan aanhou hakkel nie. Blykbaar gaan kinders dikwels deur so ‘n stadium en dan weer daar uit.
      3. Ons het op daardie ouderdom na ‘n universiteit naby ons se ouerleidingkliniek gegaan en daar goeie ondersteuning gekry. Dit het basies daarop neergekom dat ‘n mens op hierdie ouderdom nie die kind moet bewus maak dat hy iets vreemds/verkeerd/ontstellend doen nie. M.a.w. moet hom nie reghelp, sy woorde vir hom klaarmaak of met hom raas nie.
      4. Vir ons was die moeilikste ding die ander grootmense (bure en familie) wat sy hakkel baie cute gevind het en ‘n groot ding daarvan gemaak het. Op ‘n prettige manier, ja, maar hom steeds oorbewus daarvan gemaak het, en oor-opgewonde, sodat hy al hoe meer hakkel.
      5. Ek dink nie dit het iets met die stamp op die koppie te doen nie. Soos jy sê, ons het al almal ons kwota stampe gehad. Maar ek is nie ‘n dokter nie, so dis maar net my persoonlike mening. Een van die moeilike goed van hakkel is dat niemand nog regtig weet waarom dit gebeur nie.
      6. As dit enigsins aanhou, stel ek voor julle kry ‘n deskundige se mening. Kindersielkundige, spraakterapeut, so iemand. Maak seker julle kry iemand wat vertroue inboesem en by wie julle en Nico gemaklik voel.
      Groete en sterkte!

       
  9. Lida Kellerman

    28/05/2017 at 15:04

    Goei middag Alta. My naam is Lida Kellerman, Ek is 48 jaar oud. Ek het lank al vrede gemaak met
    my hakkel, maar die laaste paar maande raak dit ondraaglik. Ek hakkel nou so dat ek nie meer my naam kan se nie. Ek moet dringend hulp kry, my selfbeeld neem daagliks af en my stres meer. Ek bly in Bloemfontein en werk voltyds. Die probleem is dat ek nie regtig die geld het vir spraak terapie. Het dalk read vir my asb.

     
    • Alta Cloete

      30/05/2017 at 18:17

      Hallo Lida!
      Skuus ek het ‘n tydjie geneem om te antwoord, want ons was ‘n bietjie weg.
      Eerstens: Ek verstaan dat dit ‘n bitter moeilike pad is.
      Tweedens: Dis algemeen dat hulle naam vir hakkelaars moeilik is. My seun se naam is Schalk. Daar eerste twee klanke na mekaar is moeilik.
      Ek weet nie hoeveel van my hakkel-posts jy gelees het nie, maar jy sal sien die McGuire-kursus het ons seun se lewe verander.
      LW. Hy hakkel steeds soms, maar dis onder beheer en die NBste is dat hy nie meer vir die lewe wegkruip nie en sy potensiaal bereik.
      Hier is die skakel: http://www.mcguireprogramme.com/en/sa
      Ja, dit kos geld. (Weet nie wat die fooi op die oomblik is nie.) Maar dis die beste belegging wat ons ooit gemaak het.
      Maak asb met hulle kontak en kyk of dit nie dalk die ding is wat jou pad meer gelyk kan maak nie.
      Groete en sterkte!

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: