RSS

Basiese menslike behoeftes

Mei 15, 2010 at 5:25 nm (Beveg depressie, Depressie, Life coaching (lewensafrigting), Spanning, Stres) · Wysig
Tags: , , , , , , , , ,

Daar is talle indelings van die verskillende menslike behoeftes. Almal is waar, almal is reg. Maar hierdie baie eenvoudige uiteensetting werk vir my die beste.

Elke mens het die volgende ses dinge nodig vir ‘n gesonde, gelukkige lewe:

1. Sekuriteit/sekerheid  (security)
2. Verskeidenheid/afwisseling (variety)
HIERDIE TWEE MOET IN BALANS WEES. Te veel sekuritiet lei tot verveling (dink maar aan ‘n huwelik waar alles net voorspelbaar en vervelig geword het). Te veel verskeidenheid lei tot ‘n gevoel van onveiligheid of oorstimulasie (dink aan my wat in die onderwys soos ‘n mal haas rondgehardloop het – hopeloos oorgestimuleer!)
Dus: Die goue middeweg werk die beste.

3. ‘n Gevoel van verbondenheid/intimiteit (intimicy)
4. ‘n Gevoel dat jy in iets uitstaan/presteer
HIERDIE TWEE MOET OOK IN BALANS WEES. As jy die hele tyd probeer om ALMAL tevrede te stel, gaan jy voel jy het ‘n konneksie met jou mense, maar jy gaan nooit voel jy staan darem ‘n bietjie uit ook nie. Wanneer iemand geweldig presteer, lei dit weer dikwels tot ‘n gevoel van isolasie – dink maar aan baie beroemde mense wat nie meer doodgewoon sosiaal kan verkeer nie.
Dus: Weer eens die goue middeweg!

5. Voortdurende leer/groei/ontwikkeling (growth)
6. ‘n Bydrae tot die samelewing (contribution)
HIERDIE TWEE LIG ‘N DOODGEWONE LEWE OP NA DIE VLAK VAN ‘N BESONDERE LEWE. As jy voortdurend aan die leer is (oor die lewe, die tegnologie, jou tuin, jou kinders – whatever) en jy probeer doelbewus bydra tot die heil van onse planeet (op enige denkbare manier), gaan jy ‘n nuwe fase van geluk en bevrediging betree.

As jy dus die dag af voel, kan jy gaan sit, hierdie ses dinge bekyk en jy sal sien waar le die probleem. En dan kan jy iets daaraan DOEN – al is dit die kleinste denkbare dingetjie. Maar jy gaan beter voel oor die lewe en oor jouself – jy gaan ‘n treetjie nader na die lig gee. En more weer, en oormore …

(Met dank en erkenning gehaal uit die New Insights coaching program)

Lewer Kommentaar

 

2 responses to “Basiese menslike behoeftes

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: