
- Ouderdom: 66
- Beroep: Wetenskap
- Huwelikstatus: Getroud
- Waar woon jy? Paarl
- Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)
My vrou
In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?
My situasie is nie besonder uitdagend nie, ek kan alles doen wat ek graag wil
Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?
Dat dit op daardie stadium nodig was
Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5) afgekondig is?
Dat ek my lewe kan aanpas om aan te gaan met belangrike take
Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring?
Plekke besoek
Ingegaan kantoor toe om seker te maak alles nodg is huistoe geskuif
Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?
Ek kon nie vrylik gaan draf of stap nie
Wat was die moeilikste tydens vlak 5?
Sukkel om te oefen
Wat is vir jou positief tydens vlak 5?
Solidariteit van die algemene publiek
Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was?
Goed
Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar?
Ek het op die stadium gedink dis nodig, ongelukkig lyk dit of die tyd nie goed gebruik is nie
Wat het jy die meeste gemis op vlak 5?
Om buite in die natuur te kan wees
Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak?
Was positief omdat ek meer vrylik kon staf en draf
Negatief omdat ek hoë vlakke van armoede en voedselnood waargeneem het
Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4?
Meer persoonlike vryheid
Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4?
Die ekonomie wat baie duidelik aan die inplof was
Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het?
Ja
Het jy tydens vlak 5 geoefen?
Ja
Hoe het jy dit gedoen?
Om die huis gestap en gedraf
Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar?
Baie beter as op vlak 5, maar die tye was regtig nie rasioneel nie
Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak?
Oefentye is meer plooibaar en ek kon binne die wet met die hond stap
Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek?
Meer persoonlike vryheid
Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek?
Die regering se kennelike onbekwaamheid om die Covid-19 pandemie te bestuur
Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel?
Uitstekend
Is jy finansieel erg geraak?
Nee
Wat is nou vir jou die moeilikste?
Om nie geredelik buite my distrik te reis nie
Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is?
Die gemak waarmee die meeste van my aktiwiteite van die huis af bedryf kan word
Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA?
Ja
Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19?
Radio en e-publikasies
Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel?
Ek vind die verloop van die pandemie statisties interessant
Bly jy op hoogte van die oorsese situasie?
Ja
Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel?
Ja: Noorwee, Australië, Nieu-Seeland, BRICS-lande, groot moonthede
Hoekom?
Familie en vriende daar, lande vergelykbaar met SA
Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou?
Ek probeer dit verstaan
Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin?
Ek sou grootliks dieselfde doen
Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin?
Meeste van die goed wat gedoen word
Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het?
Ja
Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf?
Nee