Ouderdom: 44
- Beroep: Senior arbeidsterapeut by a dagsentrum vir volwassenes met fisiese (en kognitiewe) gestremdhede
- Huwelikstatus: Getroud
- Waar woon jy? Glenbrook, in die Cork hawe
- Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Met my Ierse man (46) en ons seun John (11)
- In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Ek het Lupus. Dus val ek in die risiko area. Ek is ook die enigste arbeidsterapeut vir 60+ volwassenes met fisiese gestremdhede. Hul en hul bejaarde ouers val ook in die risiko areas. Ek doen sedert derde week van April tuisbesoeke ipv om hul te sien in ons sentrum wat tans nog steeds gesluit is vir hul (groot werk is tans aan die gang om dit so veilig moontlik te maak sodat hul kan terugkom). Covid neem als oor ja, maar gewone probleme vir gestremde mense gaan aan. Druksere ontwikkel. Rolstoele breek. ‘n Geisoleerde lewe word nou meer geisoleerd vir hul agv “cocooning” – die term wat ons gebruik in Ierland vir bejaardes en kwesbare mense wat hulself moet veilig hou tydens Covid hier in Ierland.
- Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Ek was besig met ‘n besoek aan ‘n residentiele sentrum vir volwassenes waar een van my kliente na toe sou trek omdat hy meer sorg nodig het. Skielik kry ons notifikasies op ons selfone wat afkondig dat die skole die volgende dag sou sluit tot en met die Paasfees vakansie…. Die hare in my nek het skielik regop gestaan. Ek het dadelik gedink, maar ons beide werk, wat nou? Wie gaan na John kyk? Paar ure later het ons besef die lewe soos ons dit tot nou geken het, het verander. Skielik het ALMAL begin regmaak vir “van die huis af werk”.
- Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Op 12 Maart het ons gehoor skole sluit dadelik, so ook alle opvoedkundige plekke en “social distancing” word ‘n realiteit. Op 24 Maart kondig on Taoiseach (eerste minister) af dat ons in volle “lockdown” gaan. Vir my het die gevoel soos ‘n deurskynende tsunami wat aan die kom is vanaf ‘n oostelike rigting. Snaaks genoeg het ek kort-kort gedink ek’s bly my ouers leef nie meer in hierdie tyd nie. En ek het hartseer gevoel vir my seun, vir wat kan voorlê.
- Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Voor formele lockdown was ons al reeds gevra om tuis te bly. Ons het sekergemaak ons het genoeg brandhout (dit was nog koud so aan die einde van die winter). Ons het ook deur ons kos en ander dinge gegaan om seker te maak ons is voorbereid om geen onnodige ritte te down nie. Ook het beide ek en my man seker gemaak als is opgestel om ons werk van die huis af te doen. Ken was ook aangewys as sy ouers se ondersteuning omdat hul in die cocoon kategorie geval het. Hy mag dus hul inkopies en apteek besoeke vir hul doen.
- Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Rustig geword. Kleiner geword. Van dag tot dag gefokus. Elke aan 7 uur nuus dopgehou. Ons het in ‘n goeie roetine probeer val met werk en homeschooling. Ek het glad nie in ‘n kar gekom in daai tyd nie, behalwe vir ‘n rit na my werksplek aan die einde van die eerste twee weke van lockdown.
- Wat was die moeilikste tydens vlak 5?Om nuus te kyk en te sien wat aangaan in Italie en Spanje….. Gevoel daardie trauma is oppad na ons.
- Wat is vir jou positief tydens vlak 5?Rustigheid as ek deur die venster kyk. Ek en my gesin het skielik baie kosbare tyd bymekaar.
- Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was?My seun het eers gedink dis vakansie. Dit het hom ‘n rukkie gevat om te besef ons moet so ver as moontlik ons normale roetine hou van skoolwerk/werk en oefen en eet en slaap! My man was skitterend deurentyd. Hy is die enigste van 5 kinders wat hier naby sy ouers bly. Hy het hul dus deurentyd ook fisies kon ondersteun met kruideniersware ens.
- Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Na ons lockdown periode van twee weke is ons fases aangekondig. Ons regering het dit ongelooflik goed gelei en het ek dit net so aanvaar. Was rustig en tevrede daarmee.
- Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Niks. Ek was okay met die 2 km radius waarin ons kon beweeg. My man het al die inkopies gedoen, omdat ek (met Lupus) myself liewer weg van die gehou het. Werk net voor “staying at home” was ongelooflike stresvol. Lockdown het my half “gered”. Ek het steeds gewerk van die huis af, maar die vreeslike stres-element was skielik weg.
- Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Ek was bly ons kon nou na a radius van 5 km beweeg. Ek en my gesin kon nou verder stap elke dag wat lekker was. Maar reeds van fase 5 af kon ek orals in ons “county” ry vir my werk, so ek het kon voel “ek kom uit”.
- Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Om verder te kon stap met my gesin.
- Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4?Niks.
- Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Stap ja. Maar dis dit.
- Het jy tydens vlak 5 geoefen?Ek het my seun het dadelik met Joe Wicks se PE with Joe begin elke oggend om 9 vm op YouTube. Dit het ons “gered” en ons reggeruk vir homeschooling! Ek het elke oggend om 6:15 opgestaan. Om 7:15 begin werk en ‘n uur gewerk (terwyl die res van die huis nog geslaap het) voor PE with Joe.
- Hoe het jy dit gedoen? PE with Joe vir 30 minute weeksdae. Stap meeste dae van die week ook.
- Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar?
- Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Nou kon ons 20 km radius ry! Ons kon vriende sien, met social distancing! Alhoewel ons my skoonouers ook kon sien, het hul besluit dat ons dit nog moet uithou tot later, tot ons almal nog veiliger is. My man het aangehou om hul te sien weekliks wel vir hul inkopies.
- Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek?
- Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek?
- Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Die eerste paar weke het ek gereeld op ‘n Dinsdag of Woensdagmiddag sommer in my bed geklim. Ek kon net niks anders doen nie. Na ‘n uur of so was ek weer okay. Ek is oor die algemeen okay, maar vang myself gereeld dan dink ek wanneer gaan ek weer my sus sien. Watter wereld gaan my kind ‘n grootmens in wees eendag?
- Is jy finansieel erg geraak? Dankbaar dat ons nie geraak is nie. My man en ek het beide aangehou met ons normale ure en normale salarisse. Baie dankbaar hiervoor. Ek het ook in die tyd, veral tydens April en Mei (toe ek min gery het) my ekstra geld oorgeplaas na ‘n dienssentrum in George (Wes-Kaap) waar hul kindertjies kosgee.
- Wat is nou vir jou die moeilikste? Werk. Ons probeer kliente terugkry na ons sentrum op ‘n veilige manier. Ons ontwikkel ook ‘n virtuele sentrum met sessies aanlyn. Dis ‘n logistieke nagmerrie. Meeste kliente se ouers ken nie van rekenaars nie. Sommige het nie eens wifi nie.
- Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is?Alhoewel ons geseend is met waar ons bly en ons bure het ons hul in die tyd nog beter leer ken en die wat ons nie so goed geken het nie, ken ons ook nou beter. Ons het vir mekaar konfyt gemaak en skons gebak en by ons tuinhekkies gelos. Ons regering is/was skitterend in hul leierskap. Die tyd met my kind en man is so kosbaar.
- Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Sover ek kan ja. My niggie is ‘n dokter en my tannie ‘n suster. Ek hou my hart vas vir hul. En my hele familie (ouma is 96) en vriende.
- Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19?In die begin daagliks. Nou as ek dit vang op TV. SA nuus meestal via Facebook of my suster.
- Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Op en af. As ek sien van spikes en getalle wat opkruip in bv Duitsland of selfs hier in Ierland dan sidder ek.
- Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Ja, ek luister en kyk wat aangaan, veral in VSA, SA en UK.
- Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? SA, VSA en VK (oor hul wanbestuur)). Indie. My dierbare kollega se ouers is in Indie. Ek volg daardie situasie ook.
- Hoekom? Bo beantwoord.
- Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Ek kyk en ek hou dop en hou net my hart vas. Dit is ‘n realiteit dit gaan gebeur.
- Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Ek sal minder verkeerde dinge geëet het in April/Mei. Ek het bietjie trooseet gedoen, dink ek. Paar ponde opgetel.
- Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? By my normale werksure gehou het. My seun gefokus gehou het op skoolwerk ook. Sodat daar darem ook “normaliteit” was.
- Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Nie persoonlik nie. Touch wood al ons kliente tot nou toe ook nog skoon!!
- Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf?Nee.