Mouton, Riana – Spoorloos

Alex Cloete is kwaad vir die lewe. Hy het nie geld nie, nie rigting nie, en sy geliefde seun, Zander, woon by sy ma, Mercia, ver van hom af …
Uit hierdie gegewens ontstaan ‘n speurverhaal wat vir entoesiastiese lesers van dié genre blykbaar groot plesier verskaf. Vir my, met my kort aandagspan en soms lui brein, het dit plek-plek effens verloor. Daar was bloot té veel kronkels en draaie. Maar ek pak geensins die skuld op die skrywer nie – my skouers is breed genoeg! Ek het die boek gelees omdat dit ook deur Lapa uitgegee is en omdat dit ook ‘n goeie voorbeeld is van ‘n vrou wat uit ‘n manlike hoofkarakter se perspektief skryf. En dit baie goed regkry. Reken ek. Maar dis Alex Cloete wat my geboei het. (Darem seker nie net omdat hy na familie klink nie!) Vir ‘n ander leser begin die verhaal dalk ‘n bietjie stadig, maar dis juis die deel wat ek die meeste geniet het, omdat dit die deel is waarin hy die sterkste geteken word. Dalk ook omdat daar ‘n kind betrokke is.
Dan ontvou ‘n komplekse verhaal van verbode liefde, mag en hebsug wat oor drie kontinente uitspeel en die leser enduit boei en vermaak.
As jy Afrikaans wil ondersteun – lees hom! As jy van speurverhale hou – lees hom beslis! As jy van gefolterde mans met baie bagasie en ‘n goeie lyf hou – lees beslis! En sê agterna dankie dat jy nie in lewende lywe met hom hoef te cope nie …

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s