By http://altacloetewebwerf.wordpress.com/ kan jy allerlei inligting kry wat nie op my Facebook-blaaie of blogs beskikbaar is nie.
Raak jy deurmekaar met die Geur- en Seisoen-reekse? Wil jy graag weet hoe die boeke op mekaar volg?
Vind jy die baie karakters verwarrend? Wonder jy watter karakters se storie word in watter boek vertel?
Wil jy weet watter romanses ek al geskryf het?
Wonder jy of my tydskrifverhale weer eendag beskikbaar sal wees?
Wil jy meer weet oor my boekie oor depressie? Wil jy dit dalk graag aanskaf?
Wonder jy waarmee ek nou besig is en wanneer dit op die rak sal wees?
Dan is http://altacloetewebwerf.wordpress.com/ die regte plek om in te loer!
Hier kry jy inligting oor die skryfdinge waarmee ek my besig hou: http://altacloetewebwerf.wordpress.com/
Stuur asb jul epos adres ons soek hulp
Watter soort hulp, Meisie?
Ek is opsoek na gratis ebooks
Anne-Marie, dis onwettig om gratis e-boeke te koop of te verkoop. As jy hieraan meedoen, neem jy skrywers se kos uit hulle monde uit en oortree boonop die wet.
Op Amazon.com is elk dag aanbiedings van e-boeke wat ongelooflik goedkoop is. Maak liewer daarvan gebruik. Ek het al juwele daar raakgeloop.
Groete!
hallo ek op soek na die volledige Seisoen en Geur reekse – waar kan ek dit in die hande kry?
Hulle is ongelukkig nie meer almal beskikbaar nie. Die beste is om by LAPA self te hoor watter hulle nog het. Groete!
Wat is julle koerierkoste na Modimolle? Dr Van Vuuren
Natie, hierdie webwerf bevat slegs inligting oor my skryfwerk. Ek kan ongelukkig nie jou vrae beantwoord nie. Die betrokke boekwinkel of uitgewer sal hierdie vraag van jou kan antwoord.
Ek wil meer weet van Wilhelm Jordaan se nuwe boek. Hoe verskil dit van sy eerste boek (Rubrieke)?
Hallo!
Dis nie die regte plek vir jou vraag nie. Google, die uitgewer van die boek of een van die boekgroepe op Facebook sal jou kan help.
Groete!
Goeienaand Alta, jammer om jou te pla. Ek het jou boekekennis nodig. In die laat 70’s was daar n roman wat deur n boekklub uitgegee is. Die storie het gehandel oor n tweeling wie se ma oorlede is. Hulle woon by hulle pa en n huishoudster. Hulle was regte tomboys wat in puberteit is en probeer alle maniere om hulle vroulike ontwikkeling te keer. Ek kan glad nie onthou wie die skrywer was nie. My ma het so gelag terwyl sy die boek gelees het. Ek wil baie graag die boek opspoor. My ma is in 1981 op 41 oorlede. Ek hoop jy kan my in die regte rigting lei. Groete
Hallo Ronel!
Hierdie vraag moet jy op Facebook op die Lekkerleesboekrak gaan vra. Die kans is baie goed dat iemand daar jou kan help. Groete!
Baie dankie ek gaan so maak.