RSS

Category Archives: Verhoudingsverhale

Verhoudings is wat mense mense maak … en wat hul kan breek

Vervolgverhaal: Net een kans (3)

Padteken kinders“Jy’t my wragtig gepootjie!”

“Ek is vreeslik jammer.” Hy help haar verleë orent. “Ek wou jou net keer, nie laat val nie.”

Teen haar sin begin sy lag. “Ek neem aan jy wil verder preek?”

“Ja, maar dit sal beter wees oor ‘n koppie koffie.”

Sy kan sowaar nie met ‘n vreemde man by die huis aankom nie. “Jammer, my man slaap nog.”

“Ook afgetree?”

“Ja, meer as ‘n jaar al. En voor jy vra, hy vaar uitstekend. Geniet klaarblyklik elke oomblik daarvan.”

“En hoe kry hy sy dae om?”

Tot haar skande moet sy erken sy weet nie presies nie. “Ag, ditjies en Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , ,

Vervolgverhaal: Net een kans (2)

Krukke1“Eina!” Haar handpalms brand soos vuur, sy moes natuurlik op die grofste deel van die sypaadjie te lande kom. Maar daar is nie tyd vir selfbejammering nie, Comien is onmiddellik reg om haarself te verdedig. Sy het nie amper veertig jaar in die beroepswêreld oorleef om op haar eerste dag van aftrede skaars honderd meter van haar huis af vermoor te word nie. En dit nog sonder grimering, met haar hare in wanorde. Niemand behalwe Cobus sien haar ooit so nie. As sy dan móét gaan, moet dit ten minste met ‘n tikkie waardigheid wees.

Sy neem ‘n oomblik om te besef die hand wat na haar uitgesteek word, is bedoel om te help, nie om seer te maak nie. “Ek is verskriklik jammer! Ek is so lomp met die ellendige krukke, weet nie hoe ek ooit aan die goed gewoond gaan raak nie.” ‘n Beskaafde stem, beslis nie dié van ‘n dronkie nie. Albei krukke nou lomp onder Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , ,

Vervolgverhaal: Net een kans (1)

Aftrede eilandNatuurlik is Comien op die kop vyfuur so wakker soos die spreekwoordelike haas. ‘n Goeie veertig jaar se gewoonte word nie sommer so verbreek nie. Sy beplan in elk geval nie om dit ooit te breek nie. Van jongs af het die oggendstond vir haar goud in die mond gehad, sy was nooit van die saans-gousblom-soggens-molshoop soort nie.

“Moenie vir my sê jy gaan nou opstaan nie?” brom Cobus en draai summier sy rug op haar. Nie dat hulle na soveel jare steeds soos twee wittebroodsduifies knussies in mekaar se arms slaap nie. Daarvoor het die klein pyne van die jare wat aanstap deeglik gesorg. Snork hy haar nie wakker nie, pyn sy rug van stil in een posisie lê. Praat sy nie in haar slaap nie, staan sy in die nag op as die natuur Read the rest of this entry »

 
Kommentare af op Vervolgverhaal: Net een kans (1)

Posted by op 12/06/2020 in Afrikaans, Alta Cloete skryfwerk, Kortverhale, Lees, Skrywers, Uncategorized, Verhoudingsverhale

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Resensie: Net ‘n mens

NET 'N MENS voorbladMin karakters het nog so hardnekkig by my gebly soos Willem en Sanet van Net ‘n mens. Met elke storm oor gaywees wat die media tref, besef ek weer eens ek het nie hulle swaarkry oordryf nie. Hulle stryd is fiksie, maar hulle stryd is ook werklikheid vir baie mense. Ook die uitweg van selfdood wat Willem gekies het, is ongelukkig alte dikwels die werklikheid vir gay mense. Riette Rust het my karakters deeglik verstaan. Hier is wat sy oorspronklik vir FMR oor Net’ n mens geskryf het:

Alta Cloete is bekend vir lekkerleesverhale. Hoewel sy al die jare romanses en liefdesromans skryf, is Net ’n mens en sy voorganger, Opdrag van oorkant, ietwat meer gewigtig. Dié skrywer skroom nie om seksuele  en sosiale kwessies aan te spreek nie. Tog is Net ’n mens ’n toeganklike leeservaring. Ook ’n storie vol hoop.

Kort ná ’n bekende skrywer se dood, sterf sy uitgewer ook. Dit word duidelik dat Willem, sy prokureur, en die uitgewer se band nie bloot vriendskaplik was nie. Willem se vrou, Sanet, besef dat daar in haar huwelik iets op seksuele gebied skort, maar sy gee haar groot lyf die skuld en laat haar kosverslawing weer Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , ,

2016 was ‘n riller … And so say all of us …

Want to inspireLyk my dit het mode geword om vir mekaar te vertel wat ‘n dolle jaar dit was.

Tot op ‘n punt het ek hartlik meegedoen.

Maar toe besef ek moet verder dink. Ja, daar was moeilike dinge. Maar daar was altyd ‘n MAAR.

  • 2016 het begin met my eerste ervaring van angs. Angs wat jou beheer laat verloor, angs wat jou laat glo jy is nou al jou varkies kwyt, wat jou keel laat toetrek en jou hart op loop laat sit en jou vir die toekoms laat vrees.

Maar dit het verby gegaan. (Met die regte pilletjie en heelwat vasbyt.)

  • Die Swart Hond was vanjaar nie net op my spoor nie; hy het kom intrek. Hoe beskryf mens die donkerte? Dag en nag? Come rain or shine? Die doelloosheid, die moegheid, die uitsigloosheid. Terwyl jy met jou verstand goed weet jy het tonne en tonne seëninge om voor dankbaar te wees? Maar dit help jou niks. Behalwe om jou ongelooflik skuldig te laat voel.

Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Is daar nog iemand in die “kas”?

NET 'N MENS voorbladMens kan deesdae alte maklik die idee kry dit is nie meer moeilik om gay (of in een van die ander boksies waarin mense geplaas word) te wees nie. Daar word immers op baie plekke openlik daaroor gepraat. Die meeste van ons ken nou iemand wat buite die sogenaamde kas leef. Bekendes is openlik oor hulle oriëntasie. Ander bekendes neem standpunt daaroor in. (My geliefde Springsteen het vanjaar ‘n show gekanselleer in ‘n Amerikaanse staat wat anti-LGBT-wetgewing goedgekeur het.) Oor die algemeen is die houding teen mense wat “anders” is, tog meer verdraagsaam.
Maar ek kry die indruk mens kan steeds die moed onderskat wat dit kos om openlik oor hierdie sake te wees. Daar is steeds ongelooflik baie vooroordele en veroordeling. Mens hoef maar net te kyk na die relletjies wat gereeld oor hierdie sake op sosiale media opvlam. En die taal wat dikwels in daadie gesprekke gebruik word. Woorde word gebruik om seer te maak.

Toe ek met die skryf van Opdrag van oorkant bewus word dat my Willem-karakter eintlik gay is, het dit my aan die dink gesit. Willem was ‘n 50-plusser, ‘n getroude man met volwasse kinders. Hy het ‘n innerlike lewe gehad waarvan niemand geweet het nie. Hy het ‘n leuen Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Net ‘n mens – uittreksel

NET 'N MENS voorbladDie Paashaas se agterpootjies bring haar by die laagste punt van die siklus: die bekende oomblik van intense berou oor die massa kilojoules wat sy pas verorber het, gevolg deur die wete dat sy by omdraai verby is. Die oomblik wanneer sy weet die skade is reeds gedaan en dis nou maar ‘n kwessie van deurdruk en die sonde afrond. Wat help dit nou sy bêre die blerrie voete en stertjie net om dit later vannag weer te kom uithaal en die bose sirkel van voor af te begin.

Sy lek haar vingers een vir een af en konsentreer op die gevoel van vertroosting, van koestering, die bekende mengsel van verrukking en berou vir die oomblik na agter in haar bewussyn toe gedruk. Sy ken haarself tog, sy weet hoekom sy eet. Vir hierdie paar minute in die skemer bekendheid van haar kombuis kan sy haarself maar net so wel aanvaar. Sy eet wanneer sy spyt is en sy eet wanneer sy Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Net ‘n mens … Sanet se storie

NET 'N MENS voorbladOp Sanet Smit se vyftigste verjaarsdag praat ’n vriendin haar mond verby. Ja, Sanet se man het ’n verhouding gehad met iemand anders, maar dit was nie ’n vrou nie. Willem is gay. Almal weet dit, behalwe sy wat Sanet is. Almal praat daaroor, maar net agter haar rug.

Die ligte skakel een vir een aan, maar dit wat sy nou waarneem, wil sy nie sien nie.

Boonop, op daardie punt waar dinge werklik nie erger kon gaan nie, word dit erger; baie, baie erger.

Deur Sanet se onbegrip, woede en hartseer, sypel ook die behoefte om te verstaan. In haar poging tot groter begrip, word sy deel van Willem se vriendekring en ontmoet ’n ouerlose dogtertjie en ’n woedende tienerseun wat haar aandag verg.

Net ’n mens is die opvolg op Opdrag van oorkant. Dié roman stel verskeie vrae aan die leser: Hoe verwerk ’n vrou die ontdekking dat haar man gay is? Is dit noodwendig die beste keuse dat hy uit die kas moet kom? Moet sy hom dwing as hy nie kans sien nie?

 

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , ,

Uittreksel: Seisoen van lig en donker

Wat sou haar so vroegSeisoen4 wakker gemaak het? Miskien was dit bloot die stilte, sy is al gewoond om die eerste nag op die plaas effens onrustig te slaap. Dis mos kompleet of die stilte om jou raas, asof die sterre té geluidloos voortgly op hul baan oor die huisie in die kloof.

Dis nie dat sy nie lekker lê nie. Nee, in hierdie ou houtkateltjie lê sy altyd lekker, hiervandaan lyk die bedreigings van die lewe altyd veraf en onskadelik. In hierdie bed kon sy dit nog altyd waag om te droom, om meer te wees as Liesel van Zyl, die inkennige en wederstrewige kind van seker die twee ordentlikste mense op aarde. Onder die verbleikte ou lappieskombers laat sy haarself soms toe om dwase drome te droom oor dinge wat haar nie beskore is nie, drome vol lig en lewe en onbesorgde liefde, drome sonder die donkerte wat maar altyd op haar spoor is.

In die diep stilte van die Karoo hoor ʼn mens dinge wat in die gewone lewe by jou verby gaan. Veral in die betowerende uur voor dagbreek, die uur waarin slaap en wakker, werklikheid en fantasie alte maklik soos weerkaatsings in die swempoel bo in die kloof oor mekaar en deur mekaar gly. So het sy van kleintyd af met kuiers op die plaas soggens ʼn uur of wat tussen droom en werklikheid bly luier, gerus gestel deur die bekende kraakgeluidjies van die dubbelbed anderkant die dun skeidsmuur, later die stampgeluide wanneer haar pa opstaan en nie regtig daarin slaag om dit saggies te doen sodat haar ma nog ʼn bietjie kan Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

LAPA se Lekkerlit-wedstryd 2014 skop af!

Lekkerlit 2014Vanaf 15 Augustus 2014 tot 31 Januarie 2015 kies LAPA Uitgewers elke maand ’n Lekkerlit-boek, of twee. Daar sal ’n mengsel wees van spanning, romanse en avontuur.

Net een boek sal wegstap met die titel LAPA Lekkerlit-boek van die jaar.

LAPA glo lesers en skrywers stap hand aan hand: daarom wen die Lekkerlit-boek van 2015 se skrywer R5 000, een gelukkige ATKV-leser R2 500 kontant én een Facebook-deelnemer ook R2 500 kontant.

Hoe neem LAPA se Facebook-gemeenskap deel?

  • Leser moet asseblief LAPA se Facebook-blad LIKE sodat hulle die aankondigings kan kry.
  • LAPA sal elke maand die Lekkerlitboek(e) en ’n vraag oor die boek(e) op LAPA se Facebook-blad aankondig.
  • Lesers beantwoord ’n vraag uit die boek en e-pos die antwoord na marib@lapa.co.za.
  • Deelnemers wat die vraag korrek beantwoord, sal outomaties in aanmerking kom vir die geluktrekking van R2 500 kontant aan die einde van Februarie 2015

Die Lekkerlit-boeke wat gekies is:

  • Augustus = Slim leuens (Lien Roux-de Jager) + Seisoen van lig en donker (Alta Cloete)
  • September = Donker spoor (Martin Steyn)
  • Oktober = Stilleto’s van staal (Bernette Bergenthuin)
  • November = Ewebeeld (Chanette Paul)
  • Desember = Die 13de kaart (Madelein Rust)
  • Januarie = Waar boosheid broei (Peet Venter)

In Februarie sal deelnemers die kans kry om te stem vir hulle gunstelingboek.

Op 1 Maart gebeur die volgende:

  • Die Lekkerlit-boek en -skrywer word aangekondig
  • Die ATKV-wenner word aangekondig
  • Die Facebook-wenner word aangekondig

As jy nog nie LAPA se Facebook-blad ge-LIKE het nie, gaan doen dit dadelik by: https://www.facebook.com/LAPA.Uitgewers?fref=ts

 

 

 

 

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

Fyn porselein – Helena Hugo

Fyn porselein – Helena Hugo

Helena Hugo is ‘n veelsydige skrywer wat haar reeds op verskeie terreine onderskei het. Fyn porselein is ‘n sensitiewe roman wat hierdie wye ervaring weerspieël.

Die verhaal van drie geslagte vroue word vertel, maar dis die hoogsbejaarde Hanna wat die sentrale figuur is.’n Kind van die vroeë jare van die vorige eeu, word sy groot in ‘n wêreld waar reg en verkeerd nie onderhandelbaar is nie, waar vroue se rol vir hulle afgebaken is, waar Afrikanerskap eksklusief is en waar oor vele dinge glad nie gepraat word nie.          Oënskynlik pas sy perfek in hierdie wêreld in. Sy word die waardige, vlytige vrou van die man wat haar pa vir haar uitgekies het, ‘n baaskok en raakvatter in talle vroueverenigings. Haar status word gemeet aan haar man se titel en haar onberispelike gedrag in die sosiale milieu waarin hulle beweeg. Maar nou bevind sy haar in die verswakte afdeling van ‘n versorgingsoord, uitgelewer aan die meestal Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoorde: , , , ,

Vaarwel aan 2013!

Wat my skryfwerk betref, was 2013 ʼn geseënde jaar met baie om voor dankbaar te wees.

482236_10151580992643223_1926667681_nDie uitdagings van klein openbare optredes het gewissel van ʼn leeskring wat eintlik letterkunde lees (ja, ek het effens bedreig gevoel, maar individueel was almal baie vriendelik) tot ʼn biblioteekkuier waar ek (en Kristel Loots) soos ʼn koningin ontvang is (dankie Goodwood), ʼn kuier by die grondslagfase van ʼn meisieskool (meisietjies in feetjierokkies, met net een lieflike heks), ʼn kuier by Madri Victor se skryfkursus (ek onthou haar sexy skoene!) en ʼn gesprek oor die liefde saam met Kristel Loots en Elsa Winckler in ʼn lieflike kerkie by die Tulbagh Lentefees. Elkeen spesiaal op sy eie manier. Elkeen ʼn goeie herinnering op sy eie manier. By elkeen het ek iets geleer en iets van myself ontdek.

Seisoen van Vergifnis - Copy - CopyDie tweede Seisoen-boek (Seisoen van vergifnis – Amanda en Wim se storie) het na heelwat pyn en trane in Februarie verskyn en was ook die eerste Lekkerlitboek van die jaar. Die grootste werk hieraan is natuurlik al in 2012 gedoen. Skryf is nie ʼn ding waar ʼn mens op instant gratification moet hoop nie, die beloning kom eers met verloop van tyd. Wat dit soveel soeter maak.

Die derde Seisoen-boek (Seisoen van vervulling) het met betreklik min pyn die geboorteproses, afronding en al die stappe tot by verskyning in Oktober deurgegaan. Na ʼn laagtepunt laat in 2012 moes ek die moed om die storie aan te pak diep en ver gaan haal. Dis ʼn groot vreugde dat dit toe eintlik (relatief) maklik gegaan het. Daarvoor kan ek net vir Ben en Emily dankie sê (al bestaan hulle nie regtig nie). Hulle storie het my eenvoudig aangegryp, dalk maar omdat daar soveel raakpunte met my eie storie is.

Van êrens het ek die moed (of die koppigheid) gekry om ʼn mislukte romanse van ʼn jaar of twee gelede uit die laai te haal en nie net af te stof nie, maar Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , ,

Uittreksel: Seisoen van vervulling

Seisoen van vervullingSy het tog weer ingedommel, want toe hy kom groet, is sy vaag en verward.

“Dankie, Emmie, jy sal nooit weet wat jy vannag vir my gedoen het nie.”

Te gou is hy weg, die voordeur se klik skielik hard in die stilte wat soos ys om haar vou. Dis te vinnig, sy kan hom nie só laat gaan nie. Sy vlieg lomp en deurmekaar orent, vou die duvet beskermend om haar lyf, struikel oor die punt en stamp amper haar laptop van die eetkamertafel af. Vir ’n lang oomblik sukkel sy met die sleutel van die balkondeur, en gil amper hardop toe haar kaal voete die sneeu op die balkon tref.

Daar onder skraap Ben nie die sneeu van sy motor af soos sy verwag het nie. Onder haar trek ’n taxi haastig weg, verdwyn die rooi agterliggies om die draai voor sy haar asem kan terugkry. Ben se silwer Volvo staan onaangeraak onder sy sneeukombers, omtrent net die registrasienommer is Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Die skrywer as (hardvogtige) matchmaker

CupcakesEk het maar onlangs eers besef ek is ‘n ongeneeslike matchmaker. In die werklike lewe het ek nog nie my gawe beproef nie, maar in die storiewêreld kan ek dit nie verduur dat iemand sonder ‘n maatjie moet wees nie. Maar selfs in die wêreld van die verbeelding is dit nie aldag ewe maklik om almal vir altyd en altyd gelukkig te laat saamleef nie.

By die romanse is die skrywer se groot uitdaging om tweetjies wat vir mekaar beskore is, op geloofwaardige wyse tot die einde van die storie uitmekaar te hou. As hulle op bladsy twee al in mekaar se arms val en hulle liefde vir mekaar verklaar, is daar nie ʼn storie nie. (Dis hier waar die term “uitgestelde begeerte” ter sprake kom.) Aangesien die dae van ongeloofwaardige misverstande in romanses genadiglik verby is, is dit nie ʼn maklike ding om reg te kry nie. Tragedies en diep kwessies is nie toelaatbaar nie, want die leser van ʼn romanse kies nie haar leesstof om te wroeg nie. Sy (en soms ook hy) kies die Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , ,

Seisoen van vervulling amper-amper op die rakke!

Seisoen van vervullingDie lang wagtyd (ongeveer ses maande sedert ek laas iets met die manuskrip te doen gehad het) is verby en die nuwe baba is (hopelik) op pad na boekwinkels en na lesers se boekrakke. En steeds is dit vir my ʼn ongelooflike gedagte dat daar werklik mense is wat eerstens my boeke koop en tweedens die tyd spandeer om dit te lees.

            ʼn Mens kan nie van ʼn ma verwag om een van haar kinders te kies nie, maar ek voel regtig teer oor hierdie enetjie. Die storie kom uit ʼn plekkie baie naby aan my hart. Om ʼn ervaring uit jou eie lewe te neem en jou karakters daarin te sit, kan baie terapeuties wees. Dit kan natuurlik ook op ʼn sentimentele en selfgerigte storie uitloop. Ek het ervaar Ben en Emily is as karakters sterk genoeg om die storie hulle eie te maak. Ek hoop en bid die lesers ervaar dit ook so.

            Dit lyk vir my meer en meer dis van kardinale belang dat ek as skrywer versot op die manlike hoofkarakter moet wees om die liefdesverhaal ordentlik te kan vertel. (Een van die riglyne vir die romanse sê dat die leser –en skrywer – met die vroulike hoofkarakter moet kan identifiseer en dat hulle saam met haar op die manlike hoofkarakter verlief moet raak.) Dit lyk vir my dis ook die kern van die liefdesroman, al strek dit wyer en dieper as Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Alweer ek en die inspirasie

Writing is like breathingIn ʼn vorige post (wat ek nie nou in die hande kry nie) het ek dapper probeer om aan te pas by die kassie waarin my uitgewer my na aanleiding van my eerste liefdesroman (Geur van genade) gesit het.

Dit was die boksie van inspirerende skrywer. Geur van genade het ʼn sterk geestelike aspek en vir daardie boek was die etiket heel gepas. Die probleem was dat die volgende boeke hiervan afgewyk het.

Die internet toon dat die term inspirerend in die Engelse wêreld ook wyer as bloot geestelik gebruik word. Enigiets wat mense laat beter voel of dalk ʼn lewenslessie bevat, kan vir inspirerend deurgaan, lyk dit my.

In daardie opsig kan die ander boeke in die Geur- en Seisoen-reekse waarskynlik hiervoor kwalifiseer. Die hoofkarakters groei meestal emosioneel deur die verloop van die storie en leer om hulle probleme beter te hanteer, in die gesig te kyk of Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Tulbagh se Lentefees!

Manley-WynlandgoedManley-Wynlandgoed2Mens-of-Monster-deur-Carla-van-der-Spuy

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , ,

Oor moeders en dogters

Seisoen van Vergifnis - Copy - CopyIn my boeke word die karakter Amanda groot met ʼn ma van twyfelagtige sedes en onvoorspelbare buie, ʼn ma wat nie eintlik ʼn positiewe bydrae tot haar karaktervorming maak nie. Uiteindelik sterf die arme vrou in twyfelagtige omstandighede en laat haar kind vol woede agter.

Ek wens eintlik ek kon maar vir Maryna ook ʼn storie van haar eie gee. Want ek glo geen mens is net sleg nie en in die werklike lewe sou daar sekerlik ook redes vir haar lewenstyl gewees het. In lyn met die baie inligting wat deesdae daaroor beskikbaar is, kon sy heel Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Lekkerlit Kompetisie 2013 – Mei: Seisoen van vergifnis

Lekkerlit Kompetisie 1Ek deel graag die mooi woorde wat Izak de Vries van  LAPA oor hierdie poging van my te sê het … met dankbaarheid en die lekker wete dat ek ‘n klein, klein ratjie kan wees in die masjien van Afrikaanse lekkerleesboeke wat al hoe meer momentum kry.

Met Moedersdag wat in Mei val, kon ons nie anders nie as om met Seisoen van vergifnis af te skop nie. Maar, ek is ’n pa, en ek het dit ewe veel geniet.
Seisoen van vergifnis is ’n baie lekker storie.
Sonder kontroversie is hierdie teks nie, maar dit is die wyse waarop Alta oor ouerskap besin, wat hierdie teks so ’n genotvolle leeservaring maak.

Die genot en hartseer van ouerskap
Jy hoef nog nie ’n ouer te wees om sekere goed te verstaan nie. Gisteraand het ek weer ’n interessante ding beleef: Candice (een van Suid-Afrika se Olimpiese fietsryers) en haar vriend, James, het met hulle honde gaan stap (twee worsies). Ek het James eerste raakgeloop, toe kom Candice ook aan. En daar begin James met die worsies speel soos wat jy met ’n kind sal speel. (Op in die lug, en af, op in die lug, en af…) Hy het dit nie gedoen voor Candice opgedaag het nie. ’n Mens hoef nie ’n graad in Sielkunde te hê om daardie oomblik te verstaan nie. James was (waarskynlik onbewustelik) besig om vir Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , ,

Lekkerlit 2013 is hier!

Lekkerlit Kompetisie 1

Skryf in by http://www.lapa.co.za/lekkerlit

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , ,

Liefde kom teen ʼn prys

Troue beertjiesJa, daar was al tye toe ek ook gewonder het of liefdesverhale nie eintlik maar betreklik simpel is nie. Veral die outydse soort waar die tweetjies deur ʼn klomp (vir die moderne leser) redelik sinlose misverstande uitmekaar gehou word – om dan later redelik ongemotiveerd in mekaar se arms te val en vir ewig gelukkig te wees.

Probeer ʼn mens self ʼn liefdesverhaal skryf, kom jy natuurlik agter dis baie maklik om te kritiseer (soos met enigiets in die lewe), maar heeltemal ʼn ander saak om dit self baas te raak. As jou karakters nie simpel misverstande mag hê nie, hoe hou jy hulle dan uitmekaar tot jy darem ʼn boek van die uitmekaarhouery kan maak? Want dis nie die bymekaarkom wat die storie maak nie – dis die ellende vooraf. ʼn Storie moet konflik en spanning hê, anders is dit nie ʼn storie nie.

Een manier is om te konsentreer op die ingeboude weerstand wat die karakters daarteen het om hulleself volledig tot ʼn verhouding te verbind. (Hier pas die lekker woord commit die beste.) Ons almal weet dat baie mans deur die eeue al met daardie weerstand sukkel. Of glad nie sukkel nie, maar dit vertroetel en tot ʼn Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Ouerskapskwessies in Seisoen van vergifnis

Seisoen van Vergifnis - Copy - CopySit ek hier ewe onskuldig en dink aan ‘n gevatte opskrif vir ‘n post oor die ouerskapskwessies in Seisoen van vergifnis – en maak die fout (of nie?) om te Google. Die resultate is so uiteenlopend  soos hieronder:

http://www.wiesjoupappa.co.za/

http://www.watkykjy.co.za/2003/08/wies-jou-pappa/

En ek het maar net aan onse Steve gedink … 🙂

Waarskuwing: As jy nie sterk van gestel is nie, moet liewer nie te veel rondkrap op die tweede skakel nie. En as jy nou juis nuuskierig is – go for it! Maar dan moet jy vat wat na jou toe kom …

In elk geval, ek begin toe die manuskrip met die hoofkarakters Wim en Amanda – uitgeknip vir mekaar. En albei se agtergrond en grootste kwessies alreeds vroeër in die reeks vasgeskryf.

Wim is ‘n ernstige outjie uit ‘n stabiele agtergrond. Maar lesers van sy ma (Vivien) se verhaal (Geur van vervulling) sal alreeds weet daar wag vir hom ‘n onaangename Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Paniekaanval!

Seisoen van Vergifnis - Copy - CopyKyk gerus weer ‘n slag na die woord hierbo: PANIEK-AANVAL. Twee skrikwekkende woorde, dodelik gekombineer om nog skrikwekkender te word. ‘n Aanval is iets wat jou bedreig, ‘n kwessie van lewe en dood. Paniek impliseer dat jy niks aan die aanval kan doen, behalwe miskien in kringe hardloop en gil. Chaos, dis hoe dit vir my klink.

Die ander assosiasie wat by my opkom, is dié van magteloosheid. Iemand wat paniekerig is, kan homself nie help nie. Hy het ‘n slagoffer geword.

Die slim mense sê ‘n paniekaanval het te doen met die liggaam se oeroue veg- of vlug meganisme. In die goeie ou dae (?) was die keuse vir ons voorouers so eenvoudig: As iets jou wou opvreet of ‘n dominante lid van jou clan wou van jou ontslae raak, het jy die keuse gehad: Jy hol weg of jy baklei.

Deesdae is die bedreigings anders (Ek laat vir die oomblik misdaad buite berekening, want dis weer ‘n heel ander storie.) en ons keuses is anders. Dis nie meer ‘n leeu of ‘n grotman wat jou met tande of knuppel aanval nie – dis dalk jou sjarmante, gesofistikeerde baas wat jou met ‘n dodelike glimlag en vlymskerp sarkasme (probeer) vermorsel. Of jou man wat weer eens sy wenkbroue lig vir die Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , , , ,

Skuilnaam of skrywersnaam? En hoekom?

Seisoen van GenadeIn ‘n baie interessante artikel in Die Burger word redes ondersoek waarom skrywers skuilname gebruik: http://www.dieburger.com/Vermaak/Nuus/Stories-van-pennename-20130105

Ek voeg graag ‘n paar gedagtes daarby:

Eerstens word die term skuilnaam nie meer so algemeen gebruik nie, bloot omdat min skrywers dit werklik meer geheim hou.  In ons oper samelewing waar intellektuele snobisme teenoor nie-literêre skryfwerk genadiglik stadig maar seker aan die afneem is, word skrywersname deesdae dikwels om meer praktiese redes gekies.

Die belangrikste rede is waarskynlik dié wat in die artikel genoem word, naamlik waar ‘n skrywer  in verskillende genres bedrywig is en dit vir lesers maklik wil maak om te onderskei. Ekself  skryf  liefdesromans onder my eie naam en romanses onder die skrywersnaam Marilé Cloete. ‘n Leser weet dus wat om te verwag wanneer hy ‘n spesifieke boek optel. Oorspronklik het ek albei name vir my tydskrifverhale gebruik, weens die rede wat ook in die artikel genoem word, naamlik dat Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , ,

Is ons helde ooit nog helde?

Lank, lank gelede, toe ons almal nog jonk en jikkerig (seker eintlik jeukerig, maar dit val nie so lekker op die oor nie) was, was goed nog goed en sleg was sleg. Daar was goeie ouens en daar was slegte ouens. Cowboys en crooks. Boere en Kakies. Voortrekkers en Zoeloes. Soldaat teenoor terroris. En ‘n paar nog minder polities korrekte moontlikhede wat ek liewer nie hier gaan noem nie.

Maar die wêreld het ingewikkelder geword. (Of ons het maar net oud genoeg geword om sy ingewikkeldheid te besef.) Ons het agtergekom die goeie ouens het ‘n bietjie (of heelwat) sleg in hulle, die slegte ouens het dikwels goeie harte. Die cowboys kon dalk maar netso skelm wees soos die crooks. Elke Kakie was ook maar ‘n ma se seun, Afrika toe gestuur om koloniale gierigheid te bevredig. Die Boere het helaas ook maar gruwelikhede in die oorlog gepleeg. Ons vermoed deesdae al hoe meer die Voortrekkers was Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

Moet ek bly of moet ek gly?

Nee, ek oorweeg nie emigrasie nie!

Sedert die romanses Waar sy hoort (Australië) en Liedjie vir jou (Noorweë) het die tema egter ongemerk in my werk ingesluip – en vasgesteek. In Geur van vergifnis keer Mariaan se swerwerbroer terug om te bly en in Seisoen van genade (Mei 2012) ontmoet hy vir Karla, wat as tiener saam met haar ouers Australië toe is en nou alleen teruggekom het. In die pas voltooide (en nog nie goedgekeurde!) Seisoen van vergifnis is dit Wim en Ben wat in Noorweë bly en hulle ouers wat hoop en glo hulle sal wel weer terugkom. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , ,

Ontmoet vir Karla …

Karla du Preez is ‘n bondel komplekse. Op die oog af lyk sy nie juis na ‘n geskikte hoofkarakter vir ‘n inspirerende liefdesroman nie.

Sy is pragtig, maar besef dit nie regtig nie (wat dalk ‘n goeie ding is – wie wil nou met ‘n windgat hoofkarakter opgeskeep sit?).

Sy is nie gewoond om haar emosies te wys nie, want in haar grootwordhuis word dit nie gedoen nie. Daar hou jy jou mond en doen jou werk. En oor die verlede karring jy glad nie. Maar nou sukkel sy om werklik met mense kontak te maak en voel sy dikwels afgesny en Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , ,

Vanaf skrywersblog: Uittreksel uit Geur van vergifnis

Haar foon se wilde gelui op ‘n rumoerige rockdeuntjie ruk haar en die katte wreed uit die slaap. Die twee strek grasieus en draf dan optimisties gangaf om te gaan kyk of daar nie dalk intussen ‘n wonderwerk by hul kosbakke gebeur het nie. Sy klap die foon eers van die bedkassie af en druk hom toe summier dood. Met skrefiesoë korrel sy na die skermpie.  9:34,  sê die ding. En: Marius.

Met ‘n kragwoord wat Lana nagmerries sal gee, vlieg sy uit die bed. Dis so goed soos die wet van Mede en Perse – Saterdagoggende om negeuur vat sy vir Marius om sy kos vir die week te gaan koop. Sweerlik die enigste keer in die week wat hy uit die huis kom. Sy ry met haar eie motor, laai die rystoel in by die huis en uit Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , ,

Van skrywersblog: Onderhoud met Marius van Geur van vergifnis

As jy Geur van vergifnis gelees het, sal jy dalk hierdie geniet:

Alta: Jy is ‘n man met ‘n verlede. Hoe leef jy daarmee saam?
Marius: Ek hoef gelukkig nie daarmee saam te leef nie. Ek het dit agtergelaat.
A: En almal wat in daardie verlede seergekry het a.g.v. jou gedrag? Wat van hulle?
M: Ek het sover dit menslik moontlik is, reggemaak oral waar ek enigsins kon. Ek sal nooit ophou jammer wees oor dié wonde wat ek nie kon herstel nie. Maar dit sal niemand baat as ek in die verlede vassteek i.p.v. op die toekoms fokus nie.
A: Hoeveel het die ongeluk waarin jy verlam is met die verandering in jou lewe te doen gehad?
M: Baie. As jy magteloos op jou rug lê en van andere se goedheid afhanklik is om weer Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

Aangepas vanaf my ou skrywersblog: Kom stap saam!

Toe ek in 2004 uiteindelik die moed bymekaargeskraap het om die onderwys te verlaat en pens en pootjies in die onbekende waters van die skrywerspoel te spring, het ek nie ‘n idee gehad van die skrikwekkende, interessante en wonderlike pad wat vir my voorlê nie.
Na amper agt jaar en skuins onder die veertig tydskrifverhale, nege gepubliseerde romanses en drie liefdesromans (die vierde verskyn DV in Mei), is ek nou op die punt waar ek dit wil waag om jou te nooi om saam met my te stap en te deel in die hoogtepunte (en laagtepunte!) wat vir my mag voorlê. Ek hoop jy word ‘n gereelde besoeker en dat jy Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,