RSS

Author Archives: Alta Cloete

About Alta Cloete

Bolandse skrywer van van eg-Suid-Afrikaanse lekkerleesstories

Soekmekaar – Dana Snyman

SoekmekaarTwee boeke wat ek onlangs gelees het, het my ervaring van die Springbokke se oorwinning in Japan dieper en betekenisvoller gemaak. Die een is In my vel deur Azille Coetzee, die ander Soekmekaar van Dana Snyman. Azille is ’n jong filosoof en akademikus wat in Amsterdam studeer het en uit daardie perspektief van haar Afrikanerskap probeer sin maak. Dana is ouer, geen akademikus nie, maar gelouter deur die lewe in Suid-Afrika. Albei is baie bedrewe skrywers. Waar mens egter In my vel toemaak met ’n oorweldigende drag wit skuld op jou Afrikaanse skouers, maak jy Soekmekaar toe met die gevoel dat Dana Snyman op die oomblik die persoon in die openbare lewe is wat Afrikanerskap op die eerlikste wyse verken en met die mees gebalanseerde beeld anderkant uitkom.

Dana Snyman het lank reeds volksbesit geword, op grond van sy boeke en sy TV-reeks Op pad. Op sy uitgewer se webblad kan jy sy indrukwekkende rekord gaan bewonder as jy so voel. Op sy Facebook-blad het hy meer as 39 000 volgelinge, wat hy gereeld trakteer op nuwe skryfwerk wat telkens ’n situasie verwoord waarvoor die gewone mens nie altyd die uitdrukkingsvermoë het nie. Hy is uiteraard ’n hoogs talentvolle skrywer en is al talle kere daarvoor vereer.

Wat sy werk uniek maak, is die manier waarop hy die hart van ons volk kan verwoord. Hy ry met sy ou bakkie deur hierdie wye en droewe land en hy soek na dít wat ons maak wat ons is. Hy hemel nie Afrikanerskap op nie. Hy swaai nie die ou vlag rond nie, sing nie patriotiese liedjies oor dapper Boerekrygers nie. Hy trap sy spore in die Suid-Afrikaanse stof saam met die gewone mense wat hy op sy reise raakloop. Hy het klaarblyklik die vermoë om vir enige mens enige vraag te vra – en ’n eerlike antwoord te kry. Hy het definitief die vermoë om joernalistieke vaardigheid met fyn, evokatiewe skryfwerk te kombineer. Soekmekaar is weer eens ’n reis na nie alleen die hart van die volk nie, maar ook na sy eie hart. In sy soeke na die waarheid neem hy sy leser diep in sy persoonlike lewe in sonder om ooit ekshibisionisties of sentimenteel oor te kom.

Soekmekaar is saamgestel uit 59 stukke van wisselende lengte, toonaard en invalshoek. Die leser word aan ’n reeks uiteenlopende karakters voorgestel. Daar is Eugène Terre’Blanche met sy baard en sy perd en sy pakkie Lexingtons in sy bosak wat laatnag Afrikaanse poësie voordra. Daar is Dana se pa, die predikant wat op sy dag die AWB se hoofkapelaan was, ’n huisvriend van Terre’Blanche, wat telkens met sy enigste seun gebots het en teen die einde van sy lewe ontnugter toegee dat hy niks meer verstaan nie, dat sy waarhede in der waarheid nie standgehou het nie. Daar is Dana se ma wat waarskynlik ’n sakevrou in eie reg kon wees, maar getrou saam met haar man van plattelandse gemeente na plattelandse gemeente trek, wat haar laaste tye feitlik bedlêend slyt met haar sigarette en haar huishulp vir wie sy as “Skattebol” aanspreek en wat haar ook so noem. Daar is Karel Schoeman wat sy eie lewe neem en die twee swart vrouens wat hom op sy laaste reis vergesel het.

Dan is daar natuurlik Johannes en Lettie en Koos, wat op Ventersdorp vir Dana se pa gewerk het en na sy dood sy versoek om na Dana om te sien, letterlik tot uitvoer bring. In die eb en vloed van Dana se verhouding met Johannes en sy mense word ons ewige soeke na mekaar verpersoonlik; die frustrasie, die onbegrip, soms die woede, maar altyd die liefde en die eerlike begeerte om mekaar te aanvaar en te probeer verstaan.

Ook die selfdood van Dana se verloofde word met sy kenmerkende eerlikheid hier verwoord. Die leser gaan saam met ’n verpletterde man op reis die binneland in, na die begrafnis van sy verloofde, na ’n groter begrip van die menslike weerloosheid voor depressie, wat vir sommige ’n terminale siekte is. Daarna pak die leser saam met hom sy huis op Jacobsbaai op en vertrek na ’n nuwe lewe met net die nodigste besittings en sy versameling optelhonde. Ons glo ons sal in ’n volgende bundel ook die res van sy reis kan meemaak.

Die insigte wat Dana ten opsigte van depressie verwoord, kan as een van die belangrikste elemente in die boek beskou word. In ’n tyd waar die stigma nog stewig aan geestesiektes kleef, waar dodelik siek mense nog deur oningeligtes aangesê word om hulle “reg te ruk”, is hierdie woorde soos ligte in ’n donker hemelruim: “Depressie is werklik ’n siekte, ’n verskriklike stuk waarheid wat hoop in wanhoop verander tot jou angs vir die lewe groter kan raak as jou angs vir die dood.”

Soekmekaar is die kroniek van ’n soekende siel, ’n lid van ’n volk wat moeitevol en sukkelend op soek is na sy plek in Suid-Afrika, sy plek in Afrika en in die wêreld. Dana Snyman het nie vir ons antwoorde nie, maar hy vergesel ons getrou op ons elkeen se reis na groter begrip, groter deernis en groter hoop.

Soekmekaar is onontbeerlike leesstof vir elkeen wat hierdie land liefhet, elkeen wat ons uitdagings probeer deurgrond, elkeen wat probeer om ten alle koste die hoop te behou. Dana Snyman se persoonlike reis het ongemerk ’n metafoor vir die reis van elke denkende Afrikaner geword; die dokumentasie van ons eindelose soeke na mekaar en na onsself.

Lees Soekmekaar – en verdiep jou in die wonderlike, skrikwekkende ervaring van Afrikaans-wees, soos verwoord deur iemand wat saam met jou op soek is na die ontwykende waarheid.

Die oorspronklike resensie het hier verskyn: https://www.litnet.co.za/resensie-soekmekaar-deur-dana-snyman/?fbclid=IwAR1RKA469GDbBh0dv_TxnhSLpOznwciS1pRZojJxlsgzPkWS6uFxBNcN-SU

 

Sleutelwoordw: , ,

Sommer snaaksighede …

LaggesiggieEk weet glad nie meer waar ek hierdie gekry het nie. Dis beslis nie my eie werk nie. Maar party is nogal snaaks. 

As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy ‘n reis nodig.

Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!

Hy is so maer, hy lyk soos ‘n erdwurm met ‘n handbriek.

Ek is nou so opgewonde soos ‘n budgie op steroids !

Jy’s so skeel jy kyk jouself diep in die oë!

Hy ìs so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.

Hy is so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.

Hy is so maer, as hy langs ‘n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg.

Hy is so skelm, hy bid onder ‘ n skuilnaam.

Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.

Ek sit nou so lekker, ek staan sommer op en sit weer.

Lang gesig soos ‘n bok wat afdraand vreet.

Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.

Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.

Ek is nou so lui, ek trou sommer ‘n pregnant vrou.

Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig gehad het.

Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan.

Hy is so lelik, as hy op die sand sit wil die katte hom toekrap …

Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur ‘n vliegtuigmotor ingesuig nie.

Die mens is op aarde geplaas om ‘n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter, ek sal nooit dood gaan nie.

Ons kan nie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap.

Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het.

Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie.

As jy vir jouself kan lag, het jy altyd iets om oor te lag.

 

 

 

Sleutelwoordw: , , ,

Wanneer jy nie genade ontvang nie …

Depressie 2Hier is die ervaring van dapper depressievegter Adele Vorster ten opsigte van die behandeling van geestesiektes selfs by gerespekteerde hospitale waartoe die geseëndes met ‘n mediese fonds toegang het. Ek plaas dit in haar eie woorde en met haar toestemming, met die hoop dat dit iemand sal bewus maak van die stigma wat nog aan geestesiektes kleef en die groot skade wat mediese werkers én gewone mense uit onkunde kan veroorsaak. Intussen het Adele voortgegaan om die saak op te volg en ‘n uitnodiging gekry om met die ambulansmense te gesels. Dis ‘n voorbeeld van die goeie dinge wat kan gebeur as ons praat oor die slegte dinge wat ons ervaar. 

Ek het hierdie week weer besef hoe moeilik dit is om goeie mediese sorg vir ‘n geestessiekte te kry, AL het jy ‘n mediese fonds. Ek het besluit ek gaan my storie wyd en syd verkondig in die hoop dat daar iewers een persoon in die mediese bedryf is wat dit sal lees en die volgende keer wat hul met ‘n beangste en psigotiese pasiënt werk daardie persoon met respek en empatie sal hanteer en nie met ongeduld en walging nie. En bo alles dat hul nie vir daardie persoon sal lag nie. Hoe wreed is dit om vir iemand wat in so toestand is te lag?

Ek het my Maandagaand in ‘n slegte toestand bevind. Ek het ‘n vriendin gebel en sy het vir my ‘n ambulans gebel. Ek kan nie alles onthou nie, maar ek onthou dele. Ek onthou hoe ek op die trap van die huis gesit het en myself natgepiepie het. Dan onthou ek twee ambulansmanne wat vir my lag. Ja, lag. Ek onthou ek het die een gevra om asseblief vir my te tel. Ek het nie geweet wat is waar en wat nie en wou desperaat seker maak ek verbeel my nie alles nie en gaan nie totaal in die psigose in nie, want wat as ek hierdie keer nie weer terugkom nie? Ek het gesien hoe die een ambulansman vir die ander een kyk en lag toe ek hom vra watter kleur my pajamatop is. Hoe weet ek jy is werklik? vra ek hom. Volgende onthou ek hulle stamp my seer want ek is te groot om op die stretcher te pas. Stamp stamp. Die ambulansbestuurder bel iemand en ek hoor hom weer lag. Wat is op my beursie? vra ek. Hoe weet ek ek verbeel my nie hierdie rit nie? Ek kan hierdie angs nie beskryf nie.
Volgende flash: ons is by die hospitaal. Netcare Universitas sê hulle vir my. Ja, ek noem die naam om te name en shame. Dinge is steeds so deurmekaar. Iemand baklei met my oor my mediese fonds. Ek praat met myself. Ek sê Adele, as jy al ooit in jou lewe baklei het dan is dit NOU. Jy het te ver gekom om die waansin nou te laat oorneem. Komaan, Adele, bly by nou. Bly by nou. Daar is ‘n uiters ongeskikte vrou wat my vorms laat teken, maar ek weet nie hoe of wat om te skryf nie. Ek sien weer die ambulansman, hy lag nogsteeds. My bene ruk. Hoekom het jy my gevra om te tel? vra hy. Want ek probeer desperaat by nou bly sê ek of dink ek, nie seker nie. Die vrou van die vorm sit voor ‘n rekenaar, sy kyk met disgust na my pajamas, kaal voete en sien ek het myself natgepiepie. Daar is ‘n grys dokter, kort dokter. Hy praat oor toe hy in die weermag was? Daar is ongeduldige verpleegsters. Iemand sê of vra: Is dit ‘n ou bietjie depressie? Ek lê. Op ‘n stadium loop ek. Sit by ontvangs. Ek moet huis toe gaan, hier is nie hulp nie. En ek is bang hul spuit my in en dan moet ek vir dae slaap en kan nie beweeg nie. Nee, nee. Ek moet baklei. Die gryskopdokter vra vrae, kan nie onthou wat. Ek gaan lê maar weer op die bed. Ek is papnat gepiepie, niemand gee om nie. Lê en lê en lê. Ek kry ‘n vriendin gekontak. Sy klim in haar kar en kom na my toe. Ek huil van verligting, ‘n bekende gesig. Dan is hierdie dalk tog nie ‘n droom nie. Nog vrae van dokter. Trek bloed. Na nog ‘n ewigheid ‘n drup en pille. Als is steeds ‘n droom.
Almal hanteer my of met disgust of hulle lag soos die twee ambulansmanne.
Ek vat die ambulansman se hand, ek sê vir hom: Belowe my een ding. Volgende keer as iemand jou vra om vir hulle te tel doen dit asb. Dis dalk die enigste ding wat hul anker. Kan nie onthou of hy geantwoord het nie.
Vir die verpleegpersoneel, dokters en adminassistente en vir die twee ER24-ambulansmanne: Weet asb dat hoe “mal” iemand ookal is, ‘n deel van hulle kan hoor en sien. Weet julle hoe skaam ek gekry het oor julle gelag? Julle is wreed!
Ek gaan dit nie hier los nie. Ek gaan praat en praat en praat totdat mense soos julle psigiatriese pasiënte met waardigheid, respek en empatie hanteer. Ek gaan name en shame.
En ook dankie sê vir die twee susters wat my wel so hanteer het, die een wat bloed getrek het en die een wat my drip opgesit het, wat my met menswaardigheid hanteer het.
En ook dankie aan my vriendinne vir hul bystand.
Dit gaan nou baie beter en ek is weer fighting fit. Sodat ek kan baklei vir die regte van psigiatriese pasiënte wat nie vir hulself kan baklei nie. Want ek is die bliksem in.

 

Sleutelwoordw: , , ,

Net een treetjie op ‘n slag is nodig

everydaymaynotbe-min2Die idee van “mini-habits” of selfs “atomic habits” is deesdae oral om ons. Doodeenvoudig: Stel vir jouself sulke klein doelwitte dat jy feitlik nie kan misluk nie. Sodoende verseker jy eintlik jou sukses en word dit soveel makliker om vol te hou met wat jy ook al wil verbeter in jou lewe. Hier is die idee van net met 1% verbeter in ‘n week:
(Moenie skrik vir die grafiek nie – jy kan hom maar ignoreer ook! 🙂 )

A 1% improvement sounds like nothing, right? Anyone could become 1% better in a week if they tried.

However, when you unleash the superpower of consistency on this simple idea, it takes on a whole new form. The numbers tell the story:

  • Improve by 1% every week for a year and you’ll be 66% better. Not bad.
  • 2 years? 179%.
  • 5 years? Thanks to the power of compounding, 5 years of 1% weekly improvements will make you a whopping 13 times better!
  • After 15 years (only a third of a standard career), it gets pretty ridiculous: 2325 times better! Now we are getting to the realm of billionaires, presidents and great inventors.

These numbers told me to end each Supermorning week with a 1% improvement post. So, here are my top 3 improvements over the past week:

  1. Started this blog and kept to my daily post commitment
  2. Totally clean eating habits and 10 hours of light-to-moderate exercise
  3. Published an article in the largest publication on Medium

In fact, this week was much more than 1% improvement 🙂 You can see the sharp upwards spike in my daily consistency data below (the little red bit). I really hope I can maintain this performance!

Did you grow your 1% this week? Any plans for how you can grow 1% next week? Feel free to share – a little commitment here could make a big difference!

The graph shows my cumulative performance against a target of 35 points daily. Up to now, I have only been averaging a bit more than 33 points per day, hence the slow downwards trend. 33 points per day is still good, but I really want to get back above the 35 point target!

Week 1 of getting 1% better

 

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Goed begin is half gewin!

SonopEk het oor baie jare heen op die harde manier geleer dat my dag grootliks bepaal word deur hoe ek hom begin. Dalk het ek ‘n bietjie gehelp dat my liewe kind dit soveel vinniger geleer het en dit nou in so ‘n mooi projek kan omsit. Hier is die betrokke post, met die skakel heel onder:

Win the morning, win the day

Cliché, but true. We all know this, but very few of us manage to do it with any degree of consistency.

Perhaps part of the reason is that we have never really stopped to think about why it’s so important.

So, let’s do that now. Imagine you’re in a maze with doors all around you. When you go through one door, you are faced with several new doors to choose from. This will be our life analogy for the day.

Yes, each day is a series of choices. And each choice we make shapes the next choices available to us. 

The diagram on the right shows why it is so important to start the day with the right choices. If you screw up the first couple of choices, the day is likely to be a mess.

We’ve all been there. Snooze the alarm, run late for work, skip breakfast, run out of energy, grab some unhealthy snacks, get home tired and frustrated, snap unnecessarily at a loved one, sooth the pain with some empty calories and equally empty entertainment, get to bed way too late, repeat.

On the other hand, starting the day right makes it so much easier to have a great day.And a great life is simply a long series of great days.

We’ll talk a lot more about morning routines in coming posts. But for now, let’s just start with building the habit of giving ourselves a fair shot at a great day by getting our asses up and running at the same time each morning (discussed yesterday).

Why not give this a try? A new post will be waiting for you every morning, giving you one minute of quiet reflection before life starts happening.

Win the morning, win the day

 

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , , ,

Die geheim tot ‘n beter lewe!

Blink idee gloeilampSo, you want to know the secret?

Here it is: simply do the right things (and avoid doing the wrong things) day after day, week after week, year after year. 

Yeah, I know this sounds like state-the-obvious for beginners, but just bear with me for a few more lines.

We all know right from wrong. Eat apples, not chocolates. Work on that important project, don’t binge the latest Netflix series. Save for retirement, don’t splurge on another electronic gadget you don’t really need.

Yet, we keep on doing the wrong stuff. Why? Because it gives instant pleasure. Yes, we know there will be pain down the road, but when that chocolate cake looks at us with those big brown eyes, we must devour it.

It’s basic instinct.

Luckily, human beings are capable of controlling their basic instincts. Willpower is essentially useless in this battle, but there is a tried and tested solution: intelligent design.

Designing a life where you are in control will be a recurring theme on this blog. But for now, let’s start with the simplest of habits that lies at the foundation to a good life:

Monday 1-minute action: Set a constant sleep and wake time on your phone

If you have an iPhone, just visit the bedtime function of the clock. Android users need to install an app like “Sleep as Android” or simply set two recurring alarms: one for bedtime and one for waking up.

Go on. Just do it. Just for tonight…

Then join me tomorrow morning as I try to convince you to go for another day.

Die oorspronklike post is hier te sien: https://schalkcloete.com/the-secret-to-a-great-life/

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , ,

SUPERMORNINGS!

My oudste gebruik sy eie en my swaarkry om met hierdie konsep vorendag te kom: Die eenvoudige gedagte dat jou dag soveel beter is wanneer jy die oggend op die regte/beste manier begin.

SupermanhondjieSuperheros have been part of our culture forever. In the old days, they shaped mythology. More recently, they commanded a dedicated group of comic-book fans. And today, they have taken over the silver screen.

Why do we love superheros so much? Aside from awesome action and special effects, they offer a unique brand of escapism into a world where people can fly, teleport or shoot lasers out of their eyes.

Sadly, the real world is much more bland and boring. But it has its own bland and boring superpower: consistency. As unsexy as it sounds, this amazing superpower can give you everything you want out of life.

Consistency is the power to command your own body and mind. Very few people have mastered this dormant superpower within them. That’s why so few of us are in great shape, financially free and performing at our true potential.

But the good news is that anyone can awaken this awesome power that lies within. This origin moment is an important part of every superhero story – a story that can also be yours!

My hope is that this blog can give you your own origin moment and help push you through the subsequent training montage. Since we are stuck in the real world, it will take a couple of years, not a couple of minutes like in the movies. But the results can be just as magical.

As homage to the superpower of consistency, I will consistently publish a daily post that will arrive in your inbox at 6 am (GMT +2). This quick 1-2 minute read will provide a little nudge in the right direction every single morning.

And as these little nudges accumulate, your own superpower of consistency will take form.

Oorspronklike post by: https://schalkcloete.com/supermorning/

 

 

Sleutelwoordw: , , , , ,