Mens kan deesdae alte maklik die idee kry dit is nie meer moeilik om gay (of in een van die ander boksies waarin mense geplaas word) te wees nie. Daar word immers op baie plekke openlik daaroor gepraat. Die meeste van ons ken nou iemand wat buite die sogenaamde kas leef. Bekendes is openlik oor hulle oriëntasie. Ander bekendes neem standpunt daaroor in. (My geliefde Springsteen het vanjaar ‘n show gekanselleer in ‘n Amerikaanse staat wat anti-LGBT-wetgewing goedgekeur het.) Oor die algemeen is die houding teen mense wat “anders” is, tog meer verdraagsaam.
Maar ek kry die indruk mens kan steeds die moed onderskat wat dit kos om openlik oor hierdie sake te wees. Daar is steeds ongelooflik baie vooroordele en veroordeling. Mens hoef maar net te kyk na die relletjies wat gereeld oor hierdie sake op sosiale media opvlam. En die taal wat dikwels in daadie gesprekke gebruik word. Woorde word gebruik om seer te maak.
Toe ek met die skryf van Opdrag van oorkant bewus word dat my Willem-karakter eintlik gay is, het dit my aan die dink gesit. Willem was ‘n 50-plusser, ‘n getroude man met volwasse kinders. Hy het ‘n innerlike lewe gehad waarvan niemand geweet het nie. Hy het ‘n leuen Lees voort Is daar nog iemand in die “kas”?