RSS

Tag Archives: romans

Nuut van Hans du Plessis: Drie vroue en ‘n meisie

Drie vroue en 'n meisie“Ek het vir prof ’n storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan.
Wat volg is soms lig en sexy, maar dié roman belig te gelyke tyd die afgryslike armoede van wit en swart Suid-Afrikaners, asook die klasbeheptheid van die vroeë Afrikanerelite.
Hans du Plessis het die vermoë om die leser te tart met heerlik speelse inligting, net om jou daarna weer bloot te stel aan die ellende van hulle wat nie het nie.
Ons leef nou, in die een-en-twintigste eeu, weer in ’n fase waar die politieke elite hulle vergryp aan die duurste en die beste terwyl die armes gewoon van honger sterf. Du Plessis hou ’n spieël na die verlede op en wys hoe eenders dit was toe die vorige heersersklas net vir hulself gesorg het en niks vir ander omgegee het nie.
Die einde bring hoop en daar is beeldskone verhale ook in die boek, maar uiteindelik is Drie vroue en ’n meisie ’n roman wat ’n diep seer blootlê en geen pleisters vir die wonde bied nie. Armoede se pyn en die elite se argwaan is skynbaar universeel.
Die ingrepe van die kerk en die staat se maatskaplike werkers bring uiteindelik verligting.
Drie vroue en ’n meisie vertel die saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop, wat byna reeds uitgewerk is, begin. Almal wat kom soek het na ’n diamant so groot soos ’n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan ’t sterwe; maar die hoop bly, die hoop bly. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.
Hieruit groei die verhaal van ’n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog ’n verhaal en daaruit nog een.
Die roman toon sterk ooreenkomste met JM Coetzee se Disgrace, hoewel die storie
gans anders is; daar is ook iets van Herman Charles Bosman te bespeur.
Die Blondine? Hans sê hy wens ook die storie van mooie Katryn en die ou prof is
dalk die reine waarheid. Hoekom dan nie? Hy is mos ’n prof wat fiksie opmaak.

LAPA-persvrystelling

 

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , ,

‘n Absolute gunsteling: Soetloop – E. Kotze

Soetloop“’n Stilte volg waarop hulle die vinger nie kan lê nie, maar wat onteenseglik daar is. ‘n Onaantasbare energie soos die suidewind, die gesuis van die see, ‘n laaste asemtog. Die dogters omarm mekaar.

Kattie is nie meer nie. Die boek is toegemaak, die laaste bladsy is gelees.”

So eindig Soetloop, wat heel moontlik E. Kotze se laaste boek kan wees. Sy is alreeds in 1933 gebore; dis ‘n wonderlike genade om op dié rype ouderdom nog so ‘n besondere boek van haar te ontvang.

Opgewekte leesstof is Soetloop nie. Soos al haar boeke word ook hierdie een bevolk deur oudgewerkte, verarmde mense in ‘n wrede landskap. Eenvoudige mense wat worstel om ‘n bestaan uit die harde aarde te maak, kinders wat van kleins af hard werk en met min tevrede moet wees, vrouens (en dikwels mans ook) wat nie veel keuses het nie.

Ons ontmoet vir Claas Prins, of dan Claas Arm, vanweë sy arm wat weens gebrekkige gesondheidsorg vir altyd ‘n las gebly het. Claas, wat gemaklik grootgeword het, maar nou spook om kos op die tafel te kry vir sy groot gesin. Die leser besef gou dat Soetloop dekades gelede afspeel, maar nog nie vir almal verby nie. Dis ‘n ander tyd en ander omstandighede, maar in Suid-Afrika is daar steeds ouers wat spook om groot gesinne te onderhou met gebrekkige middele en geleenthede.

Ons ontmoet vir Ellen, Claas se vrou, wagtend by die “vratterige rietdakhuis” met haar hande onder die ruim-geplooide voorskoot. “Sy sit in die uitgesakte biesiestoel onder die venster, haar hande oor haar geswelde buik gevou, knieë wyd vanmekaar, donker sisrok, wit voorskoot, toegerygde velskoene.” Ook Ellen het vroeër ‘n sagter lewe geken, maar nou bestaan haar dae uit harde werk en sleur en kommer. En nog ‘n kleintjie is op pad.

            “Die ou tante neem oor, gee eers aandag aan Ellen wat swak is, so swak dat sy skaars ‘n mondjievol brandewyn kan sluk. Haar arms val kragteloos weg toe die suigeling aan haar gepresenteer word. Dis ‘n dogtertjie, ‘n lang, slap gedaantetjie wat kermend en met gebalde vuiste die wêreld ingekom het. Uit haar soekende mond kom klageluidjies soos van ‘n diertjie wat te lank sonder kos was.”

So kom Tomasina Prins die wêreld in, die tiende kind van Claas en Ellen. Nog ‘n mond om te voed, nog ‘n lyfie om te klee. “Daar kan dalk nog later iets van kom,” sê haar broer toe hy die kombersie wegtrek.  “Maar sy is nie ‘n lekker babatjie om vas te hou nie. So klein en so kwaai! Sy blaas soos die huiskat, wat die hele petalje van die vuurherd af met spleetoë sit en beskou.” Gou-gou word sy Kattie, na haar liefde vir die kat waarmee sy van kruiptyd af onder die tafel sit.

Soetloop is Kattie se lewensverhaal, maar ook die verhale van die mense om haar.  Dis egter ook die lewensverhaal van almal wat nie outomaties inpas waar hulle gebore is nie, almal wat smag na ‘n beter lewe, na méér. Op ‘n stadium lyk dit of Kattie daardie beter lewe gaan vind. Maar op die ou end het sy ook maar nie regtig ‘n keuse nie, soos baie vroue in baie kulture vandag steeds min keuses het.

Soetloop is ook die storie van vergange tye en ‘n leefwyse wat binnekort nog net in bronne soos Kotze se kosbare boeke gaan bestaan. Tye verander, mense verander, omstandighede verander. Vandag se jonges het oor die algemeen meer keuses en meestal gryp hulle dit gretig aan. Maar dikwels is daar dinge wat dieselfde bly. Wanneer armoede by die deur uitgaan, bly daar soms die ander armoede agter – die stiltes, die onbeholpe kommunikasie, die onvermoë om liefde te bewys. Ook hierdie waarheid vind neerslag in Kattie se verhaal.

Ja, dis nie ‘n vrolike storie nie. Dis ‘n storie wat mens met weemoed vul. Maar die storie is so eg, die karakters so menslik en die taal so lieflik dat mens nie kan ophou lees nie. Elke woord is met oorleg gekies en op die beste plek staangemaak. Elke beskrywing van die leefwyse, die harde werk wat die mense se lewens vul, die klein vreugdes en die groot verdriet, bly die leser by.

Soos in al Kotze se boek is die landskap altyd daar, soos ‘n karakter in eie reg: die Weskus, die veld en die see. Die skoonheid en die wreedheid van die natuur is onderliggend aan die lewe van die karakters wat Kotze se stories bevolk. Die Weskus vorm die mense, brei hulle, breek hulle soms. Individue gaan verby, geslagte gaan verby, maar die landskap bly staan. Dit word wel deur die mens verander, maar in vele opsigte is dit ‘n tydlose gebied wat hom nie laat regeer nie.

As jy hou van menslike, egte stories, lees vir Soetloop. As jy Afrikaans wil hoor sing, lees vir Soetloop. As jy nie Kotze se werk ken nie en wonder of jy dit moet aanpak, doen dit – en word verras en verryk.

 

 

 
 

Sleutelwoordw: , , , ,

Resensie: Net ‘n mens

NET 'N MENS voorbladMin karakters het nog so hardnekkig by my gebly soos Willem en Sanet van Net ‘n mens. Met elke storm oor gaywees wat die media tref, besef ek weer eens ek het nie hulle swaarkry oordryf nie. Hulle stryd is fiksie, maar hulle stryd is ook werklikheid vir baie mense. Ook die uitweg van selfdood wat Willem gekies het, is ongelukkig alte dikwels die werklikheid vir gay mense. Riette Rust het my karakters deeglik verstaan. Hier is wat sy oorspronklik vir FMR oor Net’ n mens geskryf het:

Alta Cloete is bekend vir lekkerleesverhale. Hoewel sy al die jare romanses en liefdesromans skryf, is Net ’n mens en sy voorganger, Opdrag van oorkant, ietwat meer gewigtig. Dié skrywer skroom nie om seksuele  en sosiale kwessies aan te spreek nie. Tog is Net ’n mens ’n toeganklike leeservaring. Ook ’n storie vol hoop.

Kort ná ’n bekende skrywer se dood, sterf sy uitgewer ook. Dit word duidelik dat Willem, sy prokureur, en die uitgewer se band nie bloot vriendskaplik was nie. Willem se vrou, Sanet, besef dat daar in haar huwelik iets op seksuele gebied skort, maar sy gee haar groot lyf die skuld en laat haar kosverslawing weer Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Die mense langsaan – Elsa Hamersma

Die mense langsaan.jpgWanneer die huislike en alledaagse versmorend raak

Die mense wat langs jou bly of werk, is dikwels nie wat hulle voorgee om te wees nie. Christine en Zebith werk elke dag saam, maar Zebith weet nie dat Christine vasgevang is in ’n ongelukkige huwelik en daagliks planne maak om van haar man ontslae te raak nie. Andersyds is Christine onbewus van die feit dat Zebith se hart gebreek word.

Beide vroue kry nuwe bure en hierdie mense verander hulle lewe, maar nie ten goede nie.

Toe Christine later langs Zebith in ’n veiligheidskompleks intrek, het hulle albei ’n metamorfose ondergaan. Zebith se wêreld lê aan skerwe en alhoewel dit aanvanklik lyk asof Christine uiteindelik geluk gaan vind, word sy met bedrog, kaping en moord gekonfronteer. Geld – gewen, geërf of gesteel – is die swart skaduwee wat oor al die gebeure en karakters hang.

Gou besef beide vroue dat geld nie geluk kan koop nie, liefde alleen nie altyd genoeg is nie en dat veiligheid nie altyd Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , ,

Isa Konrad se nuutste: Moord op Karibib

Moord op KaribibMoord vang haar vas in ’n web

Dit is Nuwejaar. Alet is besig om te vlug. Daar is niks om te vier nie. Al wat sy, blou oog en al, in die spieël aan haarself moet erken, is dat haar huwelik ’n hengse fout was. Alet stop op Karibib, ’n gehuggie in Namibië; oftewel moedverloor se vlakte, so lyk dit vir haar.

Hier word sy die ooggetuie van ’n motorongeluk en kort daarna sterf die man wat sy uit die wrak gehelp het. Die polisie besef dis moord. Nou sít Alet op Karibib en
sy word gekonfronteer met die spoor van droefheid en verwerping wat die vermoorde agtergelaat het: ’n Vrou wat haar toevlug tot drank neem, ’n minnares wat veel meer as ’n verhouding voor oë het, ’n kind wat deur sy pa ontken is …

In die Namibiese landskap word inspekteur Con Dorfling ook deel van Alet se lewe, die broeiende man met die min woorde en wonde van sy eie. Dit is hy wat haar gedagtes vol is toe sy in haar motor Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 19/03/2017 in Boeke, Lees, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Katryn – Winnie Rust

katryn-1Winnie Rust se laaste boek is soos haar voriges ‘n sekure herskepping van die lewe in en om Wellington in die Boland binne ‘n sekere tydvak. Blink Ben Marais en Katryn se verhaal begin met die koms van die eerste trein na Wellington en die toenemende verandering wat dit in die gemeenskap teweeg bring. Dwarsdeur die verhaal bly die trein die simbool van verandering, van vreemde invloede en die bevraagtekening van die bekende en veilige maniere van dinge doen.

Dit is dan ook die kern van die storm wat met sy liefde vir Katryn in Ben se lewe losbars. Kan hy die familieplaas en die bekende dinge behou, maar ook sommige van die waardes waarmee hy grootgeword het, verwerp? Watter waardes is werklik die moeite werd om te behou? Waar eindig godvresenheid en waar begin bekrompenheid en Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Is daar nog iemand in die “kas”?

NET 'N MENS voorbladMens kan deesdae alte maklik die idee kry dit is nie meer moeilik om gay (of in een van die ander boksies waarin mense geplaas word) te wees nie. Daar word immers op baie plekke openlik daaroor gepraat. Die meeste van ons ken nou iemand wat buite die sogenaamde kas leef. Bekendes is openlik oor hulle oriëntasie. Ander bekendes neem standpunt daaroor in. (My geliefde Springsteen het vanjaar ‘n show gekanselleer in ‘n Amerikaanse staat wat anti-LGBT-wetgewing goedgekeur het.) Oor die algemeen is die houding teen mense wat “anders” is, tog meer verdraagsaam.
Maar ek kry die indruk mens kan steeds die moed onderskat wat dit kos om openlik oor hierdie sake te wees. Daar is steeds ongelooflik baie vooroordele en veroordeling. Mens hoef maar net te kyk na die relletjies wat gereeld oor hierdie sake op sosiale media opvlam. En die taal wat dikwels in daadie gesprekke gebruik word. Woorde word gebruik om seer te maak.

Toe ek met die skryf van Opdrag van oorkant bewus word dat my Willem-karakter eintlik gay is, het dit my aan die dink gesit. Willem was ‘n 50-plusser, ‘n getroude man met volwasse kinders. Hy het ‘n innerlike lewe gehad waarvan niemand geweet het nie. Hy het ‘n leuen Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,