RSS

Category Archives: Liefdesverhale

2017: Die oppe en die affe

Sommer ‘n klompie random gedagtes, in geen spesifieke volgorde nie. Net vir ingeval dit vir iemand iets kan beteken, nie om te wys hoe oulik ek is nie. Want ek is nie. Ek is ‘n soekende siel wat hard probeer sin maak uit die lewe.

  • My alreeds leë nes het emosioneel gesproke nog leër geword. Dit was miskien die moeilikste ding van die jaar. ‘n Troue plus ‘n tesis het sy tol geëis. Maar ek is vasberade om nie ‘n needy ma te wees nie. Al bars dit.
  • Twee familielede ‘n maand uitmekaar verloor. Albei skokkend onverwags. Intens bewus van verganklikheid en die tydelikheid van alles en almal.
  • Die gevaar van selfbejammering deeglik besef. Siestog, arme ek sonder kleinkinders – en met geen kind in die land nie. Maklikste manier om jouself die afgrond in te stuur.
  • Die krag van dankbaarheid. Al moet jy dit forseer. Tree vir tree soggens terwyl die lyf én die gees nog in die bed wil lê en hulself jammer kry: Dan-kie-dan-kie-dan-kie …
  • Die gevoel van buite beheer wees wat angs meebring. Skrikwekkend.
  • Die genade van die regte medikasie.
  • Die genade om te sien my besluit om voorlopig op romanses te konsentreer, was die Romanse in Rock_low reskorrekte een. Die skryf en publikasie van ‘n paar plesierige liefdesverhaaltjies met lieflike, feilbare helde (feilbaar, maar steeds beeldskoon).
  • Die geleentheid van Lapa om verskillende lengtes verhale te skryf (novelle vir tydskrif, kort romanse vir Romanza Singles en lang SuperRomanza). Dit kom neer daarop om teen verskillende tempo’s elke keer die held en heldin GELOOFWAARDIG by mekaar uit te bring. Jy kan nie die storie bloot vroeër of later afsny nie. Die storie moet sy natuurlike loop neem en tot ‘n bevredigende einde kom teen die regte woordtelling. Nie so maklik nie.
  • Die voorreg om elke keer ‘n lieflike held te skep, heerlik op hom verlief te raak – en te weet my ware held is steeds fiks en gesond en kom saans steeds getrou huis toe.
  • Die lekkerte van ‘n bundeltjie met drie van my ouer romanses in een.
  • My geliefde Springsteen het voortgegaan om nuwe uitdagings die hoof te bied en 2013 Heroes 2.jpgmy te inspireer. Die grasie waarmee hy sy solo-vertonings op Broadway hanteer het my laat voel ek kan dan seker my ou klein stappies vorentoe ook aangryp.
  • Een hiervan was die optree as onderhoudsvoerder by ‘n ander skrywer se boekbekendstelling. En volgende jaar dieselfde by die Woordfees. Met ‘n manlike skrywer wat ek nie persoonlik ken nie.
  • ‘n Paar keer se wegsink in die dieptes van depressie. En genadiglik elke keer weer die opstaan en gryp na die lig. Mens leer die lig regtig, egtig waardeer.
  • Die skokkende effek wat die selfdood van Dana Snyman se verloofde op my gehad het. (Ek ken nie vir hom of haar persoonlik nie, maar ek ken sy skryfwerk goed.) Dit het my laat wonder oor die effek van ander mense se selfdood op depressievegters in die algemeen. Ek vermoed dit word heeltemal onderskat.
  • My leesprojek in die hospitaal het ‘n paar oppe en heelwat affe gehad. Dis nie so maklik om tweeuur op ‘n somermiddag aan te tree as niemand jou kontroleer nie, niemand jou toejuig nie en niemand ekstaties reageer op jou storietjie nie. (Die kinders is dikwels so getraumatiseer dat hulle min reaksie toon.) ‘n Blinkigheidjie in die ogies, ‘n skelm glimlag is dikwels my enigste beloning. Maar dan is daar die enetjie wat skaterlag vir die storie en die enetjie wie se ma entoesiasties vir hom die Xhosa-woorde sê as ek die prentjies wys.
  • ‘n Klein stukkie van die wêreld in ‘n staatshospitaal het voor my oopgegaan. Dis ‘n harde wêreld met baie moeë ma’s wat dae en weke langs hul kinders se bed omwag op die wiele om stadig te draai. Sonder iets om te doen, dikwels sonder enige ondersteuningsisteem.
  • My en ‘n vriendin se voorleesprojek by twee speelskole in die township het gemengde vreugde gebring. Die kinders is versorg en vrolik en gretig vir stories. Maar o, vandag se kiddies is woelig!
  • My werk met graad R-kleintjies wat agter is, het my hart gebreek. En my die gesig van ‘n skool in die township gewys. Daar is goeie en slegte kante aan daardie gesig. Daar is veral baie blink ogies wat aandag soek, liefde soek, stimulasie soek. Daar is talle kleintjies wat net met intensiewe begeleiding (miskien) suksesvol deur hulle skooljare gaan kom. Ek is glad nie seker ek het ‘n betekenisvolle verskil gemaak nie. Maar ten minste het hulle ‘n uur per week se liefdevolle aandag en stimulasie gekry, al is dit ‘n druppel in ‘n groot, groot see.

AS JY IN DIE PAARL WOON EN NET DIE KLEINSTE BEGEERTE HET OM IEWERS VIR ‘N KIND IETS TE BETEKEN, KONTAK MY ASB. OOR HIERDIE VRYWILLIGERSWERK. Hoe meer ons is, hoe ‘n groter verskil kan ons maak.

  • My betrokkenheid by Paarl Homeless Cats het nog ‘n nuwe wêreld vir my oopgemaak. Ja, daar is mense wat hulle tyd (en geld) opoffer om katte wat niemand wil hê nie, te versorg, met moeite te vang en te laat steriliseer. Daar is mense wat wilde babakatte foster en makmaak en vir hulle huise soek. Daar is goeie siele by besighede wat rondloperkatte voer en ons kontak vir die vang en die steri. Ja, daar is ‘n veearts wat dikwels ‘n Saterdag opoffer om katte teen die minimumkoste te “doen.”
  • Onvermydelik het ek ontdek my hart het plek vir nog katte. Die huis en die erf ook. IMG-20171201-WA0017.jpgDie swart-en-wit orkaantjie het ek uitgesoek en makgespeel. Die tabby-en-wit lady wat letterlik op death row was, het eenvoudig net weer en weer oor ons pad gekom. Ons kan steeds nie glo niemand wou haar hê nie.
  • In Junie was daar die afskeid van ons geliefde Hilde. Amper tien jaar se lief en leed. Henri arboretumVyf jaar se saamleef met die wete van die onvermydelike einde. Die afskeid – die prys van die liefde. (En die professionele deernis van die veearts en sy mense.)
  • ‘n Maandlange reis deur Australië aan die sy van (of eintlik so ‘n tree of twee agter) 20170702_145039.jpgmy onvermoeibare, rotsvaste, kalm man. Ja, dis ‘n vreeslike vervelige land. Maar dis ook vol skoonheid en lieflike mense. Dit was vermoeiend, maar kosbaar. (En die storie van die tand het reeds sy weg gevind in twee publikasies.)
  • Die insluit van my storie Nagmusiek in ‘n bundel met kortverhale uit rooirose het my nie ryk gemaak nie, maar baie plesier verskaf. Die dagboek van LAPA met twee (baie kort!) aanhalings van my werk, was ook ‘n lekker verrassing.
  • En toe kom die liewe Lea. Vermoedelik tien jaar oud, gewoond aan min aandag en IMG-20171223-WA0003.jpgstimulasie en liefde, sag en gedwee. En sy vee ons voete onder ons uit. Sy floreer – en ons floreer. Sy mag dalk selfs die hoogtepunt van die jaar wees.
  • Die konsep van rou kos vir jou hond kom toe onverwags weer oor my pad, na ek tien jaar gelede al daarvan oortuig was, maar nie kans gesien het vir die moeite en die gemors nie. Nou eet Lea Doggobone se voorafbereide, gebalanseerde rou kos. En sy floreer. En dis goedkoper as die veeartskos wat ek die laaste tyd vir Hilde gegee het en waarop ek nie regtig enige verbetering gesien het nie.
  • Saam met Lea en die katte het die wete gekom dat ek nie reg is vir afskaal en kleiner gaan nie. Of die lyf gaan byhou, sal ons maar moet sien. Maar die gees floreer.
  • En dan was dit natuurlik die jaar van die droogte. As Karoo-kind is die konsep om spaarsaam met water te werk, nie vir my vreemd nie. Maar nou funksioneer ons op ‘n heel ander vlak. Elke druppel tel. En ons kom agter mens kan baie goed so leef. Die skrikwekkende situasie het ook sy positiewe kant: dankbaarheid vir wat ons nog altyd as vanselfsprekend aanvaar het, ‘n nuwe bewustheid van die broosheid van ons aarde en hoe ons haar verniel.

Nou is ek moeg. Daar was nog kleiner vreugdes en smarte. Maar my oorheersende ervaring is een van dankbaarheid en die gevoel dat die winste tog meer was as die verliese.

Advertisements
 

Sleutelwoordw: ,

‘n Man vir altyd: drie stories oor liefde en honde

'n man vir altyd_voorblad_high res.jpgDie eerste van die drie stories in hierdie omnibus het ek ‘n klompie jare gelede geskryf terwyl ek by ‘n teler vir ‘n wolfhondbaba gewag het. Ek het baie met die teler gesels, van sy opleidingsklasse vir honde bygewoon en baie geleer. En vir altyd verlief geraak op die ras, wat ek as jong meisie die eerste keer in my man se familie leer ken het. Teen die einde van daardie jaar het Hilde deel van ons familie geword en die volgende twee boeke is in die roes van my liefde vir haar geskryf. 🙂 As jy dus nie van diere en veral van honde hou nie, moet jy dalk maar verbyhou by hierdie stories.
Dis ironies dat ek die proeflees vir die omnibus moes doen in Hilde se laaste tydjie by ons. Dit was emosioneel om weer te onthou hoe ek vir haar gewag het, watter harde maar vreugdevolle werk dit was om haar mooi op te voed en hoeveel vreugde sy in ons gesin gebring het.
Henri arboretum.jpgIntussen moes ons van Hilde afskeid neem en het die liewe Lea heel onverwags in ons lewe gekom. Ek het nooit vermoed dit kan so ‘n vreugde wees om ‘n bejaarde hond in mens se hart toe te laat nie. Sy laat my, snaaks soos dit mag klink, so baie aan my ma in haar laaste jare dink: Oud, bietjie broos, al deur die lewe getrap, maar steeds sag en geduldig en sonder ‘n greintjie boosheid of bitterheid in Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Nog ’n lekkerleesominibus deur Elsa Winckler: Hoe diep die liefde lê

Hoe diep die liefde lê_Voorblad.jpgElsa Winckler se vorige omnibus, Liefde langs die Eersterivier het lesers laat vra vir nog. LAPA het geluister. Hierdie omnibus bestaan weer uit drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas: Waar liefde lê, Want daar’s skoenlappers en Heldergeel dag.

Waar liefde lê: In Lana se kort joernalistieke loopbaan vertrou die redakteur haar net met berigte oor celebs, tot sy die dag ’n kollega moet uithelp toe ’n omgewingskundige ’n lesing gee. Nie dat dit haar opgewonde het nie, want sy wil oor politiek verslag doen, nie oor “groen aktiviste wat bome loop en omhels” nie. Niemand het haar egter gesê hierdie groen aktivis is so lenig en het sulke blou oë nie; ook nie dat sy passie veel intiemer kan word nie. Hoe klink ’n klimekspedisie Kilimandjaro toe saam met ’n man wat nie net bome omhels nie? Die probleem is: niemand het vir hóm gesê Lana het ’n Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Opwindende debuut: Pelgrimshoop – Ronel Nel

Pelgrimshoop’n Heerlike karakterroman, gebaseer op feite

Dit gebeur selde dat iemand ’n nuwe perspektief kan oopskryf op ’n ou tema. Die roman slaag daarin,  deels deur feite uit ons eie geskiedenis en deels deur die skrywer se gesin se verlede, en ’n storie daarvan te maak.

Die hoofkarakter, Hannah de Witt kom uit ’n half-Joods, half-Afrikaanse familie van Pretoria af op die fiktiewe dorpie Pelgrimshoop in die Laeveld aan. Dit is 1956, nie ’n maklike tyd vir mense soos Hannah wat andere aanvaar vir wie hulle is en haar nie aan die vooroordele van haar tyd steur nie.

Sy het hierheen gekom as leermeesteres van ’n ryk perdeboer, genaamd Elias Bart. Hy is aanvanklik vir haar ’n enigma. Hy is nors en terughoudend, maar dit is ’n skans waaragter hy sy groot geheim bewaar, besef Hannah mettertyd. Terwyl sy vir hom die skatkis van wetenskap, musiek en die letterkunde ontsluit, leer sy op haar beurt van hom wat dit beteken om verknog te wees aan die grond en diere, van wat dit beteken om net ’n paar mense aan jou kant te hê in die aangesig van brutale vyandigheid van die kleindorpse gemeenskap. En in Elias leer sy wat liefde is en hoe versigtig Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Nuut van Santie van der Merwe: Ver in die wêreld, Kittie

Ver in die wereld KittieLiefde is meer as net ’n hartlop

Kittie Barnard bevind haarself werkloos en in ʼn finansiële verknorsing in Londen. Dan vind sy boonop uit haar Engelse verloofde is oneerlik en ontrou. Voordat sy kan besluit wat om te doen, kry sy ’n oproep van haar ouer suster dat hulle ma, Gertruida, ’n tweede beroerte gehad het en nou hulp en versorging nodig het. Gertruida is ’n pensioentrekker, met geen ander bron van inkomste nie. Kittie se suster en broer het probleme van hulle eie, so hulle voel dit is Kittie se beurt om te help.

Kittie voel verwond en verbitter, sy het boonop nêrens anders om heen te gaan nie. Tog, sy is fanaties oor haar eie onafhanklikheid en saam met haar ma kon sy nog nooit langs dieselfde vuur sit nie.

Nou is sy weer vasgevang in die huis waarvan Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , , ,

Foxtrot van die liefde – Kristel Loots se nuutste!

foxtrot-van-die-liefdeKatalaya het silwerwit hare en dra funky klere, maar sy ís sestig jaar oud. En alleen. Soms wens sy Franco het eerder mooi ordentlik doodgegaan, as om die pad te vat. Al wat vir haar oorbly, is ’n miniatuurgrootte gaatjie in die meenthuiskompleks vir weduwees, weggooivroue en lelike vroue wat nie mans kon kry nie.

Haar kinders gee haar grys hare, wat sy juis nie wil hê nie. Verder worstel haar bejaarde ma met seniliteit en lap alles uit wat hulle ’n leeftyd lank geheim wou hou; ook oor Ben wat in die buitekamer gebly het toe haar pa die stadsklerk van die dorp was. Dit was net Jan-Adam Vermeulen wat vermoed het Ben was soveel meer as net ’n chauffeur, maar ná ’n tragedie wat die hele dorp geskud het, het hy uit hul lewe verdwyn.

Nou beweer haar ma ’n man met ’n Elvis-kuif was in haar besemkasgrootte kamertjie in Huis Herfsblaar, en later kom sy met ’n vreemde versoek – Katalaya moet na Ben Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , ,

Katryn – Winnie Rust

katryn-1Winnie Rust se laaste boek is soos haar voriges ‘n sekure herskepping van die lewe in en om Wellington in die Boland binne ‘n sekere tydvak. Blink Ben Marais en Katryn se verhaal begin met die koms van die eerste trein na Wellington en die toenemende verandering wat dit in die gemeenskap teweeg bring. Dwarsdeur die verhaal bly die trein die simbool van verandering, van vreemde invloede en die bevraagtekening van die bekende en veilige maniere van dinge doen.

Dit is dan ook die kern van die storm wat met sy liefde vir Katryn in Ben se lewe losbars. Kan hy die familieplaas en die bekende dinge behou, maar ook sommige van die waardes waarmee hy grootgeword het, verwerp? Watter waardes is werklik die moeite werd om te behou? Waar eindig godvresenheid en waar begin bekrompenheid en Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,