Alta Cloete

Kaapse wielMy drang om te weet en te verstaan het my beweeg om ‘n vraelys aan vrywilligers uit te stuur. Die bietjie wat ek al gelees het, gee my groot insig in die ervaring van gewone oor die algemeen bevoorregte mense in hierdie tyd. Hier is my eie ervaring in ‘n neutedop – net om regverdig te wees teenoor almal wat gewilig was om hulle s’n te deel.

  1. Naam: Alta Cloete
  2. Skuilnaam as jy dit verkies:
  3. Ouderdom: 64
  4. Beroep: Skrywer
  5. Huwelikstatus: Getroud
  6. Waar woon jy? Paarl
  7. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

Man en baie katte

  1. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Was gewoond my man werk lang ure en reis baie. Nou is hy permanent tuis.

  1. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

Vreemd dat dit alreeds vervaag het. Ek dink dit was iets tusssen vrees, opwinding en verligting dat dit lyk of die regering proaktief optree.

  1. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is?

Dieselfde as hierbo

  1. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring?

Bietjie ekstra gekoop, maar veral elke dag ‘n ent gaan ry en in die natuur gesit. Afskeid geneem van plekke, terwyl ander mense besig was om van mense afskeid te neem.

  1. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?

Drasties. Geen werk in koffiewinkels, geen vryheid, geen vriendinne ontmoet, nuwe roetine ontwikkel met my man nou tuis.

  1. Wat was die moeilikste tydens vlak 5?

Die vrees vir isolasie en verlies aan skryfenergie.

Die vrees vir wat met ekonomie gaan gebeur.

  1. Wat is vir jou positief tydens vlak 5?

Die gevoel dat die regering vinnig en flink opgetree het.

  1. Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was?

Uitstekend.

  1. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar?

Verskrik en geskok. Stadig begin besef hierdie ding gaan nie gou verbygaan nie.

  1. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5?

Soggens se stap

Koffiewinkels vir werk en vriendinne.

Rondry en uiteet.
Serengeti in Mei gemis

  1. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak?

Dinge het vir my slegter geraak, want die eensgesindheid en optimisme van vlak 5 het verdwyn en woede en ontevredenheid het oorgeneem.

  1. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4?

Kon weer stap!

  1. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4?

Was nie kwaad nie, want rook of drink nie. Net ongelukkig oor al die ontevredenheid en die gevoel van optimisme wat verdamp het, plus die onsinnige regulasies (veral oor rook) waarvoor geen motivering gegee is nie.

  1. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het?

Ja, ses dae per week

  1. Het jy tydens vlak 5 geoefen?

Ja, ses dae.

  1. Hoe het jy dit gedoen?

Daagliks sestig maal om huis, in twee sessies

Laaste week of twee donkeroggend skelm gaan stap
Saterdae sestig (5 km) vir parkrun in een sessie – hartlik sat geword daarvoor

  1. Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar?

Fantasties! Eerste dag was ek twee ure op die pad en man feitlik die volle 3 ure.
Lieflik om te sien hoe gesinne saam stap
Later ons gewone tyd (5:30) begin stap

Seker enigste mense in die land vir wie sesuur te laat was.

Gesmag na arboretum
Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak?

Lekker om vryelik te kan stap.

  1. Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek?

Lekker om vryelik te kan stap. Saterdae vir parkrun arboretum toe.

  1. Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek?

Nie kwaad nie, net hartseer oor al die ontevredenheid, siek van ellende oor lyding en verarming en werksverliese en honger.

  1. Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel?

Redelik goed. Met ‘n insinking hier en daar.

  1. Is jy finansieel erg geraak?

Baie min, net boek wat in April verskyn het, sal waarskynlik min verdien.

  1. Wat is nou vir jou die moeilikste?

Die woede en haat en lyding en onsekerheid in die land. Die wete dat baie mense ongelooflik swaarkry en dat die regering nie al hulle mooi planne effektief kan uitvoer nie.

  1. Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is?

Groter bewuswording in land van geestesgesondheid.

Goedheid van die gewone mens. Voedingskemas.

Dankbaarheid.

Besef ek kan goed regkom in my huis.

  1. Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA?

Ja

  1. Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19?

Man en webwerf en bietjie Netwerk24
Beheer dit streng

  1. Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel?

Baie sleg

  1. Bly jy op hoogte van die oorsese situasie?

Het nie meer energie daarvoor nie

  1. Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel?

Noorweë en hulle is OK

  1. Hoekom?
    Kinders is daar.
  2. Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou?

Diep hartseer, voel mense se angs en pyn en eensaamheid

  1. Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin?

Niks. Ek is gelukkig, ek het geweet ek sal hierdie ding versigtig moet aanpak.

Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin?

Alles. Dalk minder grappies aanstuur.

  1. Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het?

Nee

  1. Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf?

Nee, wat my laat besef in wat ‘n bubble van bevoorregting ek leef.