
- Ouderdom: 40
- Beroep: Boervrou
- Huwelikstatus: Getroud
- Waar woon jy? Noordwes … Biesiesvlei
- Alleen? Wie saam met jou? Bly op ‘n plaas saam met my man en drie kinders.
- In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Ons situasie tydens inperking is besonder uitdagend … boerdery gaan aan soos gewoon … Dis ‘n uitdaging om werkers te vervoer … Om voer te koop/verkoop van produkte is uiters frustrerend.
- Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Ek was geskok toe die noodtoestand aangekondig is … bang vir die onbekende.
- Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5) afgekondig is? Verward/moedeloos
- Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Gespook om nodige permitte/maskers en sanitasier vir werkers/boerdery te kry.
- Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Kinders se skool gesluit … verder dieselfde as voorheen.
- Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Om positief te bly voor die kinders.
- Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Niks
- Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Ons gesin het aangegaan soos voorheen … meestal positief.
- Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Ek het dit verwag.
- Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Om vrylik asem te haal sonder ‘n masker.
- Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Niks geraak nie.
- Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Geen verskil gemaak nie.
- Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Dit het nie sin gemaak dat mens steeds nie jou afgetrede ouers kan besoek nie.
- Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Nee
- Het jy tydens vlak 5 geoefen? Nee
- Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Dit het my nie geraak nie.
- Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Ons kon uiteindelik die kar se windskerm vervang (het tarentaal getref op vlak 5 van inperking).
- Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Dit was makliker om vee te vervoer vir veilings.
- Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Dat ons steeds die maskers moet dra.
- Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Moedeloos … Ek voel dis belaglik om skole te open terwyl getalle steeds so baie styg.
- Is jy finansieel erg geraak? Ja, finansieel baie verlies gely.
- Wat is nou vir jou die moeilikste? Om te kyk hoe my kinders terug skool toe gaan … heeltemal blootgestel.
- Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Ons is nog almal gesond.
- Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Redelik
- Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Kyk nuus op TV/sosiale media.
- Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Dit maak my angstig as getalle bly styg.
- Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Nie regtig nie.
- Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Nee
- Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Dit maak my bekommerd dat skole steeds oop is.
- Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Ek sou nie regtig iets anders kon doen nie.
- Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Ek sal steeds vir ons werkers daagliks genoegsame vitamines gee.
- Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja … baie mense
- Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee … maar amper … was baie siek.