Beveg depressie – en wen (2)

Lees hier, maar eers nadat jy gister se skakel deeglik opgeswot het:

http://www.clinical-depression.co.uk/dlp/depression-information/causes-of-depression/

Hier word die stelling gemaak dat depressie NIE ‘n siekte is NIE. Ja, ek het my ook eers amper flou geskrik, want ons is gewoond dokters vertel vir ons die teenoorgestelde.Die probleem met die siening van depressie as ‘n siekte is dat dit die depressielyer presies dit maak – ‘n depressieLYER. Jy is dus die lyer aan ‘n siekte en kan nie eintlik iets meer doen as om jou medisyne te drink nie. Wanneer jy die teenoorgestelde begin oorweeg, besef jy jy word nou bemagtig om SELF iets aan jou depressie te kan doen, behalwe om net die medikasie te gebruik.

Die volgende drie punte word in hierdie artikel aangeraak. Verder in die kursus word dit duideliker gemaak.

  1. Waarom kan hierdie kenners depressie beskou as nie ‘n siekte nie?
  2. Die verband tussen depressie en jou manier van dink (Dis wat vir my persoonlik die verskil gemaak het.)
  3. Depressie en gebeure in ons lewe – waarom word alle mense wat hartseer of rampe beleef, nie depressief nie?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s