Dalene

Durban1Ouderdom: 53

Beroep:huisvrou

Huwelikstatus:getroud

Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Man en 3 hondekinders

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?Die inperking is uitdagend vir my, want dis nie lekker om nie sekere goed te mag koop nie. Dit voel of die regering ons soos kinders behandel. My man is n roker, skielik moet hy net so in n vinger klap ophou. Dis baie moeilik vir iemand wat al oor die 30  jaar rook. Hy koop nou ten duurste skelm sigarette. Geld wat vir iets soos bv huis kon gaan.

Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Dit was snaaks aan die begin maar toe dit langer word het ek begin bekommerd raak.

Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Bekomerd oor ons besigheid wat stilstaan, no work no pay.

Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Ek het genoeg kos gekoop, brode gevries want mens weet nie wat voorle nie.

Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander Ek het geleer om te waardeer wat ek het.

Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Hoe gaan ons ons huis en munisipaliteit rekening betaal.

Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Ek het n dak oor my kop, warm bed en kos.

Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? My man het dit moeilik gevind met  dat hy nie sigarette kon kry nie. Dit het n inpak op ons verhouding gemaak.

Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Urgh regtig, weet ons regering wat hulle doen.

Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? My kinders

Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Nie veel  nie.

Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Niks het vir my verander nie.

Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Ek was kwaad vir regering en is nog steeds. Ons is nie hulle kinders nie.

Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Nee maar het met honde gestap

Het jy tydens vlak 5 geoefen? Nee

Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Dit was simpel, want hoe kan so n klomp mense skielik op straat wees in kort tyd. Dis dan al donker so vroeg in oggend in Kaapprovinsie.

Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Ek was dankbaar.

Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? My man doen maintanace so hy kon weer gaan werk.

Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Dat ons nog soos kinders deur regering behandel word.

Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Ek was en is by tye baie hartseer. Soms bars ek net in trane uit en weet nie hoekom nie. Ek en my man het ook baie keer onnodig baklei.

Is jy finansieel erg geraak? Ja ons  is, moes uit ons spaarfonds begin geld gebruik.

Wat is nou vir jou die moeilikste? Dit was moeilik om vir ons werkers te sê ons het nie geld vir hulle nie en hulle het bly sê hulle is honger.

Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Ek het weereens besef hoe wondelik God is. Ten spyte van alles het Hy my gedra en doen steeds.

Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Soms

Deur watter medium? Netwerk24. Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Kyk glad nie, lees net as dit op Netwerk24 . Anders  glad nie.

Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Emosioneel en soms wonder ek of alles waar is. Soos die getalle van sterftes.

Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Glad nie.

Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Nee

Hoekom?  Dit wat in my land gebeur is klaar erg en emosioneel.

Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA  jou? Ek weet nie, want is die getalle wat aan ons voorgelê word waar?

Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Minder stres

Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Rustig aangaan met dagtake

Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja, my vriendin met erge asma het gesond geword.

Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee