RSS

Category Archives: Uncategorized

Inperking in Ierland: Gerlene Kennedy

Gerlene Kennedy foto.docx

  1. Ouderdom: 44
  2. Beroep: Senior arbeidsterapeut by a dagsentrum vir volwassenes met fisiese (en kognitiewe) gestremdhede
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? Glenbrook, in die Cork hawe
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Met my Ierse man (46) en ons seun John (11)
  6. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Ek het Lupus. Dus val ek in die risiko area. Ek is ook die enigste arbeidsterapeut vir 60+ volwassenes met fisiese gestremdhede. Hul en hul bejaarde ouers val ook in die risiko areas. Ek doen sedert derde week van April tuisbesoeke ipv om hul te sien in ons sentrum wat tans nog steeds gesluit is vir hul (groot werk is tans aan die gang om dit so veilig moontlik te maak sodat hul kan terugkom). Covid neem als oor ja, maar gewone probleme vir gestremde mense gaan aan. Druksere ontwikkel. Rolstoele breek. ‘n Geisoleerde lewe word nou meer geisoleerd vir hul agv “cocooning” – die term wat ons gebruik in Ierland vir bejaardes en kwesbare mense wat hulself moet veilig hou tydens Covid hier in Ierland.
  7. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Ek was besig met ‘n besoek aan ‘n residentiele sentrum vir volwassenes waar een van my kliente na toe sou trek omdat hy meer sorg nodig het. Skielik kry ons notifikasies op ons selfone wat afkondig dat die skole die volgende dag sou sluit tot en met die Paasfees vakansie…. Die hare in my nek het skielik regop gestaan. Ek het dadelik gedink, maar ons beide werk, wat nou? Wie gaan na John kyk? Paar ure later het ons besef die lewe soos ons dit tot nou geken het, het verander. Skielik het ALMAL begin regmaak vir “van die huis af werk”.

Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 21/08/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

100 dae van inperking: Anoniem 4

dscf5633-60

A man walks across a deserted square in central Cape Town, South Africa, two weeks into the country’s coronavirus lockdown.

Ouderdom: 39

Beroep: Projekbestuurder

Huwelikstatus: Getroud

Waar woon jy? Limpopo

Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Self, Man en 1 kind (12)

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Op die stadium dink ek nie daar is enige iets uniek of uitdagend nie. Ons is gelukkig genoeg om beide nog te werk en ‘n inkomste te verdien.

Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Ons het reeds die maandag voor die afkondiging sekere “vibes” by die werk gekry. die dag voor dit het ons ons dogter en haar 2 neefs en 2 niggies Pretoria toe geneem om bietjie by ouma en Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 16/08/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

100 dae van inperking: Elmie van Wyk

Durban

  1. Ouderdom: 65 jaar en 1 week 😊
  2. Beroep: Pensioenaris
  3. Huwelikstatus: Getroud (44 jaar)
  4. Waar woon jy? Pretoria-Noord
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) My man en ons African Grey pappegaai, Robbies.
  6. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Ek is nie lief vir huis skoonmaak nie en agv osteo-artritis (meeste van my gewrigte) kan ek nie alles doen nie. Het 1 x per week ‘n huishulp en toe het ek haar glad nie.

Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 15/08/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

100 dae van inperking: Ellen Botha

ttcamp

Left: Security guards stand at the entrance of a camp that houses homeless people in Standfontein, Cape Town, during the coronavirus lockdown. Right: Homeless people receive food at the camp. Many worry that overcrowding puts them at risk of catching the virus.

Ouderdom:  78

Beroep: Afgetree

Huwelikstatus: Weduwee

Waar woon jy? Parow-Noord

Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) My seun en sy lewensmaat

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek
of besonder uitdagend?  Die feit dat ek nie in my motor kan klim om ‘n Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 14/08/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

100 dae van inperking: Bobbejaan

dscf4695-57

Shoppers line up outside a supermarket in the township of Khayelitsha. On day nine of the lockdown, there was a two-hour wait to get into the store.

  1. Ouderdom: 66
  2. Beroep: Konsultant
  3. Huwelikstatus: Enkel
  4. Waar woon jy? Strand
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Net ek
  6. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?
  7. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Geskok maar het dit verwag agv wereldwye tendens.
  8. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Geskok, maar het aanvaar en het beplan dienooreenkomstg
  9. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Vir oulaas gereedgemaak. Nodige inkopies, vir oulaas belangrike kuiers ingekry met vriende en familie
  10. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Alleen. Ophou reis (ek was konstant op dreef) Werk. Alle werk het opgehou.
  11. Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Werk en die gepaardgaande stimulasie en “sense of fulfilment”
  12. Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Om in touch te kom met myself meer as gewoonlik. Refleksie, begin meer lees.
  13. Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? NVT
  14. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Teleurgesteld, mar weereens aanvaar agv noodsituasie.
  15. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Kontak, kuier, agv alleen wees die gemis aan face to face gesamentlikheid en die warmte en humor was net in daai konteks kan gebeur
  16. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Was ‘n verligting om te kan loop.
  17. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Dat ek kan stap!!!!!
  18. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Kan nie onthou met watter vlak dit gekom het nie maar die drank en sigaret ban wat vir my irrasioneel en kontra produktief is en dit sotlikhede van ooptoon skoene en dat jy op ‘n sypaadjie mag stap maar nie op ‘n oop strand nie.
  19. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Nee
  20. Het jy tydens vlak 5 geoefen? Min maar bietjie

Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 13/08/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

100 dae van inperking: Danie Botha

dscf5633-60

A man walks across a deserted square in central Cape Town, South Africa, two weeks into the country’s coronavirus lockdown.

  1. Ouderdom: 64
  2. Beroep: Vryskutskrywer
  3. Huwelikstatus: Ongetroud
  4. Waar woon jy? Buite Napier op n kleinhoewe, Wes-Kaap.
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Alleen.
  6. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Omdat ek alleen is, mis ek menslike kontak meer as gewoonlik nou.
  7. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Ek het dit aanvaar want ek het die motivering daaragter ondersteun.
  8. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5) afgekondig is? Ek was onrustigerig, maar ek het geglo dis belangrik om dit te doen.
  9. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Niks besonder nie, dag-tot- dingetjies gedoen. Normaal.
  10. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Meer afgesonder as voorheen, maar aanvanklik was dit nie so erg nie; ek het verstaan waarom dit gedoen word.
  11. Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Om niemand te mag sien nie.
  12. Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Ek het geglo dis goed omdat dit n belangrike doel sou dien.
  13. Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Ek was alleen.
  14. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Ek het dit aanvaar omdat dit nodig was, al was dit nie lekker nie.
  15. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Mense.
  16. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Geen groot verandering nie, ook nie in my gemoed nie.
  17. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4?
  18. Ek kon begin uitsien na meer positiewe stappe in die toekoms.
  19. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Niks spesifieks nie.
  20. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Gereeld nee, maar soms.
  21. Het jy tydens vlak 5 geoefen? So ‘n bietjie.
  22. Hoe het jy dit gedoen? Gestap hier op my werf (ek het ruimte).
  23. Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Dit het my nie juis geraak nie omdat ek wel hier kan stap.
  24. Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Gemoedstoestand meer positief.
  25. Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? “Voor in die wapad brand ‘n lig.”
  26. Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Niks juis nie.
  27. Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Minder goed as wat ek sou wou.
  28. Is jy finansieel erg geraak? Darem nie. GELUKKIG nie.
  29. Wat is nou vir jou die moeilikste? Om te voel ek is nie ‘vry’ nie. Beperk tov van rondbeweeg.
  30. Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Heelwat mense begin besef “Not everything is about ME.”
  31. Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Ja
  32. Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Ek kyk NOOIT TV nie. Ek raadpleeg die internet, en koop koerante.
  33. Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Maak my onrustig.
  34. Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Redelik.
  35. Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Europa en Amerika
  36. Hoekom? Ek het vriende daar.
  37. Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Maak my onrustig.
  38. Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Dalk meer, wanneer ek kon, wou uitkom.
  39. Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Die nuus bly volg.
  40. Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja, n Hollandse vriendin.
  41. Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee.
 
Lewer kommentaar

Posted by op 08/08/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

100 dae van inperking: Dalene

Durban1

Ouderdom: 53

Beroep: huisvrou

Huwelikstatus:getroud

Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Man en 3 hondekinders

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?Die inperking is uitdagend vir my, want dis nie lekker om nie sekere goed te mag koop nie. Dit voel of die regering ons soos kinders behandel. My man is n roker, skielik moet hy net so in n vinger klap ophou. Dis baie moeilik vir iemand wat al oor die 30  jaar rook. Hy koop nou ten duurste skelm sigarette. Geld wat vir iets soos bv huis kon gaan. Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 05/08/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

100 dae van inperking: Carla van der Spuy

Carla van der Spuy foto

  1. Ouderdom: 69
  2. Beroep: Vryskutjoernalis/skrywer
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? Hartbeespoort. Die afgelope maande in Centurion om na iemand wat kanker het om te sien.
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

My man as ek in HBP is en ‘n familievriend as ek in Centurion is.

  1. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Tydskrifte wat my brood en botter is, het gevou en ek moes kreatief dink en uit my “comfort zone” kom in ‘n beroep wat reeds geldelik  nie Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 03/08/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

100 dae van inperking: Kate Zaayman

  1. Naam: Kate ZaaymanDurban
  2. Ouderdom: 49
  3. Beroep: Werwingskonsultant
  4. Huwelikstatus: Getroud
  5. Waar woon jy? In die Vrystaat.
  6. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Man en 2 kinders.
  7. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

My man kan nie stilsit nie. Hy is ‘n vreeslike ekstrovert wat heeltyd tussen Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 01/08/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

100 dae van inperking: Carel Muller

Carel Muller

Naam: Carel Muller

Skuilnaam as jy dit verkies: –

Ouderdom: 69

Beroep: Afgetrede melkbeesnavorser

Huwelikstatus: Getroud

Waar woon jy? Somerset-Wes

Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Met die vrou

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Mis rondry en besoek van familie Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 30/07/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

100 dae van inperking: Bets Smith

Bets Smith

  1. Naam: Bets Smith
  2. Skuilnaam as jy dit verkies:
  3. Ouderdom: 65
  4. Beroep: Skrywer (afgetrede onderwyser J)
  5. Huwelikstatus: Getroud
  6. Waar woon jy? Reebok, Suidkaap
  7. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.):

My anderhelfte (letterlik en figuurlik 😉 )

  1. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Uniek? Nie juis nie. Ook nie besonder uitdagend nie. Dit was wel ’n voorreg om inperking te beleef met ’n unieke uitsig op die see.

  1. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

Ons het dit verwag, was dus positief en heel filosofies daaroor, in terugskou miskien omdat ek nie geweet het presies wat dit sou behels nie. Ons was op pad terug van ’n vakansie in die Addo-Olifantpark toe die nuus gekom het dat die Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 28/07/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

100 dae van inperking: Anne-Marie Taylor

  1. Naam: Anne-Marie Taylor

    ttcamp

    Left: Security guards stand at the entrance of a camp that houses homeless people in Standfontein, Cape Town, during the coronavirus lockdown. Right: Homeless people receive food at the camp. Many worry that overcrowding puts them at risk of catching the virus.

  2. Skuilnaam as jy dit verkies:
  3. Ouderdom: 59
  4. Beroep: Retrenched en op soek na ander werk
  5. Huwelikstatus: Geskei
  6. Waar woon jy? Stellenbosch
  7. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Ek deel ‘n huis met ‘n ander dame, wat ‘n kollega van my was by my vorige werk
  8. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Ek sukkel om te aanvaar dat ek nie my familie kan sien wanneer ek wil nie, maar dis nie uniek nie.
  9. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?
  10. Onseker oor wat die toekoms gaan inhou.
  11. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5) afgekondig is? Verslae, bang, hartseer, geskok.
  12. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Besluiteloos of ek Oos-Kaap toe moet reis na my kinders toe. Het uiteindelik daarteen besluit, maar dit was ‘n bitter moeilike besluit.
  13. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Ek het uiteindelik ingeperk gebly by my suster se huis en ons het toegang tot internet gehad, so ek was redelik okay. Ek was veilig en ons kon steeds saam winkel toe gaan en mekaar moed inpraat. Alleen sou ek dit nie kon doen nie.
  14. Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Om te weet ek kan nie net in my motor klim en na my kinders toe gaan nie. Niks anders was regtig moeilik nie.
  15. Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Baie tyd saam met my sus spandeer en dit was ‘n nuwe ervaring. Ons het saans begin huisgodsdiens hou en dit het baie vir my beteken.
  16. Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Baie goed. My sus en haar man het steeds bly werk, maar hulle bly in ‘n golf estate en dis redelik veilig hier en beskermd.
  17. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Ek het geweet dit gaan kom, so was nie ‘n skok nie.
  18. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Om na ‘n restaurant toe te gaan en net daar te sit en ‘n koffie te drink of ietsie te eet.
  19. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Nie veel nie, behalwe vir meer vryheid.
  20. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Vir verder vryheid van beweging
  21. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Oor die regering se sinnelose reëls wat niks met bekamping van virus te doen gehad het nie.
  22. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Ja
  23. Het jy tydens vlak 5 geoefen? Ja.
  24. Hoe het jy dit gedoen? Ek en my suster het elke dag 3 km geloop binne die huis omgewing.
  25. Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Belaglike tye.
  26. Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Was net bly oor mense wat weer kon werk. Ekself is nie vreeslik geraak nie.
  27. Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Dat ek ‘n manier kon vind om oor die provinsiale grens te reis na my kleinkind toe.
  28. Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Dat nie meer besighede veilig toegelaat is om oop te maak nie
  29. Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Dit wissel tussen moedeloos, positief en kwaad vir die regering wat weereens aanjaag.
  30. Is jy finansieel erg geraak? Ja en nee. My aflegging was ek te wagte en ek het goed daarvan af gekom. Maar my planne vir werk soek en inkomste genereer, is erg in die wiele gery. Maar intussen het ek ander planne begin maak en ek is nog bevoorreg.
  31. Wat is nou vir jou die moeilikste? Dat die toekoms steeds onseker is.
  32. Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Dat dit my nader aan God gebring het
  33. Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Baie beslis
  34. Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Nuus. Elke dag
  35. Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Maak my depressief
  36. Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? In ‘n mindere mate
  37. Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Nie regtig nie
  38. Hoekom? Die hele wêreld is tans belangrik
  39. Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Maak my bekommerd oor my eie familie en vriende.
  40. Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Niks nie
  41. Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Alles
  42. Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja
  43. Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee
 
Lewer kommentaar

Posted by op 27/07/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

100 dae van inperking: Anoniem 2

  1. Naam: Anoniem

    ttmarket

    Left: Security guards dispense hand sanitizer to shoppers entering a mall in the suburb of Noordhoek, Cape Town. Right: shoppers select fresh fruit and vegetables.

  2. Skuilnaam as jy dit verkies: Anoniem 2
  3. Ouderdom: 74
  4. Beroep: Skrywer/fotograaf/pensionaris
  5. Huwelikstatus: Getroud
  6. Waar woon jy? Pretoria
  7. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

My man en ek woon saam.

  1. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

My man is nie baie sosiaal nie. Hy voel tevrede en gelukkig om heeldag sy passies uit te leef. Hy het ook nie baie kontak met sy kinders en hulle met hom nie. Ek kuier darem ten minste een dag per week ‘n hele oggend lank met ‘n vriendin of met Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 26/07/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

100 dae van inperking: Annamarie Steenekamp

Muizenberg

  1. Ouderdom: 64
  2. Beroep: Redigeerder / Proefleser
  3. Huwelikstatus: Geskei
  4. Waar woon jy? Durbanville
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

Saam met my siels- en lyfgenoot

  1. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

My situasie het nie veel verander nie. Ek werk al lankal van die huis af, dus geen Read the rest of this entry »

 
1 Kommentaar

Posted by op 25/07/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

100 dae van inperking: Anoniem 1

dscf5633-60

A man walks across a deserted square in central Cape Town, South Africa, two weeks into the country’s coronavirus lockdown.

Naam: Anoniem 1

Ouderdom: 64

Beroep: Deeltydse korttermynversekeringsmakelaar/pensionaris

Huwelikstatus: Getroud

Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)
Eggenoot en volwasse dogter

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 24/07/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

100 dae van inperking: vrae aan myself

Kaapse wielMy drang om te weet en te verstaan het my beweeg om ‘n vraelys aan vrywilligers uit te stuur. Die bietjie wat ek al gelees het, gee my groot insig in die ervaring van gewone oor die algemeen bevoorregte mense in hierdie tyd. Hier is my eie ervaring in ‘n neutedop – net om regverdig te wees teenoor almal wat gewilig was om hulle s’n te deel.

  1. Naam: Alta Cloete
  2. Skuilnaam as jy dit verkies:
  3. Ouderdom: 64
  4. Beroep: Skrywer
  5. Huwelikstatus: Getroud
  6. Waar woon jy? Paarl
  7. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

Man en baie katte

  1. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 20/07/2020 in Covid-19, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Vervolgverhaal: Net een kans (1)

Aftrede eilandNatuurlik is Comien op die kop vyfuur so wakker soos die spreekwoordelike haas. ‘n Goeie veertig jaar se gewoonte word nie sommer so verbreek nie. Sy beplan in elk geval nie om dit ooit te breek nie. Van jongs af het die oggendstond vir haar goud in die mond gehad, sy was nooit van die saans-gousblom-soggens-molshoop soort nie.

“Moenie vir my sê jy gaan nou opstaan nie?” brom Cobus en draai summier sy rug op haar. Nie dat hulle na soveel jare steeds soos twee wittebroodsduifies knussies in mekaar se arms slaap nie. Daarvoor het die klein pyne van die jare wat aanstap deeglik gesorg. Snork hy haar nie wakker nie, pyn sy rug van stil in een posisie lê. Praat sy nie in haar slaap nie, staan sy in die nag op as die natuur Read the rest of this entry »

 
Kommentare af op Vervolgverhaal: Net een kans (1)

Posted by op 12/06/2020 in Afrikaans, Alta Cloete skryfwerk, Kortverhale, Lees, Skrywers, Uncategorized, Verhoudingsverhale

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Agterblad: Van hoenders en heimwee

Donsie en KoerieMy ode aan die hoender is jare gelede spontaan geskryf en het baie later (Februarie 2015) sy plekkie op Rooirose se agterblad gekry. 

In die Afrikaanse volksmond is die donkie ‘n wonderlike ding. En tereg ook. Maar onder vele donkiewaentjies het daar in die ou dae ook ‘n fuik met ‘n paar hoenders gehang. Die hoender is inderdaad ook volksbesit op sy eie dommerige manier. Om ‘n Australiese kennis aan te haal: “You don’t keep chooks for their intelligence.”

Hoenders is deel van ons erfenis en ons taal. Wat is ʼn troue sonder tant Koek se hoenderhaan? Wat is ʼn kerktoring sonder die hoender wat  ʼn eier nie kan lê? Ons word steeds hoenderkop, kraai graag elkeen op ons eie mishoop en lyk soms soos Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Vergeet om te onthou

Vergeet om te onthouVergeet om te onthou het in Rooirose van Oktober 2016 verskyn – en ja, ek sukkel soms om my motor op ‘n parkeerterrein te vind … 🙂

“Mevrou, kan ons help?” Drie jong gesigte lag vrolik op na Magriet. Mens sou sweer hulle eie ma’s verloor elke tweede dag hulle motors op al wat ‘n parkeerterrein is.

Maar ook ʼn enkelvrou in die greep van die menopouse het nog haar trots. Sy probeer die gloed in haar nek ignoreer, vat haar handsak stewig vas en Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Die krag van die Eva

Die krag van die EvaDie krag van die Eva was my eerste gepubliseerde storie na ek voltyds begin skryf het en het in Huisgenoot van 5 Augustus 2004 verskyn. 

”Toemaar my pop, moenie jou mooi koppie daaroor breek nie.  Ek sal sorg.”  My man vou sy bene rustig oormekaar, en bekyk die punt van sy Grasshopper met aandag.  Die skoene van ‘n man wat nie maklik byt aan verandering nie.  Selfgenoegsaam, so lyk dit vir my.

Op my beurt bekyk ek my bruidegom van twintig jaar gelede.  Daar het min van hom oorgebly.  Soos met die hare.  Of liewer, daar het heelwat bygekom.  Soos met die maag.

Daai tyd het ek gedink hy is ‘n ware man wat sy man kan staan, met ‘n oog wat nie wyk en ‘n bars kan kyk (my opregte apologie aan … Wie was dit?  AG Visser?).  Vyftien jaar ouer as ek, waardig en sterk.   Vandag weet ek hy is ‘n manlike chauvinistiese Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Die skarlakenvrou is eintlik groen

Die skarlakenvrou is eintlik groenDie skarlakenvrou is eintlik groen was my tweede storie wat gepubliseer is na ek die sprong uit ‘n vaste werk gemaak het. Bertha en Carel se storie het in Huisgenoot van 23 September verskyn. Dit was die dae toe ons nog SMS’e gestuur en saans bankvas voor Egoli gesit het en ek gedroom het oor gaan help met oliebesmeerde pikkewyne (waarby ek toe nooit uitgekom het nie).

Maandag:

Ek is die skarlakenvrou; die een wat gesinne opbreek en kindertjies se lewens verwoes.  Darem net een gesin tot dusver, en die kindertjies is altwee al mondig.  En heeltemal per ongeluk; ek het dit eerlikwaar nie bedoel nie.  Nie dat dit my eintlik maak beter voel nie.  Ek is grootgemaak om die vrou van Spreuke 31 te wees, nie die Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Helder Somerkersfees 2

Helder Somerkersfees 2Desember, ‘n jaar later:

Esther Lategan se oë is blou. En koud, soos haar stem. Heeltemal onvanpas in die blakende Kaapse somer. Blonde boskaas met ‘n bont serp weggebind. Fyn sweetlagie op die voorkop. Kortbroek, kaalvoet, uitspattige bont hemp. Bordevol versnaperinge staan elke moontlike oppervlak vol. Daniël se fyn oog sien elke keer raak hoe mooi haar kosse is.  Lekker ook, want die mense staan volgens Mandy tou vir haar dienste.

En dan natuurlik die ellendige skildery, fokuspunt van die vertrek. Kind in die son. Mandy op so nege of tien. Laggend in die son, die donker hare warrelend om haar skouers. Maar nou lag sy vír hom, die skepper wat nie meer kan skep nie.

Die Kersatmosfeer hang Esther woonvertrek, identies aan sy eie, vol. Hy herken grepies uit Koos du Plessis se Somerkersfees … Gee ons ‘n helder Somerkersfees … In hierdie land, o Heer. …Dis nie die leë lawaaierige atmosfeer van die winkels nie. Dis iets Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Helder Somerkersfees 1

Helder Somerkersfees 1Helder Somerkersfees se twee dele het as een lang verhaal in Huisgenoot van 23 Desember 2005 verskyn. Daar was regtig ‘n Sokkies en ‘n Laska in my lewe, maar die konneksie tussen die twee is denkbeeldig. 

Desember:

Daniël de Lange se oë is grys. En koud, soos sy stem. Heeltemal onvanpas in die blakende Kaapse somer. Digte donker hare met spatsels grys. Ou hemp vol verfkolle, verweerde beretjie skeef-skeef op die kop. Gesteld op sy beeld as kunstenaar, dis duidelik.

Oor sy skouer sien Esther ‘n esel met ‘n halfvoltooide vrouefiguur op die doek. Vaagweg bekend, maar bitter lelik. Lyk of die vrou pyn het. Die meeste hogere kuns lyk mos maar so of iemand iewers ‘n pyn het; sy is geen kenner nie. Wat vir haar mooi is, is Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal:  Kan jy  my skroewe vir my vasdraai?

Kan jy my skroewe vasdraaiKan jy my skroewe vasdraai? het in Huisgenoot van 10 Februarie 2005 verskyn. Op 4 Februarie het ek dit in die verbygaan by die hospitaal se snoepie gekoop na my ou moeder inderhaas daar opgeneem is. Ek kon dit nooit vir haar wys nie. 

“Kan jy my skroewe vir my vasdraai … kan jy my albasters vir my vind …”  sing Francois van Coke se opstandige rasperstem.  Ek sorg dat my kamerdeur bottoe is voor ek dit waag om f***fpolisiekar te speel.   Selfs hulle naam is verbode in hierdie ordentlike huis.  Maar hulle sê presies hoe ek voel:  deurmekaar, alleen, opstandig.  Simpel.

Ek is Mandi, ek is sestien en daar is ‘n skroef los in my lewe:  Ek gaan vanjaar weer eens nie ‘n enkele Valentynskaartjie kry nie.

My ma sien weer ander los skroewe.  Sy dink ek is siek.  Sy sê ek drink aanhoudend water en draf ‘n paadjie uit toilet toe.  Ek dink darem nie dis só erg nie.

Ek is ook moeg en humeurig en vet.  En dit ís so erg.

My ma besef natuurlik nie dis deesdae cool  om met jou eie tietiebottel met mineraalwater rond te loop en kort-kort ‘n slukkie te vat nie.  En baie drink lei tot baie piepie.  Logies.  Maar ma’s dink nie altyd Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Skelmspuiter

SkelmspuiterSkelmspuiter het in Huisgenoot van 26 Mei 2005 verskyn en is met baie trane en gesukkel na my ma se dood in Februarie voltooi. Destyds het ons natuurlik nog nie ‘n idee gehad van wat droogte in die Boland werklik is nie.

JANUARIE:

Die mooiste Kaap steier onder die kwaaiste droogte in jare. Onbetrokke bure leer mekaar  ken in sonverskroeide tuine, tuinslang of gieter in die hand.  Op donker kriekdeurdrenkte aande vry tieners lustig onder die voorwendsel van tuin natgooi.

In luukse wonings sukkel geuniformde huishulpe steunend met emmers uitspoelwater vir die madam  se tropiese tuin.  In minder luukse wonings loop menige huisvrou knaend met rugpyn van emmers water uit die stort aandra vir ‘n ou kleurtjie in die tuin.  In die handvaardiges se agterplase verrys wonderbaarlike kontrepsies om elke Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Nagmusiek

NagmusiekNagmusiek het in rooirose van Augustus 2005 verskyn en het uit ‘n spesifieke naweek aan die Weskus gespruit. Dit het ook later in ‘n bundel kortverhale verskyn. 

Die Swartland se bulte dein om my in ‘n duisend skakerings van bruin.  Tussen die laaste yl stoppels van die somer dans hittegolwe en stofduiwels en my eie ellende.

”Jy moet besluit , Engela!” het Tom vanmôre woedend uitgeroep, “My geduld is op!”  Op sy beste nie ‘n geduldige man nie, het hy vanoggend die einde van sy alte kort lont bereik.

Engela.  Ek is nie meer Tom se Engeltjie nie.

Ek swaai my plat, rooi karretjie se neus impulsief van die teerpad af na ‘n Weskusdorpie met ‘n poëtiese naam.  My rug is lam en my kop is seer; ek gaan nie my tuisdorp vanaand haal nie, te veel getalm en gemopper langs Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Hasie in die holte

Hasie in die holte

Hasie in die holte het in Huisgenoot van 27 Oktober 2005 verskyn en gaan oor die bedreigde oewerkonyn. En oor die liefde, natuurlik. 

Pasgebore en weerloos is ek veertig jaar gelede opgesaal met die yslike naam Victoria Wilhelmina Fouché.  Ja, my kleinseunlose oupa se naam wás Victor Wilhelm Fouché.  In die donker dieptes van die twintigste eeu is sulke wreedhede teenoor weerlose babadogtertjies gepleeg, ondenkbaar soos dit vandag mag klink.

Ten spyte van dié vroeë terugslag is ek vandag betreklik normaal: vrolik, vindingryk en fris.  Let wel, nie vet nie – fris.  ‘n Waardige nasaat van my oorlede Read the rest of this entry »

 
2 Kommentaar

Posted by op 19/05/2020 in Uncategorized

 

Kortverhaal: Bly by my, deel 2

Die tweede deel van Bly by my is uit die outjie se oogpunt geskryf. Ek het van die begin af gevoel die manne moet darem ook ‘n spreekbeurt in stories kry. Die betrokke liedjie het my hart gebreek en help heelmaak na my ma se dood vroeër daardie jaar.

“HOEKOM WAS JY KERSOGGEND SO hartseer?”  Al is dit donker, weet ek hoe lyk die oë wat vraend na my opkyk:  diepbruin, vraend, bietjie seergemaak.  Een of ander tyd sal ek móét antwoord; my stilswye begin grens aan onbeskoftheid.

Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Die liewe internet!

InformationOh, the internet – that amazing global collaboration that brings the world to a digital device near you.

Like all awesome technological progress, it also brings plenty of problems. In this case, it’s the huge amount of useless or even dangerous information it puts at your fingertips.

Let’s see how we can sort the digital wheat from the chaff.

Honestly assess your information diet

recent post likened the abundant information from the digital revolution to the abundant calories from the agricultural revolution.

Calories are food for our bodies. Information is food for our minds. 

So, how’s your mental diet been lately? Do you feed your mind with healthy amounts of wisdom-rich information? Or is it more like one long empty information binge?

Empty information is just like empty calories: great for instant endorphin releases, terrible for long-term health and vitality. 

Cutting out empty information is key to a healthy digital diet.

Video streaming

Digital video entertainment offers an excellent example of this comparison between information and food: 

  • Semi-illegal streaming of series and movies is like dirt-cheap empty calories. A decidedly average experience that makes you prone to catching some nasty viruses, but oh so addictive.
  • Budget subscription platforms like Netflix are like a cheap all-you-can-eat buffet. To get good value from your purchase, you have to stuff yourself to bursting point.
  • Platforms like Google Play where you pay for what you watch promote quality over quantity. This is like buying a fine chocolate and enjoying it slowly, preferably with friends.
  • Going to see a highly rated new movie in the cinema is like a fine dining experience.

It doesn’t take a rocket scientist to figure out that the last two are much preferred to the first two.

Just like food, endorphins from digital treats are sometimes useful to improve mood or enhance a nice social situation. And just like food, we should focus on healthier snacking.

The key bit of wisdom in the above-linked post goes thusly: if you can’t get yourself to pay for a healthier snack, you clearly don’t need it.

So, it’s either healthy digital snacking or no digital snacking. 

It’s not just video

This simple rule works for any other type of online information.

Online news offers a highly topical example in these virus-infested times. Having all the world’s problems conveniently summarized at your fingertips is a smooth highway to overwhelm and anxiety.

Oorspronklike post: https://schalkcloete.com/intelligent-internet-use/

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , ,

The world’s worst foods: Empty calorie fats

CupcakeToday’s discussion is closely related to yesterday’s post on empty calorie carbs. But there are a couple of important peculiarities about the health impacts of these fatty treats… 

What’s so bad about empty calorie fats?

Just like empty calorie carbs, empty calorie fats give your body plenty of fuel, but no nutrients to repair the damages from burning this fuel. In the long run, this causes serious damage to the body – much like an engine that is run without oil changes and other maintenance.

There’s one type of empty calorie fat that is especially hazardous: trans fats. These fats are mostly found in margarine, shortening and vegetable oil – and any food that contains (or is fried in) these ingredients.

Luckily, the authorities are acting to outlaw this dangerous ingredient, but it’s worth checking the labels of fatty foods just to be sure.

After trans fats, saturated fat is the most problematic. Food labels also state the amount of saturated fat in any food, so this information is readily available to you.

Most sources put the safe limit of saturated fat at or slightly below 20 g per day. Go beyond that, and you will increase your risk of heart disease. Cancer is also associated with diets high in saturated fats.

Other fats (mono and polyunsaturated fats) are generally quite good for you and can represent 30-40% of your calorie intake without problems.

Some examples of empty calorie fats

Any food where the label lists plenty of fat (especially saturated fat) and virtually no nutrients fall in this category. Here are some examples:

  • Chips
  • Cake and icing
  • Cream and ice cream
  • Biscuits and crackers
  • Mayonnaise
  • Arguably also milk chocolate and bacon

Much like empty calorie carbs, the big problem is that these foods are truly delicious. Therefore, we’ll spend some time later in this chapter to build our defenses against these carefully engineered addictions.

But don’t worry, there won’t be any expectations to never eat any delicious treat ever again 🙂 Like most things in life, we just need a healthy balance.

 

The world’s worst foods: Empty calorie fats

 
Kommentare af op The world’s worst foods: Empty calorie fats

Posted by op 03/12/2019 in Gesondheid, leefstyl, Schalk Cloete Jnr., Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,