RSS

Category Archives: My ma

‘n Man vir altyd: drie stories oor liefde en honde

'n man vir altyd_voorblad_high res.jpgDie eerste van die drie stories in hierdie omnibus het ek ‘n klompie jare gelede geskryf terwyl ek by ‘n teler vir ‘n wolfhondbaba gewag het. Ek het baie met die teler gesels, van sy opleidingsklasse vir honde bygewoon en baie geleer. En vir altyd verlief geraak op die ras, wat ek as jong meisie die eerste keer in my man se familie leer ken het. Teen die einde van daardie jaar het Hilde deel van ons familie geword en die volgende twee boeke is in die roes van my liefde vir haar geskryf. 🙂 As jy dus nie van diere en veral van honde hou nie, moet jy dalk maar verbyhou by hierdie stories.
Dis ironies dat ek die proeflees vir die omnibus moes doen in Hilde se laaste tydjie by ons. Dit was emosioneel om weer te onthou hoe ek vir haar gewag het, watter harde maar vreugdevolle werk dit was om haar mooi op te voed en hoeveel vreugde sy in ons gesin gebring het.
Henri arboretum.jpgIntussen moes ons van Hilde afskeid neem en het die liewe Lea heel onverwags in ons lewe gekom. Ek het nooit vermoed dit kan so ‘n vreugde wees om ‘n bejaarde hond in mens se hart toe te laat nie. Sy laat my, snaaks soos dit mag klink, so baie aan my ma in haar laaste jare dink: Oud, bietjie broos, al deur die lewe getrap, maar steeds sag en geduldig en sonder ‘n greintjie boosheid of bitterheid in hulle Naby agter garagesamestelling. Ek wens ek kan ‘n oumens word soos Lea en my ma. Dis veral daardie sagtheid wat my bekoor, die gewilligheid om dinge te vat soos dit kom en nooit hatig en aaklig te word nie.
Ek het ook met die herlees agtergekom hoeveel my skryfstyl deur die jare verander het. Daar was hopeloos te veel uitroeptekens!! En hopeloos te veel kolletjies …  (kan nooit die regte term onthou nie) … En deesdae plaas ons nie meer Engelse woord kursief nie. Dis interessant hoe sulke goedjies mens kan irriteer as jy nie meer daaraan gewoond is nie. Ek het nie aan die stories getorring nie, maar aan bogenoemde goedjies kon ek wel ‘n bietjie verander (hopelik verbeter).
Die drie helde (Henri, Loekie en Rudolph) is van die lekkerste manne wat ek nog uitgedink het. In verskillende lewensfases, met verskillende geaardhede, het hulle vir my baie lewend geword.
Die dames van die laaste twee boeke (Mignon en haar ma, Bianca) is vir my spesiaal omdat hulle eintlik die “nare” vrouens in die eerste boek was, maar toe heldinne in eie reg geword het. Wanneer ek dit regkry om ‘n “slegte” karakter se goedheid ook raak te sien en ‘n ronde karakter van hom/haar te maak, is dit vir my ‘n groot lekkerte. Dit maak ook die romansegenre – waar daar altyd ‘n titseltjie fantasie betrokke is – meer realisties, want die helde en heldinne het ook maar hulle swak plekkies.
Hieronder is LAPA se persvrystelling oor die omnibus:
“Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Marilé Cloete se vorige Romanzas, Man van min woorde, Man met ’n missie en Man van sy woord.
Man van min woorde:
Francesca begeer ’n Duitse herdershond, maar Henri van der Merwe dink nie sy’s ’n geskikte baas nie. Sy sál ’n hond kry, besluit sy, maar sy moet verbete keer dat Henri agterkom sy wil hom ook hê.
Man met ’n missie:
Hy gaan haar nader trek, syne maak. Suutjies, sonder dat sy dit weet. Al is hy ’n haastige man. Maar selfbeheersing, ontdek Lukas Bezuidenhout, is ’n moeilike ding. En ’n harder hardekwas as Mignon kry jy nie.
Man van sy woord:
Ná twintig jaar is Lourens terug om sy regmatige plek in sy dogter se lewe in te neem. Maar wat van Bianca? Kan hy verwag dat sy die seer van die verlede vergeet en nuut begin?”IMG_2821.JPG

 

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , ,

Dagboek van ‘n depressievegter: Om nodig te wees

Om NODIG te wees (of ten minste nodig te VOEL), is een van die basiese menslike behoeftes. (Sien punt 6 by hierdie skakel)

Dit laat dink my aan my bejaarde ou moeder wat amper manies bang was vir nutteloos word. En meer nog – om ‘n las vir andere te word. Nou verstaan ek dit beter. En is ek nog meer dankbaar sy is dit gespaar.

Die afgelope twee weke het ek tot my skok ontdek presies hoe groot hierdie behoefte aan nodig wees (of nodig voel) is.

Ten spyte van die voorreg om saam met my geliefdes te toer en wonderlike plekke te sien, het die depressieduiwel gou-gou sy intrek op my skouer geneem en moes ek veg dat dit bars.

Natuurlik het dit my ongelooflik Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Moedersdag Blues

Ek kan nie met iets beters vorendag kom as hierdie ou, ou post nie:

https://altacloete.wordpress.com/inspirasie/ode-aan-n-ma/

Elke jaar dink ek maar dieselfde dinke en kom by dieselfde regrets uit … en dinge om voor dankbaar te wees.

 
3 Kommentaar

Posted by op 13/05/2012 in Inspirasie, Moedersdag, My ma

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Om uit die kas te klim …

Nee, hierdie post gaan nie oor gay kwessies nie.

Dit gaan wel oor persoonlike groei.

Dit gaan ook oor die vraag: Wanneer is genoeg genoeg – en wanneer word dit te veel?

Kom ek verduidelik:

Vir donkiejare was ek iemand wat my persoonlike dinge Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Random gedagtes: Is nederigheid altyd ‘n bate?

Soos die meeste Afrikaanse vroue van my geslag, is ek deur my liewe ou moeder geleer dat nederigheid een van die heel grootste bates is. Amper so belangrik soos eerlikheid, hardwerkendheid en sindelikheid. Andersom gesien, is hoogmoed dan een van die heel grootste sondes – soos oneerlikheid (wat soms takt genoem kan word!), (selektiewe) luiheid (of die besef dat ‘n mens jouself kan uitbrand) en die vermoë om enige stoffie langer as ‘n paar sekondes te kan ignoreer.
Maar nou leef ons in ‘n nuwe tyd in ‘n nuwe land en ons weet nie meer aldag mooi hoe Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Ode aan ‘n ma

Jy was die most soft spoken mens wat ek ooit geken het. Of ooit sal ken. Ek het jou nie EEN keer in die 49 jaar wat ons gedeel het, op iemand hoor skree nie. Nie eens éffentjies nie. Regtig, ek bedoel dit letterlik. Wat my verdoem tot wroeging elke keer as ek selfs net effens hard met iemand praat. (Aan nie drie manne in my lewe – Ja, dis werklik so, glo dit of nie!)

Jy was ‘n briljante ouma. Jy was briljant met klein kindertjies. Ek sukkel om ‘n foto van jou te kry waar jy Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,