DIE VREUGDE VAN BLOGGING

Blogging het vir my ‘n noodsaaklike skryfverwante aktiwiteit geword en bring vir my baie vreugde. Dit is ‘n lekker manier om my vaardighede te oefen en kreatiwiteit te stimuleer. Ek het ook nou in Engels begin blog en vinnig agtergekom dat my skryfvaardigheid in Engels saggies aan die agteruitgaan was. Ek besef ook ek het nog skaars ‘n skrapie gemaak op die oppervlak van die wêreld van blogging. Ek het nog nie eens behoorlik begin leer nie. Nog baie lekkerte lê voor!

8 gedagtes oor “DIE VREUGDE VAN BLOGGING

  1. Ek het eers hierdie week begin met ‘n blog. Gehoop dat ek darem so 5 keer per week sou kon iets lewer, maar ek het ‘n voltydse werk en dus twyfel ek sterk … Dankie dat jy ingeloer het op myne!

    1. Blogging is ‘n heerlike ding – en kan ook baie verslawend wees! Ek het aan die begin feitlik elke dag iets opgesit, maar ‘n mens kan moeilik die pas volhou. Verstandiger om rustiger as ek te begin. Hoop jy ervaar baie vreugde met die bloggery. Mens neem wel ‘n tyd om ‘n gehoor op te bou – moenie te haastig wees nie, hoor.

  2. Uiteindelik het ek besluit om ook te begin blog. Die tyd het aan gebreek en dit voel net reg om nou te begin. Dis heerlik en dis baie verslawend ook. Ek sal wel jou raad volg Alta en dit stadig vat.

    1. O, daar lê vir jou nog baie plesier voor! (Onthou net, dis ‘n ding wat lelik verslawend kan wees! 🙂 Maar ek dink daar’s erger verslawings!)

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s