Venter, Eben – Twaalf

Eben Venter: Twaalf

Hier volg die agterbladteks van hierdie boeiende boek:
Twaalf ontredderdes se uiteenlopende wêrelde resoneer in hierdie kortverhaalbundel. Hulle name – Meisie, Tandeka, ouma Fransie – versinnebeeld reeds die kontraste waarom dit hier gaan: Suid-Afrika en Australië, man en vrou, wit en swart, oud en jonk.
Tog word hulle ervarings op ‘n sonderline wyse saamgebind – deur erbarming. Warmte wat meer is as mededeelsaamheid, dieper reik as medemenslikheid. En uiteindelik lei tot werklike insig in die behoeftes en drome van ‘n ander. Soms is die behoefte so eenvoudig soos liggaamshitte wat mens deur ‘n baadjiemou kan voel. Of ‘n vrou se versugting om na haar man se afsterwe ver oor die waters te vlieg. Of ‘n oomblik se stilte by ‘n sterfbed om die bleek beentjies van ‘n vreemde hand vas te hou.

Ek is nie ‘n Venter bewonderaar nie, daarvoor is sy werk vir my net te donker. Maar dat die man KAN skryf, is nie altemit nie. En daar is wel ook fyn humor in sy werk. Hierdie bundel kortverhale is al tien jaar oud, maar is so boeiend dat dit ‘n tweede lees werd was. Dis nie lekker stories wat jou laat ontspan nie. Nee, daarvoor lees ‘n mens nie vir Eben Venter nie. Maar die stories raak ‘n mens baie diep. Tonele uit die harde Suid-Afrikaanse werklikheid word so duidelik herskep dat jy dit aan jou lyf kan voel. En ook nie net uit die wit perspektief nie, daar is ook pogings om van die ander kant af te kyk. Ook grepe uit die lewe van ‘n ex-pat wat in Australië in ‘n restaurant werk, asook gay elemente kom in die verhale voor. ‘n Mens kan seker aanneem daar is outobiografiese elemente in heelwat van die stories.

Nie om te lees as jy effens depro voel nie. Maar ‘n moet as jy jou graag verwonder aan die maniere waarop ‘n meester ons taal kan laat sing. Al is dit ‘n donker lied.

En nee, ek het nog nie die moed gehad om Santa Gamka in die hande te probeer kry nie …
ATKV-Veertjie ten spyt!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s