Alta Breedt

  1. Naam: Alta BreedtAlta Breedt
  2. Skuilnaam as jy dit verkies: –
  3. Ouderdom: 67
  4. Beroep: Hoopvolle skrywer/ pensioenaris
  5. Huwelikstatus:Getroud
  6. Waar woon jy?Pietermaritzburg
  7. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

My man

  1. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Ons het 7mnde gelede, in n regte egte Wendy-huisie ingetrek, op familie se erf. Ons was maar net  5mnde getroud en die inperking plaas groot druk op ons verhouding, want die spasie is bitter klein en beslis nie ideaal vir inperking.

  1. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

Was hoopvol dat dit vinnig verby sal wees.

  1. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is?

Geskok oor die erns van die situasie. Bekommerd oor wanneer ek weer my kinders sal kan besoek. Bekommerd oor mense wat nie inkomste kan verdien en klein besighede wat sal sluit

  1. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring?

Ons is pensioenarisse, met n rustige lewenstyl, so ons was maar rustig. Het nood-aankope gedoen sover dit moontlik was, want dit was VOOR pensioendag
Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?

Niks het dramaties verander. Dit voel partykeer asof ons 2 in n borrel leef en asof ons na ‘n TV-verhaal kyk.

  1. Wat was die moeilikste tydens vlak 5?

Om nie craft benodighede te kan koop of om koffie by Wimpy te drink as ons dorp toe gaan

  1. Wat is vir jou positief tydens vlak 5?

Die feit dat feitlik die hele land saamgewerk het

  1. Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was?

My man is n rustige siel, so hy het maar elke dag aanvaar soos dit kom

  1. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar?

Kwaad, omdat ons nog langer moet wag om weer normale dinge te doen. Bitter bekommerd oor mense wat nie inkomste kan verdien.

  1. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5?

Om my hare te laat sny!!!!

  1. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak?

My positief laat voel oor toekoms

  1. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4?

Ons kon uitsien na Vlak. 3!!!

  1. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4?
  2. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het?

Nee, maar my man stap

  1. Het jy tydens vlak 5 geoefen?

Nee, my man gaan stap gereeld

  1. Hoe het jy dit gedoen?

My man stap

  1. Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar?

Dit was ‘n schlepp om gedwing te word om net sekere tye te mag stap.

  1. Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak?

Hoopvol dat dinge meer normaal sal word

  1. Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek

Hare sny!!! En Wimpy koffie!!!

  1. Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek?

Die arme rokers! En die absolute absurde reëls en reguladies wat GEEN sin maak, soos watter tipe klere mag jy koop?

  1. Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel

Die dodelike roetine in die klein spasie maak my nou mal!!!

  1. Is jy finansieel erg geraak?

Ja, want ons sou craft goed by markte verkoop het, wat nou eers heeltemal van die baan is

  1. Wat is nou vir jou die moeilikste?

Die verbod op reis na ander provinsies. Ons mis ons kinders!en ek HAAT die masker met n onheilige passie. Wil nie eers meer dorp toe gaan. Ek mis mense se glimlagte en om myne uit te deel aan iemand wat dit nodig het. Ek mis drukkies!!

  1. Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is?

Dat ek en my (amper nog) splinternuwe man so goed saam kan funksioneer onder druk.

  1. Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA?

Net wat op RSG nuus gedeel word, anders neem dit jou gedagtes oor.

  1. Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19?

Het nie TV, luister net RSG

  1. Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel?

Ek skakel my gemoed af

  1. Bly jy op hoogte van die oorsese situasie?

Ja, in soverre die nuus dit deel.

  1. Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel

Nie juis

  1. Hoekom? –
  2. Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA  jou?

Logies is mens bang en bekommerd, veral vir ons kinders se onthalwe, maar ons doen als in ons vermoe om veilig te bly

  1. Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring. van vooraf kon begin?

Daar is nie veel wat ons 2 oues anders KAN doen

  1. Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin?

Presies wat ons nou doen, wees paraat, bly tuis en ontsmet.

  1. Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het?

Nee

  1. Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf?

Dank die Here, nee