My eerste jaar van blog

Die Romanzaskrywersblog (‘n geslote blog vir skrywers van romanses vir Lapa se Romanzareeks) was op 23 Oktober een jaar oud. Vir my sal dit nou altyd ‘n spesiale dag wees, want dit was deur my betrokkenheid by hierdie blog dat die wêreld van blogging vir my oopgegaan het. (En nee, ek weet nie van ‘n lekker Afrikaanse woord vir blogging nie). Tevore het ek wel my hand ‘n bietjie daaraan gewaag op Litnet se blogs, maar dit het my gou verveel. En gefrustreer agv die aardige taal wat op blogs gebesig word. Moet vir geen oomblik dink die mense wat by Litnet blog, kan (of wil) ordentlike Afrikaans skryf nie!
‘n Blog is natuurlik eintlik iets soos ‘n virtuele dagboek, ‘n plek vir mense om hul gedagtes (meestal anoniem) met ‘n wyer gehoor te deel. Die Skrywersblog is egter anders aangepak – ‘n hele groep mense met gedeelde belangstellings blog saam oor onderwerpe wat vir hulle van belang is. Daar is nie skuilname nie (behalwe sommiges se skrywersname) en ‘n hegte band is tussen ons klomp gevorm. Heelwat interessante ontmoetings tussen lede het al hieruit voortgekom, waarvan my ontmoeting in Leipzig met ‘n medeskrywer wat in Pole woon, seker die hoogtepunt was. Uit die skrywersblog het later ook die Romanzalesersblog (www.romanzalesers.wordpress.com) en die Skrywersontwikkelingblog (www.madelie.wordpress.com) ontstaan, wat jy gerus kan besoek. Dis vir my heerlik om aan hulle mee te werk en dis vir my ‘n baie kreatiewe ervaring.
Dit was dus ‘n logiese stap vir my om weer my hand te waag aan ‘n persoonlike blog. Maar hierdie keer nie as anonieme bieg- of skinderplek nie, maar veel eerder ‘n plek om my belangstellings en die dinge wat my lewe vol en ryk maak, met bekendes te deel. Wanneer vreemdes wel deesdae inval en kommentaar lewer, is dit vir my ‘n ekstra vreugde. Facebook is natuurlik ook ‘n lekker platform om ‘n blog aan te koppel en mense daarvan bewus te maak.
Die hele blogbesigheid het vanjaar my nie-skryftye gevul met skryfverwante aktiwiteit, wat my skrywery vir my meer soos ‘n regte, egte werk  laat voel (En nie soos iemand netnou weer vir my gesê het, iets om my besig te hou nie!!) en meewerk dat ek dit ook soos ‘n egte, regte werk hanteer.  Daarby het dit vir my ‘n handvol kosbare kollegas en vriendinne meegebring. En baaaaie pret!
Die volgende stappie was om internasionaal te gaan en in Engels te begin blog.  Hier kom my geliefde Springsteen weer eens tot my redding. Binne ‘n week het www.marilebetterdays.wordpress.com my in kontak gebring met ‘n wye verskeidenheid Springsteen fans, van Amerika tot Iran tot Amsterdam. En my laat besef dis ‘n baie goeie oefening om weer ‘n slag in Engels te probeer skryf. En my laat besef dis ‘n goeie platform om ook sommer ‘n lansie vir my land te breek. Wie weet wat volgende sal wees? Ek kan nie wag nie!
Ek lig ‘n glasie op nog baie blogjare!
PS. En hier loop ek sowaar ‘n lekker webwerf raak in die proses om ‘n prentjie te soek: http://www.bloggingteacher.com/ Die internet is ‘n amazing plek …

2 gedagtes oor “My eerste jaar van blog

    1. Great! Vat dit stappie vir stappie!
      Gaan jy oor jou besigheid blog?
      Jy moet daarvoor ‘n fb bladsy ook maak, hoor!
      Hoop dit gaan klopdisselboom!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s