RSS

My sister’s keeper

Ek het lank oorweeg of ek werklik die fliek moet kyk. Omtrent elke verfilmde boek was nog vir my ‘n teleurstelling. Natuurlik verstaan ek dat die omvang en diepte van ‘n boek onmoontlik in ‘n fliek van gewone omvang weergegee kan word. Maar ek verstaan nie hoe die filmmense ‘n boek so heeltemal kan verander om aan hul (en die kykers se) behoefte te voldoen nie. Nog minder hoe ‘n skrywer dit kan toelaat.  Moet ‘n skrywer sy boek so afteken dat hy geen sê het in hoe die fliek gemaak word nie? Is dit geld wat so hard praat?

Dit was natuurlik ‘n baie roerende fliek. Picoult is beroemd vir die ongewone situasies wat sy vir haar boeke uitkies, maar tog kan enige mens (en veral enige ma) met die hartseer van hierdie gesin identifiseer. Almal se spel was vir my oortuigend en dis nie die akteurs se skuld dat die fliek met opset so aangepak is om by uitstek ‘n tranetrekker te wees nie. Maar daar was net te veel dinge uit die boek wat ek gemis het – veral die hond se uitgebreide rol en die prokureur se moedswilige belaglike antwoorde op mense se vrae, asook die liefdesverhouding tussen hom en ‘n karakter wat glad nie eens in die fliek was nie. En nee, ek het nie die ekstra tragiese einde van die boek gemis nie. Maar die einde wat hul die fliek gegee het, was vir my regtig oordadig sentimenteel. Boonop bevat dit blykbaar ‘n tamelike growwe feitefout oor die weer in Montana gedurende die tyd van die jaar wanneer hulle kastig vir haar verjaardag soontoe sou gaan.

Ten spyte van my besware het ek steeds die fliek geniet en ‘n paar trane gestort. Die boek was die eerste van Jodi Picoult wat ek gelees het en ook die enigste wat ek geweldig geniet het. Op die lange duur het haar onderwerpe vir my net te depressing geraak en die afloop van die verhale net te sinneloos.

Want ek bly maar ‘n verbete romantikus.

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: