Jonel Birch

Hospitaal

Ouderdom: 63

Beroep: Tutor

Huwelikstatus: Getroud

Waar woon jy? Gauteng

Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)   My eggenoot en honde

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Uitdagend omdat ek gewoond is aan baie tyd op my eie

Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

Onseker oor die volle implikasies en hewig ontsteld oor ‘n besoek aanKeukenhof wat deur die mat geval het.

Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is?

Dankbaar vir die tyd van rus en stilte, omdat daar ‘n afsnydatum was – net 3 weke

Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring?

Met vakansie in die Drakensberg wat toe kortgeknip moes word.  Moes vroeg terugkeer en oorhaastig alles in plek kry.

Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?

Gevoel van magteloosheid en ook fyn beplanning om die dae vol te maak met aktiwiteite

Wat was die moeilikste tydens vlak 5?

Ons kon nie gaan stap met ons 3 skaaphonde nie.  Dit was ‘n geweldige uitdaging om hulle besig te hou.

Wat is vir jou positief tydens vlak 5?

Kwaliteittyd saam met my man

Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was?

Aanvanklik goed want dit was vir n beperkte tyd

Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar?

Met moedeloosheid, frustrasie en vrees.  Die vorige 3 weke was genoeg.

Wat het jy die meeste gemis op vlak 5?

Vryheid van keuses / natuur en botaniese tuin / koffiewinkels / vriende

Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak?

Niks daadwerkliks het verander aan die roetine nie maar depressie het beslis begin intree.

Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4?

Dat dit darem ‘n teken van hoop was dat ons vorentoe beweeg

Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4?

Geen regulsasies het meer sin gemaak nie. Daar was soveel teenstrydighede.  Ek het

vertroue in die besluitnemers begin verloor.

Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het?

Nee

Het jy tydens vlak 5 geoefen?

Ja  om positief te probeer bly

Hoe het jy dit gedoen?

Bietjie stap en strekoefeninge

Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar?

Positief omdat ons wel kon begin stap met die honde maar dit was te min

Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak?

Ek het begin dink dat daar dalk hoop is dat ons tog die eindpunt sal bereik.

Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek?

Meer vryheid om “normale” aktiwiteite te begin bv uiteet en dat werkers weer kon kom.  Hulle is nie net van salarisse (wat ons wel betaal het ) afhanklik nie maar ook die kos wat hul saamneem huis toe.

Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek?

Al die onregverdighede /  werkloosheid /  honger mense oral

Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel?

Sleg.  Dikwels depressief, nie gefokus nie,  belangeloos.  On the road to nowhere.

Bekommerd oor my man se gemoedstoestand en ons gesondheid.

Is jy finansieel erg geraak?

Ek is baie dankbaar dat ons wel ‘n vaste inkomste het, maar ek werk deeltyds en spaar baie lank om ‘n doel te bereik, bv Keukenhof.  Die geldelike verlies daar rondom is vir my persoonlik erg.  Die lugredery verskaf net ‘n “voucher” – wat ek nie noodwndig sal kan gebruik nie. Die visa–kostes en al die verblyfplekke wou nie terugbetaal nie.

Wat is nou vir jou die moeilikste?

Dat ek nie my familie en vriende in die Kaap kan besoek nie, want ek mag ie vlieg nie.

Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is?

Dat daar BAIE is om voor dankbaar te wees!!  Ons is nog gesond. Daar is baie baie mense wat veel slegter af is.

Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA?

Nie meer so gereeld soos aan die begin nie.

Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19?

TV en koerante.   Al minder en minder.

Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel?

Ek wil dit nie meer hoor nie, want daar is te veel leuens betrokke.

Bly jy op hoogte van die oorsese situasie?

Soms.

Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel?

Europa

Hoekom?

Dit gee moed om te sien dar daar wel lande is wat herstel.

Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou?

Dit is vreesaanjaend

Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin?

Niks want die begin was positief toe ons nog gemotiveerd was.

Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin?

Beplanning van ‘n daaglikse roetine

Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het?

Ja

Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf?

Nee