Nooit te oud om te leer nie!

almalMet hierdie week (November 2011) se slypskool o.l.v. Danie Marais en Francois Smith van Tafelberg, het ek weer eens die waarheid van hierdie ou gesegde besef. ‘n Skrywer (en enige ander persoon) kan net eenvoudig nooit dink hy weet nou genoeg om te doen wat hy moet doen nie. Daar is altyd ‘n nuwe perspektief, altyd ‘n ou ding wat dalk op ‘n nuwe manier gesê word, altyd ‘n onverwagse insig – as jy jouself natuurlik oopstel daarvoor. En altyd iets wat jy vir die heel eerste keer hoor.
Daar is natuurlik ook die ontmoeting met ‘n klomp interessante mense wat in dieselfde ding as jy belang stel, maar uit verskillende agtergronde en perspektiewe kom. Hierdie week was ons elf mense uit verskillende beroepe en agtergronde (maar nogal oor die algemeen redelik naby mekaar wat ouderdom betref – behalwe die een wonderlike uitsondering). Die ongelooflike verskeidenheid van die werk wat ingedien is, het dit duidelik geillustreer. Die feit dat daar geen veroordeling van ons wat in minder literêre genres bedrywig is nie, het dit natuurlik nog lekkerder gemaak.
Die juweel in die groepie mense was wat my betref die een hoogs bejaarde persoon wat homself so goed in die groep laat geld het en soveel deernis, nostalgie, insig en sagtheid daar ingebring het. Ek vermoed ek gaan lankal weer die werkwoord op die verkeerde plek in my sinne sit, elke storie met ‘n langdradige natuurtoneel begin en hopeloos te veel (of te min!) detail oor my karakters gee, dan sal ek nog hierdie waardige gryskop baie deeglik onthou.
Die gesprek met Theo Kemp oor sy boek Skool was natuurlik ook inspirerend – en ‘n bevestiging van hoeveel sweet en tyd en moeite daar in ‘n boek ingaan voor dit op die rak beland.
En natuurlik help dit dat die kos by die Breytenbach Sentrum altyd so heerlik is! :)
By hierdie skakel is foto’s van die kursusgangers (nie almal ewe vleiend nie!):

http://www.facebook.com/media/set/?set=a.185816891509230.43372.100002427603213&type=1

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s