RSS

Category Archives: Beveg depressie

Jy’s nie ‘n hulpelose slagoffer nie – jy kan iets (baie!) doen!

2016 was ‘n riller … And so say all of us …

Want to inspireLyk my dit het mode geword om vir mekaar te vertel wat ‘n dolle jaar dit was.

Tot op ‘n punt het ek hartlik meegedoen.

Maar toe besef ek moet verder dink. Ja, daar was moeilike dinge. Maar daar was altyd ‘n MAAR.

  • 2016 het begin met my eerste ervaring van angs. Angs wat jou beheer laat verloor, angs wat jou laat glo jy is nou al jou varkies kwyt, wat jou keel laat toetrek en jou hart op loop laat sit en jou vir die toekoms laat vrees.

Maar dit het verby gegaan. (Met die regte pilletjie en heelwat vasbyt.)

  • Die Swart Hond was vanjaar nie net op my spoor nie; hy het kom intrek. Hoe beskryf mens die donkerte? Dag en nag? Come rain or shine? Die doelloosheid, die moegheid, die uitsigloosheid. Terwyl jy met jou verstand goed weet jy het tonne en tonne seëninge om voor dankbaar te wees? Maar dit help jou niks. Behalwe om jou ongelooflik skuldig te laat voel.

Read the rest of this entry »

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Feestyd – gevaartyd!

kersfees-saHierdie tyd van die jaar is alles erger. As jy bly is, is jy baie bly. (Of jy voel jy behoort eintlik BAIE bly te wees.) As jy hartseer is, is jy baie hartseer. Dinge is geneig om in uiterstes te gebeur en emosies geneig om intens te wees.
Verliese wat mens hierdie tyd van die jaar tref, voel ook erger as gedurende die jaar. Want jy weet vir die res van jou lewe gaan die feestyd vir jou met daardie verlies geassosieer wees. (‘n Sinvolle stukkie raad wat ek iewers gelees het, sê mens moet liewer die rituele van Kersfees, ens. probeer verander wanneer jy dit die eerste keer sonder ‘n spesifieke geliefde vier. Dan sit jy ten minste nie aan daardie selfde tafel met al dieselfde trimmings en ‘n leë stoel nie. Probeer skep liewer ‘n nuwe gewoonte. Wat nie beteken dat jy ooit gaan vergeet nie.)
Vir depressievegters is dit ‘n gevaartyd. (Soos die lente vir sommiges.) Ons is mos hoeka goed met uiterste emosies, nie juis mense wat neutraal staan teenoor dinge nie, ook nie dinge louwarm ervaar nie. 
Na my mening lê die grootste gevaar van die feestyd in die ou kwessie van onrealistiese verwagtinge. Die hele wêreld is (oënskynlik) so gelukkig … almal gaan see toe, of familie toe, hou partytjies, kry presente, eet oordadige maaltye … Nou hoekom voel ek dan nie so gelukkig soos die res van die wêreld nie? Ek gaan tog ook see toe en my matriekkind het deurgekom en niemand in die familie is dood nie … maar steeds kry ek dit nie reg om so stralend gelukkig te voel nie.
Ek probeer deesdae hard veg teen daardie begeerte om ALLES so VREESLIK WONDERLIK te wil hê. Want die lewe gee ons op sy beste hier en daar ‘n perfekte OOMBLIK. Die res van die tyd moet ons maar tevrede wees met effens (of heelwat!) minder as die volmaakte. Dit voel vir my ‘n mens moet bly wees oor die lekker en maar probeer om die minder lekker te aanvaar. Dan is jy nie so geskok as die familie nie almal in ekstase oor hul geskenke is nie, of as dit reën by die see of as die matrikulant ‘n ietwat uitrafel nie. En dan mors ‘n mens nie soveel energie met selfbejammering en wroeginge nie.
Nee, ek bepleit nie ‘n kleurlose lewe van vaal emosies en geen plesier nie. En ek bepleit definitief nie negatiwiteit nie. Ek dink net ‘n mens moet versigtig wees om intense emosies by jouself aan te blaas in hierdie tyd. En die vreeslike verwagtinge so ‘n klein bietjie probeer afskaal.
Dan is dit hopelik makliker om bloot dankbaar te wees vir wat jy het – en nie heeltemal in sak en as te sit oor al die ellende wat steeds in hierdie tyd in die wêreld is nie.

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Depressie, dankbaarheid en drome

High teaOlga Basson is die knap vrou wat verlede Saterdag se high tea ten bate van Wellington se haweloses gereël het. Hier is ‘n paar notas oor wat ek daar kwytgeraak het, vir ingeval dit vir iemand iets kan beteken.
DEPRESSIE:
Iets oor die siekte self en dan iets oor my ervaring daarvan.
1. Depressie is ‘n siekte.
2. Verskil tussen gewone swaarkry en die siekte depressie.
3. NB dat simptome AANHOU.
4. Dis nie ‘n skande of teken van swakheid nie.
5. Dikwels juis intelligente, sensitiewe en kreatiewe mense wat diep dink.
6. Gevare van wegsteek en stigma.
7. Hulp: Pille, terapie en gesonde leefstyl.
8. Leefstyl BNB: Slaap, pasop vir soetgoed en koolhidrate, OEFENING.
9. Wat kan ek vir iemand doen wat depressie het?
a. Aanvaar die persoon en respekteer
b. Moedig aan om hulp te kry
c. Kry uit die bed!
d. Groot gevare: Passiwiteit en eensaamheid
My ervaring:
1. Begin by kind wat nie geprys is nie.
2. Nie geleer om emosies te herken en te erken en te deel nie.
3. Nie geleer om hulp te vra nie.
4. Perfeksionisme wat spruit uit swak selfbeeld
5. Emosies onderdruk en nie woede aanvaarbaar uitspreek nie.
6. Te lank onbehandeld
7. Te laat en te min terapie
8. Pille dikwels gestop
9. In verkeerde werk gebly
WAT HET VERANDER:
VOLKOME VERANTWOORDELIKHEID VIR MYSELF GENEEM.
Verander van ‘n slagoffer na ‘n deelnemer/vegter.
Dit beteken nie ek kan myself genees nie.
Maar ek moet die nodige aksies neem.
Kom eintlik maar daarop neer dat mens na jouself moet leer kyk.
Belangrik om die siklus te breek: Nie neiging voortdra na nageslag nie.
Probeer dus na lewe kyk en dinge ANDERS doen. VERANDER wat kan verander.
Geen kitssukses nie. Sukses nie eens gewaarborg.
DROME:
1. Ek het as kind nie juis drome gehad nie. Niks buitengewoons in my lewe verwag nie.
2. Nie myself en talente geken nie. Ons moet ons kinders help om hulself te leer ken.
3. Leef bewustelik. Neem verantwoordelikheid. Verander wat jy kan – maar op verantwoordelike wyse.
4. Lang pad van stappie vir stappie leer droom en realistiese doelwitte stel.
5. Beweeg buite jou gemaksone.
6. Omring jouself met positiewe mense.
7. Wees self ‘n positiewe mens.
8. Werk vir wat jy wil hê. Moenie sit en wag vir beter dae nie. Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , ,

Die stigma om depressie: ‘n paar gedagtes

Depressief 2Die stigma om depressie en wat ons daaraan kan doen:
1. Wat is ʼn stigma?
a. Brandmerk, skandvlek – kom blykbaar van merke aan Christus se lyf af.
b. Wanneer mense dink dis iets om voor skaam te wees.
2. M.a.w. dit gaan oor wat mens oor iets dink. Persepsies.
3. M.a.w. dit bestaan in jou eie kop! M.a.w. dit verskil van mens tot mens.
4. M.a.w. jy kan eintlik self besluit of daar ʼn stigma is, hoe groot dit is en wat jy daaromtrent gaan doen.
5. Sluit aan by my boodskap dat ons verantwoordelikheid vir ons depressie moet neem.
6. Gevolge van Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , , ,

Op soek na betekenis in die lewe

Dinkende meisieDit kan nogal ‘n verligting wees as mens die dag besef die meeste goed in die lewe is regtig wat jy daarvan maak. Die meeste alledaagse dinge is nie op sigself boos of goed nie. Ons het die mag om waarde toe te ken aan elke ding wat ons doen of wat met ons gebeur. Selfs die ingrypende goed soos oorlog of prestasie is nie noodwendig vanself sleg of wonderlik nie. Dit hang steeds af van die individu se ervaring daarvan. Onder spesiale omstandighede kan ‘n oorlog ‘n persoon meer volwasse maak (hoewel ek seker is daar is minder pynlike paaie na volwassenheid) en kan prestasie iemand op ‘n pad van onverpoosde soeke na roem stuur. Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , , ,

‘n Tyd vir besluite … of nie

Blink idee gloeilampOns is so dikwels geneig om te reken ALLES is verkeerd wanneer EEN aspek van ons lewe buite beheer geraak het. Ek druip ‘n toets – en my hele toekoms in die arbeidsmark is befoeter. Ek baklei met my man oor ‘n nietigheid – en die huwelik is op die rotse. Ek tel ‘n halwe kilo op – en ek rol straataf.

Bogenoemde is natuurlik tipiese voorbeelde van die alles-of-niks-denke en rampspoedskepping waaroor ons al so dikwels gepraat het. Ons maak van een insident of probleem ‘n permanente saak, ‘n magtige berg van ‘n kleine molshoop. Ons maak van ‘n kraan wat drup ‘n golf wat aangerol kom. Sit jy met ‘n veld vol molshope en verskeie druppende krane (of dalk is jyself die druppende kraan van Spreuke!), sit jy gou-gou met ‘n ganse bergreeks en ‘n verwoestende tsoenami. En ‘n goeie teelaarde vir depressie. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Om besig te bly

work-life-balance-text-white-yellow-arrows-pointing-to-left-right-chalkboard-concept-37086938Ons weet almal ledigheid is die duiwel se oorkussing. (Wat ‘n oorkussing ookal mag wees!).

By Afrikanerkinders van my geslag is ‘n werksetiek van kleinsaf ingedril, bewustelik of op onbewustelike vlak. Die meeste van ons se ouers was ongeneeslike harde werkers. Vir sit en mopper was daar nie genade nie. Selfs vir blote sit was daar nie veel genade nie. Ek onthou goed hoe my ma geglo het mens sit en werk nie by die kombuistafel nie, jy staan en skil jou groente. Om nie eens te praat van stryk nie. Hierdie luie kind het sommer jonk-jonk al rugpyn gepleit en op ‘n kroegstoeltjie sit en stryk. En so skuldig gevoel dat sy deesdae ook maar weer die staanding doen. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,