RSS

Tag Archives: gesondheid

Depressie, dankbaarheid en drome

High teaOlga Basson is die knap vrou wat verlede Saterdag se high tea ten bate van Wellington se haweloses gereël het. Hier is ‘n paar notas oor wat ek daar kwytgeraak het, vir ingeval dit vir iemand iets kan beteken.
DEPRESSIE:
Iets oor die siekte self en dan iets oor my ervaring daarvan.
1. Depressie is ‘n siekte.
2. Verskil tussen gewone swaarkry en die siekte depressie.
3. NB dat simptome AANHOU.
4. Dis nie ‘n skande of teken van swakheid nie.
5. Dikwels juis intelligente, sensitiewe en kreatiewe mense wat diep dink.
6. Gevare van wegsteek en stigma.
7. Hulp: Pille, terapie en gesonde leefstyl.
8. Leefstyl BNB: Slaap, pasop vir soetgoed en koolhidrate, OEFENING.
9. Wat kan ek vir iemand doen wat depressie het?
a. Aanvaar die persoon en respekteer
b. Moedig aan om hulp te kry
c. Kry uit die bed!
d. Groot gevare: Passiwiteit en eensaamheid
My ervaring:
1. Begin by kind wat nie geprys is nie.
2. Nie geleer om emosies te herken en te erken en te deel nie.
3. Nie geleer om hulp te vra nie.
4. Perfeksionisme wat spruit uit swak selfbeeld
5. Emosies onderdruk en nie woede aanvaarbaar uitspreek nie.
6. Te lank onbehandeld
7. Te laat en te min terapie
8. Pille dikwels gestop
9. In verkeerde werk gebly
WAT HET VERANDER:
VOLKOME VERANTWOORDELIKHEID VIR MYSELF GENEEM.
Verander van ‘n slagoffer na ‘n deelnemer/vegter.
Dit beteken nie ek kan myself genees nie.
Maar ek moet die nodige aksies neem.
Kom eintlik maar daarop neer dat mens na jouself moet leer kyk.
Belangrik om die siklus te breek: Nie neiging voortdra na nageslag nie.
Probeer dus na lewe kyk en dinge ANDERS doen. VERANDER wat kan verander.
Geen kitssukses nie. Sukses nie eens gewaarborg.
DROME:
1. Ek het as kind nie juis drome gehad nie. Niks buitengewoons in my lewe verwag nie.
2. Nie myself en talente geken nie. Ons moet ons kinders help om hulself te leer ken.
3. Leef bewustelik. Neem verantwoordelikheid. Verander wat jy kan – maar op verantwoordelike wyse.
4. Lang pad van stappie vir stappie leer droom en realistiese doelwitte stel.
5. Beweeg buite jou gemaksone.
6. Omring jouself met positiewe mense.
7. Wees self ‘n positiewe mens.
8. Werk vir wat jy wil hê. Moenie sit en wag vir beter dae nie. Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , ,

Die stigma om depressie: ‘n paar gedagtes

Depressief 2Die stigma om depressie en wat ons daaraan kan doen:
1. Wat is ʼn stigma?
a. Brandmerk, skandvlek – kom blykbaar van merke aan Christus se lyf af.
b. Wanneer mense dink dis iets om voor skaam te wees.
2. M.a.w. dit gaan oor wat mens oor iets dink. Persepsies.
3. M.a.w. dit bestaan in jou eie kop! M.a.w. dit verskil van mens tot mens.
4. M.a.w. jy kan eintlik self besluit of daar ʼn stigma is, hoe groot dit is en wat jy daaromtrent gaan doen.
5. Sluit aan by my boodskap dat ons verantwoordelikheid vir ons depressie moet neem.
6. Gevolge van Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , , ,

Knievervanging: random gedagtes, insigte, vrese en begeertes

knee_replacementEk het die afgelope ses weke van heelwat dinge intens bewus geraak. Hier is ʼn paar, in geen spesifieke volgorde nie:
1. Die verganklikheid en broosheid van ons lywe en hoe dit ongemerk toeneem met die jare.
2. Hoe maklik dinge met mens se gesondheid verkeerd kan loop.
3. Hoe langdurige pyn mens kan aftakel.
4. Die ongelooflike mediese kennis en tegnologie wat tot ons beskikking is.
5. Die baie knap en gewillige mediese personeel wat tot ons beskikking is.
6. My gevolgtrekking was dat baie van dié wat nie so erg gewillig lyk nie, waarskynlik chronies oormoeg is as gevolg van familieverpligtinge.
7. Dat mens so brood op die water genadiglik een of ander tyd na jou terugkom.
8. Dat familie en vriende kosbaar is.
9. Dat ʼn goeie wederhelf onvervangbaar en kosbaarder as korale is.
10. Wat ʼn voorreg dit is om te kan beweeg, hetsy met jou eie twee bene of jou eie vier wiele.
11. Hoe belangrik beweging vir ons liggaam is; hoe vinnig spiere agteruit gaan.
12. Hoe belangrik die oefeninge na ʼn vervanging is.
13. Hoe trots mens kan wees op ʼn kilo se stap met krukke en al.
14. Hoe vreemdelinge vriende word as jy net vriendelik glimlag bo-oor jou krukke.
15. Hoe seer die oefeninge na ʼn vervanging is.
16. Hoe belangrik dit is dat die been weer moet leer om volkome te buig en te strek.
17. Die geduld wat dit vat om daarmee vas te byt.
18. Die vreugde wat elke klein stukkie vordering bring.
19. Hoeveel moed dit vat om met krukke in die openbaar te verskyn.
20. Hoe mens skielik eetplekke op grond van hul toeganklikheid begin beoordeel.
21. Watter groot vordering al met algemene toeganklikheid gemaak is.
22. Wat ʼn voorreg dit is om self jou kos in die winkel te gaan koop.
23. Wat ʼn ongelooflike pyn rugpyn kan wees.
24. Wat ʼn voorreg dit is om op die bed te lê terwyl ʼn brawe man al die huiswerk doen.
25. Hoe lees mens se siel aan die gang kan hou.
26. Hoe musiek mens se siel aan die gang kan hou wanneer selfs lees nie meer werk nie.
27. Dat dankbaarheid inderdaad ʼn keuse is.
28. Humor ook.
29. Dat dankbaarheid en humor ʼn onoorwinlike kombinasie is.
30. Dat alles, alles weer verbygaan.

 
1 Kommentaar

Posted by op 22/03/2015 in Gesondheid, Ouderdom

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Op soek na betekenis in die lewe

Dinkende meisieDit kan nogal ‘n verligting wees as mens die dag besef die meeste goed in die lewe is regtig wat jy daarvan maak. Die meeste alledaagse dinge is nie op sigself boos of goed nie. Ons het die mag om waarde toe te ken aan elke ding wat ons doen of wat met ons gebeur. Selfs die ingrypende goed soos oorlog of prestasie is nie noodwendig vanself sleg of wonderlik nie. Dit hang steeds af van die individu se ervaring daarvan. Onder spesiale omstandighede kan ‘n oorlog ‘n persoon meer volwasse maak (hoewel ek seker is daar is minder pynlike paaie na volwassenheid) en kan prestasie iemand op ‘n pad van onverpoosde soeke na roem stuur. Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , , ,

‘n Tyd vir besluite … of nie

Blink idee gloeilampOns is so dikwels geneig om te reken ALLES is verkeerd wanneer EEN aspek van ons lewe buite beheer geraak het. Ek druip ‘n toets – en my hele toekoms in die arbeidsmark is befoeter. Ek baklei met my man oor ‘n nietigheid – en die huwelik is op die rotse. Ek tel ‘n halwe kilo op – en ek rol straataf.

Bogenoemde is natuurlik tipiese voorbeelde van die alles-of-niks-denke en rampspoedskepping waaroor ons al so dikwels gepraat het. Ons maak van een insident of probleem ‘n permanente saak, ‘n magtige berg van ‘n kleine molshoop. Ons maak van ‘n kraan wat drup ‘n golf wat aangerol kom. Sit jy met ‘n veld vol molshope en verskeie druppende krane (of dalk is jyself die druppende kraan van Spreuke!), sit jy gou-gou met ‘n ganse bergreeks en ‘n verwoestende tsoenami. En ‘n goeie teelaarde vir depressie. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Om besig te bly

work-life-balance-text-white-yellow-arrows-pointing-to-left-right-chalkboard-concept-37086938Ons weet almal ledigheid is die duiwel se oorkussing. (Wat ‘n oorkussing ookal mag wees!).

By Afrikanerkinders van my geslag is ‘n werksetiek van kleinsaf ingedril, bewustelik of op onbewustelike vlak. Die meeste van ons se ouers was ongeneeslike harde werkers. Vir sit en mopper was daar nie genade nie. Selfs vir blote sit was daar nie veel genade nie. Ek onthou goed hoe my ma geglo het mens sit en werk nie by die kombuistafel nie, jy staan en skil jou groente. Om nie eens te praat van stryk nie. Hierdie luie kind het sommer jonk-jonk al rugpyn gepleit en op ‘n kroegstoeltjie sit en stryk. En so skuldig gevoel dat sy deesdae ook maar weer die staanding doen. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Kry vir jou ‘n nuwe knie – random gedagtes vir dié wat gevra het (of nie)

1. Jammer aan almal wat dit graag wil hoor, maar ek kan op hierdie stadium nie eenvoudig sê dit was maklik en ek sal dit enige tyd weer doen nie. Want maklik was dit allermins. En ek is na vertien dae nog nie seker dit was die moeite werd nie. Ek vermoed ek sal eers na omtrent drie maande regtig weet. Ek vermoed ook dis vir my ekstra ingrypend omdat dit die eerste enigsins ingrypende operasie is wat ek in my lewe gekry het. Wat natuurlik stof tot ongelooflike dankbaarheid is.

2. By my is die vooraf vrees vir enige nuwe ervaring gewoonlik erger as die ding self. In hierdie geval was dit in sekere opsigte so en in ander nie.

3. My vrees vir di'As far as dancing goes, the doctor says you need to stay off my feet for 6-8 weeks.'e dag se lê in Intensief en die morfienpompie was totaal onnodig. Dit was eintlik (relatief) heerlik daar. Want – logies – daar word intensief na jou gekyk. En die morfien sit jou op ʼn heerlike trip. Alles wettig en geoorloof. Moet net die dink jy gaan veel slaap kry daar nie. Dis nie ʼn plek vir slaap nie. Natuurlik my eie onnoselheid wat my ʼn ekstra slaappilletjie van die hand laat wys het. Volgende keer vra ek ʼn handvol.

4. Vermoedelik a.g.v. die morfien was ek op my stukke en oop vir mense. (En natuurlik amper pynvry. En sekerlik op ʼn high, want die operasie is gedoen en ek kan nie meer terugdraai nie.) Wat gelei het tot ʼn paar baie interessante gesprekke. O.a. met twee jong swart assistentjies wat my was en vertel van die tannie wat summier geweier het toe die jong manlike verpleër haar moet kom was. (Genadiglik het hy nooit in my omgewing gekom nie.) En die pragtige bruin assistent wat onopvallend agter my gordyne wegkruip en my vertel sy weier om soos omtrent al haar tydgenote ʼn kind te hê en net tevrede te wees met die lewe van almal rondom haar, sy soek meer in die lewe. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , ,