Toast is Nigel Slater’s truly extraordinary story of a childhood remembered through food. Whether relating his mother’s ritual burning of the toast, his father’s dreaded Boxing Day stew or such culinary highlights of the day as Arctic Roll and Grilled Grapefruit (then considered something of a status symbol in Wolverhampton), this remarkable memoir vividly recreates daily life in sixties suburban England.
Regtig ‘n besondere boek. Vir iemand wat nie al die tipies Engelse geregte ken nie, kan die eindelose reeks kosbeskrywings naderhand vervelig raak, maar ek het aanhou lees. Die seuntjie se ervaring van sy ouers se huwelik, sy ma se dood, sy pa se tweede troue, al die vreugdes en pyn van ‘n seunskind se grootword, word oortuigend en met humor vertel. Daar is baie kru seks – maar dalk is dit maar hoe seuns die dinge sien! Daar is ook humor, pyn en diep menslikheid.
‘n Boek wat ek nie gou sal vergeet nie.