Tag Archives: Suid-Afrika

Van vaders en vlugtelinge – SJ Naude

BINNEKORT!

Van die uitgewer:

Daniël voer ’n trekvoëlbestaan tussen Londen en Kaapstad. Wanneer sy bejaarde pa sterf, bevat dié se testament ’n ongewone klousule: Daniël sal slegs sy deel van die boedel erf indien hy besoek aflê by sy neef Theon, op die ou familieplaas in die Vrystaat. Dié besoek lei tot ’n ander reis – hy en sy neef neem ’n siek seuntjie na Tokio, met die hoop dat ’n nuwe soort behandeling die kind sal genees. 

’n Aangrypende roman deur die bekroonde skrywer SJ Naudé. 

Die binneland in – Dana Snyman

Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag. Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat ’n leeu uitoorlê het. In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde – en geloof.

Ons skulde – P.P. Fourie

Van die uitgewer:

Emma reis na Clarens om haar man se as te strooi. Terwyl sy by tante Vera tuisgaan, daag ’n geheimsinnige koevert op waarvan die inhoud Vera angsbevange maak. Dit blyk dat sy jaarliks anoniem só gedreig word voordat daar op iets wat vir haar kosbaar is toegeslaan word. Wie koester ’n wrok teen Vera? Waarom? Sal Emma antwoorde vind voordat die teisteraar se wraak toeneem?
Met die spannende ontrafeling van ’n skrikwekkende raaisel word temas van skuld, straf, boetedoening en vergifnis ondersoek.

Onder ‘n bloedrooi hemel – Annemarie van Niekerk

Hierdie boek se Nederlandse uitgawe het alreeds ‘n belangrike prys gewen! (Die skrywer is ‘n Suid-Afrikaner wat in Nederland woon en werk.)

Van die uitgewer:
In haar memoir vervleg Van Niekerk haar eie lewensverhaal aangrypend en onthutsend eerlik met ’n verkenning van die groot kwessies in ons land: geweld teen vroue, skuld en onmag, aandadigheid en keuse. Onder ʼn bloedrooi hemel is ʼn diep ontroerende persoonlike reis, van geweld na genade, meesterlik vertel.

Annemarié van Niekerk woon in Den Haag, maar keer terug Suid-Afrika toe vir die begrafnis van haar liewe vriend Ruben, wat saam met sy ma op hul plaas in die Oos-Kaap vermoor is.

Dié reis lei haar terug na ander reise: van haar grootwordjare in die destydse Port Elizabeth in ’n liefdevolle, maar streng Nasionale huishouding, na Umtata, waar sy by UNITRA gaan klasgee, en verstrengel raak in ’n verhouding met Denzel, ’n swart skrywerskollega. Iets wat lei na jarelange ernstige konflik met haar pa. Dan na Hillbrow, en later na Yeoville, waar sy en Denzel – teen die wet – saamwoon en aktief is in skrywerskringe. Tot geweld ook hul verhouding binnedring. Die laaste reis is ’n terugkeer na die moord op Ruben en sy ma, en na die moordenaars se lewens, in ’n strewe na verstaan.

NB-Uitgewers/Publishers

Sagie se storie – Jan van Tonder

Ek dink mens se lewe sal armer wees as jy nie Sagie se volledige storie gelees het nie. Een van die aangrypendste karakters in Afrikaans. Ons eie moderne Ampie? Nie dat Sagie met enigiemand vergelyk wil word nie – hy is Sagie en dis al.
Ja, ek skryf asof hy regtig lewe, want ek kan sweer hy en Ansie leef lank en gelukkig saam op Greundal. Dis hoe ‘n werklik aangrypende karakter met jou maak – hy vat jou vas en word vir jou werklik.
Ek kan hierdie boek nie sterk genoeg aanbeveel nie!

Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel. Van begin tot einde. Is Sagie het die eerste keer in 1987 verskyn, Is weer Sagie in 2013, en nou, tien jaar later, verskyn die slot in dié besonderse trilogie: Sagie is.

Tuiskoms van die hart – Marile (Alta) Cloete

Elsbet Minnaar keer terug na Suid-Afrika ná sy lank in die buiteland netbal gespeel. Sy is tuis vir een doel: Om behandeling vir haar depressie in ‘n kliniek te ontvang. Niemand is bewus van haar stryd met depressie nie, want sy beplan om terug te keer na Australie sodra sy uit die kliniek ontslae word en verkies om dit geheim te hou. Sy word genoodsaak om haar eerste aand oor te slaap in Brent, ‘n ou skoolkennis, se huis in die Boland. Sy vertrek die volgende oggend na die kliniek, gerus dat Brent nie weet van haar planne nie. ‘n Paar dae later daag Brent egter by die kliniek op nadat ‘n vriend toevallig gehoor het van haar opname. Elsbet is sy geskok, maar Brent maak dit gou duidelik dat hy haar deur die proses gaan bystaan. Hul v erhouding ontwikkel geleidelik en kort voor lank besef ablei dat daar sterk gevoelens is wat nie geïgnoreer kan word nie. Maar Elsbet moet egter eers besluit of sy haar internasionale netballoopbaan gaan laat vaar ter wille van liefde, en of sy van Brent gaan probeer vergeet en terug keer Australië toe.

Koop hier: https://lapa.co.za/tuiskoms-van-die-hart-marile-cloete

Aanlyn – Trisa Hugo en Analize Viljoen (samestellers)

Boekemakranka het die eerste e-boek in Afrikaans gepubliseer, die eerste aanlyn boekbekendstellings gedoen gedurende die inperking, en nou bring ons vir lesers die eerste aanlyn bundel op VivA se rewolusionêre nuwe platform. Digitale publikasies in Afrikaans gaan nooit weer dieselfde wees nie.

Ons het ’n aantal bekende en gewilde skrywers gevra om vir ons kortverhale te skryf met die tema “aanlyn”. Die skrywers kon die tema interpreteer soos hulle wou, en in enige genre van hul keuse skryf. Die verhale is uiteenlopend en daar is iets vir almal: slim stories, snaakse stories, stof tot nadenke, misdaad, drama en liefde.

Aanlyn is twaalf gunstelingskrywers se verhale in een bundel.

Skrywers wat deelgeneem het: Trisa Hugo, Analize Viljoen, Ben Viljoen, Henk Breytenbach, Dibi Breytenbach, Francois Bloemhof, Zelda Bezuidenhout, Alta Cloete, Juanita Aggenbach, Daniel Lotter, Annerle Barnard, Henda Olivier

Koop Aanlyn hier: https://viva-uitgewers.org/product/aanlyn/

Die oseaan tussenin – Jeanette Stals

‘n Familie veg op alle fronte terwyl hul wêreld in duie stort.

Inligting van die uitgewer:

Oorlog verswelg die Boererepublieke. Volgens die Verskroeide Aarde-beleid word huise verwoes, landerye verbrand, en vroue en kinders in konsentrasiekampe aangehou.

Pieter Nel lei ’n kommando bittereinders in ’n desperate opstand teen die Britse ryk. Hulle offer alles op vir ’n vrede wat dalk nooit gaan kom nie, vir ’n huis wat hulle dalk nooit weer gaan sien nie.

Intussen moet Katrina Nel baklei om haarself en hul kinders aan die lewe te hou namate die toestande in die konsentrasiekampe al hoe hagliker word. Hier word haar lewe onlosmaaklik vervleg met dié van die ander vroue, die hanskakies wat die vyand help om die kampe te bestuur, en die Engelse offisier wat haar hart wil wen.

Wag daar lewe – of liefde – anderkant die oorlog?

Skatryk – Johan Fourie

Waarom ons beter leef as ons voorsate

INLIGTING VAN UITGEWER:

Hoekom is ons ryker as ons voorsate? Wat het ’n Indonesiese vulkaan en die Groot Trek gemeen? Hoe wen jy ’n Wêreldbeker? Dit is maar enkele van die vrae wat die gewilde Rapport-rubriekskrywer Johan Fourie onderhoudend verken in hierdie heerlik leesbare reis deur die geskiedenis. Hoekom floreer een groep, maar ’n ander bly ’n sukkelbestaan voer? Fourie wys waarom die bouers van ’n samelewing – eerder as dié wat afbreek – uiteindelik seëvier. Boeiend en verrassend.

#nb

#JohanFourie

https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624093466

Aanlyn: Boekemakranka-kortverhaalbundel

𝗗𝗶𝗴𝗶𝘁𝗮𝗹𝗲 𝘂𝗶𝘁𝗴𝗲𝘄𝗲𝗿 𝗱𝗿𝗼𝗼𝗺 𝗴𝗿𝗼𝗼𝘁

VivA-Uitgewers stel op 12 April hul eerste produk, 𝘈𝘢𝘯𝘭𝘺𝘯, bekend.

Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van VivA-Uitgewers, sê dat van die bekendste en gewildste Afrikaanse skrywers bydraes gelewer het. Dit sluit name in soos Dibi Breytenbach en haar broer, Henk, Annerle Barnard, Francois Bloemhof en Alta Cloete.

Die bundel kortverhale het almal een tema gemeen, maar elke skrywer het dit op ’n unieke manier geïnterpreteer.

100 dae van inperking: Van der Spuy Brink

  1. Ouderdom: 68
  2. Beroep: Konsultant en lektor
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? Durbanville
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Vrou
  6. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Om te oefen was uitdagend, toe die vyf kilomter om die huis afgemeet. Om nie ons nuwe kleinseuntjie te ontmoet nie. Mis my studente. Toastmasters Zoom nou en moeilik om te hoor.
  7. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Was bly oor die streng aksie wat Cyril geneem het.
  8. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Geskrik en toe opgewonde oor die nuwe dinge om anders te doen.
  9. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Wyn gekoop, gym toe gegaan.
  10. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?
    Hardloop om die huis, paar druppels rooi wyn per dag. Leer om te Zoom
    Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Oefening en om geen kontak met kinders te kry nie.

Lees voort 100 dae van inperking: Van der Spuy Brink

100 dae van inperking: Yvette

  • Ouderdom: 65
  • Beroep: Bibliotekaris
  • Huwelikstatus: Getroud
  • In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Dis die eerste keer dat ek en my man heeldag saam by die huis was.

  • Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

Ek het dit nie eintlik besef nie, ek het my toe nog nie juis aan die nuus gesteur nie.

100 dae van inperking: Tinus Viviers

  • Beroep: Pensionaris en skrywer
  • Huwelikstatus: Getroud
  • Waar woon jy? Kempton Park
  • Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) My vrou
  • In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Enige pensioenaris is normaalweg onder finansiële druk agv stygende pryse terwyl jou inkomste nie ooreenkomstig groei nie. Saam met die inperking het aandeelpryse skerp gedaal en baie maatskappye het kleiner dividende betaal, ander het dit opgeskort. Bykomende inkomste moes doodeenvoudig gegenereer word met die besnoeiing van uitgawes as alternatief terwyl dit reeds nie maklik gaan nie.

100 dae van inperking: Thersia Craven

  • Ouderdom: 68
  • Beroep: Afgetrede taalonderwyser
  • Huwelikstatus: Getroud
  • Waar woon jy? Bethlehem
  • Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Eggenoot, seun en kleinseun
  • In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Ek sou nie my situasie as uniek of selfs besonder uitdagend beskou nie. Dit is wel (en was van die begin af) ‘n frustrasie om nie my oudste seun en sy gesin, wat skaars 3 kilometer van ons af woon, te mag besoek nie. Ek het my 2 kleinkinders in daardie gesin feitlik daagliks gesien, al was dit soms net vir ‘n paar minute. Ons het tevore een maal per week (gewoonlik Saterdagaand) saamgeëet en gekuier.

Lees voort 100 dae van inperking: Thersia Craven

100 dae van inperking: Sylvia de Kock

Sylvia de Kock

  • Naam: Sylvia de Kock
  • Skuilnaam as jy dit verkies:
  • Ouderdom: 44
  • Beroep: Franchise/Technical Assistant
  • Huwelikstatus: Ongetroud
  • Waar woon jy? Pretoria
  • Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

Is alleen met lockdown.

  • In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Lees voort 100 dae van inperking: Sylvia de Kock

100 dae van inperking: Jada

skool

  • Ouderdom: 38
  • Beroep: Administrateur
  • Huwelikstatus: Getroud
  • Waar woon jy? Kimberley
  • Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Saam my man en twee kinders
  • In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Nee wat ek sou glad nie sê dit was of is uniek nie en nie uitdagend nie. Saam my man en kinders is ek op my gelukkigste. Was sleg toe my man moes terug gaan werk toe, maar ek is dankbaar dat ek steeds by huis kan werk.

Lees voort 100 dae van inperking: Jada

100 dae van inperking: Schalk Cloete

  • Ouderdom: 66
    Beroep: Wetenskap
    Huwelikstatus: Getroud
    Waar woon jy? Paarl

    Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

My vrou

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

My situasie is nie besonder uitdagend nie, ek kan alles doen wat ek graag wil

Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

Dat dit op daardie stadium nodig was

Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is?

Dat ek my lewe kan aanpas om aan te gaan met belangrike take

Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring?

Plekke besoek

Ingegaan kantoor toe om seker te maak alles nodg is huistoe geskuif

Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander?

100 dae van inperking: Salomé du Toit

  1. Ouderdom: 66
  2. Beroep: Boekhouer
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? Paarl
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Eggenoot en 1 seun
  6. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Om nie my kinders en kleinkinders te kan besoek of sien nie.
  • Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Seker sou dit een of ander tyd kom.

    Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Gedink 3 weke is darem nie te veel nie….nogal gedink “dalk kan ek agterstallige projekte klaar maak”
  • Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Normaal voortgegaan….net daardie week se inkopies gedoen.
  • Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Redelik soos voorheen…geen laat slaap..kos maak soos gewoonlik…bietjie meer tyd aan stokperdjie bestee.
  • Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Geen ‘‘koffie kuiers” , kleinkinders en kinders  moet  wegbly…byeenkomste wat met my stokperdjie(laslap) te doen het en natuurlik al die vriendinne wat daarmee gepaard gaan.
  • Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Meer tyd om rustig te wees en saam met huismense te spandeer en meer “stokperdjie tyd”.
  • Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Goed…..ons het n “talk” gehad voor inperking dat elkeen sy beste voet moet voorsit en tong in toom hou.
  • Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Negatief…wanner kry ons weer bietjie meer vryheid.
  • Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Dit het later n leefwyse geword…afgestomp.
  • Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Wat was die verskil van vlak 5 na vlak 4? Kan nie eers meer onthou nie.
  • Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Ek weet nie meer of daar iets was waaroor ek kon bly voel nie…..miskien om te kon stap…alhoewel ek baie winkel toe gestap het vanaf eerste dag van inperking.

100 dae van inperking: Moryn Hansen

  1. Ouderdom: 49 (het in grendeltyd verjaar)
  2. Beroep: Vryskutjoernalis en skrywer
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? In ʼn klein nedersetting ʼn hele ent buite Upington.
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

Normaalweg is dit ek, my man en ons twee seuns (amper 20 en 23) met skoonpa (82) na wie ons ook omsien in sy huis langsaan (baie naby).

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Uniek sou ek nie sê nie, daar is talle ander mense in dieselfde situasie. Soos ek genoem het, moet ons na my skoonpa omsien wat Alzheimers het. Ons het ons eie swaarvoertuigonderneming wat reeds sedert verlede jaar swaar ly onder die sinkende ekonomie. Die inperking kon dus nie finansieel op ʼn slegter tyd gebeur het nie.

Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

100 days of lockdown: Maud Bonato

  1. Ouderdom: Age: 43
  2. Beroep: Occupation: Researcher
  3. Huwelikstatus: Marital status: Single
  4. Waar woon jy? Where do you live: Plettenberg Bay
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Do you live alone? Yes
  6. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? What do you consider the specific challenges of your situation?

100 dae van inperking: Maryke Stern

Ouderdom: 41

4. Beroep: Ekoloog

5. Huwelikstatus: Getroud

6. Waar woon jy? Plaas in die Karoo

7. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Man en 2 klein kindertjies amper8 en 6

8. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Uniek, ons is op plaas en dit het bietjie meer ruimte en spasie en n mate van vryheid gegee teenoor vriende in die dorp.

Dit was besonder uitdagend om werk, skoolgee en plaaswerk en gewone huishouding in een dag te pas!

9. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

100 dae van inperking: Marlize Hobbs-Russell

  1. Ouderdom: 48
  2. Beroep: Koordineerder vir studentepraktykopleiding in maatskaplike werk by UNISA
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? Pretoria
  5. Alleen? Wie saam met jou?

Saam met my vrou, Cheryne en ons dogtertjie, Lente.

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

My dogtertjie is outisties en dis moeilik om so iets te verduidelik.

My vrou het kanker en daarom ‘n ko-morbiditeit

100 dae van inperking: Marike van der Watt

  1. Ouderdom: 40
  2. Beroep: Voltydse ma en Phd-student
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? Stellenbosch
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.)

My man, ons drie kinders (dogter 17, dogter 15, seun 13), kleinniggie wat by ons loseer.

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Sowel ek as my man is tans besig met doktorale studie. My man moes boonop ook volstoom aanlynonderrig aan sy studente gee. En dan is daar drie tieners wat ook aanlyn moes leer. En ʼn huis wat homself nie gaan skoonmaak nie. Baie daarvan dus nie besonder uniek nie, maar beslis uitdagend.

Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is?

100 dae van inperking: Louise Viljoen

Ouderdom: 47

Beroep: Vryskutresensent en -teksversorger

Huwelikstatus: Getroud

Waar woon jy? Jeffreysbaai

Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) My man en my ma.

In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

Ek werk al vir jare vryskut vanaf die huis. Ook kom ek selde in die dorp (soms een keer in twee of drie maande) omdat my ma, wat aan demensie ly, by ons bly en voltydse sorg nodig het. Ek is haar alleenversorger. Ek beskou my situasie as uniek omdat ek reeds in ’n groot mate “ingeperk” was.

100 dae van inperking: Louise van der Merwe

Louise vd M s&w

  1. Ouderdom: 38
  2. Beroep: Tuisbly mamma en fiksie skrywer
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? Klerksdorp
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Manlief, tiener dogter en seun en een tween seun.

 

  1. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?

 

Ons bly op ʼn plot so 13km buite die dorp, so ons was nog altyd as gesin gewoond aan buite die dorp se oopte, dus het die inperking in die begin nie veel ‘anders’ gevoel nie. Ons besef ons is bitter bevoorreg en my hart gaan uit na mense wat opgehok moes sit in klein plekkies soveel so dat – glo dit nou of nie – ek ʼn skuldgevoel begin ontwikkel het en maklik emosioneel daaroor geraak het. Lees voort 100 dae van inperking: Louise van der Merwe

100 dae van inperking: Louise Duminy

Louise Duminy

  1. Ouderdom: 46
  2. Beroep: Handelsmerkbestuurder
  3. Huwelikstatus: Geskei
  4. Waar woon jy? Klapmuts
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Alleen

 

  1. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Ek woon alleen, ander mense het interaksie met hulle gades of gesin, om elke dag alleen negt met jou eie gesleskap en gedagtes te wees is uitdagend,

Lees voort 100 dae van inperking: Louise Duminy

100 dae van inperking: Marietjie

 

Hospitaal 1

Ouderdom: 54

Beroep: Huisvrou

Huwelikstatus: Getroud

Alleen of saam met iemand: Saam met man en twee volwasse kinders en een skolier.

Besondere uitdagings: Ons huwelik was op die rotse, maar weens inperking moes ons onder een dak bly. Oudste dogter het ook teruggetrek huis toe.

Gevoel toe noodtoestand afgedkondig is: Vreemd opgewonde oor die Lees voort 100 dae van inperking: Marietjie

100 dae van inperking: Brazelle

Liesbet van Wyk

  1. Ouderdom: 63
  2. Beroep: Uitgewer
  3. Huwelikstatus: apart
  4. Waar woon jy? Kaapstad
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Dogter in laat 20s.
  6. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Hemel vir ‘n introvert, maar alleen sou ek dit seker nie kon baasraak nie.
  7. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? My dogter het my weke lank al berispe omdat ek so onverantwoordelik is en uitgaan na restaurante, boekklub, vriende, ens. Toe besef ek dis ernstig, en dit het ‘n mate van berusting gebring toe die noodtoestand gekom het. Toe kom my fatalisme tot ‘n val.
  8. Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Ek het dit verwag, maar die tydsberekening was ‘n groot skok want daardie volgende naweek, sou ek en vriendinne weggaan na ‘n baie idilliese, stil Weskusdorp. Ons het almal so lank daarna uitgesien. Ons het selfs planne gemaak hoe ons mekaar met afstand sou respekteer en het reeds gewerk aan die skoonmaakroetine, sodat almal veilig kon bly.
  9. Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? ‘n Vriendin was hier van ‘n ander stad. Ons was saam op skool, en dit was heerlik om tyd saam deur te bring, en onbevange te gesels. Ons het saam ‘n boekklubvergadering bygewoon en die bespreking baie stimulerend gevind. Op die Donderdag het ‘n vriendin verjaar. So ses van ons het die koek en tee by ‘n restaurant geniet, maar ek was teleurgestel dat so min mense opgedaag het (ter wille van die vriendin). Ek het ten duurste betaal vir ‘n kompakte waterverfstel omdat ek meer kreatief wou wees tydens inperking.
  10. Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? As semi-afgetree is struktuur in my week baie belangrik. Daar is groepe en klasse en  byeenkomste wat ek as baie belangrik ag, en skielik het dit alles weggeval. My week se struktuur het verdwyn, en eensaamheid het aan die deur kom klop.
  11. Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Die gereelde, beplande kontak wat skielik verbreek is. As introvert is dit vir my moeilik om uit te reik, maar lekker om wel soms tussen mense te wees. As die kontak gestruktureerd is, soos met Bybelstudie of hekelgroep, is dit lekker en maklik, en voorsien dit in my behoefte vir kontak.
  12. Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Die stilte. Ek was absoluut mal daaroor. Ek is baie geraas/geluidsensitief, en dit was eenvoudig hemels vir my. Ek het ook vir heelwat aanlyndinge ingeskryf soos ‘n kursus oor emosionele intelligensie, kunsklasse, pilates, ens, ens.
  13. Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? My dogter is ook ‘n introvert. Ons seg albei baie dankie vir sosiale media, altyd, maar spesifiek in hierdie tyd.
  14. Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Gelukkig het die kursusse aangehou, en het ek al hoe meer vertroud begin raak met Zoom, wat vir my kontak op ‘n afstand bly gee het.
  15. Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Menslike kontak. Ek is nie lief vir ‘n foon nie. Bel was dus nie werklik vir my ‘n opsie nie.
  16. Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Soms het dit my ontstel, want dinge het raserig begin raak. Dit was egter lekker om te kon uitkom en te gaan stap.
  17. Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Dat ek my ander kind meer gereeld kon sien. Hy was in isolasie vir ‘n paar weke tydens vlak 5, weens moontlike blootstelling aan die virus op almal se lippe, maar tydens vlak 4 kon ons darem saam gaan stap.
  18. Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Kan nie aan iets dink nie. Dit het my eintlik verbaas dat ek so kalm en rustig was, en selde geirriteerdheid ervaar het; woede glad nie.
  19. Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Wel, nou ja, ‘n bietjie stap. En waterpilates.
  20. Het jy tydens vlak 5 geoefen? Ja, my skoonsus het smorens op Facebook  aanlynpilatesklasse aangebied en ek het my inkopies te voet gedoen.
  21. Hoe het jy dit gedoen? Aanlyn, binnenshuis. Ek het soms winkels toe geloop.
  22. Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Dit was bietjie vroeg. In my omgewing het dit soos Adderleystraat gelyk! Mense oral, honde oral, kinders op fietse –  net te veel.
  23. Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Aangesien ek nie voltyds werk nie, het dit my nie veel geaffekteer nie. Ek het wel ervaar dat wanneer ek winkels toe gaan, is ek totaal verstom oor mense se gebrek aan sosiale afstand. Dit het my uit die winkels gehou.
  24. Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Dat daar weer ‘n hupstoot in die ekonomie sou kom. Dat dinge dalk weer normaal sal word …
  25. Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Mense se domheid oor sosiale afstand. Dat die virus nog steeds met ons was en nog nie eers sy kruin bereik het nie.
  26. Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Dit raak nou net te veel. My wankelende geestestoestand het ‘n naam gekry, en ek is bekommerd oor die omvang van die virus in ons land. Ek is onseker oor wat die toekoms inhou. Ek ervaar net te veel dat ek my midde-in The Handmaid’s Tale bevind.
  27. Is jy finansieel erg geraak? Ietwat, aangesien my huurder nie meer werk het nie. Ek moet mooi kyk na my begroting, goed beplan en terughou as dit kom by luukshede.
  28. Wat is nou vir jou die moeilikste? Sal ek die nuwe normaal kan hanteer? Hoe maak ek nou met uitnodigings na mense se huise? Ek wil hulle nie in die gesig vat nie, maar ek wil ook nie alleen deur die lewe gaan nie. Ek praat dan maar oor my risikoprofiel en ko-morbiditeite. Ek is mal daaroor om op my eie in koffiewinkels rond te hang, maar ook met vriende. Dis glad nie meer vir my lekker nie. Met masker aan, is dit net uiters ongemaklik. Wanneer haal jy dit af? Dit voel of ‘n mens dit moet aanhou, aangesien die kelners bemasker is. Al is die tafels wyd versprei, sit mense by die tafels tog ‘n bietjie te na aan mekaar na my sin.
  29. Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Wonderlike geleenthede vir aanlynlesings en -geprekke, musiekkonserte, teater en boekbekendstellings het my lewe heerlik gevul. As ‘n mens mooi soek en oordeelkundig is, kos dit min of niks!
  30. Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Ek was aanvanklik die Covidkenniskampioen, maar noudat die virus so erg maai in ons land, moet ek my teen al die stories en skokstatistieke staal. Ek vind ek is geneig om artikels oop te maak, en na ‘n paar sekondes net weer toe te maak omdat ek dit eenvoudig net nie kan hanteer nie.
  31. Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Hoofsaaklik Facebook, Twitter en Media24. Daar is ‘n paar uitstekende joermaliste wat ek op Faceboek volg, en hulle is ‘n bron van uitstekende, beredeneerde en wetenskaplike inligting.
  32. Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel?  Uit noodsaak moet myself terughou omdat ek maklik oorweldig kan raak. Ek dink soms ek ly aan pandemie-itis. Dit maak my moeg en dreineer my energie. Dit maak my depressief.
  33. Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Ek luister gereeld na die WGO se persverklarings. Ek volg die situasie in die Amerikas op ‘n afstand, en word dikwels oorweldig deur die getalle.
  34. Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? VSA, veral weens die oranje monster wat daar aan die hoof is se belaglikhede.
  35. Hoekom? Sien 33.
  36. Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA  jou? Dit verstom my. Wanneer dit ook gebeur dat mense wat jy ken, sterf, dan voel jy jouself deel van die pandemie en kan jy baie meer met die statistiek identifiseer.
  37. Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Ek dink aan Traffic se liedjie “The low spark of high-heeled boys”, met die lirieke “ If you had just a minute to breathe, and they granted you one final wish, would you ask for something like another chest?”
  38. Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Ek dink aan Traffic se liedjie “The low spark of high-heeled boys”, met die lirieke “ If you had just a minute to breathe, and they granted you one final wish, would you ask for something like another chest?” (Let wel, die herhaling is nie ‘n fout nie. Dis so bedoel. ‘n Mens sou dit ook kon beantwoord met: Soos in 37.)
  39. Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja, ‘n klompie jong mense. Ek weet van mense van my ouderdom of ouer wat oorlede is. Ek het van baie gevalle gelees wat herstel het. Dit bring hoop.
  40. Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? “Na aan my” is relatief. Daar was ‘n tyd wat die persoon na aan my was. Dit het die skok nie minder gemaak nie.