RSS

Category Archives: Romans

Nuut van Hans du Plessis: Drie vroue en ‘n meisie

Drie vroue en 'n meisie“Ek het vir prof ’n storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan.
Wat volg is soms lig en sexy, maar dié roman belig te gelyke tyd die afgryslike armoede van wit en swart Suid-Afrikaners, asook die klasbeheptheid van die vroeë Afrikanerelite.
Hans du Plessis het die vermoë om die leser te tart met heerlik speelse inligting, net om jou daarna weer bloot te stel aan die ellende van hulle wat nie het nie.
Ons leef nou, in die een-en-twintigste eeu, weer in ’n fase waar die politieke elite hulle vergryp aan die duurste en die beste terwyl die armes gewoon van honger sterf. Du Plessis hou ’n spieël na die verlede op en wys hoe eenders dit was toe die vorige heersersklas net vir hulself gesorg het en niks vir ander omgegee het nie.
Die einde bring hoop en daar is beeldskone verhale ook in die boek, maar uiteindelik is Drie vroue en ’n meisie ’n roman wat ’n diep seer blootlê en geen pleisters vir die wonde bied nie. Armoede se pyn en die elite se argwaan is skynbaar universeel.
Die ingrepe van die kerk en die staat se maatskaplike werkers bring uiteindelik verligting.
Drie vroue en ’n meisie vertel die saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop, wat byna reeds uitgewerk is, begin. Almal wat kom soek het na ’n diamant so groot soos ’n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan ’t sterwe; maar die hoop bly, die hoop bly. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.
Hieruit groei die verhaal van ’n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog ’n verhaal en daaruit nog een.
Die roman toon sterk ooreenkomste met JM Coetzee se Disgrace, hoewel die storie
gans anders is; daar is ook iets van Herman Charles Bosman te bespeur.
Die Blondine? Hans sê hy wens ook die storie van mooie Katryn en die ou prof is
dalk die reine waarheid. Hoekom dan nie? Hy is mos ’n prof wat fiksie opmaak.

LAPA-persvrystelling

 

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , ,

Nuut van Dibi Breytenbach: Heiliger

HeiligerHendrik skiet uiteindelik ’n sluwe rondloperhond. Die eerste koeël mis rakelings, maar die tweede is sekuur. Nou is die oud-soldaat in ’n goeie bui. Dit is byna Kersfees en dinge tussen hom en Amalia wil-wil lyk of dit kan uitwerk.

Toe gebeur dit: Die plaaslike speurder, Buthelezi, daag op en slaan Hendrik in boeie. Die klag? Sy buurman se seun is dood en daardie opslagkoeël word verdink.

Dadelik word hierdie insident ’n rasse-voorval, want die seun is swart. Die gemeenskap is woedend en die onbevoegde blanke speurder wil wys dat hy nie ’n wit man sal laat wegkom met moord nie.

Hendrik weet hy het die seun nie geskiet nie, maar hoe bewys hy dit?

Die teks is briljant, want so gereeld gebeur dit dat stinkryk mense wegstap van ’n moordsaak op grond van tegniese punte. Die publiek voel dan verraai. Nou gooi Breytenbach die leser in die diepkant in, want ons het simpatie met Hendrik, maar die redes waarom die reg nou skynbaar onreg pleeg teenoor hom, is presies dieselfde wat ons as gewone sterflinge vra wanneer tegniese detail in hofsake ter sprake kom.

Saam met Hendrik beleef ons magteloosheid in die stinkende tronk- en hofselle terwyl die regslui en die polisie kibbel.

Breytenbach is ’n regsgeleerde en met hierdie boek sleep sy die leser saam met haar. Dit is ’n naelbyter, want natuurlik wil almal weet hoe die seun gesterf het. Gaan Hendrik oud word in die tronk?

Stukkie vir stukkie word die gebeure aanmekaar gelas en die reg se tentakels word beleef soos nog nooit te vore in Afrikaans nie.

Dibi Breytenbach se eerste twee boeke was goed. Hierdie een plaas haar onder die voorste krimiskrywers in ons land. Heiliger sal ewe goed verstaan word in plekke soos die VSA waar die onreg van die regsproses dikwels afhang van ’n mens se geld, aldan nie.

LAPA Persvrystelling

 
2 Kommentaar

Posted by op 01/08/2017 in Boeke, Lees, Romans, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Die mense langsaan – Elsa Hamersma

Die mense langsaan.jpgWanneer die huislike en alledaagse versmorend raak

Die mense wat langs jou bly of werk, is dikwels nie wat hulle voorgee om te wees nie. Christine en Zebith werk elke dag saam, maar Zebith weet nie dat Christine vasgevang is in ’n ongelukkige huwelik en daagliks planne maak om van haar man ontslae te raak nie. Andersyds is Christine onbewus van die feit dat Zebith se hart gebreek word.

Beide vroue kry nuwe bure en hierdie mense verander hulle lewe, maar nie ten goede nie.

Toe Christine later langs Zebith in ’n veiligheidskompleks intrek, het hulle albei ’n metamorfose ondergaan. Zebith se wêreld lê aan skerwe en alhoewel dit aanvanklik lyk asof Christine uiteindelik geluk gaan vind, word sy met bedrog, kaping en moord gekonfronteer. Geld – gewen, geërf of gesteel – is die swart skaduwee wat oor al die gebeure en karakters hang.

Gou besef beide vroue dat geld nie geluk kan koop nie, liefde alleen nie altyd genoeg is nie en dat veiligheid nie altyd Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , ,

Foxtrot van die liefde – Kristel Loots se nuutste!

foxtrot-van-die-liefdeKatalaya het silwerwit hare en dra funky klere, maar sy ís sestig jaar oud. En alleen. Soms wens sy Franco het eerder mooi ordentlik doodgegaan, as om die pad te vat. Al wat vir haar oorbly, is ’n miniatuurgrootte gaatjie in die meenthuiskompleks vir weduwees, weggooivroue en lelike vroue wat nie mans kon kry nie.

Haar kinders gee haar grys hare, wat sy juis nie wil hê nie. Verder worstel haar bejaarde ma met seniliteit en lap alles uit wat hulle ’n leeftyd lank geheim wou hou; ook oor Ben wat in die buitekamer gebly het toe haar pa die stadsklerk van die dorp was. Dit was net Jan-Adam Vermeulen wat vermoed het Ben was soveel meer as net ’n chauffeur, maar ná ’n tragedie wat die hele dorp geskud het, het hy uit hul lewe verdwyn.

Nou beweer haar ma ’n man met ’n Elvis-kuif was in haar besemkasgrootte kamertjie in Huis Herfsblaar, en later kom sy met ’n vreemde versoek – Katalaya moet na Ben Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , ,

Net ‘n mens – uittreksel

NET 'N MENS voorbladDie Paashaas se agterpootjies bring haar by die laagste punt van die siklus: die bekende oomblik van intense berou oor die massa kilojoules wat sy pas verorber het, gevolg deur die wete dat sy by omdraai verby is. Die oomblik wanneer sy weet die skade is reeds gedaan en dis nou maar ‘n kwessie van deurdruk en die sonde afrond. Wat help dit nou sy bêre die blerrie voete en stertjie net om dit later vannag weer te kom uithaal en die bose sirkel van voor af te begin.

Sy lek haar vingers een vir een af en konsentreer op die gevoel van vertroosting, van koestering, die bekende mengsel van verrukking en berou vir die oomblik na agter in haar bewussyn toe gedruk. Sy ken haarself tog, sy weet hoekom sy eet. Vir hierdie paar minute in die skemer bekendheid van haar kombuis kan sy haarself maar net so wel aanvaar. Sy eet wanneer sy spyt is en sy eet wanneer sy Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Anderkant  vergeet – Santie van der Merwe

Anderkant vergeetSantie van der Merwe se eerste twee romans (die tweeluik Gelyke kans en Vandat jy weg is), het alreeds getoon dat sy met insig en sensitiwiteit oor volwasse verhoudings binne die huwelik kan skryf. Anderkant vergeet sluit hierby aan, asook ook aan by die huidige neiging om die romantiese hoofkarakters nie meer beeldskone, brandmaer, bloedjong stereotipes te maak nie, maar ouer persone met oorgenoeg foute, vrese en flaters. Anneleen is dan ook nie ‘n volmaakte heldin nie, hoewel Christiaan baie naby aan die volmaakte, betroubare, geduldige man kom wat Anneleen dan ook regtig in haar spesifieke situasie nodig het. (Persoonlik sou ek hom darem ‘n bietjie ongeduldiger verkies het, veral wat die sake van die vlees betref. Nie dat hy homself op sy vrou moes afdwing nie – hy kon darem net ‘n bietjie meer gely het in die proses. Eintlik kon die meer realistiese uitbeelding van sy onvermydelike wroeging en frustrasie die roman Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , ,

Net ‘n mens … Sanet se storie

NET 'N MENS voorbladOp Sanet Smit se vyftigste verjaarsdag praat ’n vriendin haar mond verby. Ja, Sanet se man het ’n verhouding gehad met iemand anders, maar dit was nie ’n vrou nie. Willem is gay. Almal weet dit, behalwe sy wat Sanet is. Almal praat daaroor, maar net agter haar rug.

Die ligte skakel een vir een aan, maar dit wat sy nou waarneem, wil sy nie sien nie.

Boonop, op daardie punt waar dinge werklik nie erger kon gaan nie, word dit erger; baie, baie erger.

Deur Sanet se onbegrip, woede en hartseer, sypel ook die behoefte om te verstaan. In haar poging tot groter begrip, word sy deel van Willem se vriendekring en ontmoet ’n ouerlose dogtertjie en ’n woedende tienerseun wat haar aandag verg.

Net ’n mens is die opvolg op Opdrag van oorkant. Dié roman stel verskeie vrae aan die leser: Hoe verwerk ’n vrou die ontdekking dat haar man gay is? Is dit noodwendig die beste keuse dat hy uit die kas moet kom? Moet sy hom dwing as hy nie kans sien nie?

 

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , ,