Schoeman, Karel – Die hart van die son, Die noorderlig

Ek het onlangs sy ou boeke weer ‘n slag nader getrek. Daar is niemand wat in Afrikaans ‘n atmosfeer kan skep soos hierdie man nie.

Die hart van die son is die biografie van William Shakespeare en gee ‘n wonderlike blik op die lewe in England in die sestiende eeu. Die groot skrywer word simpatiek geteken as iemand met ‘n besondere waarnemingsvermoe, maar ook deernis vir sy medemens.

Die noorderlig herskep die Amsterdam van ‘n klompie jaar gelede. Maar veral ook die Suid-Afrikan van ‘n klompie jaar gelede.

2 gedagtes oor “Schoeman, Karel – Die hart van die son, Die noorderlig

  1. Hallo

    My pa was die Afrikaanse skrywer PH Nortje

    Het jy dalk Karel Schoeman se e-pos adres vir my?

    Groete

    Pierre-Henri Nortje

    1. Hallo Pierre-Henri
      Wat ‘n lekker verrassing om van jou te hoor!
      Ek het ‘n groot bewondering vir jou pa se werk en het die meeste daarvan gelees.
      Soos ek hier sit, kom verskeie toneeltjies in my kop op – van julle manne se groot word in Wellington, die kuiers in die Baviaanskloof …
      Ongelukkig het ek nie ‘n idee van Karel Schoeman se kontakbesonderhede nie.
      Hy is mos iemand wat baie stil lewe – ek wonder of hy ooit ‘n e-pos adres het?
      Groete
      Alta

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s