Tag Archives: lees

Diana se dag – Helene de Kock

Inligting van die uitgewer:

Toemaar, jou dag sal kom . . . Dis die woorde wat Diana Botha, wynmaker van die spoglandgoed Soeterwijn, help om staande te bly en telkens weer die lewe met nuwe ywer aan te pak. As jong meisie erf sy die las van ’n skande vir iets waaraan sy geen skuld het nie. Dit pla haar tot ’n studiebeurs haar help om haar passie vir wynmaak te laat ontluik. Maar in die Boland leer sy opnuut dat vooroordeel steeds stewig in die mensdom sit.

Ons skulde – P.P. Fourie

Van die uitgewer:

Emma reis na Clarens om haar man se as te strooi. Terwyl sy by tante Vera tuisgaan, daag ’n geheimsinnige koevert op waarvan die inhoud Vera angsbevange maak. Dit blyk dat sy jaarliks anoniem só gedreig word voordat daar op iets wat vir haar kosbaar is toegeslaan word. Wie koester ’n wrok teen Vera? Waarom? Sal Emma antwoorde vind voordat die teisteraar se wraak toeneem?
Met die spannende ontrafeling van ’n skrikwekkende raaisel word temas van skuld, straf, boetedoening en vergifnis ondersoek.

Dolos – Jaco Wolmarans

INLIGTING VAN TAFELBERG UITGEWERS:
Tex Texeira se wittebrood in die Caprivi word wreed onderbreek. ’n Agent van ’n geheime Mosambiekse ondersoekeenheid het die gevreesde Mecau-dwelmkartel geïnfiltreer en inligting ontdek wat só sensitief is dat hy niemand anders as Tex daarmee sal vertrou nie. Die rede: dit betrek ’n hooggeplaaste Suid-Afrikaner. Die agent moet dringend bereik word . . . solank Tex die aandag van Islamitiese ekstremiste kan vermy. En die kruishaar van ’n sluipskutter wat die Mecau-luitenante meedoënloos uitwis.

Sagie se storie – Jan van Tonder

Ek dink mens se lewe sal armer wees as jy nie Sagie se volledige storie gelees het nie. Een van die aangrypendste karakters in Afrikaans. Ons eie moderne Ampie? Nie dat Sagie met enigiemand vergelyk wil word nie – hy is Sagie en dis al.
Ja, ek skryf asof hy regtig lewe, want ek kan sweer hy en Ansie leef lank en gelukkig saam op Greundal. Dis hoe ‘n werklik aangrypende karakter met jou maak – hy vat jou vas en word vir jou werklik.
Ek kan hierdie boek nie sterk genoeg aanbeveel nie!

Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel. Van begin tot einde. Is Sagie het die eerste keer in 1987 verskyn, Is weer Sagie in 2013, en nou, tien jaar later, verskyn die slot in dié besonderse trilogie: Sagie is.

Die laaste kanariegeel notaboek – Anchien Troskie

Mia Steyn is nog bloedjonk wanneer haar broer haar een laatmiddag by ’n losieshuis in Bloemfontein, aflaai. Dis toe sy ’n stowwerige boekwinkel instap dat Mia besef dis waar sy wil werk. Kort voor lank vind sy haar voete, én verloor sy haar hart.
Die laaste kanariegeel notaboek is die jongste roman uit die pen van blitsverkoperskrywer Anchien Troskie. Niks is ooit soos dit lyk op die oppervlak nie, besef ’n mens weer met die lees van hierdie aangrypende storie binne ‘n storie. 

https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798183703

  

Tuiskoms van die hart – Marile (Alta) Cloete

Elsbet Minnaar keer terug na Suid-Afrika ná sy lank in die buiteland netbal gespeel. Sy is tuis vir een doel: Om behandeling vir haar depressie in ‘n kliniek te ontvang. Niemand is bewus van haar stryd met depressie nie, want sy beplan om terug te keer na Australie sodra sy uit die kliniek ontslae word en verkies om dit geheim te hou. Sy word genoodsaak om haar eerste aand oor te slaap in Brent, ‘n ou skoolkennis, se huis in die Boland. Sy vertrek die volgende oggend na die kliniek, gerus dat Brent nie weet van haar planne nie. ‘n Paar dae later daag Brent egter by die kliniek op nadat ‘n vriend toevallig gehoor het van haar opname. Elsbet is sy geskok, maar Brent maak dit gou duidelik dat hy haar deur die proses gaan bystaan. Hul v erhouding ontwikkel geleidelik en kort voor lank besef ablei dat daar sterk gevoelens is wat nie geïgnoreer kan word nie. Maar Elsbet moet egter eers besluit of sy haar internasionale netballoopbaan gaan laat vaar ter wille van liefde, en of sy van Brent gaan probeer vergeet en terug keer Australië toe.

Koop hier: https://lapa.co.za/tuiskoms-van-die-hart-marile-cloete

Aanlyn – Trisa Hugo en Analize Viljoen (samestellers)

Boekemakranka het die eerste e-boek in Afrikaans gepubliseer, die eerste aanlyn boekbekendstellings gedoen gedurende die inperking, en nou bring ons vir lesers die eerste aanlyn bundel op VivA se rewolusionêre nuwe platform. Digitale publikasies in Afrikaans gaan nooit weer dieselfde wees nie.

Ons het ’n aantal bekende en gewilde skrywers gevra om vir ons kortverhale te skryf met die tema “aanlyn”. Die skrywers kon die tema interpreteer soos hulle wou, en in enige genre van hul keuse skryf. Die verhale is uiteenlopend en daar is iets vir almal: slim stories, snaakse stories, stof tot nadenke, misdaad, drama en liefde.

Aanlyn is twaalf gunstelingskrywers se verhale in een bundel.

Skrywers wat deelgeneem het: Trisa Hugo, Analize Viljoen, Ben Viljoen, Henk Breytenbach, Dibi Breytenbach, Francois Bloemhof, Zelda Bezuidenhout, Alta Cloete, Juanita Aggenbach, Daniel Lotter, Annerle Barnard, Henda Olivier

Koop Aanlyn hier: https://viva-uitgewers.org/product/aanlyn/

Die oseaan tussenin – Jeanette Stals

‘n Familie veg op alle fronte terwyl hul wêreld in duie stort.

Inligting van die uitgewer:

Oorlog verswelg die Boererepublieke. Volgens die Verskroeide Aarde-beleid word huise verwoes, landerye verbrand, en vroue en kinders in konsentrasiekampe aangehou.

Pieter Nel lei ’n kommando bittereinders in ’n desperate opstand teen die Britse ryk. Hulle offer alles op vir ’n vrede wat dalk nooit gaan kom nie, vir ’n huis wat hulle dalk nooit weer gaan sien nie.

Intussen moet Katrina Nel baklei om haarself en hul kinders aan die lewe te hou namate die toestande in die konsentrasiekampe al hoe hagliker word. Hier word haar lewe onlosmaaklik vervleg met dié van die ander vroue, die hanskakies wat die vyand help om die kampe te bestuur, en die Engelse offisier wat haar hart wil wen.

Wag daar lewe – of liefde – anderkant die oorlog?

Aanlyn: Boekemakranka-kortverhaalbundel

𝗗𝗶𝗴𝗶𝘁𝗮𝗹𝗲 𝘂𝗶𝘁𝗴𝗲𝘄𝗲𝗿 𝗱𝗿𝗼𝗼𝗺 𝗴𝗿𝗼𝗼𝘁

VivA-Uitgewers stel op 12 April hul eerste produk, 𝘈𝘢𝘯𝘭𝘺𝘯, bekend.

Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van VivA-Uitgewers, sê dat van die bekendste en gewildste Afrikaanse skrywers bydraes gelewer het. Dit sluit name in soos Dibi Breytenbach en haar broer, Henk, Annerle Barnard, Francois Bloemhof en Alta Cloete.

Die bundel kortverhale het almal een tema gemeen, maar elke skrywer het dit op ’n unieke manier geïnterpreteer.

Blou moord – Francois Bloemhof

Maart 1981. Ludo Labuschagne gaan saam met sy ma, haar vriend, oom Dippie, en ’n paar ander na ’n private eilandjie tussen Durban en Madagaskar. Die wegbreek word geborg deur Una Steenkamp, ’n ryk weduwee. Nog voor hulle op die eiland kom, word haar seun Ederik oënskynlik in Durban vermoor. Almal wat hom ken, glo egter Ederik is bloot nog kwaad oor ’n onlangse stryery en dat hy wel daar aangesit sal kom. Intussen sit Ludo vas op die eiland saam met: Attie Steenkamp, ’n predikant en Una se swaer Christoline, die predikant se swaarmoedige vrou Janneman, hulle seun wat sy been op die grens verloor het Annetjie, hulle polities bewuste dogter Toon van der Lugt, ’n selfingenome akteur Suné Louw, ’n jong meisie wat deur Toon onderhou word Cor Mocke, ’n ruwe weermagvriend van Ederik Miguel Pedrito, Una se handyman Inez, sy vrou en die kok-huishoudster Dié spul, dertien in totaal, is nie lank op die eiland nie voor iemand sterf. Almal glo egter dit was selfdood – behalwe Ludo. Twee sulke vreemde gebeure kan nie toeval wees nie. Wanneer daar skielik nie meer petrol vir die motorboot is nie én die man wat elke dag van die vasteland af moet kom nie opdaag nie, is twee dinge vir Ludo duidelik: Hulle is saam met ’n moordenaar op die eiland vasgekeer en daar gaan binnekort nog koppe rol ….

https://lapa.co.za/boeke/fiksie/spanning/blou-moord

Inligting van die uitgewer.

Hulle noem haar Carminda – E. Kotze

Lieflike nuwe roman deur die bejaarde E. Kotze!

Skipper Mias Mulder keer uit Walvisbaai terug na Ei-Land aan die Weskus toe hy hoor dat ’n ander man by sy verloofde kuier. Hy leen ’n motorfiets en pak die lang rit na sy tuisdorp toe aan. Op pad kom hy ’n vrou, Carminda, teë wat gestrand is en ’n geleentheid soek. Sy ry agterop die motorfiets saam en klou styf aan hom vas. Eers geleidelik word haar hartseer herkoms bekend.
Hulle noem haar Carminda is ’n verhaal van liefde wat byna alles bedek, hoewel spoke uit die verlede bly pla.

Inligting van die uitgewer

https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795710506

Emosionele oorlewing in die tyd van Korona

Was jou hande! Bly by die huis!

Moenie aan jou gesig vat nie!

Ja, instruksies oor hoe om die verspreiding van die virus te beperk, kom van alle kante op ons af.

Soms is daar ’n paar instruksies op die lysie wat vaer is, moeiliker om vas te vat, ingewikkelder om uit te voer: Bly kalm! Moenie paniekerig raak nie!

Ja, die fisieke sy van enige situasie is dikwels makliker om te hanteer as die emosionele aspekte. Ons is nou eenmaal geneig om ons fisieke welsyn bó ons emosionele gesondheid te stel. As ons in hierdie tyd egter nalaat om ook na ons geestesgesondheid om te sien, kan die pandemie merke op ons laat wat ons nog lank ná die Lees voort Emosionele oorlewing in die tyd van Korona

Net een kans – slot

ATT00342.jpgComien staan verstom en kyk hoe die motor die figuurtjie in die groen skoolrok rakelings mis en skuins-skuins teen die sypaadjie tot stilstand kom, net ‘n tree of wat van die lamppaal af.

“Mathildie!” Haar stem klap soos ‘n sweep in die stilte. Sy het haar altyd daarop geroem dat sy elke dogter in haar skool se naam ken. Met haar geheue is daar genadiglik toe niks verkeerd nie. Mathildie Hanekom, graad tien, enkelma wat te hard werk, onbetrokke pa, swak motivering, gebrekkige Lees voort Net een kans – slot

Net een kans – Deel 3

att00303“Jy’t my wragtig gepootjie!”

“Ek is vreeslik jammer.” Hy help haar verleë orent. “Ek wou jou net keer, nie laat val nie.”

Teen haar sin begin sy lag. “Ek neem aan jy wil verder preek?”

“Ja, maar dit sal beter wees oor ‘n koppie koffie.”

Sy kan sowaar nie met ‘n vreemde man by die huis aankom nie. “Jammer, my man slaap nog.”

“Ook afgetree?”

“Ja, meer as ‘n jaar al. En voor jy vra, hy vaar uitstekend. Geniet klaarblyklik elke Lees voort Net een kans – Deel 3

Net een kans – Deel 2

att00327“Eina!” Haar handpalms brand soos vuur, sy moes natuurlik op die grofste deel van die sypaadjie te lande kom. Maar daar is nie tyd vir selfbejammering nie, Comien is onmiddellik reg om haarself te verdedig. Sy het nie amper veertig jaar in die beroepswêreld oorleef om op haar eerste dag van aftrede skaars honderd meter van haar huis af vermoor te word nie. En dit nog sonder grimering, met haar hare in wanorde. Niemand behalwe Cobus sien haar ooit so nie. As sy dan móét gaan, moet dit ten minste met ‘n tikkie Lees voort Net een kans – Deel 2

Net een kans – Deel 1

att00324Dié storie is vir ons grootste gesinstydskrif geskryf toe hulle kort vervolgverhale van ‘n sekere lengte geplaas het. En toe verander hulle beleid net toe dit klaar is. Hier is hy dus vir jou, gratis en verniet. 

Natuurlik is Comien op die kop vyfuur so wakker soos die spreekwoordelike haas. ‘n Goeie veertig jaar se gewoonte word nie sommer so verbreek nie. Sy beplan in elk geval nie om dit ooit te breek nie. Van jongs af het die oggendstond vir haar goud in die mond gehad, sy was nooit van die saans-gousblom-soggens-molshoop Lees voort Net een kans – Deel 1

Net ‘n mens – uittreksel

NET 'N MENS voorbladDie Paashaas se agterpootjies bring haar by die laagste punt van die siklus: die bekende oomblik van intense berou oor die massa kilojoules wat sy pas verorber het, gevolg deur die wete dat sy by omdraai verby is. Die oomblik wanneer sy weet die skade is reeds gedaan en dis nou maar ‘n kwessie van deurdruk en die sonde afrond. Wat help dit nou sy bêre die blerrie voete en stertjie net om dit later vannag weer te kom uithaal en die bose sirkel van voor af te begin.

Sy lek haar vingers een vir een af en konsentreer op die gevoel van vertroosting, van koestering, die bekende mengsel van verrukking en berou vir die oomblik na agter in haar bewussyn toe gedruk. Sy ken haarself tog, sy weet hoekom sy eet. Vir hierdie paar minute in die skemer bekendheid van haar kombuis kan sy haarself maar net so wel aanvaar. Sy eet wanneer sy spyt is en sy eet wanneer sy Lees voort Net ‘n mens – uittreksel

Anderkant  vergeet – Santie van der Merwe

Anderkant vergeetSantie van der Merwe se eerste twee romans (die tweeluik Gelyke kans en Vandat jy weg is), het alreeds getoon dat sy met insig en sensitiwiteit oor volwasse verhoudings binne die huwelik kan skryf. Anderkant vergeet sluit hierby aan, asook ook aan by die huidige neiging om die romantiese hoofkarakters nie meer beeldskone, brandmaer, bloedjong stereotipes te maak nie, maar ouer persone met oorgenoeg foute, vrese en flaters. Anneleen is dan ook nie ‘n volmaakte heldin nie, hoewel Christiaan baie naby aan die volmaakte, betroubare, geduldige man kom wat Anneleen dan ook regtig in haar spesifieke situasie nodig het. (Persoonlik sou ek hom darem ‘n bietjie ongeduldiger verkies het, veral wat die sake van die vlees betref. Nie dat hy homself op sy vrou moes afdwing nie – hy kon darem net ‘n bietjie meer gely het in die proses. Eintlik kon die meer realistiese uitbeelding van sy onvermydelike wroeging en frustrasie die roman Lees voort Anderkant  vergeet – Santie van der Merwe

Net ‘n mens … Sanet se storie

NET 'N MENS voorbladOp Sanet Smit se vyftigste verjaarsdag praat ’n vriendin haar mond verby. Ja, Sanet se man het ’n verhouding gehad met iemand anders, maar dit was nie ’n vrou nie. Willem is gay. Almal weet dit, behalwe sy wat Sanet is. Almal praat daaroor, maar net agter haar rug.

Die ligte skakel een vir een aan, maar dit wat sy nou waarneem, wil sy nie sien nie.

Boonop, op daardie punt waar dinge werklik nie erger kon gaan nie, word dit erger; baie, baie erger.

Deur Sanet se onbegrip, woede en hartseer, sypel ook die behoefte om te verstaan. In haar poging tot groter begrip, word sy deel van Willem se vriendekring en ontmoet ’n ouerlose dogtertjie en ’n woedende tienerseun wat haar aandag verg.

Net ’n mens is die opvolg op Opdrag van oorkant. Dié roman stel verskeie vrae aan die leser: Hoe verwerk ’n vrou die ontdekking dat haar man gay is? Is dit noodwendig die beste keuse dat hy uit die kas moet kom? Moet sy hom dwing as hy nie kans sien nie?

 

Anderkant vergeet – Santie van der Merwe

Anderkant vergeetBaie van ons wonder hoe dit voel om ’n tweede kans te kry.
Anneleen Gericke beland in ’n ernstige motorongeluk. Toe sy bykom met ’n gekneusde en geswelde brein, het sy geheueverlies. Sy kry haar tweede kans, maar dit is hoegenaamd nie maklik nie. Die laaste vier en twintig jaar van haar lewe is gewoon weg.
Kort ná haar matriekafskeid, vier en twintig jaar gelede, was sy en vier ander ook in ’n gruwelike ongeluk betrokke.
Sy onthou alles van wat gebeur het tot voor daardie ongeluk.
Nou, ná die tweede ongeluk begin sy uitvra. Haar beste vriendin van destyds is dood. Sy hoor dit nou asof vir die eerste keer. Een van haar vriende is ’n parapleeg. ’n Tweede vriend het gewoon gevlug. Daardie aand, kort voor die ongeluk, het sy en Christiaan Lees voort Anderkant vergeet – Santie van der Merwe

Hoekom moet ‘n kind lees?

Favourite bookHoe meer jy lees, hoe beter lees jy. Oefening is vir lees net so nodig soos vir sport. Hoe beter jy lees, hoe lekkerder word dit.

As jy goed kan lees, kan jy ook beter skryf.

Taal is uniek aan die mens. Ons gebruik taal op alle gebiede van die lewe en op verskillende  maniere. Lees is dus verwant aan skryf en praat.

Lees is nodig vir al jou skoolwerk, selfs Wiskunde. Jy moet die vrae Lees voort Hoekom moet ‘n kind lees?

Teen haar beterwete: Die Ontmoeting :)

Teen haar beterwete_high res (2)By die skoolhek wag die onderhoofseun getrou op sy pos, trots in sy prefekbaadjie met die ry wapentjies op die lapel. Dit het al tradisie geword dat die onderhoofseun haar ontvang en saal toe begelei, al ken sy die pad teen hierdie tyd baie goed.

“Gee vir my, dominee Jossie.”

Teensinnig gee sy die kitaarsak af. Sy kon nog nooit die seuns oortuig sy is heeltemal sterk genoeg om die ding self te dra nie. “Goed dan maar.” Terwyl hulle aanstap, groet sy links en regs. Sy wonder dikwels hoekom sy so lief geraak het vir die seunskool, sy wat sonder broers grootgeword het. Of dalk is dit juis omdat sy hier ’n paar honderd kleinboeties raakgeloop het.
Lees voort Teen haar beterwete: Die Ontmoeting 🙂

Lusmakertjie: Teen haar beterwete

Teen haar beterwete_high res“My kindjie, jy gaan sowaar nooit ’n man kry nie.” Ma Mabel tuur ernstig deur die bifokale lense waaraan sy so sukkel om gewoond te raak.

“My mammatjie, ek wil asseblief tog nie ’n man hê nie.” Jossie ken al hierdie deuntjie, sy steur haar nie meer daaraan nie. Die goedige gekorswel is maar deel van haar en haar ma se gemaklike en soms minder gemaklike saamwoon.

“Dis abnormaal om nie na ’n maat te soek nie.”

Dis ’n nuwe toevoeging tot haar ma se lysie klagtes. Sy is darem nog nooit tevore van abnormaliteit beskuldig nie. “Nou wie wil nou normaal wees?” lag sy moedswillig.

“Nie dat jy nog ooit buitengewoon normaal was nie.” Haar ma kyk op van die prent wat sy aan die uitknip is, bestudeer vir Lees voort Lusmakertjie: Teen haar beterwete

Irma Joubert is besig om die VSA en Europa te verower!

Immer wes’n Dogtertjie uit die Oos-Pruisiese adel, ’n liefdelose ma, ’n pa wat omgee – wel, meestal. Só begin Hildegard se verhaal … In 1914, toe die donker wolke wat oor Europa saamgetrek het, uiteindelik in die Groot Oorlog uitbreek, leer Hildegard vir die eerste keer hoe lelik die lewe daar buite is, hoe afskuwelik oorlog is, en wat ’n misleidende woord “oorlogshelde” is. Haar kinderlike verering van die Duitswester Gustav los op in die vlaktes van sy geliefde land waarheen hy terugkeer. Sy trou met ’n man – haar vader se keuse, as mens dit ’n keuse kan noem – wat min vreugde in haar lewe bring.
Teen die tyd wat die Tweede Wêreldoorlog ten einde loop, is sy intiem vertroud met die pyn van verlies en onderdrukking, armoede en hongersnood, en meer as ooit haat en verag sy oorlog, maar dit is nie die einde van die reis nie. Dit besef sy eers toe sy en haar kind hulle, weens omstandighede waarvan niemand sou kon droom nie, in Duitswes bevind.
Wat môre sal bring en waar sy en haar dogtertjie ’n heenkome sal vind, weet niemand. Soms weet sy nie of God haar nog hoor wanneer sy bid nie.
Hierdie lekkerleesroman wat strek oor die twee Wêreldoorloë en uiteindelik, via Suid-Afrika, in Namibië eindig, beloof om Irma Joubert se lesers weer weg te voer na lande en tye wat nie aan ons bekend is nie. Soos altyd is die styl maklik, maar, soos soveel keer te vore is, wys Joubert ook die donker kant van die mens.
Oorlog is verskriklik. Gelukkig is daar altyd hoop in al Irma Joubert se romans.
*
Immer wes is die eerste boek in haar nuwe trilogie. Al drie verhale het as kern die lyding van vroue en kinders. Joubert sê “dit maak nie saak wie die vyand is nie, die vergrype teen die mens is dieselfde. Sodra honger oorneem, word die mens soos ’n dier”.
*
Immer wes is Irma Joubert tiende boek. Sy het ongekende welslae in die buiteland behaal met ses van haar boeke wat reeds in Nederlands vertaal is. Dit sluit Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies, Tolbos, Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad in.
Sedert Tussen stasies in 2011 as Het Meisje uit de Trein uitgereik is, het Joubert se gewildheid jaarliks toegeneem en altesaam 85 000 eksemplare van die ses titels het reeds verkoop.
Ook die Amerikaners is opgewonde oor die stukkie Suid-Afrikaanse goud wat hulle raakgeboor het. HarperCollins was nog nie eens klaar met die vertaling van Tussen stasies nie, toe vra hulle nog van haar boeke aan.
Tussen stasies heet in Engels The girl from the train en dit sal later vanjaar ter plaatse beskikbaar wees. Die boek is in die VSA gekies deur die Target Book Club en dit beteken dat die eerste oplaag aldaar ’n minimum van 40 000 sal wees.
Tussen stasies is ook al in Duits vertaal en is ook daar ’n reuse-sukses. Dis reeds in ’n vierde druk, al is Das Mädchen aus dem Zug eers in 2014 uitgereik. Die vertalers werk nou daaraan om ook Ver wink die Suiderkruis op Duitse winkelrakke te kry. Lees voort Irma Joubert is besig om die VSA en Europa te verower!

Romanza is tien jaar oud!

Haar grootste geskenkLAPA Uitgewers kondig met trots aan dat ons Romanza-klub op 4 Junie 2015 presies tien jaar oud is. Romanza is ’n handelsmerk in die LAPA-stal wat gemik is op vrouelesers tussen agt en agt-en-tagtig. Daar word tans 48 titels per jaar uitgegee onder die Romanza-druknaam en ’n totaal van 156 000 kopieë per jaar word verkoop.
LAPA is baie bly om deel te wees van ’n besonderse groei in die Afrikaanse lekkerleesmark. In 2004 was 77% van die plaaslike boeke wat verkoop is, Engels en 22% was Afrikaans. In 2014 was die verdeling 53% Engels en 45% Afrikaans.
Ons is dus trots op ons aandeel om die Afrikaanse boekkoper weer terug te wen.
Romanza word bemark onder die vaandel Beleef die emosie.
Romanza is by verskeie boekhandelaars beskikbaar, maar lesers wat aansluit by die Romanza-klub kry verskeie voordele:
• Twee Romanzas @ R100,00 (ter waarde van R149,98)
• Drie Romanzas @ R140,00 (ter waarde van R224,97)
• Vier Romanzas @ R180,00 (ter waarde van R299,96)
Klublede kry ook 30% afslag op ander LAPA-boeke, hulle ontvang maandeliks die Romanse- Nuus propvol inligting oor skrywers en boeke, en word soms bederf met geskenkies en verrassings tydens spesiale geleenthede.
Meer inligting oor die klub is hier verkrygbaar: http://www.lapa.co.za/romanza-club.
Daar is ook ’n baie aktiewe lesersblog waarna lede van die publiek kan gaan loer: http://romanzalesers.wordpress.com/. Of gaan “like” Romanza-klub op Facebook om al die jongste inligting te kry.

Goue Dagbreek – Bets Smith

Goue dagbreekFacebook-mater Petro Greeff het die volgende oor hierdie lekker boek geskryf:
Bets Smith se boek Goue Dagbreek het my van die eerste woord af geboei en toe ek klaar gelees het, moes ek afskeid neem van mense wat ‘n paar dae saam met my asemgehaal en diep in my hart gekruip het. Goue Dagbreek volg op Onder ‘n Sterrehemel en vertel die verhaal van Catriona Fraser wat as spioen tydens die Boereoorlog opgetree het terwyl sy as verpleegster gewerk het.

Oorlog was nog nooit ‘n wen-wen situasie nie, die verlies aan lewens is net te groot daarvoor. Ek het saam met Rudolf, die held van die verhaal, pyn ervaar, die wind wat oor die vlaktes gewaai het het ook deur my hart geruk en pluk, die ontploffing by die trein met ammunisie het my koud laat word asof ek saam met die soldate daar was.
Maar die hoofkarakter Catriona Fraser het ten spyte van ‘n brose voorkoms, ‘n hart van goud gehad sowel as ‘n deursettingsvermoê wat my elke keer verstom het. Ek was telkens in die benoudheid saam met Catriona in haar situasie omdat ek as vrou weet wat die liefde beteken. Haar lewe was amper verskeur deur die mans in haar lewe wat verkeerd opgetree het, haar liefde vir Rudolf Dreyer en haar ontnugtering wat haar pa veroorsaak het, het van haar ‘n pion gemaak. Gelukkig het sy nie ‘n pion gebly nie en het ‘n sterk vrou in eie reg geword. Sy het haar eie besluite geneem en gewaag, ten spyte van gevare wat sy moes trotseer.
Sal ons oorlog eendag verstaan? Nee, ek dink nie so nie. Oorlog tussen lande het net verliese tot gevolg maar oorlog in die hart tussen mense het meestal ‘n wins as dit reg uitwerk. In alle soorte oorloë, of dit nou tusen lande of landsburger is, is daar die lojales, die verraaiers en ook die wat net vir eie gewin optree. Die oorlog van die hart is meestal suiwer om die ander persoon se hart te wen. Maar ai, is ons harte nie maar ook soms ‘n verraaier nie? Dit smokkel met ons gevoelens, laat ons weerloos en tap elke greintjie energie.
Bets Smith het dit reggekry om die oorlog tussen lande fyn te beskryf met soveel besonderhede en gelyklopend daarmee die hartsoorlog van Catriona Fraser en Rudolf Dreyer. Dit was sowaar ‘n boek wat ek moeilik neergesit het en sal nog lank ‘n paadjie saam met hulle in my gedagtes loop.

Knievervanging: random gedagtes, insigte, vrese en begeertes

knee_replacementEk het die afgelope ses weke van heelwat dinge intens bewus geraak. Hier is ʼn paar, in geen spesifieke volgorde nie:
1. Die verganklikheid en broosheid van ons lywe en hoe dit ongemerk toeneem met die jare.
2. Hoe maklik dinge met mens se gesondheid verkeerd kan loop.
3. Hoe langdurige pyn mens kan aftakel.
4. Die ongelooflike mediese kennis en tegnologie wat tot ons beskikking is.
5. Die baie knap en gewillige mediese personeel wat tot ons beskikking is.
6. My gevolgtrekking was dat baie van dié wat nie so erg gewillig lyk nie, waarskynlik chronies oormoeg is as gevolg van familieverpligtinge.
7. Dat mens so brood op die water genadiglik een of ander tyd na jou terugkom.
8. Dat familie en vriende kosbaar is.
9. Dat ʼn goeie wederhelf onvervangbaar en kosbaarder as korale is.
10. Wat ʼn voorreg dit is om te kan beweeg, hetsy met jou eie twee bene of jou eie vier wiele.
11. Hoe belangrik beweging vir ons liggaam is; hoe vinnig spiere agteruit gaan.
12. Hoe belangrik die oefeninge na ʼn vervanging is.
13. Hoe trots mens kan wees op ʼn kilo se stap met krukke en al.
14. Hoe vreemdelinge vriende word as jy net vriendelik glimlag bo-oor jou krukke.
15. Hoe seer die oefeninge na ʼn vervanging is.
16. Hoe belangrik dit is dat die been weer moet leer om volkome te buig en te strek.
17. Die geduld wat dit vat om daarmee vas te byt.
18. Die vreugde wat elke klein stukkie vordering bring.
19. Hoeveel moed dit vat om met krukke in die openbaar te verskyn.
20. Hoe mens skielik eetplekke op grond van hul toeganklikheid begin beoordeel.
21. Watter groot vordering al met algemene toeganklikheid gemaak is.
22. Wat ʼn voorreg dit is om self jou kos in die winkel te gaan koop.
23. Wat ʼn ongelooflike pyn rugpyn kan wees.
24. Wat ʼn voorreg dit is om op die bed te lê terwyl ʼn brawe man al die huiswerk doen.
25. Hoe lees mens se siel aan die gang kan hou.
26. Hoe musiek mens se siel aan die gang kan hou wanneer selfs lees nie meer werk nie.
27. Dat dankbaarheid inderdaad ʼn keuse is.
28. Humor ook.
29. Dat dankbaarheid en humor ʼn onoorwinlike kombinasie is.
30. Dat alles, alles weer verbygaan.

Kristel Loots: Katerina se mojo

Katerina se mojoMet boeke soos Lemoenseisoen, Eendagmooi en Die ander vrou het die ervare Kristel Loots haarself in ʼn nuwe nis gevestig – dié van ʼn stem om die verhaal van die moderne vrou binne die moderne huwelik te vertel. Tradisioneel eindig die liefdesroman wanneer die tweetjies teen die sonsondergang wegstap, hand aan hand en met drome in die oë. Oor die aanpassing na die konfetti en die wittebrood trek ons gewoonlik maar die sluier. Maar nie Kristel nie. Kristel pluk die kamerdeur oop en waag dit in die situasies waar die huweliksbed ʼn slagveld word, waar uiteenlopende verwagtings en die harde realiteit van Suid-Afrika goeie mense se liefdesverhale kan laat misluk.

Die belewing van die lyflike binne die huwelik vorm – soos in die werklikheid – ʼn belangrike deel van haar verhale. Hierdie stories bevestig wat moderne vroue lankal weet: Die huwelik is geen kortpad hemel toe nie en daar is nie altyd ʼn pot goud aan die einde van die reënboog nie. En die huweliksbed is nie altyd met rose bestrooi nie.  Lees voort Kristel Loots: Katerina se mojo

Die dooies leef – SD Fourie

Die dooies leefSD Fourie is iemand wat die Strandveld en sy mense deur en deur ken. Ek was nie verbaas om op die flapteks te verneem sy is ʼn toergids en besit haar eie museum op Franskraal nie. As dokument van ʼn vergange tyd in daardie streek en veral die lewe op die plase, is Die dooies leef net so waardevol soos sy voorganger, Die lanternswaaier.

Hoewel die boeke apart gelees kan word, volg hulle wel op mekaar. Ek leser sal aanbeveel dat mens eers Die lanternswaaier lees voor jy Die dooies leef aanpak, of jou geheue ʼn bietjie verfris as jy dit ʼn jaar of drie gelede gelees het. Hoewel daar in Die dooies leef gepoog word om die nodige agtergrondsinligting te gee, kan mens die boek baie meer geniet as jy die eerste een goed onthou. Lees voort Die dooies leef – SD Fourie

Uittreksel: Seisoen van lig en donker

Wat sou haar so vroegSeisoen4 wakker gemaak het? Miskien was dit bloot die stilte, sy is al gewoond om die eerste nag op die plaas effens onrustig te slaap. Dis mos kompleet of die stilte om jou raas, asof die sterre té geluidloos voortgly op hul baan oor die huisie in die kloof.

Dis nie dat sy nie lekker lê nie. Nee, in hierdie ou houtkateltjie lê sy altyd lekker, hiervandaan lyk die bedreigings van die lewe altyd veraf en onskadelik. In hierdie bed kon sy dit nog altyd waag om te droom, om meer te wees as Liesel van Zyl, die inkennige en wederstrewige kind van seker die twee ordentlikste mense op aarde. Onder die verbleikte ou lappieskombers laat sy haarself soms toe om dwase drome te droom oor dinge wat haar nie beskore is nie, drome vol lig en lewe en onbesorgde liefde, drome sonder die donkerte wat maar altyd op haar spoor is.

In die diep stilte van die Karoo hoor ʼn mens dinge wat in die gewone lewe by jou verby gaan. Veral in die betowerende uur voor dagbreek, die uur waarin slaap en wakker, werklikheid en fantasie alte maklik soos weerkaatsings in die swempoel bo in die kloof oor mekaar en deur mekaar gly. So het sy van kleintyd af met kuiers op die plaas soggens ʼn uur of wat tussen droom en werklikheid bly luier, gerus gestel deur die bekende kraakgeluidjies van die dubbelbed anderkant die dun skeidsmuur, later die stampgeluide wanneer haar pa opstaan en nie regtig daarin slaag om dit saggies te doen sodat haar ma nog ʼn bietjie kan Lees voort Uittreksel: Seisoen van lig en donker