Due date

Dis nie die eerste keer dat ek ‘n fliek wat nie deur resensente baie hoog aangeslaan word, gate uit geniet nie. Normaalweg is ek ook baie versigtig vir akteurs wat ek glad nie ken nie (waarvan daar baie is, want ek is nie ‘n gereelde fliekvlooi nie), maar hierdie fliek was vir my groot pret. (Dalk was ek maar net in die regte stemming … wat dalk beteken nie in ‘n kritiese stemming nie).
Die fliek probeer nie om iets anders as pret te wees nie. En pret is dit. Die twee uiteenlopende mans wat deur omstandighede gedwing word om saam regoor Amerika te ry, word baie goed deur die twee akteurs uitgebeeld. ‘n Mens voel die frustrasie van die fynbesnaarde, hoogsgespanne jappie-father-to-be wat betyds vir sy seun se geboorte moet wees met die happy-go-lucky, tamelike dom aspirant-akteur op wie se twyfelagtige genade hy aangewys is. Jy wonder wanneer gaan die arme man totaal ontplof. Die oorgang na solidariteit en selfs vriendskap tussen die twee word oortuigend gedoen – en net wanneer jy dink hulle vergeef mekaar darem nou té veel dinge om waar te wees, ontstaan daar ‘n bloedige (!) geveg op die rand van die Grand Canyon … Dit help ook dat Robert Downey Jr wat Peter die gedrewe en gespanne en taamlik ongeskikte argitek speel, onverwags sag op die oog val! Zach met die moeilike, Griekserige van wat Ethan speel, is nie sag op die oog nie, om die minste te sê. Maar hy is perfek in die rol,  van die wegstap met die borsel vir sy perm wat so uit die gatsak steek tot by die glipsie wat met sy pa se asse in die koffieblik kom, oortuig hy en laat lag hy jou.
Druk die lewe ‘n bietjie? Gaan kyk Due Date – en los jou kritiese instelling by die huis.
Lees meer by http://www.imdb.com/title/tt1231583/ En ja, daar was ‘n toneeltjie wat vir my te kru was – maar ek is bereid tot vergifnis!

Posted in Fliek, Humor, Stres | Tagged , | 2 Kommentaar | Wysig

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s