Kreatiwiteit

Kreatiwiteit is ‘n mooi woord wat deesdae oral rondgegooi word. Die Engelse creativity kan seker netso goed vertaal word met skeppende vermoë. Maak nie regtig saak nie – albei slaan op die feit dat iets nuuts geskep word. En op dié manier bring albei ons uit by die Skepping, met ‘n hoofletter. En die Skepper van die Skepping.
Wat my tot die diep (en logiese!) insig gebring het dat om iets te skep, vir die mens is om ‘n klein, klein, kléín ietsie van die Skepper te beleef. En dis hoekom om so naarstigtelik aan die rondhardloop is om tog net iets tot stand te bring. Nie regtig net vir die geld nie. Ook nie regtig vir die land of die wêreld nie. Maar eintlik omdat ons op soek is na daardie klein happie van die goddelikheid wat vir ons beskore is.
Dit maak nie saak of dit ‘n bord kos is wat jy skep (hoewel dit darem te gou net opgeëet word na my sin!), of ‘n trui, ‘n rok, ‘n motor, ‘n huis of ‘n storie nie. Maak nie saak of jy die Nobelprys kry of net vir jou gesin bak nie. Elke keer wanneer iemand iets heeltemal nuuts maak, kom daar ‘n baie klein splintertjie van God af na daardie persoon toe.
En dis waarheen ons toe al die tyd aan die jaag is.
Goed om te weet.
NS. En nou weet ek ook sommer hoekom dit so goed is vir geestesgesondheid om iets met jou hande te doen. En hoekom dit so moeilik is om depressief te bly as jy iets moois aan die maak is.
NNS. En as dit nou nie so erg mooi is nie? So what!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s