RSS

Tag Archives: verhoudings

Resensie: Net ‘n mens

NET 'N MENS voorbladMin karakters het nog so hardnekkig by my gebly soos Willem en Sanet van Net ‘n mens. Met elke storm oor gaywees wat die media tref, besef ek weer eens ek het nie hulle swaarkry oordryf nie. Hulle stryd is fiksie, maar hulle stryd is ook werklikheid vir baie mense. Ook die uitweg van selfdood wat Willem gekies het, is ongelukkig alte dikwels die werklikheid vir gay mense. Riette Rust het my karakters deeglik verstaan. Hier is wat sy oorspronklik vir FMR oor Net’ n mens geskryf het:

Alta Cloete is bekend vir lekkerleesverhale. Hoewel sy al die jare romanses en liefdesromans skryf, is Net ’n mens en sy voorganger, Opdrag van oorkant, ietwat meer gewigtig. Dié skrywer skroom nie om seksuele  en sosiale kwessies aan te spreek nie. Tog is Net ’n mens ’n toeganklike leeservaring. Ook ’n storie vol hoop.

Kort ná ’n bekende skrywer se dood, sterf sy uitgewer ook. Dit word duidelik dat Willem, sy prokureur, en die uitgewer se band nie bloot vriendskaplik was nie. Willem se vrou, Sanet, besef dat daar in haar huwelik iets op seksuele gebied skort, maar sy gee haar groot lyf die skuld en laat haar kosverslawing weer Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , ,

Anderkant  vergeet – Santie van der Merwe

Anderkant vergeetSantie van der Merwe se eerste twee romans (die tweeluik Gelyke kans en Vandat jy weg is), het alreeds getoon dat sy met insig en sensitiwiteit oor volwasse verhoudings binne die huwelik kan skryf. Anderkant vergeet sluit hierby aan, asook ook aan by die huidige neiging om die romantiese hoofkarakters nie meer beeldskone, brandmaer, bloedjong stereotipes te maak nie, maar ouer persone met oorgenoeg foute, vrese en flaters. Anneleen is dan ook nie ‘n volmaakte heldin nie, hoewel Christiaan baie naby aan die volmaakte, betroubare, geduldige man kom wat Anneleen dan ook regtig in haar spesifieke situasie nodig het. (Persoonlik sou ek hom darem ‘n bietjie ongeduldiger verkies het, veral wat die sake van die vlees betref. Nie dat hy homself op sy vrou moes afdwing nie – hy kon darem net ‘n bietjie meer gely het in die proses. Eintlik kon die meer realistiese uitbeelding van sy onvermydelike wroeging en frustrasie die roman Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , ,

Net ‘n mens … Sanet se storie

NET 'N MENS voorbladOp Sanet Smit se vyftigste verjaarsdag praat ’n vriendin haar mond verby. Ja, Sanet se man het ’n verhouding gehad met iemand anders, maar dit was nie ’n vrou nie. Willem is gay. Almal weet dit, behalwe sy wat Sanet is. Almal praat daaroor, maar net agter haar rug.

Die ligte skakel een vir een aan, maar dit wat sy nou waarneem, wil sy nie sien nie.

Boonop, op daardie punt waar dinge werklik nie erger kon gaan nie, word dit erger; baie, baie erger.

Deur Sanet se onbegrip, woede en hartseer, sypel ook die behoefte om te verstaan. In haar poging tot groter begrip, word sy deel van Willem se vriendekring en ontmoet ’n ouerlose dogtertjie en ’n woedende tienerseun wat haar aandag verg.

Net ’n mens is die opvolg op Opdrag van oorkant. Dié roman stel verskeie vrae aan die leser: Hoe verwerk ’n vrou die ontdekking dat haar man gay is? Is dit noodwendig die beste keuse dat hy uit die kas moet kom? Moet sy hom dwing as hy nie kans sien nie?

 

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , ,

Liefde kom teen ʼn prys

Troue beertjiesJa, daar was al tye toe ek ook gewonder het of liefdesverhale nie eintlik maar betreklik simpel is nie. Veral die outydse soort waar die tweetjies deur ʼn klomp (vir die moderne leser) redelik sinlose misverstande uitmekaar gehou word – om dan later redelik ongemotiveerd in mekaar se arms te val en vir ewig gelukkig te wees.

Probeer ʼn mens self ʼn liefdesverhaal skryf, kom jy natuurlik agter dis baie maklik om te kritiseer (soos met enigiets in die lewe), maar heeltemal ʼn ander saak om dit self baas te raak. As jou karakters nie simpel misverstande mag hê nie, hoe hou jy hulle dan uitmekaar tot jy darem ʼn boek van die uitmekaarhouery kan maak? Want dis nie die bymekaarkom wat die storie maak nie – dis die ellende vooraf. ʼn Storie moet konflik en spanning hê, anders is dit nie ʼn storie nie.

Een manier is om te konsentreer op die ingeboude weerstand wat die karakters daarteen het om hulleself volledig tot ʼn verhouding te verbind. (Hier pas die lekker woord commit die beste.) Ons almal weet dat baie mans deur die eeue al met daardie weerstand sukkel. Of glad nie sukkel nie, maar dit vertroetel en tot ʼn Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Ten things extraordinary people say every day – 1

Vergadering 1They’re small things, but each has the power to dramatically change someone’s day. Including yours.

Want to make a huge difference in someone’s life? Here are things you should say every day to your employees, colleagues, family members, friends, and everyone you care about:

1. “Here’s what I’m thinking”

You’re in charge, but that doesn’t mean you’re smarter, savvier, or more insightful than everyone else. Back up your statements Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , ,

Moedersdag Blues

Ek kan nie met iets beters vorendag kom as hierdie ou, ou post nie:

https://altacloete.wordpress.com/inspirasie/ode-aan-n-ma/

Elke jaar dink ek maar dieselfde dinke en kom by dieselfde regrets uit … en dinge om voor dankbaar te wees.

 
3 Kommentaar

Posted by op 13/05/2012 in Inspirasie, Moedersdag, My ma

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Wat vroue regtig wil hê

Vroue hou van ‘n nutsman bv. ‘n ridder wat sy eie gereedskap uithaal, om ‘n skroef vas te draai, is meer aantreklik as ‘n man wat die AA bel vir ‘n pap wiel. Ironies genoeg is daar ‘n tekort aan nutsmanne, want metro mans wil nie hulle hande vuil maak nie.
Snaakse mans? ‘n Goeie sin vir humor het al baie verhoudings gered, dit is een van die pilare van ‘n gesonde verhouding, en kan partymaal kompenseer vir geld. Mans wat ander kan laat lag neem hulle self nie noodwendig so ernstig op nie, en vroue is mal daaroor, want hierdie mans haal maklik die angel uit ‘n situasie. Vroue val vir humor, sy sal ‘n man vir baie goed vergewe, as hy haar net laat lag.
Vroue soek ‘n ware heer.
Kom ons wees eerlik, ‘n grotman kan Read the rest of this entry »

 
1 Kommentaar

Posted by op 03/02/2011 in Humor, Verhoudings

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Wat vroue wil hê (vervolg)

Uitdaging aan almal wat so lekker saamgelag het oor die dinge wat vroue in mans soek: Wat dink jy fluister sy in sy oor wat hom sy lippe so lekker laat aflek? 🙂

 
4 Kommentaar

Posted by op 17/01/2011 in Foto's, Humor

 

Sleutelwoorde: , , ,

As ek maar net geweet het …

Ek loop vanaand hierdie stukkie raak op soek na iets anders. Meer as vyf jaar gelede – en soms voel dit nog netso rou.

As ek maar net geweet het …
Dan het ek minder gepraat en meer geluister
Minder gedoen en meer gesit
Bosse en bosse blomme gekoop
Nooit ongeduldig of haastig geraak nie
Liewer kitskos gaan koop en meer uitgevra
Al die susters en die broer gebel sodat sy kon groet
Vir haar gesê hoe ongelooflik lief ek vir haar is
Vir haar gesê hoe jammer ek is oor elke opstandige uitbarsting oor baie jare heen
Vir haar gesê hoe dankbaar ek is vir al die duisende klein liefdesdade van haar af
Vir haar gesê wat ‘n lieflike, lieflike oumens sy geword het
Die sagte ou gesig gestreel terwyl sy nog van my bewus was
Die vuil huis gelos en vir haar voorgelees van die boeke wat ek spesiaal gaan uitneem het
Beter gesoek tot ek musiek gekry het waarvan sy hou
Selfs nóg foto’s geneem
Vir haar die manuskrip van my boek gelees
En nog baie ander dinge

Maar ek het nie geweet nie …
En te min geluister
Tyd gemors met huiswerk en organisasie
Elke keer die blomme vergeet of my hande was te vol of my geld te min
Daardie een dag ongeduldig geraak
En nog baie ander dinge

EK IS VERSKRIKLIK JAMMER, MA!!
Dis niks, my kind.

Maar ek het wel …
Soms gesit en wel geluister
Nie onnodige goed aangepak nie
‘n Sonneblom uit my tuin gebring
Die meeste van die tyd my ongeduld beteuel

Ek het regtig my bes gedoen, Ma.
En hierdie keer was my beste goed genoeg.

As ek dit maar net kon glo.

 
2 Kommentaar

Posted by op 21/06/2010 in Random gedagtes

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , ,