RSS

Net ‘n mens … Sanet se storie

31 Jul

NET 'N MENS voorbladOp Sanet Smit se vyftigste verjaarsdag praat ’n vriendin haar mond verby. Ja, Sanet se man het ’n verhouding gehad met iemand anders, maar dit was nie ’n vrou nie. Willem is gay. Almal weet dit, behalwe sy wat Sanet is. Almal praat daaroor, maar net agter haar rug.

Die ligte skakel een vir een aan, maar dit wat sy nou waarneem, wil sy nie sien nie.

Boonop, op daardie punt waar dinge werklik nie erger kon gaan nie, word dit erger; baie, baie erger.

Deur Sanet se onbegrip, woede en hartseer, sypel ook die behoefte om te verstaan. In haar poging tot groter begrip, word sy deel van Willem se vriendekring en ontmoet ’n ouerlose dogtertjie en ’n woedende tienerseun wat haar aandag verg.

Net ’n mens is die opvolg op Opdrag van oorkant. Dié roman stel verskeie vrae aan die leser: Hoe verwerk ’n vrou die ontdekking dat haar man gay is? Is dit noodwendig die beste keuse dat hy uit die kas moet kom? Moet sy hom dwing as hy nie kans sien nie?

 

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , ,

4 responses to “Net ‘n mens … Sanet se storie

  1. vvuureoc

    31/07/2016 at 21:20

    Klink of dit moelik was om te skryf

     
    • Alta Cloete

      31/07/2016 at 21:26

      Dit was vir my moeilik, ja. Wou dit nie net ‘n tranetrekker maak nie, maar hoop in die storie bring. Ek hoop ek het daarin geslaag.

       
      • lidiatheron

        11/03/2017 at 20:09

        Jy het en by uitnemendheid.

         
  2. seegogga

    03/08/2016 at 20:47

    klink interessant.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: