13-15 Eienskappe van Mandela

13. Om opsy te staan is ook leierskap
In vele opsigte was Mandela se grootste gebaar van leierskap die feit dat hy daarvan afstand gedoen het.

Nadat hy die eerste demokraties verkose president van ‘n vrye SA geword het, sou hy seker die res van sy lewe in die amp kon gebly het. Sy verkiesing tot ‘n tweede vyfjaartermyn sou sekerlik groot byval gevind het. Maar hy het geweet sy werk was, soos Cyril Ramaphosa dit gestel het, “om die rigting te bepaal, nie om die skip te stuur nie”. In April 1995, slegs ‘n jaar na die aanvang van sy eerste termyn, het hy opgemerk dat hy in 1999 tagtig jaar oud sou wees en dat ‘n “tagtigjarige hom nie met die politiek behoort op te hou nie.” Toe aan hom gevra is of hy ‘n tweede termyn sou oorweeg, het hy geantwoord: “Beslis nie.” En hy het nie. Dit was ‘n bepalende oomblik van leierskap.

14. Dis altyd albei
Nelson Mandela is gemaklik met teenstrydighede. Selfs wanneer hy homself weerspreek … Hy verstaan dat konsekwentheid op sigself ‘n valse deug is en dat teenstrydigheid nie noodwendig sleg is nie. Hy weet dat mense ingewikkelde wesens is en ‘n magdom motiewe het.
Skakerings van grys is nie maklik om te beskryf nie. Swart-en-wit is aanloklik, omdat dit eenvoudig en absoluut is. Dit lyk duidelik en beslis. Daarom neig ons so dikwels na ja- of nee-antwoorde wanneer  albei of miskien nader aan die waarheid sou wees … As ons egter die gewoonte aankweek om, soos Mandela, albei kante van ‘n saak te oorweeg – of selfs verskeie kante … Hierdie manier van dink is veeleisend.  Dit vra ‘n wilsbesluit, empatie en verbeelding.

15. Kry vir jou ‘n tuin
Selfs op ‘n verre, skone eiland het Mandela ‘n plek van afsondering nodig gehad: ‘n plek waar hy homself kon verloor en weer kon vind.
In die vroee 1970’s, te  midde van baie teenspoed, het Nelson Mandela besluit om ‘n tuin aan te le.
Samuel Johnson het eenmaal gese daar is niks meer ontspannend as om op ‘n aangename taak te fokus wat die gedagtes besig hou, maar nie veel konsentrasie verg nie. Vir Johnson was dit skeikunde, vir Mandela tuinmaak. Die hoofsaak is dat ons elkeen iets nodig het, weg van die wereld, waaruit ons genot en bevrediding put.

Direk aangehaal uit Op pad met Mandela – Richard Stengel

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s