Category Archives: Alta Cloete skryfwerk

My grootste passie … my lewenslyn

Freckles – Cecelia Ahern

‘n Subtiele liefdesverhaal wat gebou is om die beginsel dat ‘n mens word soos die vyf mense saam met wie jy die meeste tyd deurbring. Dit mag nie jou familie wees nie en ook nie iemand wat jy aanlyn ken nie. Die heldin het al haar dae om haar vyf mense te vind – en hulle is nie wie sy gedink het nie.

What if the people who have the power to change your life are the ones who have been there all along…

Her legacy from her mother is more complicated – until one question from a stranger inspires a change. What if it isn’t about fitting in, but finding the people who make you who you are? Who would those people be?

Tuiskoms van die hart – Marile (Alta) Cloete

Elsbet Minnaar keer terug na Suid-Afrika ná sy lank in die buiteland netbal gespeel. Sy is tuis vir een doel: Om behandeling vir haar depressie in ‘n kliniek te ontvang. Niemand is bewus van haar stryd met depressie nie, want sy beplan om terug te keer na Australie sodra sy uit die kliniek ontslae word en verkies om dit geheim te hou. Sy word genoodsaak om haar eerste aand oor te slaap in Brent, ‘n ou skoolkennis, se huis in die Boland. Sy vertrek die volgende oggend na die kliniek, gerus dat Brent nie weet van haar planne nie. ‘n Paar dae later daag Brent egter by die kliniek op nadat ‘n vriend toevallig gehoor het van haar opname. Elsbet is sy geskok, maar Brent maak dit gou duidelik dat hy haar deur die proses gaan bystaan. Hul v erhouding ontwikkel geleidelik en kort voor lank besef ablei dat daar sterk gevoelens is wat nie geïgnoreer kan word nie. Maar Elsbet moet egter eers besluit of sy haar internasionale netballoopbaan gaan laat vaar ter wille van liefde, en of sy van Brent gaan probeer vergeet en terug keer Australië toe.

Koop hier: https://lapa.co.za/tuiskoms-van-die-hart-marile-cloete

Aanlyn – Trisa Hugo en Analize Viljoen (samestellers)

Boekemakranka het die eerste e-boek in Afrikaans gepubliseer, die eerste aanlyn boekbekendstellings gedoen gedurende die inperking, en nou bring ons vir lesers die eerste aanlyn bundel op VivA se rewolusionêre nuwe platform. Digitale publikasies in Afrikaans gaan nooit weer dieselfde wees nie.

Ons het ’n aantal bekende en gewilde skrywers gevra om vir ons kortverhale te skryf met die tema “aanlyn”. Die skrywers kon die tema interpreteer soos hulle wou, en in enige genre van hul keuse skryf. Die verhale is uiteenlopend en daar is iets vir almal: slim stories, snaakse stories, stof tot nadenke, misdaad, drama en liefde.

Aanlyn is twaalf gunstelingskrywers se verhale in een bundel.

Skrywers wat deelgeneem het: Trisa Hugo, Analize Viljoen, Ben Viljoen, Henk Breytenbach, Dibi Breytenbach, Francois Bloemhof, Zelda Bezuidenhout, Alta Cloete, Juanita Aggenbach, Daniel Lotter, Annerle Barnard, Henda Olivier

Koop Aanlyn hier: https://viva-uitgewers.org/product/aanlyn/

Aanlyn: Boekemakranka-kortverhaalbundel

𝗗𝗶𝗴𝗶𝘁𝗮𝗹𝗲 𝘂𝗶𝘁𝗴𝗲𝘄𝗲𝗿 𝗱𝗿𝗼𝗼𝗺 𝗴𝗿𝗼𝗼𝘁

VivA-Uitgewers stel op 12 April hul eerste produk, 𝘈𝘢𝘯𝘭𝘺𝘯, bekend.

Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van VivA-Uitgewers, sê dat van die bekendste en gewildste Afrikaanse skrywers bydraes gelewer het. Dit sluit name in soos Dibi Breytenbach en haar broer, Henk, Annerle Barnard, Francois Bloemhof en Alta Cloete.

Die bundel kortverhale het almal een tema gemeen, maar elke skrywer het dit op ’n unieke manier geïnterpreteer.

Vurige verhale in Afrikaans

Johan Myburg skryf in die nuutste uitgawe van Plus50 soos volg oor romanses in Afrikaans:

“Menige skrywer (hierdie een ingesluit!) sal baie betaal om die woord hygroman terug te stop in die gat waaruit hy ons samelewing binnegekruip het.” Aan die woord is Alta Cloete, Bolandse skrywer met meer as 50 tydskrifverhale asook 20 romanses en nege liefdesromans op haar kerfstok.

“Dié woord [hygromans] word nou oor die algemeen gebruik waar erotiese verhale bedoel word,” sê sy. “Elke skrywer van liefdesromans of romanses word tot vervelens gevra: Wat skryf jy? Hygromans? Of nog erger: Huigromans…?”

Maar daar was ʼn tyd toe daar vir “bodice ripper” nie ʼn behoorlike Afrikaanse ekwivalent bestaan het nie, en toe het skrywer en ouduitgewer Kerneels Breytenbach met “hygroman” vorendag gekom, ʼn term wat hopelik “die knip sou terugsit in knipoog”. Dat daar ʼn mark was vir Afrikaanse ontvlugtingsleesstof waarin ʼn gelukkige einde ononderhandelbaar sou wees, het soos ʼn paal bo water gestaan. (Klik op bladsy 2 hieronder om verder te lees.)

Checklist om ‘n moeilike dag te red

Blink idee gloeilampHier is my lysie van dinge waarna ek moet kyk as ek voel ek begin afgly in die put. (En ‘n mens moet vinnig optree, voor jy te diep gegly het om meer duidelik te kan sien!)

  1. Het ek vandag gesond geëet? En genoeg, maar ook nie te veel nie? Te veel suiker? Te veel koolhidrate?
  2. Het ek al oefening gehad? Verkieslik in die buitelug. Iets waarvan ek hou, nie iets wat lyding behels nie!
  3. Is ek besig met iets wat my bevrediging verskaf? ‘n Bedrywigheid wat vir mý sinvol is – nevvermaaind wat ander daarvan dink! Verkieslik iets skeppends. (Vir my tel huiswerk beslis nie as skeppend nie.) Dit kan ‘n ete se kook of ‘n kongres se reël wees … enigiets.
  4. Het ek al vandag vir iemand anders iets gedoen? (En nee, die gewone huistake vir my huismense tel nie.) Iets vir iemand wat in een of ander opsig minder gelukkig as ek is.
  5. Het ek al sinvolle kontak met mense gehad? Nie leë oppervlakkige of niksseggende praatjies (of skinder!!) nie – kontak wat dieper as die oppervlak strek.
  6. Het ek al gelag?
  7. Is daar musiek in my lewe? (En nee, dit hoef nie noodwendig Springsteen te wees nie!! Dit kan Beethoven wees – of Nicholas Louw as dit moet …)
  8. Is daar orde in my omgewing? Dit help selfs om net die rytjie skoene voor my kas haaks te skuif … En nee, ons praat nie van obsessiewe gedrag nie, net van doodgewone orde.
  9. Het ek vandag iets afgehandel wat my al lankal irriteer? Betaal ‘n rekening, sorteer vinnig die tydskrifte, skryf ‘n e-pos … Dit werk om dinge te kan doodtrek in jou dagboek. En trek hulle fisies dood, hard en duidelik.
  10. Is ek oormoeg? Plaas ek te veel druk op myself?
  11. Te min geslaap? Of dalk te veel?
  12. Het ek vandag iemand toegelaat om my te manipuleer of te misbruik?
  13. Het ek ja gesê toe ek moes nee gesê het?
  14. Is daar onsekerhede wat my teister? Kan ek dalk iets daaraan doen? Moet ek dalk iemand iets vrá i.p.v. net in angs en stilte wag?

Natuurlik verg dit vasbyt om sover te kom om actually iets te DOEN aan hierdie lysie. Maar glo my, dit werk!
Ek hoor graag van dinge wat vir ander mense werk. Onthou, hierdie is bloot my eie ondervinding – nie die alfa en omega nie!

Die prys van ‘n glimlag

TandDie storie van die tand is op die agterblad van rooirose gepubliseer. Nou is ek sommer weer hartseer oor dié lieflike tydskrif en al die ander wat onder tante Rona gesneuwel het. 

Australië is die heel laaste land wat sy ooit wil besoek, sê ‘n berese vriendin. Ek stem heelhartig saam. Dis ‘n vervelige land. Ek weet, ek was al daar. Teenoor die Reënboognasie kom die Aussie-samelewing maar bra vaal voor.

Onthou net: Vervelig is veilig, sê my wyse geliefde.

Ten spyte van my wilde uitsprake, bevind ek my onlangs weer in Australië. Wanneer ‘n kans hom voordoen, moet mens dit tog maar vat, of hoe? So beland ek op ‘n maandlange toer saam met my immer-energieke, stuit-vir-niks geliefde. Ek kry vlugsiekte op een lang vlug en iets in die rigting van ‘n paniekaanval op die ander. Ek raak moeg en befoeterd en ek mis die Lees voort Die prys van ‘n glimlag

Vervolgverhaal: Net een kans (slot)

KameraComien staan verstom en kyk hoe die motor die figuurtjie in die groen skoolrok rakelings mis en skuins-skuins teen die sypaadjie tot stilstand kom, net ‘n tree of wat van die lamppaal af.

“Mathildie!” Haar stem klap soos ‘n sweep in die stilte. Sy het haar altyd daarop geroem dat sy elke dogter in haar skool se naam ken. Met haar geheue is daar genadiglik toe niks verkeerd nie. Mathildie Hanekom, graad tien, enkelma wat te hard werk, onbetrokke pa, swak motivering, gebrekkige toesig tuis.

Die meisiekind was sowaar van plan om te maak dat sy wegkom. Nou draai sy stadig om, kyk ongelowig na Comien. “Mevrou? Wat maak Mevrou dan Lees voort Vervolgverhaal: Net een kans (slot)

Vervolgverhaal: Net een kans (3)

Padteken kinders“Jy’t my wragtig gepootjie!”

“Ek is vreeslik jammer.” Hy help haar verleë orent. “Ek wou jou net keer, nie laat val nie.”

Teen haar sin begin sy lag. “Ek neem aan jy wil verder preek?”

“Ja, maar dit sal beter wees oor ‘n koppie koffie.”

Sy kan sowaar nie met ‘n vreemde man by die huis aankom nie. “Jammer, my man slaap nog.”

“Ook afgetree?”

“Ja, meer as ‘n jaar al. En voor jy vra, hy vaar uitstekend. Geniet klaarblyklik elke oomblik daarvan.”

“En hoe kry hy sy dae om?”

Tot haar skande moet sy erken sy weet nie presies nie. “Ag, ditjies en Lees voort Vervolgverhaal: Net een kans (3)

Vervolgverhaal: Net een kans (2)

Krukke1“Eina!” Haar handpalms brand soos vuur, sy moes natuurlik op die grofste deel van die sypaadjie te lande kom. Maar daar is nie tyd vir selfbejammering nie, Comien is onmiddellik reg om haarself te verdedig. Sy het nie amper veertig jaar in die beroepswêreld oorleef om op haar eerste dag van aftrede skaars honderd meter van haar huis af vermoor te word nie. En dit nog sonder grimering, met haar hare in wanorde. Niemand behalwe Cobus sien haar ooit so nie. As sy dan móét gaan, moet dit ten minste met ‘n tikkie waardigheid wees.

Sy neem ‘n oomblik om te besef die hand wat na haar uitgesteek word, is bedoel om te help, nie om seer te maak nie. “Ek is verskriklik jammer! Ek is so lomp met die ellendige krukke, weet nie hoe ek ooit aan die goed gewoond gaan raak nie.” ‘n Beskaafde stem, beslis nie dié van ‘n dronkie nie. Albei krukke nou lomp onder Lees voort Vervolgverhaal: Net een kans (2)

Vervolgverhaal: Net een kans (1)

Aftrede eilandNatuurlik is Comien op die kop vyfuur so wakker soos die spreekwoordelike haas. ‘n Goeie veertig jaar se gewoonte word nie sommer so verbreek nie. Sy beplan in elk geval nie om dit ooit te breek nie. Van jongs af het die oggendstond vir haar goud in die mond gehad, sy was nooit van die saans-gousblom-soggens-molshoop soort nie.

“Moenie vir my sê jy gaan nou opstaan nie?” brom Cobus en draai summier sy rug op haar. Nie dat hulle na soveel jare steeds soos twee wittebroodsduifies knussies in mekaar se arms slaap nie. Daarvoor het die klein pyne van die jare wat aanstap deeglik gesorg. Snork hy haar nie wakker nie, pyn sy rug van stil in een posisie lê. Praat sy nie in haar slaap nie, staan sy in die nag op as die natuur Lees voort Vervolgverhaal: Net een kans (1)

Kortverhaal: ‘n Pa vir Pieter

Seuntjie met teddieVandag gaan ek vir die eerste keer graad R toe. “Volgende jaar is jou tyd vir speel verby,” sê Pa. My pa glo nie aan speel nie. Hy sê ‘n man moet van kleinsaf leer werk.  My keel trek toe as hy so praat. Sê nou ek kan nie al daai werk doen nie?

Ma stap saam met my klas toe. Gelukkig het Pa nie saamgekom nie; hy is te kwaad. Ek weet hoekom hy dié keer kwaad is. Ek en Teddie luister elke aand op die trap as hulle baklei. Pa wil hê ek moet na sy ou skool toe gaan, waar net seuns is. “Daar sal hulle die verpiepte mamma-se-seuntjie van jou gou regruk. En knip tog die belaglike krullebol af!” sê Pa kort-kort saans as hulle dink ek slaap. Ma hou van my hare; sy Lees voort Kortverhaal: ‘n Pa vir Pieter

Kortverhaal: ‘n Kursus vir Pa

Brei mansʼn Kursus vir Pa het iewers in 2014 in Vrouekeur verskyn.

“Nee, moenie knip nie, dis te kort!” Maar helaas, hy het klaar die wol afgeknip.

Die kursusleier is aansienlik, maar hy kan nie regtig sien hóé aansienlik nie; daarvoor is die oorlogsverf te veel. Kan sy dan nie self sien die baie grimering laat haar hard lyk nie?

Sy Elize was altyd ‘n sagte vrou. Voor sy streke haar verbitterd gemaak het. Hy wens dinge kon nog so eenvoudig wees soos in die ou dae toe mans en vroue vaste rolle gehad het en daarby gehou het. Daardie tyd het vrouens met hul mans se sondes saamgeleef terwille van die vrede. Daardie tyd sou Elize hom nie uitgeskop en sy kind Lees voort Kortverhaal: ‘n Kursus vir Pa

Kortverhaal: Sterk genoeg vir die liefde

30s kleurSterk genoeg vir die liefde het in Vrouekeur van 8 Desember 2017 verskyn. Die titel kom van die Springsteen-liedjie Tougher than the rest, maar dis eintlik Elandré Schwartz se weergawe wat my by die storie uitgebring het. (Dit het ook vir hom ‘n deurbraak en ‘n platekontrak gebring.) Ek plaas albei skakels aan die einde van die storie. En ek sit liewer vir Bruce in sy fleur hier op, want die skets by die storie het regtig nie reg laat geskied aan die twee mooi manne ter sprake nie. 

“Op die troue van die jaar!” Barend lig sy glas met ‘n triomfantlike gebaar wat die hele restaurant insluit.

Sunita raak net liggies met haar glas aan syne, laat haar oë liewer sak. Sy kan hom eenvoudig nie behoorlik in die gesig kyk sonder dat hy raaksien hoe deurmekaar haar emosies is nie. Barend is ‘n wakker man, iemand wat die mense rondom hom baie effektief kan lees. Dis deel van sy wapenrusting wat hom so Lees voort Kortverhaal: Sterk genoeg vir die liefde

Agterblad: Van hoenders en heimwee

Donsie en KoerieMy ode aan die hoender is jare gelede spontaan geskryf en het baie later (Februarie 2015) sy plekkie op Rooirose se agterblad gekry. 

In die Afrikaanse volksmond is die donkie ‘n wonderlike ding. En tereg ook. Maar onder vele donkiewaentjies het daar in die ou dae ook ‘n fuik met ‘n paar hoenders gehang. Die hoender is inderdaad ook volksbesit op sy eie dommerige manier. Om ‘n Australiese kennis aan te haal: “You don’t keep chooks for their intelligence.”

Hoenders is deel van ons erfenis en ons taal. Wat is ʼn troue sonder tant Koek se hoenderhaan? Wat is ʼn kerktoring sonder die hoender wat  ʼn eier nie kan lê? Ons word steeds hoenderkop, kraai graag elkeen op ons eie mishoop en lyk soms soos Lees voort Agterblad: Van hoenders en heimwee

Kortverhaal: Vergeet om te onthou

Vergeet om te onthouVergeet om te onthou het in Rooirose van Oktober 2016 verskyn – en ja, ek sukkel soms om my motor op ‘n parkeerterrein te vind … 🙂

“Mevrou, kan ons help?” Drie jong gesigte lag vrolik op na Magriet. Mens sou sweer hulle eie ma’s verloor elke tweede dag hulle motors op al wat ‘n parkeerterrein is.

Maar ook ʼn enkelvrou in die greep van die menopouse het nog haar trots. Sy probeer die gloed in haar nek ignoreer, vat haar handsak stewig vas en Lees voort Kortverhaal: Vergeet om te onthou

Kortverhaal: Die krag van die Eva

Die krag van die EvaDie krag van die Eva was my eerste gepubliseerde storie na ek voltyds begin skryf het en het in Huisgenoot van 5 Augustus 2004 verskyn. 

”Toemaar my pop, moenie jou mooi koppie daaroor breek nie.  Ek sal sorg.”  My man vou sy bene rustig oormekaar, en bekyk die punt van sy Grasshopper met aandag.  Die skoene van ‘n man wat nie maklik byt aan verandering nie.  Selfgenoegsaam, so lyk dit vir my.

Op my beurt bekyk ek my bruidegom van twintig jaar gelede.  Daar het min van hom oorgebly.  Soos met die hare.  Of liewer, daar het heelwat bygekom.  Soos met die maag.

Daai tyd het ek gedink hy is ‘n ware man wat sy man kan staan, met ‘n oog wat nie wyk en ‘n bars kan kyk (my opregte apologie aan … Wie was dit?  AG Visser?).  Vyftien jaar ouer as ek, waardig en sterk.   Vandag weet ek hy is ‘n manlike chauvinistiese Lees voort Kortverhaal: Die krag van die Eva

Kortverhaal: Die skarlakenvrou is eintlik groen

Die skarlakenvrou is eintlik groenDie skarlakenvrou is eintlik groen was my tweede storie wat gepubliseer is na ek die sprong uit ‘n vaste werk gemaak het. Bertha en Carel se storie het in Huisgenoot van 23 September verskyn. Dit was die dae toe ons nog SMS’e gestuur en saans bankvas voor Egoli gesit het en ek gedroom het oor gaan help met oliebesmeerde pikkewyne (waarby ek toe nooit uitgekom het nie).

Maandag:

Ek is die skarlakenvrou; die een wat gesinne opbreek en kindertjies se lewens verwoes.  Darem net een gesin tot dusver, en die kindertjies is altwee al mondig.  En heeltemal per ongeluk; ek het dit eerlikwaar nie bedoel nie.  Nie dat dit my eintlik maak beter voel nie.  Ek is grootgemaak om die vrou van Spreuke 31 te wees, nie die Lees voort Kortverhaal: Die skarlakenvrou is eintlik groen

Kortverhaal: Helder Somerkersfees 2

Helder Somerkersfees 2Desember, ‘n jaar later:

Esther Lategan se oë is blou. En koud, soos haar stem. Heeltemal onvanpas in die blakende Kaapse somer. Blonde boskaas met ‘n bont serp weggebind. Fyn sweetlagie op die voorkop. Kortbroek, kaalvoet, uitspattige bont hemp. Bordevol versnaperinge staan elke moontlike oppervlak vol. Daniël se fyn oog sien elke keer raak hoe mooi haar kosse is.  Lekker ook, want die mense staan volgens Mandy tou vir haar dienste.

En dan natuurlik die ellendige skildery, fokuspunt van die vertrek. Kind in die son. Mandy op so nege of tien. Laggend in die son, die donker hare warrelend om haar skouers. Maar nou lag sy vír hom, die skepper wat nie meer kan skep nie.

Die Kersatmosfeer hang Esther woonvertrek, identies aan sy eie, vol. Hy herken grepies uit Koos du Plessis se Somerkersfees … Gee ons ‘n helder Somerkersfees … In hierdie land, o Heer. …Dis nie die leë lawaaierige atmosfeer van die winkels nie. Dis iets Lees voort Kortverhaal: Helder Somerkersfees 2

Kortverhaal: Helder Somerkersfees 1

Helder Somerkersfees 1Helder Somerkersfees se twee dele het as een lang verhaal in Huisgenoot van 23 Desember 2005 verskyn. Daar was regtig ‘n Sokkies en ‘n Laska in my lewe, maar die konneksie tussen die twee is denkbeeldig. 

Desember:

Daniël de Lange se oë is grys. En koud, soos sy stem. Heeltemal onvanpas in die blakende Kaapse somer. Digte donker hare met spatsels grys. Ou hemp vol verfkolle, verweerde beretjie skeef-skeef op die kop. Gesteld op sy beeld as kunstenaar, dis duidelik.

Oor sy skouer sien Esther ‘n esel met ‘n halfvoltooide vrouefiguur op die doek. Vaagweg bekend, maar bitter lelik. Lyk of die vrou pyn het. Die meeste hogere kuns lyk mos maar so of iemand iewers ‘n pyn het; sy is geen kenner nie. Wat vir haar mooi is, is Lees voort Kortverhaal: Helder Somerkersfees 1

Kortverhaal:  Kan jy  my skroewe vir my vasdraai?

Kan jy my skroewe vasdraaiKan jy my skroewe vasdraai? het in Huisgenoot van 10 Februarie 2005 verskyn. Op 4 Februarie het ek dit in die verbygaan by die hospitaal se snoepie gekoop na my ou moeder inderhaas daar opgeneem is. Ek kon dit nooit vir haar wys nie. 

“Kan jy my skroewe vir my vasdraai … kan jy my albasters vir my vind …”  sing Francois van Coke se opstandige rasperstem.  Ek sorg dat my kamerdeur bottoe is voor ek dit waag om f***fpolisiekar te speel.   Selfs hulle naam is verbode in hierdie ordentlike huis.  Maar hulle sê presies hoe ek voel:  deurmekaar, alleen, opstandig.  Simpel.

Ek is Mandi, ek is sestien en daar is ‘n skroef los in my lewe:  Ek gaan vanjaar weer eens nie ‘n enkele Valentynskaartjie kry nie.

My ma sien weer ander los skroewe.  Sy dink ek is siek.  Sy sê ek drink aanhoudend water en draf ‘n paadjie uit toilet toe.  Ek dink darem nie dis só erg nie.

Ek is ook moeg en humeurig en vet.  En dit ís so erg.

My ma besef natuurlik nie dis deesdae cool  om met jou eie tietiebottel met mineraalwater rond te loop en kort-kort ‘n slukkie te vat nie.  En baie drink lei tot baie piepie.  Logies.  Maar ma’s dink nie altyd Lees voort Kortverhaal:  Kan jy  my skroewe vir my vasdraai?

Kortverhaal: Skelmspuiter

SkelmspuiterSkelmspuiter het in Huisgenoot van 26 Mei 2005 verskyn en is met baie trane en gesukkel na my ma se dood in Februarie voltooi. Destyds het ons natuurlik nog nie ‘n idee gehad van wat droogte in die Boland werklik is nie.

JANUARIE:

Die mooiste Kaap steier onder die kwaaiste droogte in jare. Onbetrokke bure leer mekaar  ken in sonverskroeide tuine, tuinslang of gieter in die hand.  Op donker kriekdeurdrenkte aande vry tieners lustig onder die voorwendsel van tuin natgooi.

In luukse wonings sukkel geuniformde huishulpe steunend met emmers uitspoelwater vir die madam  se tropiese tuin.  In minder luukse wonings loop menige huisvrou knaend met rugpyn van emmers water uit die stort aandra vir ‘n ou kleurtjie in die tuin.  In die handvaardiges se agterplase verrys wonderbaarlike kontrepsies om elke Lees voort Kortverhaal: Skelmspuiter

Kortverhaal: Nagmusiek

NagmusiekNagmusiek het in rooirose van Augustus 2005 verskyn en het uit ‘n spesifieke naweek aan die Weskus gespruit. Dit het ook later in ‘n bundel kortverhale verskyn. 

Die Swartland se bulte dein om my in ‘n duisend skakerings van bruin.  Tussen die laaste yl stoppels van die somer dans hittegolwe en stofduiwels en my eie ellende.

”Jy moet besluit , Engela!” het Tom vanmôre woedend uitgeroep, “My geduld is op!”  Op sy beste nie ‘n geduldige man nie, het hy vanoggend die einde van sy alte kort lont bereik.

Engela.  Ek is nie meer Tom se Engeltjie nie.

Ek swaai my plat, rooi karretjie se neus impulsief van die teerpad af na ‘n Weskusdorpie met ‘n poëtiese naam.  My rug is lam en my kop is seer; ek gaan nie my tuisdorp vanaand haal nie, te veel getalm en gemopper langs Lees voort Kortverhaal: Nagmusiek

Kortverhaal: ‘n Kwessie van balans

'n Kwessie van balans‘n Kwessie van balans het in Huisgenoot van 11 Augustus 2005 verskyn – in die dae toe ons nog radiowekkers voor ons beddens gehad het.

DIT MOET DIE RADIOWEKKER WEES.  Elke oggend knap na 03:00 knipoog hy.  Net één keer.  Maar dan’s ek wakker.  Helder wakker.  En hónger daarby.

Ag nee! Dis alweer sulke tyd … Die deur na droomland is gesluit

       Insomnia*

Tot my innige spyt het ek nie die geneigdheid om soos onse Koos liedjies of boeke te skryf as ek nie kan slaap nie.  Al wat ék doen, is stres en Lees voort Kortverhaal: ‘n Kwessie van balans

Kortverhaal: Nikotien en kafeien

Nikotien en kafeienNikotien en kafeien het in Huisgenoot van 8 September 2005 verskyn. Let op die verwysings na SMS’e in al die stories van die vroeë tweeduisends – en die stewige Nokias in al die illustrasies. 

“Juffrou Dreyer … Dorette … vind jy ooit dat jy te veel dinge tegelyk probeer doen?”

Ek skrik op uit my droomwêreld, waar ek verstanding en bedaard is en altyd die regte besluite neem.  Ons ganse personeel sit saamgekoek in die beknopte seminaarkamer vir ‘n kortkursus in kantoorbestuur, die baas se nuutste poging om ons produksie op te stoot.  Ons is tam, alreeds ver verby ons limiete gedruk.

Die fasiliteerder is darem iets om na te kyk.  En wéér te kyk.  Tall, dark and hands all over, soos ons as studente graag die ou sêdingetjie aangepas het.  Dis darem iets om Lees voort Kortverhaal: Nikotien en kafeien

Kortverhaal: Vry om te dans

Vry om te dansVry om te dans het in Huisgenoot van 8 Desember 2005 verskyn en is vir my ‘n baie spesiale storie. Ongelukkig is dit vyftien jaar later steeds relevant – en nog meer so in hierdie inperkingstyd. 

“Een, twee, drie … nege, tien … Down!“  kap die hande met die botteltjies lekkermaakgif ritmies op die afgeleefde kantoortafels met moeë tafelversierings, gehawende southappies en halfleë glase.  Dit was ‘n lang aand.

Net ‘n paar bittereinders hou nog by; ek is weer op pad om my reputasie as man onder die manne deeglik gestand te doen.  Ek gooi my blonde maanhaar agtertoe en keer die botteltjie met ekstra swier in my keelgat om.

En bederf alles deur soos ‘n beginner aan die stik te gaan.

My kollegas dink dis maar deel van my jaarlikse show.  Hulle lag hulle byna te pletter, joviale hande klap my tussen die blaaie, al wat leef en asemhaal het ‘n Lees voort Kortverhaal: Vry om te dans

Kortverhaal: Die fluitjieblaser

Die fluitjieblaserDie fluitjieblaser het in Huisgenoot van 16 Februarie 2006 verskyn en is gedeeltelik uitgedink op die bankie bokant Gouritsriviermond se baai waar die heldin in die storie ook lê en droom.

Die dreun van die see het in my harsings kom sit; na ‘n week in die son en wind is daar nie meer veel plek vir nare gedagtes nie.  Maande lank stook ek nou al my kop met gif uit my verbitterde hart.  Maar die klont in my binneste is besig om stadig maar seker te smelt soos die taai van die draairoomys wat oor my ken en hande drup.

Ver onder my haal die see diep en rustig asem.  Ek kyk af op die baai, die riviermonding, enkele ver figure op die strand.  Ek roer my tone in die son en glimlag by myself.  Veertien Februarie het gekom en weer gegaan, soos herdenkings se manier maar is.  En ek is nog hier op moeder aarde, in een stuk en weer lus vir die lewe; voorwaar Lees voort Kortverhaal: Die fluitjieblaser

Kortverhaal: Die sonde van versuim

Die sonde van versuimDie sonde van versuim het in Huisgenoot van 23 Februarie 2006 verskyn en hou vir my plesierige herinneringe in. Die titel was Manlief se blink idee. 

‘n Rot word glo maklik so groot soos ‘n jong kat.  Ek het al gelees hoe rotte in die Middeleeue selfs ‘n baba in sy wiegie sou aanval.  Ek hoop en bid maar die hedendaagse Suid-Afrikaanse rotte is nie heeltemal so oorgewig en onmanierlik nie.  Of so honger nie.

Dis pikdonker.  Stikdonker.  Nagdonker.  Die sekelmaantjie is ‘n verlore strepie lig in die wye nag; die sterre beur verniet teen die oorweldigende donkerte.  Ek het nie ‘n idee waar om te trap nie; ek is gewoond aan teerstrate en beskaafde sypaadjies, nie ongelyke plaaswerwe vol slagysters van allerlei aard nie.

Langs my stap Lukas met vaste tred oor sy geboortegrond, geweerband gemaklik oor die skouer gehaak, hande selftevrede in die sakke.  Baas van sy plaas.  Hy praat eenstryk deur.  Oor alles onder die son, behalwe oor Lees voort Kortverhaal: Die sonde van versuim

Kortverhaal: Vuur vir die fynbos

Vuur vir die fynbos

Vuur vir die fynbos het in Huisgenoot van 30 Maart 2006 verskyn en het ontstaan uit ‘n werklike avontuurjie met ‘n vriendin en ‘n skilpadjie tydens ‘n brand naby Stanford. Die veldblommetuin wat ek in my gedagtes gesien het, is die Harold Porter by Bettiesbaai (wat een van die plekke is waarna ek nou met ‘n seer hart smag).

“Is jy mal, vroumens? Gee die ding hier en maak dat julle uitkom!” Die man se stem kom rou onder die baadjie om sy kop uit, die donker figuur toring oor my waar ek half gebukkend in die middel van die pad gevries staan van pure skrik. Digte rook hang soos ‘n grys tronkkombers om ons; heuphoogte vlamme knetter ongemaklik naby. ‘n Groot roetbesmeerde hand gryp die spartelende skilpadjie summier uit myne. Lees voort Kortverhaal: Vuur vir die fynbos

Kortverhaal: Koms van die Paashaas

Koms van die PaashaasKoms van die Paashaas het in Huisgenoot van 13 April 2006 verskyn. Op die voorblad was Chris en Louwna van Egoli – onthou jy? 🙂 Daar is ‘n paar elemente van my lewe en die buurt waar ons steeds woon in die storie, maar die meeste is fiksie. Daar was wel hasies (eintlik konyne) in ons lewe.

“Kietsie-kietsie-kietsie!”

Geen reaksie.

Ek voel by die minuut meer belaglik, al kan g’n mens hier ‘n oog lê op my nie.  Drie grys Vibracrete-mure en een verwilderde heining vorm my enigste skanse teen die aanslae van die buitewêreld.

Ek sit stywerig terug op my hakke.  My hare klou klam aan my voorkop.  Lanklaas geknip; onversorg.   Regte ou heks vir die buurt se kinders.  Ja, hulle is deesdae Lees voort Kortverhaal: Koms van die Paashaas