Afrikaans, jou lekker ding!

  • As jy lyk soos jou paspoort-foto, het jy ‘n reis nodig.
  • Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op.
  • Ek is nou so opgewonde soos ‘n budgie op steroids.
  • Jy’s so skeel jy kyk jouself diep in die oë.
  • Hy is so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
  • Hy is so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
  • Hy is so maer, as hy langs ‘n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg.
  • Hy is so skelm, hy bid onder ‘ n skuilnaam.
  • Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.
  • Ek sit nou so lekker, ek staan sommer op en sit weer.
  • Lang gesig soos ‘n bok wat afdraand vreet.
  • Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.
  • Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.
  • Ek is nou so lui, ek trou sommer ‘n pregnant vrou.
  • Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig gehad het.
  • Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan.
  • Hy is so lelik, as hy op die sand sit wil die katte hom toekrap …
  • Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur ‘n vliegtuigmotor ingesuig nie.
  • Die mens is op aarde geplaas om ‘n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter, ek sal nooit dood gaan nie.
  • Ons kan nie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap.
  • Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het.
  • Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie.
  • As jy vir jouself kan lag, het jy altyd iets om oor te lag.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s