Maryke Stern

Ouderdom: 41

4. Beroep: Ekoloog

5. Huwelikstatus: Getroud

6. Waar woon jy? Plaas in die Karoo

7. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Man en 2 klein kindertjies amper8 en 6

8. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Uniek, ons is op plaas en dit het bietjie meer ruimte en spasie en n mate van vryheid gegee teenoor vriende in die dorp.

Dit was besonder uitdagend om werk, skoolgee en plaaswerk en gewone huishouding in een dag te pas!

9. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

Onwerklik. En toe… In ‘plan-maak’ /probleem oplossing- ‘mode’ oorgegaan. Hoe gaan dit my (ons gesin, my werk, ons werkers, die plaas/besigheid affekteer) en wat kan ons doen om veilig te wees en hierdeur te kom…was my eerste gedagte. Ek het begin planne maak.

10. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is?

My eerste gevoel was dat ek bly was om meer tyd saam met my koshuis dogtertjie bietjie langer by die huis te kon hê! 

Ek het weereens oorgeskakel tot ‘probleem oplossing’ “mode” toe…hoe ek my kinders gaan leer oor corona sonder om hul vreesagtig te maak, watter aktiwiteite ons als gaan aanpak, hoe ek my werk gaan inpas ens.

11. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring?

Het 2 dae voor inperking ‘opgestock’ met inkopies sodat ek nie vir die volgende 3 weke in die dorp hoef te kom nie, genoeg kuns en bak goed en plantjie/veggie saadjies gekoop om my en my 2 dogtertjies besig te hou met allerhande aktiwiteite, het op die omgewing van die oomblik al my afsprake in die dorp gekanseleer en my hare vir oulaas laat kleur met heerlike koppie cuppachino voordat ek plaas/huis toe is!

12. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?

Ek het nou 5 (in plaas van 3) dae van huis af gewerk en moes altwee my kinders skoolgee (graad R en 2). 

13. Wat was die moeilikste tydens vlak 5?

Om werk, skoolgee,plaas en huisgoed in een dag te pas. Juggle.

14. Wat is vir jou positief tydens vlak 5?

Kwantiteit kwaliteit tyd saam met kinders, dit was tog baie lekker om skool te gee vir my, dis baie ‘rewarding’ om te sien hoe hul leer en ontwikkel! As die werk en huis en plaas verpligtinge nie daar was nie sou ek dit baie meer geniet het!

15. Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was?

Goed. My kinders het soos beste maatjies gespeel en my man het voortgeboer soos altyd

Dit was vir mý baie meer uitdagend as hulle.

16. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar?

Dit het meer uitdagend begin raak. Ek het dit nie verwag en daarvoor voorbereiding gemaak toe dit in die eerste plek aangekondig is nie. Ek was nie ingestel en voorbereid daarvoor nie. Ons vakansie na Kruger moes Nou uitgestel word…ek het so uitgesien.. (dit sou n eerste vir my man en kinders wees, ek het daar gewerk as n Natuurbewaring student jare terug!)

17. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5?

Vriende en kuiers in koffiewinkels. om te ry… werk toe, dorp toe, sommer net enige plek heen..!

18. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak?

Niks nie behalwe dat ek begin dorp toe gaan het vir inkopies (kos)

19. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4?

Niks. Ons was geseënd met vryheid en ruimte om tot n mate te kon ‘uitkom’ soos om te kon draf op die plaas

20. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4?

Dat ek nie vur my ouers in n ander provinsie kan gaan kuier nie.

21. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het?

Nie gereeld maar waneer ek die geleentheid kry,meesal oor naweke

22. Het jy tydens vlak 5 geoefen?

Ja just because I can. Ek was baie dankbaar daarvoor en het meer as gewoonlik gaan draf sommer net uit dankbaarheid en omdat ek kon (ons woon op n plaas) en later toe ek Vrede gemaak het dat ek nooit alles in een dag gaan pas nie, en net sowel n bietjie tyd kan gebruik om te draf 

23. Hoe het jy dit gedoen?

Draf 

24. Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar?

Nie van toepassing. 

25. Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak?

Daar was vir my baie onregverdigheid en ek het besigheide en armes baie jammer begin gekry. Ek het bietjie gehelp waar ek kon

26. Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek?

niks

27. Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek?

Onregverdige dubbelstandaarde.

Dat ek nogsteeds nie by my ouers in n ander provinsie kon gaan kuier nie

28. Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel?

Goed. Ek het ‘n handjievol ‘af’dae gehad maar kon met gebed en deur aan ander wat minder het te gee en te rus weer fokus kry en beter voel emosioneel.

29. Is jy finansieel erg geraak?

Nee, one al2 was geseënd om steeds te kan werk en verdien, ek het wel mooier gekyk na my geld. Ek kon n bietjie gee aan ander.

30. Wat is nou vir jou die moeilikste?

Nogsteeds om alles te ‘juggle’…werk, skoolgee, plaas, huis in een dag in te pas! Ek het intussen ‘n nagraadse studie beurs gekry so kan studie nou ook hierbo lys! My kinders gaan volgende week terug skool toe en ek hoop dat dit dan makliker sal raak maar hul gaan net 50% kapasiteot en ons sal steeds tot n mate moet homeschool…

Dis nogsteeds vir my sleg om nie net enige plek heen te kan ry nie/ie om vir my ouers te gaan kuier in n ander provinsie nie

31. Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is?

Aanpasbaarheid. Om self (en ons kinders) te leer om by verandering aan te pas.

En Kwaliteit tyd/Herinneringe saam met my gesin.

Sterker geloof en meer compassion.

32. Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA?

Ja

33. Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19?

My man. News24. Rsg 

34. Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel?

Ek  beperk dit.

35. Bly jy op hoogte van die oorsese situasie?

‘n bietjie

36. Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel?

Nieu Zeeland. Omdat ek dink hul eerste minister dit so mooi bestuur het en ek haar op Facebook gevolg het.

Italia omdat ek daar vakansiengehou het as student, daar vriende het en dit een van die eerste en ergste geafekteerde lande was

Ander Afrika lande soos Namibia..sommer net uit interessantheid om te sien hoe ander Afrika lande dit vs SA hanteer

37. Hoekom?

sien 36

38. Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA  jou?

Dit beivloed my nie behalwe dat dit my help om nie ‘ignorant’te raak daaroor nie.

39. Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin?

Dit in gedagte hou dat lockdown langer as 3 weke gaan wees en nie net oornag gaan verander /verdwyn nie.

Ek het probeer maar sou selfs nog meer liefdevol en minder ‘ernstig oor skoolwerk’ wees met my kinders.

‘n dag of wat ‘afskryf’ en die tyd gebruik om my huis uit te sorteer.

My vriendinne meer bel/zoom

Myself instel dat enigiets, enigetyd kan verander

Meer draf. elke dag.

Meer geleenthede gebruik om my geloof te deel en te bid vir ander

Vir my ouers gaan kuier op ‘n essensiele permit

40. Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin?

Kosbare gebedstyd/ Bid (aleen en in groepe)

Kwaliteit tyd saam met my kinders en man

‘n mate van Roetine ten spyte van chaos en bedrywighede.

41. Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het?

Ja

42. Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf?

Nee