Ouderdom: 54
Beroep: Huisvrou
Huwelikstatus: Getroud
Alleen of saam met iemand: Saam met man en twee volwasse kinders en een skolier.
Besondere uitdagings: Ons huwelik was op die rotse, maar weens inperking moes ons onder een dak bly. Oudste dogter het ook teruggetrek huis toe.
Gevoel toe noodtoestand afgedkondig is: Vreemd opgewonde oor dienuwigheid.
Gevoel toe algemene inperking afgekondig is: Bekommerd oor hoe dit die land se ekonomie sou raak. Ook bekommerd oorr my bejaarde ma se gesondheid.
Hoe het jy die drie dae voor inperking spandeer? Kos en medisyne gekoop. Saam met mense in toue gestaan en stories gedeel.
Hoe het jou lewe tydens vlak 5 verander? Ek was baie gelukkig om ‘n tydelike werk te kry. Het weer naaldwerk begin doen.
Wat was moeilik tydens vlak 5? Die totale gebrek aan vryheid, veral wat buite draf betref het. Kuiers in koffiewinkels gemis.
Positief tydens vlak 5? Ons gesin het gereeld saam kaart gespeel en tema-aande gehou waar kos en kleredrag volgens ‘n bepaalde land sou wees.
Hoe het die mense saam met jou gevaar? Aanvanklik rustig en goed.
Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Die verlenging was frustrerend. Ook baie erg om van mense se ekonomiese onsekerheid en swaarkry te hoor.
Wat het jy die meeste tydens vlak 5 gemis? Buite draf
Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Bietjie meer vryheid maar ook meer vrees om die virus op te doen.
Waaroor was jy bly tydens vlak 4? Buite oefen en aanlyn inkopies.
Waaroor was jy kwaad tydens vlak 4? Reëls wat nie sin gemaak het nie en onmenslik was in my oë, soos sigarette wat verban was.
Het jy voor inperking geoefen? Ja
Het jy tydens inperking geoefen? Ja
Hoe het jy tydens inperking geoefen? Skelm gaan draf en persoonlike afrigter het programme uitgewerk wat ons tuis kon doen.
Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Aanvanklik fantasties om buite te kon kom en al die ander vrolike gesigte te kon sien. Later gefrustreerd oor die opeenhoping en dat net sekere mense voordeel uit die drie ure soggens kon trek.
Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Vasgenael voor tv gesit om te hoor wat dit presies sou behels.
Waaroor was jy bly op vlak 3? Klerewinkels wat oopgemaak het.
Waaroor was jy kwaad met vlak 3? Van die reëls het steeds geen sin gemaak nie. Vertroue in regering verloor veral omdat hulle nie uit een mond gepraat het nie. Ontsteld omdat van die finansiële hulppakette nie vir blankes toeganklik was nie.
Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) emosioneel? Danksy werk wat struktuur aan my dag gee, emosioneel stabiel. Huislike omstandighede uitdagend.
Is jy finansieel erg geraak? Nee
Wat is nou vir jou die moeilikste? Onsekerheid oor ons land se toekoms.
Wat kon jy uit die ervaring haal wat positief is? Nouer verhouding met kinders.
Bly jy op datum met die situasie in SA? Ja
Hoe bly jy op datum? News 24, BBC, CNN. KykNet se nuus.
Hoe beinvloed die voortdurende nuus oor die pandemie jou? Ek hou daarvan om op hoogte te bly.
Bly jy op hoogte van die situasie oorsee? Ja
Spesifieke lande? Amerika, Brasilië, Indië, New Zealand, Fiji, Europa
Hoekom? Syfers styg baie, familie daar.
Hoe voel jy oor die stygende syfers in SA? Dit styg nie soveel dat dit my persoonlik bang maak nie.
Wat sou jy tydens inperking anders gedoen het? Aangedring het dat my man ander verblyf kry.
Wat sou jy dieselfde gedoen het? Tyd met kinders spandeer.
Ken jy iemand wat die virus opgedoen en herstel het? Ja
Ken jy iemand wat gesterf het? Nee