Madiba is in my oe ‘n moderne held – wat self weet hy het ook maar voete van klei. Omdat my oudste saam met hom verjaar, is hy daardie tyd van die jaar spesiaal in my gedagtes. Ek het ook die teorie dat die feit dat hy ‘n lang man (ek dink 1.92m) is, die redding van ons land was – as hy met kleinmannetjie-sindroom uit die tronk gekom het, was daardie heel eerste toespraak van hom dalk nie so versoenend van aard nie!!