Ouderdom: 73
Beroep: Afgetrede onderwyseres
Huwelikstatus: getroud
Waar woon jy? StilbaaiAlleen?
Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) my man
In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Ons was gewoond om elke oggend en middag met ons hond te gaan stap. Asook baie met vriende saamgekuier en met die bure. Tydens die eerste inperking kon ons dit glad nie meer doen nie.
Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Was baie onseker. Bekommerd. Het nog nooit so iets beleef nie.
Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Hoe gaan ons dit oorleef? Dadelik begin om my negatiewe gedagtes, positief te swaai. Was nie so maklik nie.
Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Ek was winkel toe, het kos gekoop. Asof winkels nooit weer oopmaak nie. Apteek toe en al ons medikasie gekry asook panados vir koors, keelseerpille ens.
Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Drasties.Net tuis gebly.Kon nie stap buite die erf nie.
Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Dat ons nie mag stap buite die erf nie.
Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Ons het baie kreatief geraak. My man het erf rondom huis oopgemaak sodat ons om die huis kon stap.
Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? My man was stiller al hoe meer gelees. Dit was vir hom sleg dat sy mansvriende nie kan kom koffie drink nie.
Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Ek was aanvanklik moedeloos. Totdat ek nuwe vaardighede begin het : Nuwe patrone gebrei en gehekel.
Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Samesyn met vriende. Verlang na ons kinders.
Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Dit was wonderlik dat ons kon stap. Die tyd was sleg, want 6uur was nog skemer en koud. Dit het egter n groot verskil gemaak dat ons buite die erf kon stap.
Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Dat ons kon stap en ten minste ander mense kon sien verby stap.
Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Die tye wat 6 tot 9 was.
Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Gereeld gestap.
Het jy tydens vlak 5 geoefen? Ons het om die huis gestap en strekoefeninge gedoen.
Hoe het jy dit gedoen? Ons het 40 keer om die huis gestap. Die oefeninge binne op die mat gedoen.
Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Dit was goed, maar die tyd was sleg.
Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Ek het uitgesien om my hare te laat sny.
Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Dat die land se ekonomie ‘n bietjie aan die gang kon kom.
Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Ons het toe nog lank gewag voor die haarsalon kon oopmaak.
Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Ek is emosioneel nou aangepas. Ek verlang net baie na ons kinders in die Boland, want ons kuier nog nie.
Is jy finansieel erg geraak? Ja, my beleggings baie minder werd. Baie armer.
Wat is nou vir jou die moeilikste? Om nie ons kinders te sien nie.
Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Ek het baie nuwe dinge geleer en baie kreatief geraak.
Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Ja
Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Netwerk 24 en die nuus.
Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Ek voel soms magteloos.
Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Ja
Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Nee
Hoekom? Ek kyk maar na die hele spektrum van waar dit voorkom,
Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Maak my morbied.
Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Niks
Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Sal weer probeer om myself so positief as moontlik in te stel. Te aanvaar wat ek nie kan verander nie.
Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Nee
Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee