Nelson, Aaron P – Achieving optimal memory

Augustus 28, 2010 at 6:28 nm (Beveg depressie, Depressie, Gesondheid, Ouderdom, Random gedagtes, Spanning, Stres) · Wysig
Tags: , , , , , , , , ,

Om ooglopende redes het ek onlangs ‘n boek oor geheue uitgeneem .. Achieving optimal memory deur Aaron P. Nelson van Harvard Mediese skool. Ek kan gelukkig rapporteer dat ek klaarblyklik nie oppad is om my breinfunksie te verloor nie, maar doodgewoon aan die oudword is!

Hy noem die volgende aspekte wat volgens navorsing wel deur ouderdom aangetas word:

  • Working memory – Your ability to hold and manipulate information in mind is reduced.
  • Processing speed – Ons word stadiger, wat veroorsaak dat ‘n mens bv. langer neem om op iemand se naam te kom.
  • Detail – ‘n Mens onthou minder detail van ‘n ervaring.
  • Declarative memory – wat ek nie so lekker verstaan nie … Maar dit het ook blykbaar te doen met die gesukkel om bv op ‘n naam te kom.
  • Source memory – Dit word moeiliker om te onthou waar en wanneer jy iets gehoor/ervaar het. Nou verstaan ek hoekom mense soms soveel tyd hieraan afstaan as hul ‘n storie aan die vertel is.
  • Multitasking – Dit word moeiliker om ‘n paar dinge tegelyk te doen.
  • Visuospatial processing – ‘n groot woord vir die vermoe om bv driedimensionele modelle te bou – iets wat ek nog nooit in my lewe kon doen nie!

(Ek lys so ‘n verskeidenheid tags hierbo omdat hulle – dinge soos oefening, oorgewig, dieet, slaap, depressie, bloeddruk, cholesterol, ens – almal volgens die slim dokter ‘n mens se geheue beinvloed)

Hieronder ‘n vinnige opsomming van die aspekte van ons breinfunksie wat volgens navorsing blykbaar nie veel deur die ouderdom benadeel word nie:

  • Aandagspan – die vermoe om te fokus en jou aandag op iets toe te spits
  • Taalvermoe – woordeskat en vermoe om taal sinvol te gebruik
  • Geheue vir prosedures – die vermoe om goed te doen wat jy vroeer aangeleer het (bv. fietsry – dis nou as die ou liggaam dit nog kan doen!)
  • Redenasievermoe – die vermoe om sinvol oor dinge te oordeel en argumente te voer
  • Wilskrag – wat kan veroorsaak dat ‘n ouer mens netso effektief soos ‘n jonger een kan leer – goeie nuus vir almal wat met die tegnologie stoei!
  • Kreatiwiteit – die begeerte om jouself met iets kreatiefs uit te leef, bly teenwoordig
  • Wysheid – ons vermoe om dieper betekenis aan dinge te gee en insig te verkry

Vir my klink dit nogal na goeie nuus!

Lewer kommentaar