Ingrid de Beer

 

KerkOuderdom: 64

Beroep: Huisvrou/sekretaresse by ELEOS

Huwelikstatus: Getroud

Waar woon jy? Pretoria maar was vir Fase 5 en 4 in Shelley Point by ons seehuis.

Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) My man

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Niks regtig uniek nie. Ek is gewoond om ons kinders en kleinkinders gereeld te sien, en dit was ‘n groot uitdaging om dit nie te kon doen nie. Ek moes ook die tegnologie vinnig baasraak om vergaderings te kon bywoon.

Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Dit was nodig.

Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Verlig. Geweet (of gehoop en bid) hulle sou alles in plek kon kry vir die groot aantal gevalle wat sou kom.

Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Ons het nie uitsonderlike aankope gaan doen nie want ons het toe net by die see aangekom en het reeds alles aangevul. Ons het wel ons griepinspuiting gaan kry die middag voor die inperking, en warm klere aangekoop aangesien ons nie by ons permanente huis was nie.

Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Omdat ons by die seehuis was, was ons gewoond om daar nogal afgesonder te wees. Wat wel verander het, was ons oefenpatroon. Ons moes ‘n roete om die huis uitwerk om elke dag te kan stap. En om elke dag kos te maak en NOOIT uit te eet nie. Ek doen dit steeds, ons het nog nie vir die afgelope 120 dae iets anders as my kos geeet nie. Ons voel net veiliger om dit so te doen.

Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Om nie LANGS die see te gaan stap nie terwyl jy hom sien en hoor en ruik. En om nie ons kinders te sien nie, al was hulle so naby.

Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Ek het geweet al ons kinders is veilig en dit was familietyd. Almal is so besig en dit was die eerste keer dat hulle almal as families kon saamwees. Vir ons ook. Dit was vir my lekker om net saam met my man te kon wees.

Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? My man het soms bietjie moedeloos gevoel. Maar gelukkig doen hy houtwerk en het hom daarmee besig gehou en ook met tuinwerk en goed regmaak in en om die huis.

Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Mmmm. Ons het dit nie verwag nie, en dit was vir my nogal ‘n aanpassing. Ek het baie uitgesien na die stap in die oggende, maar dit kon toe steeds nie.

Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Om nie te kon ry waar jy wou nie. Om êrens langs die pad stil te hou en iets te eet. Ek mis dit steeds.

Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Eintlik nie veel nie. Die hardeware winkels het oopgemaak so my man kon nog hout en gereedskap gaan aankoop, en ek kon nog 2 legkaarte koop. 😊

Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Dat ons in die oggende kon gaan stap.

Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Dat ek nog nie met my kinders kon kuier nie.

Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Nie gereeld nie, maar ek het.

Het jy tydens vlak 5 geoefen? Ja, elke dag, behalwe Sondae.

Hoe het jy dit gedoen? Gestap en gestap en gestap om die huis.

Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Dit was heerlik. Ons kon langs die see op die paadjie stap en dit was veral lekker. Maar dit was baie vroeg, en ek is nie ‘n vroeg-opstaan-mens nie.

Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Dit het my nie eintlik geraak nie. Ons was terug by ons huis in Pretoria, en alles gaan maar aan soos gewoonlik. Ons kan wel enige tyd gaan stap, maar ek het ‘n “treadmill” so ek gebruik dit eerder dan hoef ek nie ‘n masker te dra nie.

Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Ek kon met ‘n permit na my ma toe ry, alhoewel hulle baie streng was oor besoeke, maar haar huis is losstaande in die aftreeoord, so ek kon met die nodige toestemming ingaan.

Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Dat sigarette nog nie toelaatbaar is nie. Dit bly vir my ‘n belaglike reëling. Van ons kinders rook en hulle betaal ten duurste vir swak sigarette.

Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Ek is doodreg. Ek is van nature ‘n positiewe mens en maak die beste van hierdie inperking. Ek wil nog nie dat my huishulp terugkom nie, daarom is ek baie besig in die huis en dis eintlik vir my lekker.

Is jy finansieel erg geraak? Ek dink eintlik is ons pensionarisse die beste af in hierdie inperking. Ons het wel van ons kinders finansieël gehelp.

Wat is nou vir jou die moeilikste? Steeeeeeeds om nie my kinders en kleinkinders te kan sien nie.

Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Mense se omgee-harte. Ek is betrokke by ‘n NPO wat in die Weste van Pretoria werk en die hulp wat ons ontvang het van gewone mense elke dag was ongelooflik.

Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Ja, ek doen.

Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Ek het ‘n app op my foon.

Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Dit is vir my sleg om te sien hoeveel mense elke dag geraak word deur die virus. Maar ons probeer so veilig as moontlik leef en ons kinders ook. Ek dink elkeen het ‘n verantwoordelikheid vir sy eie optrede.

Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Ek het aan die begin, maar nie meer nie.

Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Ja, Dubai en Wes-Australie.

Hoekom? Dis waar van ons kinders is.

Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Dit is nie lekker om te sien hoeveel mense sterf nie, maar dit is nog steeds baie laag in vergelyking met die res van die wêreld.

Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Ek sou beslis meer legkaarte en wol gekoop het. 😊 Ek sou dalk meer boeke gekoop het, want ek en my man het die laaste week of so my Kindle gedeel.😊 Maar ek dink nie ek sou iets anders gedoen het nie. Ek dink terug aan die dae, en dit was vir my lekker.

Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Ek sou dit steeds net met my man doen. Hoe meer mense betrokke is by so situasie, hoe moeiliker dink ek word dit in jou huis.

Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Nee

Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee