Wat vroue regtig wil hê

Vroue hou van ‘n nutsman bv. ‘n ridder wat sy eie gereedskap uithaal, om ‘n skroef vas te draai, is meer aantreklik as ‘n man wat die AA bel vir ‘n pap wiel. Ironies genoeg is daar ‘n tekort aan nutsmanne, want metromans wil nie hulle hande vuil maak nie.
Snaakse mans? ‘n Goeie sin vir humor het al baie verhoudings gered. Dit is een van die pilare van ‘n gesonde verhouding, en kan partymaal kompenseer vir geld. Mans wat ander kan laat lag, neem hulle self nie noodwendig so ernstig op nie en vroue is mal daaroor, want hierdie mans haal maklik die angel uit ‘n situasie. Vroue val vir humor, sy sal ‘n man vir baie goed vergewe, as hy haar net laat lag soos Woody Allen – aweregse humor, beeldskone vroue wat hy al gelok het daarmee.
Vroue soek ‘n ware heer. Kom ons wees eerlik, ‘n grotman kan ‘n hengse verleentheid wees. ‘n Ware heer moet ook nie te ordentlik wees nie, hoekom val ordentlike meisies vir slegte mans? Hulle is net soveel meer pret!
‘n Man wat vele tale kan praat? Daar is niks so verleidelik soos ‘n vreemde taal nie. Mense met die voordeel van veeltaligheid kry beter werksgeleenthede, en word sosiaal meer gerespekteer, want hulle word gesien as mense wat gereeld reis, en wat straatwys is.

Vroue is mal daaroor as ‘n man sê hy is jammer. ‘n Studie by die Universiteit van Michigan het getoon mense wat sê hulle is jammer, is gesonder, want dit verlaag die spanningsvlakke. Deur te weier om om verskoning te vra, plaas jy spanning op die verhouding, en dit openbaar iets negatiefs van jou. Dit word gesien as ‘n karakterfout. So sê Beverley Engel, skrywer van die boek. “The Power of apology”. Sy voeg by dat ‘n mens in sekere situasies ook nie te veel moet om verskoning vra nie.
Skaam mans? Navorsing het dit oor en oor bewys, vroue is mal oor skaam mans! Hoe minder hy van himself openbaar, hoe meer misterieus raak hy.

Dis wat onlangs in Tjailatyd op rsg gesê is. Ek stem met die meeste saam, behalwe die laaste. Vir ‘n dark horse sien ek tog nie kans nie, misterieus of nie!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s