RSS

Tag Archives: huwelik

Net ‘n mens … Sanet se storie

NET 'N MENS voorbladOp Sanet Smit se vyftigste verjaarsdag praat ’n vriendin haar mond verby. Ja, Sanet se man het ’n verhouding gehad met iemand anders, maar dit was nie ’n vrou nie. Willem is gay. Almal weet dit, behalwe sy wat Sanet is. Almal praat daaroor, maar net agter haar rug.

Die ligte skakel een vir een aan, maar dit wat sy nou waarneem, wil sy nie sien nie.

Boonop, op daardie punt waar dinge werklik nie erger kon gaan nie, word dit erger; baie, baie erger.

Deur Sanet se onbegrip, woede en hartseer, sypel ook die behoefte om te verstaan. In haar poging tot groter begrip, word sy deel van Willem se vriendekring en ontmoet ’n ouerlose dogtertjie en ’n woedende tienerseun wat haar aandag verg.

Net ’n mens is die opvolg op Opdrag van oorkant. Dié roman stel verskeie vrae aan die leser: Hoe verwerk ’n vrou die ontdekking dat haar man gay is? Is dit noodwendig die beste keuse dat hy uit die kas moet kom? Moet sy hom dwing as hy nie kans sien nie?

 

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , ,

Oor ‘n man en sy malva: Daan Dreyer se blou geranium – Derick B van der Walt

Daan Dreyer het nie gedink daar is veel met sy huwelik verkeerd nie. Tot die dag toe hy agterkom daar is in sy vrou se lewe ‘n groeiery aan die gang wat hom nie meer insluit nie. Nou sit hy in ‘n klein, donker woonstelletjie en verlang na sy vrou en kinders en hond. En wonder hoe lank die blou geranium in sy potjie sal hou, of daar ooit ‘n blommetjie sal kom.

Daan Dreyer se blou geranium is ‘n lekkerleesboek vol humor wat op ‘n ligte, amper speelse manier die seer verhaal vertel van ‘n man wat hom meteens alleen bevind en sy worsteling om weer sy voete te vind. Met die korporatiewe wêreld as agtergrond beleef die leser saam met Daan sy onwilligheid om te aanvaar hy het sy vrou verloor, sy soms onbeholpe pogings om die bande met sy kinders stewig te hou, ‘n paar effens belaglike pogings om sy vrou weer die hof te maak, die onvermydelike bewuswording van al die Read the rest of this entry »

 
2 Kommentaar

Posted by op 12/08/2012 in Boeke, Lees, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Vraag: Waarom sit vroue op hul mans se koppe?

Antwoord: Omdat die mans dit toelaat.

Vraag: Waarom laat mans dit toe?

Antwoord: Omdat hulle moeg gebattle is by die werk en by die huis net ‘n bietjie vrede wil hê.

Vraag: Hou vroue daarvan om hul mans te regeer?

Antwoord: Nee.

En natuurlik weet ek dis ‘n growwe veralgemening! 🙂

 
4 Kommentaar

Posted by op 10/02/2011 in Humor, Verhoudings

 

Sleutelwoordw: , ,

Wat vroue regtig wil hê

Vroue hou van ‘n nutsman bv. ‘n ridder wat sy eie gereedskap uithaal, om ‘n skroef vas te draai, is meer aantreklik as ‘n man wat die AA bel vir ‘n pap wiel. Ironies genoeg is daar ‘n tekort aan nutsmanne, want metro mans wil nie hulle hande vuil maak nie.
Snaakse mans? ‘n Goeie sin vir humor het al baie verhoudings gered, dit is een van die pilare van ‘n gesonde verhouding, en kan partymaal kompenseer vir geld. Mans wat ander kan laat lag neem hulle self nie noodwendig so ernstig op nie, en vroue is mal daaroor, want hierdie mans haal maklik die angel uit ‘n situasie. Vroue val vir humor, sy sal ‘n man vir baie goed vergewe, as hy haar net laat lag.
Vroue soek ‘n ware heer.
Kom ons wees eerlik, ‘n grotman kan Read the rest of this entry »

 
1 Kommentaar

Posted by op 03/02/2011 in Humor, Verhoudings

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Soek jy man? Hier’s jou kans!

As lus is vir lag, kyk gerus by https://altacloete.wordpress.com/humor/soek-jy-man-hiers-jou-kans/
Die juweeltjie sirkuleer per e-pos – g’n mens weet mos waar die goed werklik vandaan kom en hoe lank hulle al die rondte doen nie. Ek het alle name en verwysings na plekke uitgehaal, want ek wil regtig niemand in die gesig vat nie. As ‘n mens onthou dat iemand wat swak Engels of swak Afrikaans besig, gewoonlik ‘n ander taal magtig is waarvan jy niks weet nie, lag jy nie meer so lekker vir al die Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 23/01/2011 in Humor, Random gedagtes

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Wat vroue wil hê (vervolg)

Uitdaging aan almal wat so lekker saamgelag het oor die dinge wat vroue in mans soek: Wat dink jy fluister sy in sy oor wat hom sy lippe so lekker laat aflek? 🙂

 
4 Kommentaar

Posted by op 17/01/2011 in Foto's, Humor

 

Sleutelwoordw: , , ,