RSS

Category Archives: Bruce Springsteen

Kortverhaal: Sterk genoeg vir die liefde

30s kleurSterk genoeg vir die liefde het in Vrouekeur van 8 Desember 2017 verskyn. Die titel kom van die Springsteen-liedjie Tougher than the rest, maar dis eintlik Elandré Schwartz se weergawe wat my by die storie uitgebring het. (Dit het ook vir hom ‘n deurbraak en ‘n platekontrak gebring.) Ek plaas albei skakels aan die einde van die storie. En ek sit liewer vir Bruce in sy fleur hier op, want die skets by die storie het regtig nie reg laat geskied aan die twee mooi manne ter sprake nie. 

“Op die troue van die jaar!” Barend lig sy glas met ‘n triomfantlike gebaar wat die hele restaurant insluit.

Sunita raak net liggies met haar glas aan syne, laat haar oë liewer sak. Sy kan hom eenvoudig nie behoorlik in die gesig kyk sonder dat hy raaksien hoe deurmekaar haar emosies is nie. Barend is ‘n wakker man, iemand wat die mense rondom hom baie effektief kan lees. Dis deel van sy wapenrusting wat hom so Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

2017: Die oppe en die affe

Sommer ‘n klompie random gedagtes, in geen spesifieke volgorde nie. Net vir ingeval dit vir iemand iets kan beteken, nie om te wys hoe oulik ek is nie. Want ek is nie. Ek is ‘n soekende siel wat hard probeer sin maak uit die lewe.

  • My alreeds leë nes het emosioneel gesproke nog leër geword. Dit was miskien die moeilikste ding van die jaar. ‘n Troue plus ‘n tesis het sy tol geëis. Maar ek is vasberade om nie ‘n needy ma te wees nie. Al bars dit.
  • Twee familielede ‘n maand uitmekaar verloor. Albei skokkend onverwags. Intens bewus van verganklikheid en die tydelikheid van alles en almal.
  • Die gevaar van selfbejammering deeglik besef. Siestog, arme ek sonder kleinkinders – en met geen kind in die land nie. Maklikste manier om jouself die afgrond in te stuur.
  • Die krag van dankbaarheid. Al moet jy dit forseer. Tree vir tree soggens terwyl die lyf én die gees nog in die bed wil lê en hulself jammer kry: Dan-kie-dan-kie-dan-kie …
  • Die gevoel van buite beheer wees wat angs meebring. Skrikwekkend.
  • Die genade van die regte medikasie.
  • Die genade om te sien my besluit om voorlopig op romanses te konsentreer, was die Romanse in Rock_low reskorrekte een. Die skryf en publikasie van ‘n paar plesierige liefdesverhaaltjies met lieflike, feilbare helde (feilbaar, maar steeds beeldskoon).
  • Die geleentheid van Lapa om verskillende lengtes verhale te skryf (novelle vir tydskrif, kort romanse vir Romanza Singles en lang SuperRomanza). Dit kom neer daarop om teen verskillende tempo’s elke keer die held en heldin GELOOFWAARDIG by mekaar uit te bring. Jy kan nie die storie bloot vroeër of later afsny nie. Die storie moet sy natuurlike loop neem en tot ‘n bevredigende einde kom teen die regte woordtelling. Nie so maklik nie.
  • Die voorreg om elke keer ‘n lieflike held te skep, heerlik op hom verlief te raak – en te weet my ware held is steeds fiks en gesond en kom saans steeds getrou huis toe.
  • Die lekkerte van ‘n bundeltjie met drie van my ouer romanses in een.
  • My geliefde Springsteen het voortgegaan om nuwe uitdagings die hoof te bied en 2013 Heroes 2.jpgmy te inspireer. Die grasie waarmee hy sy solo-vertonings op Broadway hanteer het my laat voel ek kan dan seker my ou klein stappies vorentoe ook aangryp.
  • Een hiervan was die optree as onderhoudsvoerder by ‘n ander skrywer se boekbekendstelling. En volgende jaar dieselfde by die Woordfees. Met ‘n manlike skrywer wat ek nie persoonlik ken nie.
  • ‘n Paar keer se wegsink in die dieptes van depressie. En genadiglik elke keer weer die opstaan en gryp na die lig. Mens leer die lig regtig, egtig waardeer.
  • Die skokkende effek wat die selfdood van Dana Snyman se verloofde op my gehad het. (Ek ken nie vir hom of haar persoonlik nie, maar ek ken sy skryfwerk goed.) Dit het my laat wonder oor die effek van ander mense se selfdood op depressievegters in die algemeen. Ek vermoed dit word heeltemal onderskat.
  • My leesprojek in die hospitaal het ‘n paar oppe en heelwat affe gehad. Dis nie so maklik om tweeuur op ‘n somermiddag aan te tree as niemand jou kontroleer nie, niemand jou toejuig nie en niemand ekstaties reageer op jou storietjie nie. (Die kinders is dikwels so getraumatiseer dat hulle min reaksie toon.) ‘n Blinkigheidjie in die ogies, ‘n skelm glimlag is dikwels my enigste beloning. Maar dan is daar die enetjie wat skaterlag vir die storie en die enetjie wie se ma entoesiasties vir hom die Xhosa-woorde sê as ek die prentjies wys.
  • ‘n Klein stukkie van die wêreld in ‘n staatshospitaal het voor my oopgegaan. Dis ‘n harde wêreld met baie moeë ma’s wat dae en weke langs hul kinders se bed omwag op die wiele om stadig te draai. Sonder iets om te doen, dikwels sonder enige ondersteuningsisteem.
  • My en ‘n vriendin se voorleesprojek by twee speelskole in die township het gemengde vreugde gebring. Die kinders is versorg en vrolik en gretig vir stories. Maar o, vandag se kiddies is woelig!
  • My werk met graad R-kleintjies wat agter is, het my hart gebreek. En my die gesig van ‘n skool in die township gewys. Daar is goeie en slegte kante aan daardie gesig. Daar is veral baie blink ogies wat aandag soek, liefde soek, stimulasie soek. Daar is talle kleintjies wat net met intensiewe begeleiding (miskien) suksesvol deur hulle skooljare gaan kom. Ek is glad nie seker ek het ‘n betekenisvolle verskil gemaak nie. Maar ten minste het hulle ‘n uur per week se liefdevolle aandag en stimulasie gekry, al is dit ‘n druppel in ‘n groot, groot see.

AS JY IN DIE PAARL WOON EN NET DIE KLEINSTE BEGEERTE HET OM IEWERS VIR ‘N KIND IETS TE BETEKEN, KONTAK MY ASB. OOR HIERDIE VRYWILLIGERSWERK. Hoe meer ons is, hoe ‘n groter verskil kan ons maak.

  • My betrokkenheid by Paarl Homeless Cats het nog ‘n nuwe wêreld vir my oopgemaak. Ja, daar is mense wat hulle tyd (en geld) opoffer om katte wat niemand wil hê nie, te versorg, met moeite te vang en te laat steriliseer. Daar is mense wat wilde babakatte foster en makmaak en vir hulle huise soek. Daar is goeie siele by besighede wat rondloperkatte voer en ons kontak vir die vang en die steri. Ja, daar is ‘n veearts wat dikwels ‘n Saterdag opoffer om katte teen die minimumkoste te “doen.”
  • Onvermydelik het ek ontdek my hart het plek vir nog katte. Die huis en die erf ook. IMG-20171201-WA0017.jpgDie swart-en-wit orkaantjie het ek uitgesoek en makgespeel. Die tabby-en-wit lady wat letterlik op death row was, het eenvoudig net weer en weer oor ons pad gekom. Ons kan steeds nie glo niemand wou haar hê nie.
  • In Junie was daar die afskeid van ons geliefde Hilde. Amper tien jaar se lief en leed. Henri arboretumVyf jaar se saamleef met die wete van die onvermydelike einde. Die afskeid – die prys van die liefde. (En die professionele deernis van die veearts en sy mense.)
  • ‘n Maandlange reis deur Australië aan die sy van (of eintlik so ‘n tree of twee agter) 20170702_145039.jpgmy onvermoeibare, rotsvaste, kalm man. Ja, dis ‘n vreeslike vervelige land. Maar dis ook vol skoonheid en lieflike mense. Dit was vermoeiend, maar kosbaar. (En die storie van die tand het reeds sy weg gevind in twee publikasies.)
  • Die insluit van my storie Nagmusiek in ‘n bundel met kortverhale uit rooirose het my nie ryk gemaak nie, maar baie plesier verskaf. Die dagboek van LAPA met twee (baie kort!) aanhalings van my werk, was ook ‘n lekker verrassing.
  • En toe kom die liewe Lea. Vermoedelik tien jaar oud, gewoond aan min aandag en IMG-20171223-WA0003.jpgstimulasie en liefde, sag en gedwee. En sy vee ons voete onder ons uit. Sy floreer – en ons floreer. Sy mag dalk selfs die hoogtepunt van die jaar wees.
  • Die konsep van rou kos vir jou hond kom toe onverwags weer oor my pad, na ek tien jaar gelede al daarvan oortuig was, maar nie kans gesien het vir die moeite en die gemors nie. Nou eet Lea Doggobone se voorafbereide, gebalanseerde rou kos. En sy floreer. En dis goedkoper as die veeartskos wat ek die laaste tyd vir Hilde gegee het en waarop ek nie regtig enige verbetering gesien het nie.
  • Saam met Lea en die katte het die wete gekom dat ek nie reg is vir afskaal en kleiner gaan nie. Of die lyf gaan byhou, sal ons maar moet sien. Maar die gees floreer.
  • En dan was dit natuurlik die jaar van die droogte. As Karoo-kind is die konsep om spaarsaam met water te werk, nie vir my vreemd nie. Maar nou funksioneer ons op ‘n heel ander vlak. Elke druppel tel. En ons kom agter mens kan baie goed so leef. Die skrikwekkende situasie het ook sy positiewe kant: dankbaarheid vir wat ons nog altyd as vanselfsprekend aanvaar het, ‘n nuwe bewustheid van die broosheid van ons aarde en hoe ons haar verniel.

Nou is ek moeg. Daar was nog kleiner vreugdes en smarte. Maar my oorheersende ervaring is een van dankbaarheid en die gevoel dat die winste tog meer was as die verliese.

 

Sleutelwoorde: ,

2016 was ‘n riller … And so say all of us …

Want to inspireLyk my dit het mode geword om vir mekaar te vertel wat ‘n dolle jaar dit was.

Tot op ‘n punt het ek hartlik meegedoen.

Maar toe besef ek moet verder dink. Ja, daar was moeilike dinge. Maar daar was altyd ‘n MAAR.

  • 2016 het begin met my eerste ervaring van angs. Angs wat jou beheer laat verloor, angs wat jou laat glo jy is nou al jou varkies kwyt, wat jou keel laat toetrek en jou hart op loop laat sit en jou vir die toekoms laat vrees.

Maar dit het verby gegaan. (Met die regte pilletjie en heelwat vasbyt.)

  • Die Swart Hond was vanjaar nie net op my spoor nie; hy het kom intrek. Hoe beskryf mens die donkerte? Dag en nag? Come rain or shine? Die doelloosheid, die moegheid, die uitsigloosheid. Terwyl jy met jou verstand goed weet jy het tonne en tonne seëninge om voor dankbaar te wees? Maar dit help jou niks. Behalwe om jou ongelooflik skuldig te laat voel.

Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Tyd vir AKSIE!

Creating yourselfDis baie menslik om soms te wéét ʼn (onaangename) ding moet gedoen word, maar eenvoudig nie so ver te kom nie.

Veral wanneer ʼn mens weet jy moet uit ʼn afbrekende situasie beweeg, maar dit gaan nie sonder pyn geskied nie. Dit kan ʼn verhouding, selfs ʼn huwelik, ʼn werksituasie of ʼn vriendskap wees wat jou afbreek en nie vir jou menswees goed is nie. Dit kan ook iets wees soos om minder sjokolade en meer groente te eet, om te begin oefen, om op te hou rook of drink.

Dit verg dapperheid om van hierdie soort situasie werk te maak en ʼn mens het geen waarborg dat alles ten goede sal uitwerk nie.
Dit lyk vir my na die soort ding wat mens alte maklik by Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Springsteen in SA: Ready to grow young again

From Backstreets, the largest Springsteen fanzine, for which I was privileged to write about my experience:

Cape of High Hope 1Bruce Springsteen landed in Perth earlier today, where he and the E Street Band will begin a month-long Australia/New Zealand run on Wednesday night. But before we turn our full attention to Oz, let’s take one more look at Bruce’s first visit to South Africa, which wrapped up on Saturday. These four shows constituted a massive road trip for writer Connor Kirkpatrick, who flew 14,000 miles in covering Cape Town and Johannesburg for us. But we also wanted to hear from someone who wasn’t traveling, but rather traveled to — someone for whom South Africa is home. Alta Cloete, who administers a Bruce Springsteen South Africa Facebook page, found Springsteen’s first visit to her homeland “a tremendous experience.”

When I was privileged to see Bruce Springsteen for the first time in the UK in 2012, I never thought for one moment that he would ever come to South Africa. For that matter, when I became a fan in late 2009 I never thought I Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

It’s Boss time!

Ouer crowd agterVir diegene wat belang stel, my posts oor die Springsteen shows van hierdie week verskyn by http://marilebetterdays.wordpress.com/

 

Sleutelwoorde: , , ,

Blitskursus: Springsteen 101 :)

Ouer crowd agterEk is verstom en verheug oor die yslike buzz wat die aankondiging van Bruce Springsteen se shows hierdie week veroorsaak het. Diep in my hart het ek seker maar gedink dis net ek en ʼn handjievol ander malles wat enigiets voor en na 1984 se Born in the USA ken en daagliks deur sy musiek geïnspireer word. Ek was verkeerd, skielik dop die fans oral uit.

            Maar ek is seker daar gaan steeds baie mense die shows bywoon wat nie veel van hom of sy werk weet nie. En ek sal dit maar moet hanteer as almal nie mal daaroor gaan wees nie. 🙂 Wat ek moeilik sal hanteer, is mense wat hom afskiet sonder dat hulle hul huiswerk gedoen het. Ek vra dus mooi: Leer ken die man en sy musiek in die komende drie maande sodat jy weet wat om Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Dalk die tyd om hierdie posts van ‘n paar jaar gelede weer te lees … Eienskappe van Mandela

Op pad met MandelaDirek aangehaal uit: Op pad met Mandela – Richard Stengel

Beskikbaar by: http://www.kalahari.com/books/Op-Pad-Met-Mandela/632/35651062.aspx

1.Moed is nie om nie bang te wees nie:
Die meeste mense sou reken dat Nelson Mandela die verpersoonliking van moed is. Mandela self definieer moed egter op ‘n ongewone manier. Hy sien dit nie as ingebore of aangeleer op enige konvensionele manier nie, en ook nie as ‘n soort elikser wat ‘n mens kan drink nie. Hy sien dit as ‘n keuse. Niemand word dapper gebore nie, het hy gese; die geheim le in die manier waarop ons op verskillende situasies reageer.
… Maar moed, het Mandela beweer, is ‘n alledaagse verskynsel, en dit kan op groot en klein maniere getoon word.
2. Wees deurdag:
Op ‘n dag het ek langs Mandela op die agtersitplek van sy koeelvaste BMW gesit, toe ons besef sy bestuurder het verdwaal … Die bestuurder het vet gegee en met skeeuende bande om die draaie gejaag asof hy verlore tyd wou inhaal. Mandela het vorentoe geleun en gese: “Kom ons bly kalm, man.”
Kom ons bly kalm. Te midde van storms wat woed, bly Mandela kalm en soek hy na kalmte in ander. Hy straal trouens kalmte uit. Sodra jy beheer verloor oor jouself, glo hy, verloor jy beheer oor die situasie.
3. Lei van voor af:
Dwarsdeur sy lewe het Mandela risiko’s geneem om as leier op te tree. As hy ‘n soldaat was, sou hy die een gewees het wat uit die skuilgat spring en die stormloop oor die slagveld lei. Sy standpunt is dat leiers nie net moet lei nie, maar dat mense hulle moet sien lei – dit is deel van die Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Om so ouer te word

Wat ‘n voorreg om 63 te word, ‘n donderstorm te trotseer en daarna tot 2:00 partytjie te hou saam met 60 000 vriende.

Maar om so ‘n partytjie te verdien, moet jy waarskynlik ‘n redelik spesiale persoon wees.

Jy moet definitief jou werk met groot passie doen.

Jy moet beslis absoluut glo in wat jy doen.

Jy moet mense met al hul swak- en sterkpunte ken en Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoorde: , ,

Manchester – 22 Junie

  1. Manchester is eintlik ‘n pragtige stad – as ‘n mens tyd sou gehad het.
  2. Dit reën gereeld in Manchester. Soos op al die plekke waar ons was.
  3. Wonderlik dat daar spesiale busse stadion toe loop – maar waarom steek die mense hulle aan die anderkant van ‘n yslike gebou weg?
  4. Reën wat deur wind aangedryf word, maak nog natter as regaf reën.
  5. Etihad Stadion is nogal groot en indrukwekkend. Al beïndruk sokker jou Read the rest of this entry »
 
 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Sunderland – 21 Junie 2012

Bruce Springsteen

Bruce Springsteen (Photo credit: Alex Hempton-Smith)

Vinnige aantekeninge teen 1:00 die volgende oggend:

  1. Drome kan regtig waar word.
  2. Die werklikheid kan nog beter as die droom wees.
  3. Ek kon weer soos ‘n kind na iets uitsien – en nie teleurgesteld wees nie.
  4. Bruce Springsteen gee ALLES vir sy gehore – elke keer.
  5. ‘n Dag van veertien ure is heeltemal doenbaar.
  6. Ook as omtrent elf van hulle op jou voete is.
  7. Twee klein sjerries knap voor middagete help nogal.
  8. Ek kon nog nooit staan nie.
  9. Nou weet ek ek kan.
  10. Ook vir ses ure in die reen.
  11. Ook vir so tussen vyf en ses ure Read the rest of this entry »
 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Junie 2012: Edinburgh

  1. Eerste indrukke is gewoonlik blywend.
  2. Ons eerste indrukke was van reen en padverleggings.
  3. Maar dis nie al wat ons hier sal wegneem nie.
  4. Ons koppe kan steeds nie lekker vat hoe OUD dinge hierrond is nie.
  5. Dis lekker om te weet ‘n kasteel hou oor jou wag.
  6. Al is daar ‘n lelike muur en ‘n stegie met baie sigarettoppies tussen julle.
  7. ‘n Mall is ‘n mall is ‘n mall.
  8. Maar hier is jy nie gewaarborg van ‘n PnP aan die een punt en ‘n Woolies aan die ander punt nie.
  9. Wel van ‘n Royal Mile met ‘n kasteel aan Read the rest of this entry »
 
2 Kommentaar

Posted by op 19/06/2012 in Bruce Springsteen, Reis

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Dis tyd … :)

Sewe maande het soos ‘n droom verby gevlieg …

 
 

Terugblik: 20 Junie 2011 – Springsteen … en die dood van ‘n vriend

Die dood van my geliefde Springsteen se boesemvriend en saksofoonspeler, Clarence Big Man Clemons die afgelope naweek, het my gedagtes op ver paaie gestuur. Soos die dood se manier maar is.

1. Daar is min dinge waarvoor ek so bang is as vir beroerte. Om jou spraak te verloor moet iets ysliks wees. Om verlam te wees … Om hulpeloos te wees … Ouch. (Intussen is ‘n vriendin van my eie ouderdom hierdeur aangeraak, en sien ek eerstehands hoe dit mense se lewens kan raak. Selfs al is die Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Terugblik: Inspirasie – Waarom Springsteen?

Vir almal wat saam met my uitsien na my groot avontuur in Junie – hierdie post is op 23 Sept. 2010 geskryf – toe ek nog nie eens gewaag het om te DROOM dat ek hom eendag in lewende lywe sal sien optree nie.

Ek bevind my in my middel-vyftigs vir die eerste keer in die posisie dat ek werklik vir my rolmodelle gekies het. Voorheen was ek meer geneig om stilletjies jaloers te wees op mense wat ek bewonder. Miskien lê die sukses hierdie keer daarin dat ek nie die geringste kans het om ooit te bereik wat my twee rolmodelle bereik het nie. Beslis nie die vlak van die 70 miljoen dollar wat Bruce blykbaar die afgelope jaar verdien het nie! (Dit plaas hom blykbaar vierde onder musikante en sewende onder vermaaklikheidsterre in die algemeen.) Nog minder die moraliteit en grootse menswees van Nelson Mandela. Daar is dus nie sprake van kompetisie nie, net van bewondering.
My agting vir Madiba hoef ek sekerlik nie te verdedig nie. Hy is ‘n ikoon van formaat. Soos iemand gesê het – dalk Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Dagboek van ‘n depressievegter: ‘n Klompie random gedagtes

Ek het hierdie vir ‘n vriendin saamgeflans – sommer ‘n klomp gedagtes wat uit my eie ondervinding spruit.
Ek plaas dit hier ook, vir ingeval iemand anders dit ook vanaand nodig het.

1. Stel vir jou die depressie as ‘n konkrete ding voor. ‘n Nare dier, of ‘n duiwel, of ‘n lelike gedrog met baie grypende arms, of wat ookal. Kry ‘n prentjie in jou kop – soek sommer op die internet.
Dan is dit makliker om jou voor te stel hoe om daarteen te veg.

2. Visualisasie kan ‘n magtige wapen wees. Ek het bv. aangeleer om as ek gedagtes aan die dood kry, ‘n groot rooi Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

Leef met oorgawe!

My geliefde Springsteen hierdie week tydens ‘n show in Philadelphia. Op 62. Ek sien waagmoed in die foto. En oorgawe aan diegene wat jy vertrou. En die bereidheid om Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , ,

Liewe Kersvader …

Liewe Kersvader
As jy kan ophou met jou selfoon speel en op die pad konsentreer, sou ek graag ‘n paar dingetjies wou hê. Gelukkig vir jou is ek ‘n tevrede soort mens wat nooit baie verwag van die lewe nie. Jy sal dus nie veel moeite met my versoekies hê nie.
1. ‘n Middel wat my vir die res van my lewe op my huidige ouderdom (35) kan laat vassteek. ‘n Mens se kans is deesdae so goed om baie lank te leef en daar is nog soveel goed wat ek wil doen, dat ek dit nie graag met ‘n OU lyf wil doen nie.
2. As jy nie met bogenoemde kan help nie, sal blote Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Drome word inderdaad waar …

Net vir ingeval daar iemand is wat dit nog nie gehoor het nie – ek en ‘n kubervriendin gaan my geliefde Springsteen volgende jaar in England sien. 🙂 Verdere woorde ontbreek my nog!

 
 

Sleutelwoorde: ,

Soms word drome waar!

Maar nie sommer vanself nie – ons moet ons drome DOEN.

Wel, ek lewer ten minste my beste … 🙂

En nee, dis nie ek wat tyd het om posters soos hierdie te maak nie – net een van die paar miljoen Bruce fans wat van gister af Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoorde: , , , ,

9/11: Tien jaar later

Na ‘n ongelooflike week in die veld, kom ek met ‘n slag terug na die harde werklikheid. Deel van dié werklikheid is natuurlik die tiende herdenking van 9/11. ‘n Ding wat ek nou nog nie eens kan probéér verstaan nie.
In 2001 het dit maar gebars met my. Twee kinders in verskillende skole en ek worstelend in die derde. Te veel om te doen, te min tyd en energie, dooie drome in die onderste laai. En natuurlik die amper onvermydelike Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Om die regte woorde te vind …

Hierdie is vir almal wat oortuig is ek het lankal my laaste varkie verloor oor my geliefde Springsteen … Ek dink dis enige wanna-be skrywer se goeie reg om bewondering te hê vir iemand wat so met woorde kan omgaan. Lees gerus!
“This is a slightly revised version of the eulogy I delivered for Clarence at his memorial,” he told Rolling Stone. “I’d like to thank all our fans and friends who have comforted us over the past difficult weeks.”
I’ve been sitting here listening to everyone talk about Clarence and staring at that photo of the two of us right there. It’s a picture of Scooter and The Big Man, people who we were sometimes. As you can see in this particular photo, Clarence is admiring his muscles and I’m pretending to be nonchalant while leaning upon him. I leaned on Clarence a lot; I made a career out of it in some ways. Those of us who Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Random gedagtes: Die lewe en die dood …

Die dood van my geliefde Springsteen se boesemvriend en saksofoonspeler, Clarence Big Man Clemons die afgelope naweek, het my gedagtes op ver paaie gestuur. Soos die dood se manier maar is.
1. Daar is min dinge waarvoor ek so bang is as vir beroerte. Om jou spraak te verloor moet iets ysliks wees. Om verlam te wees … Om hulpeloos te wees … Ouch.
2. Oor vriendskappe tussen mans het ek nog nooit vreeslik gedink nie. In SA-konteks sien ‘n mens ‘n braaivleisvuur en ‘n paar biere, dalk ‘n trippie rugby toe as jy aan vriendskap dink. Bruce en Clarence het oor amper veertig jaar gewys dat ‘n Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , ,

Fliek: Dear John

Ek het die afgelope tyd eers regtig bewus geraak van Nicholas Sparks se boeke en eerste The lucky one en The rescue onder oë gehad. Ek het wel al die films van Message in a bottle en Nights in Rodanthe (spelling?!) gesien. Eersgenoemde het my lelik verneuk laat voel toe die held aan die einde moet sneuwel. Net ‘n baie wrede skrywer doen dit aan sy lesers! Laasgenoemde het ek gekyk omdat ek ‘n Richard Gere bewonderaar is, maar het dit nie ‘n besondere fliek gevind nie.
Dear John was dus ‘n poging om my kennis van Sparks se werk uit te brei. Ek het regtig baie van die fliek gehou, ten spyte van die swakkerige resensies wat dit gekry het. Dalk omdat ek (laaaank gelede) ondervinding het daarvan om jou geliefde army toe te stuur. En dus baie goed weet wat ‘n dear johnny nou eintlik is. Dalk ook omdat in The lucky one die held ook in Irak geveg het en ek vir die eerste keer fiksie oor daardie oorlog gelees het. En natuurlik aangehelp deur Springsteen se fantastiese liedjie Devils and dust, wat die helder prentjie teken van ‘n soldaat wat eintlik nog ‘n kind is, maar die keuse moet maak van maak dood of jy word doodgemaak.
Die manlike hoofspeler het vir my goed gedoen en die meisietjie is so pragtig dat ek haar heelwat sal vergewe! Die uitbeelding van die seuntjie met ‘n tipe leergestremdheid (is nie seker wat nie – daarvoor sal die boek sekerlik sorg) het my ook aangeraak. En ek wonder of Sparks so ‘n kind in sy lewe het, want daar is in meer van sy boeke (The lucky one) kinders wat ‘n probleem het om in die hoofstroom te funksioneer. Die pynlike verhouding tussen hom en sy pa – en hulle groot liefde vir mekaar – het my ook diep geraak.
As jy dus lus is vir ‘n mooooi liefdesverhaal met mooi mense en heelwat realisme, maar nie te veel oorlogstonele nie, gaan kry gerus vir Dear John.
En lees meer oor die fliek by hierdie skakel: http://www.imdb.com/title/tt0989757/
En ja, ek dink ek sal voortaan sorg dat ek eers die fliek sien en dan die boek lees – nooit weer andersom nie! Dit lei eenvoudig net tot te veel teleurstelling en frustrasie.

 
 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , ,

Terugblik: Inspirasie – Waarom Springsteen?

Post op 23/09/2010:

Ek bevind my in my middel-vyftigs vir die eerste keer in die posisie dat ek werklik vir my rolmodelle gekies het. Voorheen was ek meer geneig om stilletjies jaloers te wees op mense wat ek bewonder. Miskien lê die sukses hierdie keer daarin dat ek nie die geringste kans het om ooit te bereik wat my twee rolmodelle bereik het nie. Beslis nie die vlak van die 70 miljoen dollar wat Bruce blykbaar die afgelope jaar verdien het nie! (Dit plaas hom blykbaar vierde onder musikante en sewende onder vermaaklikheidsterre in die algemeen.) Nog minder die moraliteit en grootse menswees van Nelson Mandela. Daar is dus nie sprake van kompetisie nie, net van bewondering.
My agting vir Madiba hoef ek sekerlik Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , ,

Veels geluk, Bruce!

Wonderlik hoe die gelukwensings vir The Boss se een-en-sestigste verjaardag op WordPress blogs instroom. Dit bly vir my ongelooflik hoeveel derduisende mense se lewens hy deur die jare aangeraak het en steeds aanraak. By hierdie skakel is ‘n besonder oulike een: http://springsteeninformationcenter.wordpress.com/2010/09/23/happy-birthday-bruce/#comment-1331

(Vir die oningewydes – dis almal titels of reels uit van sy liedjies. En so saamgegooi sê dit nogal baie oor hom as kunstenaar en as persoon.)

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Dagboek van ‘n romanseskrywer (2)

Dis half tien op ‘n Saterdagaand en ek het my doelwit vir die week bereik. ‘n Dag laat, maar darem. En ek kan sweer dit het iets te doen met feit dat ek so gek was om my persoonlike stryde op die internet te begin uitsaai … ‘n Mens het darem jou trots!
Van Maandag tot Woensdag het ek fluks gevorder. Behalwe dat ek soggens te lank gedraai het met allerhande noodsaaklike en minder noodsaaklike dinge wat gedoen moet word, en dan teen die middag eers pootuit voor die rekenaar beland het.
Verlede week se moord op ‘n paar honderd woorde werp nou vrugte af. Daar is meer geleentheid om spanning te laat ontstaan as sy nie so dadelik weet wie hy is nie. Vir my word hy by die dag mooier en interessanter. En ons weet mos, as die held die skrywer se hart kan sag maak, dan is sy pad oop na die leser se hart toe.
Ek besef ek moet oppas dat dit nie storie word van die heldin en haar ma se issues met mekaar nie. Dit kan sekerlik ‘n subtema wees, maar natuurlik moet dit nie die storie van die ontluikende liefde oorheers nie. Daar is ook die moontlikheid dat die heldin kan dink hy raak verlief op haar ma (wat maar so ‘n stuk of vyftien jaar ouer is as hy), maar ek weet nie of dit corny sal klink nie.
As newekarakters duik daar gelukkig twee kollegas van haar op. En bring met hulle saam hul eie vreugdes en pyne en heelwat potensiaal vir konflik en misverstande wat die sentrale liefdesverhouding kan befoeter. Maar ai, ek is so bang vir misverstande – my seuns hou hoeka vol geen intelligente mens kan regtig so onnosel word as hy/sy verlief is nie. Asof hulle nou weet …
Goed, hulle het mekaar raakgeloop, daar is spanning en opwinding in die lug. Maar nou moet daar iets GEBEUR. Prof Hans praat van die spanningslyn as die ruggraat, en elke toneel moet VERBIND wees met daardie ruggraaat, maw dit moet funksioneel wees binne die ontwikkeling van die verhouding. Vir my is dit nogal ‘n moeilike ding, want dit moenie ‘n gebeurtenis wees wat die verhaal gaan oorheers nie, dit moet net die tweetjies ‘n stappie of twee aanhelp. Maar dit moet ook nie onoortuigend wees nie …
Donderdag breek aan, die dag gaan verby en ek tik nie ‘n enkele woord nie. Daar is eenvoudig te veel mense en dinge wat aandag nodig het. Hoe om prioriteite te bepaal? Hoe om aktiwiteite af te skaal sonder om myself van mense af te sny?
Vrydag kom en gaan – nie ‘n enkele woord nie. Maar dink jy ek kan die blogs uitlos? Hoegenaamd nie! Maar dit maak nie saak nie, want dis gesprekke met kollegas wat net nie onder dieselfde dak as ek werk nie. Ek kry my kerk se koerantjie wat ek die afgelope agt jaar of so doen, op die nippertjie ingegee. En bevestig dat ek dit nog net tot Desember gaan doen. En probeer om nie skuldig te voel nie.
Saterdag kom en bring met hom saam die akademiese verslag wat ek Kleinboet belowe het om taalkundig te versorg. Gruwelik oninteressant en totaal bo my vuurmaakplek. Maar ‘n moeder is mos geskape om te wil help, dus worstel ek dapper voort.
Sesuur op die Saterdagaand breek my oomblik aan. Almal is weg op ander sendings, ek sit Springsteen se Hyde Park DVD aan en begin oorlees. Dit neem ‘n volle uur om weer in voeling met die storie te kom. En in my kop is daar nie juis inspirasie nie.
Maar soos altyd help dit om oor te lees en te begin redigeer. Een ding lei tot ‘n ander en stadig, stadig begin die storie loop. Twee en ‘n half uur later pryk daar meer as die beplande aantal woorde op my skerm. Die tweetjies is deeglik bewus van mekaar en daar is potensiaal vir ‘n paar volgende tonele wat die temperature ‘n bietjie kan opstoot.
En ek weet weer hoekom ek niks anders kan doen as skryf nie.

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

9/11 – laat ons nooit vergeet nie!

Nee, ek het nie ‘n benul van die smart en pyn wat daardie dag vir duisende individue en vir die Amerikaanse volk as sulks gebring het nie. Ek onthou dat ek die nuus die eerste keer gehoor het toe ek erens deur die namiddag die radio in die kombuis aansit om met aandete te begin. En ek het NIE TV toe gehardloop nie. Ter wille van oorlewing het ek my afgesny van die mediaberigte. Maar oorgenoeg inligting het deurgesypel. Ek het net een koerantberig daaroor gelees en dit was oor die honde wat help soek het na oorlewendes wat so depressief geraak het – ‘n hond lewe vir die pryswoorde van sy baas, en hulle kon nie geprys word nie, want hulle het nie sukses gehad nie. Maande later het ek in die Readers’ Digest ‘n artikel gelees waarin die vrou van een van die passassiers op die vliegtuig wat in die veld geval het, haar verhaal vertel. En nog later was daar ‘n berig oor heldedade wat daardie dag in die Towers plaasgevind het. Dit raak my so diep dat ek nie woorde kan vind nie.

Soos gewoonlik kom my geliefde Sringsteen weer tot my redding! Ek ken sy album The Rising nog nie goed nie, maar ek weet dit was sy poging om 9/11 te verwoord. Mense kan seker die woorde van hierdie liedjie verskillend interpreteer, maar vir my gaan Into the fire oor  ‘n brandweerman (of dalk een van die burgerlike helde van daardie dag) wat daardie hel binnegaan om iemand te probeer red. Kyk hier vir Bruce en Patti se roerende weergawe in Barcelona: http://www.youtube.com/watch?v=i0kduqZR4rY
Hier is die lirieke:
Into the Fire
:
The sky was falling and streaked with blood
I heard you calling me then you
disappeared into the dust
Up the stairs, into the fire
Up the stairs, into the fire
I need your kiss, but love and duty
called you someplace higher
Somewhere up the stairs into the fire

May your strength give us strength
May your faith give us faith
May your hope give us hope
May your love give us love …

You gave your love to see in fields
of red and autumn brown
You gave your love to me and
lay your young body down
Up the stairs, into the fire
Up the stairs, into the fire
I need you near but love and duty
called you someplace higher
Somewhere up the stairs into the fire

May your strength give us strength
May your faith give us faith
May your hope give us hope
May your love give us love …

It was dark, too dark to see,
you held me in the light you gave
You lay your hand on me
Then walked into the darkness of your smoky grave
Somewhere up the stairs into the fire
Somewhere up the stairs into the fire
I need your kiss, but love and duty
called you someplace higher
Somewhere up the stairs into the fire

May your strength give us strength
May your faith give us faith
May your hope give us hope
May your love give us love …

 
 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Springsteen: The hitter

Sweerlik een van die hartseerste liedjies wat ek nog gehoor het – die verhaal van ‘n ma wat haar seun weggestuur het (om watter rede ookal) en die manier waarop hy klaarblyklik as ‘n bokser oorleef het. En nou is sy dae van glorie verby – maar hy kan nooit weer ophou veg nie. Hy staan voor sy ma se deur en verwag nie sy sal hom verwelkom nie. Maar daar is niemand anders om heen te gaan nie …

By  http://www.youtube.com/watch?v=mOftPqlUjI8&feature=related is ‘n pragtige weergawe daarvan. Dis een van die vele klein juwele wat baie min in sy konserte gehoor word, maar heel moontlik van sy heel beste werk is.

Come to the door, Ma, and unlock the chain
I was just passin’ through and got caught in the rain
There’s nothin’ I want, nothin’ that you need say
Just let me lie down for a while and then I’ll be on my way

I was no more than a kid when you put me on the Southern Queen
With the police on my back I fled to New Orleans
I fought in the dockyards and with the money that I made
And the fight was my home and any blood was my trade

Baton Rouge, Ponchatoula, and La Fayette town
Well they paid me the moon, Ma, to knock the men down
I did what I did, when it come easily
Restraint and mercy were always strangers to me

I fought champion Jack Thompson in a field full of mud
Rain poured through the tent to the canvas and mixed with our blood
In the twelfth, I slipped my tongue over my broken jaw
And I stood over him, pounded his blooded body into the floor

Well the bell rang and rang, still I kept on
‘Til I felt my glove leather slip ‘tween his skin and bone
And the women and the money came fast, in the days I lost track
The women red, the money green, but the numbers were black
I fought for the men in their silk suits to lay down their bets
Well I took my good share, Ma, and I had no regret

I took the fixed staid hombre with Big Diamond Don*
From high in the rafters I watched myself fall
So he raised his arms, my stomach twisted, and the sky it went black**
I stuffed my bag with their good money, and I never looked back
Understand me, and Ma, every man plays a game
If you know anyone different, then speak out his name

Well Ma, if my voice, now you don’t recognize
And just open the door and look into your dark eyes
I ask of you nothin’, not a kiss, not a smile
Just open the door and let me lie down for a while

Now the grey rain is fallin’ and my ring

fighting’s done
So in the work fields and alleys, I take them who’ll come
If you’re a better man than me then just step to the line
And show me your money and speak out your crime
There’s nothin’ I want, Ma, nothin’ that you need say
Just let me lie down for a while and then I’ll be on my way

Well tonight in the shipyard, a man draws a circle in the dirt
Like I always do, I move to the centre and I take off my shirt
I study him for the cuts, the scars, the pain man no time can erase
I move hard to the left and I strike to the face

 
1 Kommentaar

Posted by op 08/09/2010 in Bruce Springsteen

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Springsteen in swart-en-wit

Darkness Visible: Photographs of Bruce Springsteen, 1975 – 1978

Photographs by Eric Meola from the Born To Run and Darkness on the Edge of Town sessions

Kyk al die foto’s by:

http://www.snapgalleries.com/exhibitions/darkness-visible-photographs-of-bruce-springsteen-1975-1978/

 
 

Sleutelwoorde: , , , , ,