RSS

Category Archives: verjaardae

Wysheid van vyf dekades

‘n Paar jaar gelede het ek vir ‘n vriendin se vyftigste verjaardag hierdie stukkie aanmekaargeslaan:

Op tien weet jy:
Jy’s die mooiste kind in die hele wêreld
Jy gaan eendag ‘n baie belangrike werk doen
Jy gaan met ‘n aantreklike, ryk, goeie man trou
Julle gaan mooi, gehoorsame kinders met pragtige maniere grootmaak
Op twintig begin vermoed jy …

Lees verder by https://altacloete.wordpress.com/random-gedagtes/op-tien-weet-jy/

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , ,

‘n Nuwe jaar …

Ek is vandag 54 jaar oud en innig dankbaar vir talle seeninge … En dat ek nog elke dag iets nuuts kan leer. Wat ek die afgelope jaar geleer het, kom hoofsaaklik van die life coaching kursus:

  • Balans is broodnodig vir ‘n … wel … gebalanseerde lewe.
  • Sonder doelstellings kom jy nerens nie.
  • Maar doelstellings kan te groot en oorweldigend lyk en jou laat moed verloor.
  • Daarom breek jy hulle in kleiner stukkies op (mylpale).
  • En dan breek jy die stukkie tussen die mylpale in NOG kleiner stukkies op (action steps).
  • Jou action steps moet KLEIN goedjies wees wat MAKLIK is om te bereik.
  • Bou altyd vir jou ‘n beloning in by jou beplanning.
  • Maar kry ook ‘n straf vir as jy nie jou mylpale bereik nie.

Nou gaan ek die eerste stukkie koek eet (vir ontbyt!).

 
 

Sleutelwoordw: , , , ,