Sylvia de Kock

  • Naam: Sylvia de Kock
  • Skuilnaam as jy dit verkies:
  • Ouderdom: 44
  • Beroep: Franchise/Technical Assistant
  • Huwelikstatus: Ongetroud
  • Waar woon jy? Pretoria
  • Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

Is alleen met lockdown.

  • In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Mens besef dat jy jou eie beste vriendin is, veral wanneer jy alleen in hierdie tyd is en nie jou geliefdes kan sien nie. Jy leer ook om meer op die klein goedjies te fokus en dit rustig te kan geniet, soos ‘n koppie tee.

  • Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

My kop was nie regtig by die situasie nie.

  • Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is?

Die werklikheid daarvan het eers ingeskop toe hulle die eerste lockown verleng het met twee weke.

  • Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring?

Ek was alreeds ‘n week voor die afperking tuis, ons het ons kantoor en rekenaars huis toe gebring.

  • Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?

Alles is net tydelik. Dinge verander, die situasie sal ook. My lewe het verander omdat ek die woorde by my dra: “Laat niks jou ontstel nie. Laat niks jou verontrus nie. Alles gaan verby. God verander nie. Wees geduldig en jy sal alles vind. Met God in jou hart kom jy niks kort nie. God alleen is genoeg. – Teres van Avila

Die woorde maak my rustig en minder angstig.

  • Wat was die moeilikste tydens vlak 5?

Dat ek niemy ouers of broer hulle kon sien nie.

  • Wat is vir jou positief tydens vlak 5?

Dat ek nie die snelweg hoef te gery het nie en dat mense oor die algemeen tot bedaring kon kom. Of hulle nou wou of nie.

  • Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was?

Ek was alleen.

  • Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar?

Nie goed nie. Ek het in trane uitgebars want ek sien nie my mense nie, en aanraking is vir my belangrik.

  • Wat het jy die meeste gemis op vlak 5?

My mense. My ouers, my broer en sy gesin.

  • Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak?

Dit was nogsteeds streng, dit het maar dieselfde gevoel, ek was nogsteeds nie toegelaat om my ouers te sien nie.

  • Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4?

Dit het nie juis vir my anders gevoel nie. Ek werk van die huis af, het alles wat ek nodig gehad het aanlyn bestel.

  • Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4?

Nie regtig iets nie.

  • Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het?

Ja, ek stap graag.

  • Het jy tydens vlak 5 geoefen?

Ja.

  • Hoe het jy dit gedoen?

Ek het al om die huis geloop en trappe geklim in die huis.

  • Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar?

Dit was wonderlik. Ek kon ver gaan stap het.

  • Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak?

Alles voel maar dieselfde. Dit was egter lekker om uit te kom en ‘n wegneem koffie te kon gaan drink by Irene Farm Village.

  • Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek?

Bietjie meer vryheid. Alhoewel ek dit nie sommer geneem het nie.

  • Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek?

Nie regtig iets nie. Lockdown vir my is lockdown.

  • Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel?

Emosioneel was dit ‘n reuse uitdaging. Ek is alleen, ek skype, whats up call en Zoom met my mense. Die aanraking wat afwesig is, was en is vir my nogsteeds die ergste.

  • Is jy finansieel erg geraak?

Gelukkig nie. Ek kon van die huis af werk.

  • Wat is nou vir jou die moeilikste?

Ek kan nogsteeds nie my ouers sien nie. Hulle is bo 70 en die Estate laat nie sommer besoekers toe nie. Ek kan wel hulle by die hek kry en hulle inkopies vir hulle gaan af gee. So ons sien mekaar baie vinnig, maar dit is nie dieselfde nie.

  • Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is?

Ek hoef nie in kantoor toe te gaan nie.

Van die werksmense hoef ek nie te sien nie.

Daar is nie’ n snelweg en ‘n gejaag nie.

  • Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA?

Ja.

  • Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19?

Ek volg Jana van Der Merwe van HUISGENOOT se FB status waar sy deel wat die stand van sake is. Ek kyk ook na https://www.worldometers.info/

  • Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel?

Ek vermy die nuus. Ek vang net op hier en daar. Net genoeg om te weet waar ons staan.

  • Bly jy op hoogte van die oorsese situasie?

Ja.

  • Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel?

Ierland en Amerika.

  • Hoekom?

Het vriende en famlie daar.

  • Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou?

Dit is iets waarvan ons nie kan wegkruip nie. Dit is wat dit is. Beste is om jou kant te bring om jouself en ander te beskerm.

  • Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin?

Dalk meer gespaar het vir noodgevalle.

  • Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin?

Hou by ‘n skedule. Een ding op ‘n slag. Om nie angstig te raak oor die situasie nie.

  • Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het?

Nee.

  • Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf?

Ja. My goeie vriend in Ierland se pa is oorlede aan Covid 19. Hy was in die hospitaal vir ‘n prosedure en het by die chirurg aangesteek.