Kinders wat nie meer kinders is nie

‘n Mens begeer hulle, jy word swanger, jy dra hulle onder jou hart, jy kry hulle met ‘n groot gesukkel in die wereld in. En dan begin die pret (wat nie altyd besonder prettig is nie!) en die leerproses eers. Jy oorleef die babatyd, die peutertjies wat oral instorm en van gevaar geen idee het nie. Jy oorleef die kleutertyd (vir my die lekkerste lekker), die relatief rustige laerskooljare. En dan tref die tienerjare jou … En jou prys vir die oorlewing daarvan is ‘n jong volwassene.

Wat ‘n wonderlike voorreg as jou kind ‘n grootmens word van wie jy actually hou. Iemand wat vir jou ‘n vriend kan wees, iemand met wie jy regtig kan praat.

Maar die probleem is dat ek ontdek het ‘n ma voel oor daardie jong volwassene nog presies soos sy oor die slapnek-baba van ‘n kwarteeu of langer terug gevoel het. Sy wil hom nog steeds beskerm en leer en opvoed en help … En hy (of sy) wil dit nie meer he nie. Wou dit trouens van sy tienertyd af op die oog af nie he nie, maar daardie tyd het jy darem die genade gekry om te besef die vreeslike onafhanklikheid is  meer lawaai as wol. Maar nou is dit ernstig: Jy kan nie meer jou kind beskerm teen die lewe nie; jy kan nou waarskynlik meer by hom leer as hy by jou, jy het jou opvoedingsbeurt klaar gehad. En as jy ‘n kansie kry om hom met iets te help, is dit vir jou ‘n spesiale lekkerte.

Ons kinders word groot. Dis goed en reg so. Hulle word selfstandig. Dis goed en reg so. Ons moet hulle laat gaan – dis goed en reg so.

Maar maklik is dit nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s